Dit is 'n vlugtige vastestof. Die damp is toksies, baie reaktief en kan blindheid veroorsaak.[2]
Kristalstruktuur
RuO4 het 'n molekulêre struktuur. Die molekule het 'n tetraëdriese struktuur. Dit kristalliseer in twee strukture wat albei op 'n kubiese digpakking gebaseer is. Die monokliniese fase het dieselfde struktuur as osmium(VIII)oksied.[2]
Chemiese eienskappe
RuO4 kan verkry word deur die metaal te verhit in 'n smelt van kaliumhidroksied en kaliumpermanganaat en die produk met KMnO4 in verdunde swaelsuur te bewerk. By verhitting van die mengsel word RuO4-damp vrygestel wat in 'n koue val opgevang kan word.[2]
Die damp is 'n baie sterk oksideermiddel wat met die meeste organiese stowwe soos vette ens. reageer en 'n swarterige reaksieproduk van rutenium in 'n laer oksidasietoestand soos RuO2 agterlaat wat nie vlugtig is nie. Die reaksies met ammoniak, sellulose, etanol, waterstofjodied en swaeldamp kan tot ontploffings lei.[3]
Gebruike
Mikroskopie
RuO4 word gebruik in die elektronmikroskopie. Selektiewe RuO4-kleuring word algemeen gebruik in transmissie- en skandeerelektronmikroskopie om kontras in verskeie polimeerbevattende monsters te verbeter. Dit veroorsaak 'n effektiewe kleuring van polimere soos polistireen, poli(etileenoksied) en poli(vinielpiridien), maar vlek nie ander soos poli(metielmetakrilaat) nie. Dit kan ook die beeldkontras van polimere in AFM verbeter. Dit is doeltreffend om polimere-mikrodomeine van blokpolimere te onderskei en hul toewysing te vereenvoudig, bv. van dun films van polistireen-b-polilaktied (PS-b-PLA) en polistireen-b-poly(metielmetakrilaat) (PS-b-PMMA).[4]
Organiese chemie
Ruteniumtetroksied word ook toenemend in organiese sintese gebruik. Danksy die fyn afstemming van die reaksietoestande, insluitend pH-beheer van die medium en die gebruik van 'n wyer reeks ko-oksidante, het dit 'n reagens geword wat in staat is om nuttige sintetiese transformasies te kataliseer. Protokolle vir oksidasie van koolwaterstowwe, oksidatiewe splitsing van C–C dubbelbindings, die stop van oksidasie by die aldehiedstadium, oksidatiewe splitsing van terminale en interne alkyne, oksidasie van alkohole na karboksielsure, dihidroksilasie van alkene, oksidatiewe degradasie van feniel en ander heteroaromatiese kerne, oksidatiewe siklisering van diëne word meer en meer aangewend.[5]
↑Marylène Vayer, Thi Hoa Nguyen, Christophe Sinturel (2014). "Ruthenium staining for morphological assessment and patterns formation in block copolymer films". Polymer. 55 (4): 1048–1054. doi:10.1016/j.polymer.2014.01.013.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
↑Piccialli V. (2014). "Ruthenium tetroxide and perruthenate chemistry. Recent advances and related transformations mediated by other transition metal oxo-species". Molecules. 19 (5): 6534–82. doi:10.3390/molecules19056534.