Chroom(VI)oksied oftewel chroomsuuranhidried of chroomtrioksied is 'n verbinding van chroom in sy hoogste 6+ oksidasietoestand met suurstof. Die chemiese formule is CrO3. Dit is een van verskeie oksiede van hierdie metaal. Die stof is 'n sterk oksideermiddel en in teenstelling tot chroom(III)oksied baie toksies en kanakerverwekkend. Dit is 'n klas I karsinogeen volgens die International Agency for Research on Cancer (IARC)[1]
Die oksied is teen hoër temperature effens vlugtig. Sy dampdruk is p~14,17 10-3 Torr @ 468K en kan 448<T<468 K beskryf word as:[3]
Kristalstruktuur
Chroomtrioksied kristallisser in 'n ortorombiese struktuur wat oneindige polimere kettings van [CrO4]-tetraëders bevat wat hoeke deel. Die Cr-O-afstand van die brugsuurstof atome is 174,8 pm en die eindstandige suurstofatome s'n is 159,9 pm. Die Cr-O-Cr-hoeke is 143°
↑Stephens, J.S., Cruickshank, D.W.J (1970). "The crystal structure of (CrO3)∞". Acta Cryst. B. 26: 222–226. doi:10.1107/S0567740870002182.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
↑ 3,03,1Glemser, O., Müller, A. and Stöcker, U. (1964). "Dampfdrucke von SeO2, CrO3 und Re2O7". Z. anorg. allg. Chem. 333: 25–28. doi:10.1002/zaac.19643330105.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)