Al-Munâfi’kûn (Arabies: المنافقون, "Die Huigelaars") is die 63ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 11 ajat, of verse, en is vermoedelik in Medina aan Mohammed geopenbaar.
Opsomming
Die hoofstuk handel oor die verskynsel huigelary, wat gekritiseer word. Dit veroordeel ook die huigelaars en beskryf hulle as leuenaars. Dit moedig ook gelowiges aan om opreg in hulle geloof te wees en offergawes te gee.[1]