Ghafir (Arabies: غافر, "Die Vergewer", met verwysing na God) is die 40ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 85 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar. Dit is ook bekend as Al-Muʼmin (المؤمن, "Die Gelowige").
Die naam "Die Gelowige" kom uit vers 28, wat 'n gelowige van die volk van die farao noem wat Moses ondersteun en na hom verwys as 'n "gelowige man".[1] Die naam "Die Vergewer" kom uit vers 3.
Verwysings
↑Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications. ISBN 978-0-620-60451-2
Skakels
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.