At-Takathur (Arabies: التكاثر, "Die Opgaar Van Skatte") is die 102de soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 8 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar.
Opsomming
Die naam van die soera kom uit vers 1. Dié hoofstuk gaan oor mense wat afdwaal omdat hulle skatte vergader. Op hulle wag die verskrikking van die hel.
Skakels
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.