Al-Hadîd (Arabies: الحديد, "Yster") is die 57ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 29 ajat, of verse, en is vermoedelik in Medina aan Mohammed geopenbaar. Die naam van die soera kom uit vers 25.
Opsomming
Nes baie ander hoofstukke van die Koran word die beloning van die gelowiges en die straf van die ongelowiges in die hiernamaals bespreek. In vers 25 word vertel van die apostels wat na vorige nasies gestuur is. In vers 26-27 word ook die profete Noag, Abraham en Jesus genoem wat met die evangelie uitgestuur is. In vers 28-29 word Christene aangemoedig om Moslems te word.[1]
Verwysings
↑Wherry, Elwood Morris (1896). A Complete Index to Sale's Text, Preliminary Discourse, and Notes. Londen: Kegan Paul, Trench, Trubner, and Co. Hierdie artikel bevat teks uit dié bron, wat in die publieke domein is.
Skakels
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.