1829 – Die eerste polisiepatrollies vind in Londen plaas met die mag wat Sir Robert Peel se wetgewing tot stand gebring het. Die lede se byname is gou "Peelers" en "Bobbies".
1850 – Pous Pius IX publiseer die bul Universalis Ecclesiae waarin die kerklike hierargie in Engeland en Wallis herstel word. Nicholas Wiseman word aartsbiskop van Westminster en kardinaal.
1967 – Die 106 lede van die Internasionale Monetêre Fonds stem in Rio de Janeiro eenparig ten gunste van die hervorming van die wêreld se monetêre stelsel wat in die vooruitsig gestel word.
1968 – Die Spaanse tenoor Placido Domingo maak sy debuut aan die Metropolitan-operahuis in New York.
1993 – Libië sê hy is nie gekant teen ’n hofsaak in Skotland vir die twee Libiërs wat daarvan beskuldig word dat hulle ’n bom aan boord van Pan Am vlug 103 laat ontplof het nie. Die vliegtuig het in 1988 bo die Skotse dorp Lockerbie ontplof.
1997 – Agt partye vergader om ’n agenda op te stel vir vredesonderhandelinge in Noord-Ierland waar Unioniste en die IRL die eerste keer albei teenwoordig sal wees.