Die stof kom in die natuur voor as die mineraal korund.[4] Alumina word egter veral verkry uit die erts bauxiet. 'n Belangrike bestanddeel hiervan is die mineraal boehmiet (ook: böhmiet) wat 'n oksied-hidroksied van aluminium is: AlO(OH). Dit kan onder verhitting in alumina omgesit word:[5]
Die oksied kan ook gevorm word deur oksidasie van die metaal deur suurstof in die lug:
Maar dit vorm net 'n dun, geslote laag wat die reaksie tot stilstand bring. Hierdie stagnasie is baie belangrik omdat dit die metaal stabiliseer en bruikbaar maak. Vir allooie van aluminium word 'n anodisasieproses soms vereis om dit te bereik.[6]
Polimorfie
Aluminiumoksied kom in verskeie kristalstrukture voor.[7]
is romboëdries met ruimtegroep R3c en (heksagonale) asse a=475,3pm en c=1299,3pm
is heksagonaal met ruimtegroep P63/mmc (194) en asse a= 564 en c=2265pm (D56)
is kubies met Fd3m (227) en 'n a-as= 789.4pm
is egter in der waarheid 'n fase wat alkalimetaalione bevat, soos of . Hierdie ioon kan dalk uitgewissel word deur hidronium.[8]
Aanwending
Die stof word in die vervaardiging van keramiese materiale aangewend.[4]
Dit is 'n grondstof vir die aluminium-vervaardiging.[4]
Dit is in sy kristallyne vorm as korund 'n goeie skuurmiddel.[4]
Dit word in oonde gebruik vanweë sy hoë smeltpunt.[4]
↑""The alkali problem in the crystal structure of beta alumina"". Zeitschrift für Kristallographie. 127 (1–4): 94–100. 1968. doi:10.1524/zkri.1968.127.1-4.94.
↑"Structural, Optical, and Catalytic Support Properties of γ-Al2O3 Inverse Opals". J. Phys. Chem. C. 119 (12): 6647–6659. 2015.