2 September
2 September is die 245ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (246ste in skrikkeljare). Daar volg nog 120 dae.
Gebeure
Geboortes
- 905 – Konstantyn VII van Bisantium († 959).
- 1814 – Ds. Dirk van der Hoff, onder meer ontwerper van die Transvaalse Vierkleur († 1881).
- 1853 – Wilhelm Ostwald, Duitse chemikus en filosoof († 1932).
- 1887 – Willem de Mérode, Nederlandse digter († 1939).
- 1907 – Harro Schulze-Boysen, Duitse anti-Nazi weerstandaktivis († 1942).
- 1933 – Ahmed Kérékou, Beninse politikus en twee keer president van dié land († 2015).
- 1942 – Eric de Kuyper, Vlaams-Belgiese skrywer, kunskritikus, en eksperimentele filmregisseur.
- 1948 – Christa McAuliffe, Amerikaanse onderwyseres en ruimtevaarder, sterf in Challenger-ramp († 1986).
- 1952 – Regardt van den Bergh, Suid-Afrikaanse akteur en regisseur.
- 1952 – Jimmy Connors, Amerikaanse tennisspeler.
- 1966 – Salma Hayek, Meksikaans-Amerikaanse aktrise, rolprentvervaardiger en fotomodel.
- 1966 – Olivier Panis, Franse professionele renjaer.
- 1984 – Jacques-Louis Potgieter, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
- 1990 – Marcus Ericsson, Sweedse renjaer.
Sterftes
- 1651 – Kösem Sultan, vrou van Sultan Ahmet I (* 1589).
- 1690 – Johannes van Andel, die negende predikante wat in diens van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (* 1662).
- 1857 – Hinrich Lichtenstein, 'n Duitse geneesheer, skrywer en botanikus (* 1780).
- 1914 – Sir John de Villiers, Hoofregter van die Kaapkolonie en die eerste Hoofregter van die Unie van Suid-Afrika (* 1842).
- 1937 – Pierre de Coubertin, Franse grondlegger van die moderne Olimpiese Spele (* 1863).
- 1973 – J.R.R. Tolkien, Engelse skrywer (* 1892).
- 2001 – Chris Barnard, Suid-Afrikaanse hartspesialis (* 1922).
- 2016 – Islam Karimof, eerste president van Oesbekistan (* 1938).
- 2020 – Ettie Bierman, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1941).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met 2 September. |
|
|