Tâ-Hâ (Arabies: طه, "Tô-haa") is die 20ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 135 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar, in die tweede Mekkaanse tydperk (615-619 n.C.),[1][2].
Die soera word so genoem omdat dit begin met die allegoriese letters (Muqattaʿat) "ta-ha", wat beskou word as een van die name van die profeet Mohammed. Die skrywer Christoph Luxenberg se siening is dat die letters Ta-Ha 'n kognitiewe tussenwerpsel van verbasing of bewondering is, soos "a-ha!" of "sjoe!".[3]
Van die onderwerpe wat behandel word, is die roep van Moses, die uittog van die Israeliete en die tog oor die Rooisee, die aanbidding van die goue kalf en die sondeval. Die hooftema is die bestaan van God. Dit behandel dié tema met verhale oor Moses en Adam.[4] Dit is die hoofstuk wat Omar oorreed het om hom tot die Islam te bekeer.[5]
Die oudste manuskrip van die Koran wat bewaar gebly het wat die soera Ta Ha bevat, is een[6] in die Mingana-versameling op die Birminghamse Koranmanuskrip van 0-25 A.H.
Verwysings
↑Ernst, Carl W. How to Read the Qurʼan: A New Guide, with Select Translations. Chapel Hill: University of North Carolina, 2011. Druk.
↑The Message of the Quran, M. Asad, 1982, Introduction Surah Ta-Ha.
↑Sam Gerrans, The Qur'an: A Complete Revelation. Reference Edition. ISBN 9780995492097
↑Haleem, Abdel. The Qur'an. New York: Oxford UP, 2010. Print.
↑as-Suyuti, The History of Khalifahs Who Took The Right Way (Londen, 1995), p. 107-108; T.P. Hughes, 1999, Dictionary of Islam, New Delhi: Rupa & Co..