18 September
18 September is die 261ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (262ste in skrikkeljare). Daar volg nog 104 dae.
Gebeure
Geboortes
- 53 – Trajanus, Romeinse keiser († 117).
- 1060 – Godfried van Bouillon, leier van die Eerste Kruistog en heerser van die Koningkryk van Jerusalem († 1100)
- 1709 – Samuel Johnson, Engelse skrywer, digter, moralis, literatuurkritikus, biograaf, redakteur en leksikograaf († 1784).
- 1765 – Bartolomeo Alberto Cappellari, (later Pous Gregorius XVI), die 254ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1846).
- 1819 – Léon Foucault, Franse fisikus († 1868).
- 1871 – Ferdie Aston, Suid-Afrika se vierde Springbokkaptein († 1926).
- 1905 – Greta Garbo, Sweedse aktrise († 1990).
- 1920 – Jack Warden, Amerikaanse akteur († 2006).
- 1922 – Schalk van der Merwe, Suid-Afrikaanse chirurg en politikus († 1984).
- 1933 – Robert Blake, Amerikaanse akteur († 2023).
- 1937 – Ivy Matsepe-Casaburri, Suid-Afrikaanse politikus († 2009).
- 1939 – Fred Willard, Amerikaanse akteur en skrywer († 2020).
- 1954 – Steven Pinker, Kanadese-Amerikaanse taalkundige, eksperimentele sielkundige en skrywer van wetenskaplike boeke.
- 1971 – Lance Armstrong, Amerikaanse professionele renfietsryer.
- 1971 – Jada Pinkett Smith, Amerikaanse aktrise en vervaardiger.
- 1973 – Mark Shuttleworth, Suid-Afrikaansgebore Britse entrepreneur.
- 1980 – Francois van Coke, Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer.
- 1983 – Sasha Son, Litause sanger en liedjieskrywer.
- 1993 – Zozibini Tunzi, Suid-Afrikaanse skoonheidskoningin, wenner van die Mej. Suid-Afrika- en Mej. Heelal 2019-kompetisies.
Sterftes
- 887 – Pietro I Candiano (43), 16de Doge van Venesië in 887.
- 1761 – Joachim Nikolaus von Dessin, grondlegger van die Suid-Afrikaanse openbare biblioteek (* 1704)
- 1783 – Leonhard Euler, Switserse wiskundige (* 1707).
- 1961 – Dag Hammarskjöld, Sweedse sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (* 1905).
- 1967 – Sir John Cockcroft, Britse wetenskaplike (* 1897).
- 1970 – Jimi Hendrix, Amerikaanse popster (* 1942).
- 2004 – Russ Meyer, Amerikaanse vervaardiger van seksfilms, pionier van die porno-industrie (* 1922).
- 2016 – Mandoza, Suid-Afrikaanse kwaito-musikant (* 1978).
- 2019 – Graeme Gibson, Kanadese skrywer (* 1934).
- 2020 – Ruth Ginsburg, Amerikaanse advokaat en een van nege regters van die Verenigde State se Hooggeregshof (* 1933).
- 2020 – John Napier Turner, Kanadese prokureur en politikus, eerste minister van Kanada in 1984 (* 1929).
- 2020 – Stephen F. Cohen, Amerikaanse akademikus en kenner van die Sowjetunie en Rusland (* 1938).
- 2020 – Danny Titus, Suid-Afrikaanse regsman, taalaktivis en historikus (* 1957).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Gepubliseer
|
|