'Abasa (Arabies: عبس, "Hy Het Gefrons") is die 80ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 42 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.
Opsomming
Die naam van die soera kom uit vers 1: "Hy [die Profeet] het gefrons en weggedraai".[1] Mohammed word vermaan omdat hy vir 'n blinde Moslemman gefrons het. Die mens word ook betig omdat hy God nie gehoorsaam nie. Aan die einde van die hoofstuk word tonele op die oordeelsdag beskryf.
Verwysings
↑Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications. ISBN 978-0-620-60451-2
Skakels
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.