At-Tagrhâbun (Arabies: التغابن, "Die Onthulling Van Verliese") is die 64ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 18 ajat, of verse, en is vermoedelik in Medina aan Mohammed geopenbaar.
Opsomming
Die eerste vier verse van die hoofstuk is aan alle mense gerig, vers 5-10 aan dié wat die uitnodiging van die Koran verwerp, en vers 11-18 aan dié wat die uitnodiging aanvaar en daarin glo.[1]