Vlag van Armenië

Vlag van Armenië
Vlag van Armenië
Vlag van Armenië
Bynaam Եռագույն (Yeřaguyn)
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 1:2
Goedgekeur 24 Augustus 1990[1]
Ontwerp ’n Horisontale driekleur in rooi, blou en oranje.
Ontwerp deur Stepan Malkhasyants
Wisselvormvlag van Armenië
Wisselvormvlag van Armenië
Gebruik Staatsvlag en vaandel en Oorlogsvlag Staatsvlag en -vaandel en oorlogsvlag Alternatiewe weergawe van vlag
Verhouding 1:2
Ontwerp ’n Horisontale driekleur in rooi, blou en oranje.
Wisselvormvlag van Armenië
Wisselvormvlag van Armenië
Gebruik Staatsvlag en vaandel en Oorlogsvlag Staatsvlag en -vaandel en oorlogsvlag Alternatiewe weergawe van vlag
Verhouding 1:2
Ontwerp ’n Horisontale driekleur in rooi, blou en oranje met die wapen van Armenië in die middel.

Die nasionale vlag van Armenië is op 24 Augustus 1990 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale driekleur in rooi, blou en oranje. Armenië het hierdie ontwerp van die nasionale vlag tussen 1918 en 1921 gebruik en weer in 1990 die vlag aanvaar.

Die huidige vlag is deur die Armeense Opperste Sowjet goedgekeur. Op 15 Junie 2006 is die Wet op die Nasionale Vlag van Armenië deur die Armeense Nasionale Vergadering gepromulgeer, waardeur die gebruik van die vlag gereguleer word.

Deur die geskiedenis was daar baie variasies van die Armeense vlag in gebruik. In antieke tye is die Armeense dinastieë voorgestel deur verskillende simboliese diere wat op die vlae gepryk het.[2] In die twintigste eeu is verskeie Sowjetvlae gebruik om Armenië te verteenwoordig.

Geskiedenis

Vandag se driekleurvlag herinner nie juis aan die vroegste Armeense ‘vlae’ nie; in die antieke tyd is oorlog gevoer met ’n leër wat ’n paal met gravures in, geloop. Die gravures was iets in die styl van ’n draak, arend, leeu of “een of ander geheimsinnige voorwerp van die gode.”[2] Met die opkoms van Christendom het die Armeense Ryk talle verskillende vlae aangeneem wat die verskillende dinastieë voorgestel het. Die vlag van die Artaxiad-dinastie het byvoorbeeld bestaan uit ’n rooi baan met twee arende wat oor die rug na mekaar kyk met ’n blom tussen die twee arende.

19de eeu

Nadat Armenië opgedeel is tussen die Persiese en Ottomaanse Ryke, het die idee van ’n Armeense vlag vir ’n wyle uitgesterf. Die Armeens Katolieke priester Vader Ghevont Alishan het in 1885 ’n nuwe vlag vir Armenië geskep nadat die Armeense Studentevereniging van Parys ’n vlag versoek het vir die begrafnis van die Franse skrywer Victor Hugo. Alishan se eerste ontwerp was baie soortgelyk aan vandag se Armeense vlag: ’n horisontale driekleur. Dit het baie gelyk soos ’n onderstebo weergawe van die huidige vlag van Bulgarye. Die boonste baan was rooi wat die eerste Paassondag (ook genoem “Rooisondag”) voorgestel het, die groen baan het die “Groen“ Paassondag voorgestel en die wit is ingesluit om die kleurkombinasie te voltooi.[2] Terwyl hy in Frankryk was het Alishan ’n tweede vlag ontwerp. Dit staan vandag as die “Nasionalistiese Armeense Vlag” bekend. Dit was ook ’n driekleur, hierdie keer vertikaal en soortgelyk aan die vlag van Frankryk. Die kleure van hierdie tweede vlag was rooi, groen en blou wat die reënboog wat Noag gesien het nadat hy Berg Ararat gesien het.[2]

Transkaukasiese Demokraties-Federatiewe Republiek

In 1828 is Persarmenië na die Russies-Persiese Oorlog deur die Russiese Ryk geannekseer en bekend geword as Russies-Armenië. Toe Russiese Ryk verkrummel het, het Russies-Armenië sy onafhanklikheid verklaar en aangesluit by die kortstondige Transkaukasiese Demokraties-Federatiewe Republiek saam met Georgië en Azerbeidjan. Hierdie verenigde staat het skaars ’n jaar bestaan waarna dit ontbind het. Omdat die Republiek so ’n kort bestaan gehad het, het dit geen vlae of simbole gebruik nie. Sommige historici beskou ’n horisontale goud, swart en rooi driekleur, soortgelyk aan die vlag van Duitsland met die kleure wat anders gerangskik is, egter as ’n vlag van vir Transkaukasië gebruik is.[3] Die federasie is op 26 Mei 1918 ontbind toe Georgië sy onafhanklikheid verklaar het as die Demokratiese Republiek van Georgië. Armenië en Azerbeidjan het twee dae later, op 28 Mei 1918, ook hul onafhanklikheid verklaar as die Demokratiese Republiek van Armenië en die Demokratiese Republiek van Azerbeidjan onderskeidelik.

Demokratiese Republiek van Armenië

Nadat onafhanklikheid verkry is, het die Demokratiese Republiek van Armenië die moderne driekleur aanvaar. Met Stepan Malkhasyants se verskyning in die Nasionale Vergadering[4] het die onafhanklike Armeense regering op die kleure besluit wat gedurende die laaste tydperk van die Rubenid-dinastie gebruik is. ’n Vroeëre prototipe, wat uiteindelik verwerp is, was ’n reënboogvlag. Hierdie prototipe kan by die Martiros Saryan Huismuseum in Jerewan gesien word. Daar is besluit om die geel met oranje te vervang “omdat dit beter met die ander twee kleure geskakel het en ’n meer bevredigende samestelling gebied.”[2] Die vlag van Armenië het toe ’n verhouding van 2:3 gehad. Op 24 Augustus, toe die Armeense Opperste Sowjet hierdie vlag aanvaar het as die vlag van die Republiek Armenië, is die verhouding na 1:2 verander.[5]

Vroeë Sowjet-Armenië en die Transkaukasiese SFSR

Op 29 November 1920 het die Bolsjewiste die Armeense SSR gestig. ’n Nuwe vlag is aanvaar en in die grondwet vasgelê wat op 22 Februarie 1922 goedgekeur is deur die Eerste Sowjetkongres van die Armeense SSR.[6] Daardie vlag het slegs vir ’n maand bestaan want op 12 Maart het die Armeense SSR met die Georgiese SSR en die Azerbeidjanse SSR saamgesmelt om die Transkaukasiese SFSR tot stand te bring. Op 30 Desember 1922 het die Transkaukasiese SFSR een van die vier Sowjetrepublieke geword wat saamgesmelt het om die USSR te vorm. Die vlag van die republiek het ’n hamer en sekel in ’n ster gehad met die letters “ЗСФСР” (ZSFSR) in Russies daarop. Hierdie letters staan vir Закавказская Советская Федеративная Социалистическая Республика (Zakavkazskaja Sovjetskaja Federativnaja Sotsalistitsjeskaja Respoeblika, "Transkaukasiese Sowjet Federatiewe Sosialistiese Republiek").[6] In 1936 het die TSFSR ontbind in sy drie samestellende gebiede, onderskeidelik die Georgiese, Armeense en Azerbeidjanse SSR’e.

Armeense SSR

As ’n republiek van die USSR is die Armeense SSr se vlag in 1936 aanvaar. Dit is baie soortgelyk aan die vlag van die Sowjetunie in dat dit ’n rooi vlag was met ’n hamer en sekel in die skildhoek. Daaronder het gestaan “H-Kh-S-H” in Armeensse skrif. Hierdie letters, in Wes-Armeens, staan vir “Haygagan Khorhurtayin Sodzialistakan Hanrabedutyun,” of die “Armeense Sosialistiese Sowjetrepubliek.” In die 1940’s is die vlag aangepas om die Oos-Armeens wat in die Republiek gepraat is, te akkommodeer. Die letters is verander na “H-S-S-R” vir “Hayastani Sovetakan Sotsialistikakan Respublika” in die Oos-Armeense uitspraak. In 1952 is ’n nuwe vlag bekendgestel. Die letters is geheel en al verwyder en ’n horisontale blou baan is in die middel aangebring.

Laat in Mei 1988, te midde van groeiende nasionalistiese spanning, het die nuwe leier van Armenië se kommunistiese party die vertoon van die verbande driekleur van die DRA in Jerewan toegestaan vir die eerste maal in sestig jaar.[7] ’n Jaar later, na die massabetoging vir Nagorno-Karabach waar die driekleur vertoon is, het hy amptelike erkenning daarvoor versoek.[8] Op 24 Augustus 1990 is amptelike erkenning aan die vlag gegee, ’n dag nadat die Armeense Opperste Sowjet die republiek se soewereiniteit verklaar het en die land hernoem het na die Republiek Armenië. Op daardie tydstip, het Armenië net meer as ’n jaar van tevore sy formele onafhanklikheid van die USSR verklaar en die driekleur het die vlag van 1952 vervang.

Vorige vlae

Simboliek

Die kleure is gereeld verskillende betekenisse toegedig. Die rooi het byvoorbeeld vir die bloedvergieting deur die Armeense soldate in oorlog voorgestel, die blou het die Armeense lug voorgestel en die oranje die moed van die land.[9]

Die amptelike definisie van die kleure, soos vasgestel deur die Grondwet van die Republiek van Armenië is:

Die rooi stel die Armeense Hoogland, die Armeense volk se volgehoue stryd om oorlewing, die onderhouding van die Christelike geloof en Armenië se onafhanklikheid en vryheid voor. Die blou stel die wil van die Armeense volk om onder die vreedsame lug te woon. Die oranje stel die kreatiewe talent en hardwerkende aard van die Armeense volk voor.[10]

Ontwerp

Kleure

In 2012 het die Armeense Nasionale Instituut vir Standaarde (SARM) spesifikasies vir die samestelling en kleure van die nasionale vlag uitgereik:[11]

Kleurskema Rooi Blou Oranje
RGB-kleursisteem 217-0-18 0-51-160 242-168-0
CMYK 0-100-100-0 100-80-0-0 0-35-100-0
Heksadesimaal D90012 0033A0 F2A800
Pantone 485 286 1235

Gebruik

Die vlag voor die Armeense ambassade in Washington, D.C.
Die Armeense vlag vorm die basis van die livrei van Armavia, hier gesien op een van die redery se Soechoi Superjets.

Die wetgewing van 2006 oor die Nasionale Vlag van Armenië vereis dat die vlag op die volgende openbare geboue gehys moet word:

  • Woonhuis van die President
  • Parlement
  • Regering
  • Grondwethof
  • Kantoor van die Openbare Beskermer
  • Sentrale Bank van Armenië
  • Ander regeringsgeboue

Die wet vereis ook dat die vlag halfstok moet hang op dae wanneer daar gerou word of gedurende roudienste. ’n Swart lint moet dan bo-aan die vlagpaal geplaas word; die lengte van die lint moet gelyk wees aan die lengte van die vlag. Die wapperende vlag moet in sy geheel, skoon en onverwelk gehys word; verder moet die onderste gedeelte van die vlag ten minste 2,5 meter van die grond af wees.[12]

Nasionale vlagdae

Die dag van die Nasionale vlag van Armenië word jaarliks op 15 Junie gevier. Die dag is gekies om die rede dat die Armeense wet oor die Nasionale Vlag van Armenië op 15 Junie 2006 deurgevoer is.[13] Die dag van die Armeense driekleur is vir die eerste keer op 15 Junie 2010 in Jerewan gevier.[14]

Die daaglikse vertoon van die Armeense vlag word aangemoedig maar slegs wetlik vereis op die volgende dae:[15][16]

  • 1 en 2 Januarie – Nuwejaar
  • 6 Januarie – Kersfees
  • 8 Maart – Internasionale Vrouedag
  • 7 April – Dag van Moederskap en Skoonheid
  • 1 Mei – International Werkersdag
  • 9 Mei – Dag van Oorwinning en Vrede
  • 28 Mei – Eerste Armeense Republiekdag, 1918
  • 5 Julie – Grondwetdag, 1995
  • 21 September – Onafhanklikheidsdag, 1991
  • 7 Desember – Gedenkdag vir die Spitak-aardbewing, 1988

Invloed

Die nasionale vlag word genoem in die “Mer Hayrenik”, die volksied van Armenië. Die tweede en derde strofes verwys spesifiek na die skepping van die nasionale vlag:

Die Mer Hayrenik
Մեր Հայրենիք, ազատ անկախ,
Որ ապրել է դարէ դար
Յուր որդիքը արդ կանչում են
Ազատ, անկախ Հայաստան։

Ահա եղբայր քեզ մի դրոշ,
Որ իմ ձեռքով գործեցի
Գիշերները ես քուն չեղա,
Արտասուքով լվացի։

Նայիր նրան՝ երեք գույնով,
Նվիրական մեր նշան
Թող փողփողի թշնամու դեմ
Թող միշտ պանծա Հայաստան։

Ամենայն տեղ մահը մի է
Մարդ մի անգամ պիտ մեռնի,
Բայց երանի՝ որ յուր ազգի
Ազատության կզոհվի։
Vertaling: Armeense Volkslied
Ons Vaderland, vry en onafhanklik
Wat vir eeue reeds bestaan,
Roep nou haar seuns op
na die vrye, onafhanklike Armenië

Hier is vir jou ’n vlag, my broer,
wat ek genaai het
deur die slapelose nagte,
en gebad het in my bloed.!

Kyk daarna, driekleurig,
Vir ons ’n waardevolle simbool.
Laat dit teen die vyand uitstraal
Dat u, Armenië, vir ewig heerlik is.

Dood is orals dieselfde,
’n Man sterf maar een keer,
Geseënd is hy wat sterf
Vir die vryheid van sy nasie.

Vlag van Artsach

Vlag van Artsach
Vlag van Artsach
Vlag van Artsach
Gebruik Nasionale vlag Nasionale vlag
Verhouding 1:2
Goedgekeur 2 Junie 1992[17]
Ontwerp ’n Horisontale driekleur in rooi, blou en oranje met ’n wit sigsagstyl chevron op die wapperkant.

Op 2 Junie 1992 het die selfverklaarde Republiek Artsach, ’n de facto onafhanklike republiek in Suid-Kaukasië wat deur Azerbeidjan opgeëis word, ’n vlag aangeneem wat afgelei is van die vlag van Armenië met ’n wit patroon op die wapperkant toegevoeg. ’n Wit sigsagstyl chevron wat op die verste punt van die wapperkant begin en in die middel van die blou baan bymekaar kom. Die chevron is een derde van die lengte van die vlag lank.[18] Die wit patroon stel die huidige afsondering van Artsach (Nagorno-Karabakh) van Armenië en hul aspirasie vir uiteindelike unifikasie met “die Moederland”.[19] Dit stel die Armeense erfenis, kultut en populasie van die omgewing voor. Dit stel ook Nagorno-Karabakh voor as ’n afgesonderde gebied van Armenië deur die driehoekige vorm en die sigsag wat deur die vlag sny. Die patroon is ook soortgelyk aan die ontwerp wat op matte gebruik word. Die vlag se hoogte-breedteverhouding is 1:2, dieselfde as die Armeense driekleur.[18]

Ander vlae

Historiese vlae

Vlag van die Pan-Armeense Spele

Benewens die vlag van Nagorno-Karabach, het die vlag van Armenië ook die ontwerp van die vlag vir die Pan-Armeense Spele beïnvloed. In die middel van die ligblou vlag is ses ineengeskakelde ringe, afgelei van die Olimpiese Ringe. Die sesde is ’n oranje ring, wat Armenië voorstel, en is ineengeskakel met die blou en groen ringe. Bo die ringe is ’n vlam in die kleure van die Armeense vlag.[20]

Verwysings

  1. (en) "Armenië". Flags of the World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Oktober 1999. Besoek op 27 Mei 2019.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 (en) "Die evolusie van die Armeense vlag". Armenianheritage.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Augustus 2001. Besoek op 5 Januarie 2007.
  3. (ru) "Закавказская Федерация (Transkaukasiese Demokraties-Federatiewe Republiek)". Russiese Sentrum vir Vlagkunde en Heraldiek. 30 Mei 2003. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Junie 2006. Besoek op 27 Desember 2006.
  4. (ru) "Республика Армения (Republiek van Armenië)". Russiese Sentrum vir Vlagkunde en Heraldiek. 28 Maart 2003. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Junie 2006. Besoek op 9 Januarie 2006.
  5. (en) "Armenië: Demokratiese Republiek (1918–1921)". Flags of the World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Februarie 2001. Besoek op 9 Januarie 2007.
  6. 6,0 6,1 (ru) "Советская Армения (Sowjet Armenië)". Russiese Sentrum vir Vlagkunde en Heraldiek. 14 November 2004. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2019. Besoek op 20 Januarie 2007.
  7. (en) De Waal, Thomas. Black Garden: Armenia and Azerbaijan Through Peace and War, pp. 60-1. NYU Press, 2003, ISBN 0-8147-1945-7.
  8. (en) King, Sarah Sanderson & Cushman, Donald P. Political Communication: Engineering Visions of Order in the Socialist World, p. 102. SUNY Press, 1992, ISBN 0-7914-1201-6.
  9. (en) "Armenië". Vexilla Mundi. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Oktober 2019. Besoek op 6 Januarie 2007.
  10. (en) "Algemene inligting: afdeling die Vlag". Regering van die Republiek van Armenië. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2020. Besoek op 21 Oktober 2010.
  11. (hy) "HST 50-2012 – Algemene Spesifikasies vir die vlag van die Republiek van Armenië (AM)" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (pdf) op 22 Oktober 2014. Besoek op 18 Desember 2011.
  12. (hy) "Die Wet van die Republiek van Armenië oor die nasionale vlag". Armeense Regsinligtingstelsel. Besoek op 28 Maart 2008.
  13. (en) "Staatsvlagdagvieringe in Armenië". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Desember 2015. Besoek op 15 Junie 2010.
  14. (en) "Yerevan Report: Armeense Vlagdag gevier op 15 Junie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Februarie 2013. Besoek op 16 Junie 2010.
  15. (en) "Vlagdae van die Wêreld". Flags of the World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Maart 2019. Besoek op 29 Desember 2006.
  16. (en) "Aangaande Armenië". Permanente Afvaardiging van Armenië van die Verenigde Nasies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Junie 2007. Besoek op 29 Desember 2006.
  17. (en) "Artsach". Flags of the World. Besoek op 3 September 2020.
  18. 18,0 18,1 (en) "Eienskappe van die staat". Ministerie van Buitelandse Sake van Nagorno-Karabakh. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Desember 2006. Besoek op 9 Januarie 2007.
  19. (en) "Vlag van Artsach / Nagorno-Karabakh". Flags of the World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2019. Besoek op 9 Januarie 2007.
  20. (en) "Armenië: Sportvlae". Flags of the World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Junie 2019. Besoek op 9 Januarie 2007.

Eksterne skakels


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.

Read other articles:

Below is a list of countries in Africa by area.[1] Algeria has been the largest country in Africa and the Arab world since the division of Sudan in 2011. Seychelles is the smallest country in Africa overall, with The Gambia being the smallest country on continental Africa.[2] Country %total Africa areain km2 (mi2) 1  Algeria 7.9% 2,381,741 (919,595) [a] 2  DR Congo 7.7% 2,344,858 (905,355) 3  Sudan 6.2% 1,861,484 (718,723) [b] 4  Libya 5.8%...

 

 

For the human resources procedure, see Performance appraisal. 8th episode of the 2nd season of The Office Performance ReviewThe Office episodeEpisode no.Season 2Episode 8Directed byPaul FeigWritten byLarry WilmoreFeatured musicWild Side by Mötley CrüeCinematography byRandall EinhornEditing byDean HollandProduction code2009[1]Original air dateNovember 15, 2005 (2005-11-15)Running time22 minutesGuest appearances Melora Hardin as Jan Levinson Leslie David Baker as S...

 

 

Untuk kegunaan lain, lihat DeWalt (disambiguasi). Artikel ini membutuhkan rujukan tambahan agar kualitasnya dapat dipastikan. Mohon bantu kami mengembangkan artikel ini dengan cara menambahkan rujukan ke sumber tepercaya. Pernyataan tak bersumber bisa saja dipertentangkan dan dihapus.Cari sumber: DeWalt – berita · surat kabar · buku · cendekiawan · JSTOR (Agustus 2012) DeWalt Industrial Tool CompanyJenisAnak perusahaanIndustriManufakturDidirikan1924; 1...

ورستبورو     الإحداثيات 41°34′38″N 74°29′04″W / 41.5772°N 74.4844°W / 41.5772; -74.4844   [1] تقسيم إداري  البلد الولايات المتحدة[2]  التقسيم الأعلى مقاطعة سوليفان  خصائص جغرافية  المساحة 3.235324 كيلومتر مربع3.279682 كيلومتر مربع (1 أبريل 2010)  ارتفاع 176 متر  عدد ...

 

 

Untuk kegunaan lain, lihat Limerick (disambiguasi). Limerick merupakan kota terbesar ketiga di Republik Irlandia. Penduduknya berjumlah 52.560 jiwa (2006). Letak kota ini di bagian tengah. Tepatnya di County Limerick. Kota ini memiliki luas wilayah 20,79 km². Kota ini adalah ibu kota County Limerick. Kota kembar Limerick Township, Amerika Serikat New Brunswick, Amerika Serikat Quimper, Prancis Spokane, Amerika Serikat Starogard Gdanski, Polandia Pranala luar Situs resmi Artikel bertopik...

 

 

Questa voce sull'argomento stagioni delle società calcistiche italiane è solo un abbozzo. Contribuisci a migliorarla secondo le convenzioni di Wikipedia. Segui i suggerimenti del progetto di riferimento. Voce principale: Associazione Calcio Siena. AC SienaStagione 1964-1965Sport calcio Squadra Siena Allenatore Lauro Toneatto Presidente Danilo Nannini Serie C5º posto nel girone B Maggiori presenzeCampionato: Mazzei, Toschi (34) Miglior marcatoreCampionato: Basilico (11) StadioDel...

Types of electrical circuits A series circuit with a voltage source (such as a battery, or in this case a cell) and three resistance units Two-terminal components and electrical networks can be connected in series or parallel. The resulting electrical network will have two terminals, and itself can participate in a series or parallel topology. Whether a two-terminal object is an electrical component (e.g. a resistor) or an electrical network (e.g. resistors in series) is a matter of perspecti...

 

 

Sulfotep Names Preferred IUPAC name O1,O1,O3,O3-Tetramethyl 1,3-dithiodiphosphate Other names Sulfotep, Dithiophos, Dithion, Bladafum, Dithiofos, Dithione, Dithiotep, Pirofos, TEDP[1][2] Identifiers CAS Number 3689-24-5 3D model (JSmol) Interactive image ECHA InfoCard 100.020.905 EC Number 222-995-2 PubChem CID 19395 RTECS number XN4375000 UNII V41BK2EE8X UN number 1704 CompTox Dashboard (EPA) DTXSID7024328 SMILES CCOP(=S)(OCC)OP(=S)(OCC)OCC Properties Chemical formula C8H20O...

 

 

ХристианствоБиблия Ветхий Завет Новый Завет Евангелие Десять заповедей Нагорная проповедь Апокрифы Бог, Троица Бог Отец Иисус Христос Святой Дух История христианства Апостолы Хронология христианства Раннее христианство Гностическое христианство Вселенские соборы Н...

Armando Alonso Nazionalità  Costa Rica Altezza 180 cm Peso 74 kg Calcio Ruolo Centrocampista Termine carriera 2016 CarrieraSquadre di club1 2003-2005 Saprissa0 (0)2005-2007→  Cartaginés46 (6)2007-2012 Saprissa112 (24)2012-2016 Alajuelense134 (30)Nazionale 2008-2014 Costa Rica23 (3)Palmarès  Gold Cup Bronzo USA 2009 1 I due numeri indicano le presenze e le reti segnate, per le sole partite di campionato.Il simbolo → indica un trasferimento in prestito. ...

 

 

Данио-рерио Научная классификация Домен:ЭукариотыЦарство:ЖивотныеПодцарство:ЭуметазоиБез ранга:Двусторонне-симметричныеБез ранга:ВторичноротыеТип:ХордовыеПодтип:ПозвоночныеИнфратип:ЧелюстноротыеГруппа:Костные рыбыКласс:Лучепёрые рыбыПодкласс:Новопёрые рыбыИн�...

 

 

Attraction at Disney theme parks Davy Crockett Explorer CanoesDisneylandAreaCritter CountryStatusOperatingOpening dateJuly 4, 1956 Magic KingdomAreaFrontierlandStatusRemovedOpening dateOctober 1, 1971Closing date1994 Tokyo DisneylandNameBeaver Brothers Explorer CanoesAreaCritter CountryStatusOperatingOpening dateApril 15, 1983 Disneyland Park (Paris)AreaFrontierlandStatusRemovedOpening dateApril 12, 1992Closing date1994 Shanghai DisneylandNameExplorer Canoes[1]探险家独木舟AreaTr...

Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada Oktober 2022. Bahasa Jepang Kreol YilanDituturkan diTaiwanWilayahYilan, TaiwanPenutur Rumpun bahasaKreol yang berbasis pada Japanese Sistem penulisanLatin (Sistem Kunrei-shiki)Kode bahasaISO 639-3ycrGlottologyila1234[1]ELPYilan Creole Status pemertahana...

 

 

British Conservative politician The subject of this article is standing for re-election to the House of Commons of the United Kingdom on 4 July, and has not been an incumbent MP since Parliament was dissolved on 30 May. Some parts of this article may be out of date during this period. Please feel free to improve this article (but note that updates without valid and reliable references will be removed) or discuss changes on the talk page. Eddie HughesMPOfficial portrait, 2019Parliame...

 

 

Physical property describing the energy required to change a material's temperature ThermodynamicsThe classical Carnot heat engine Branches Classical Statistical Chemical Quantum thermodynamics Equilibrium / Non-equilibrium Laws Zeroth First Second Third Systems Closed system Open system Isolated system State Equation of state Ideal gas Real gas State of matter Phase (matter) Equilibrium Control volume Instruments Processes Isobaric Isochoric Isothermal Adiabatic Isentropic Isenthalp...

2008 United States Senate election in Oregon ← 2002 November 4, 2008 2014 →   Nominee Jeff Merkley Gordon Smith David Brownlow Party Democratic Republican Constitution Popular vote 864,392 805,159 92,565 Percentage 48.90% 45.55% 5.24% County results Congressional district resultsMerkley:      40–50%      50–60%      60–70%Smith:      40–50%   &...

 

 

Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada November 2022. Ezequiel Muñoz Ezequiel Muñoz bermain untuk Boca Juniors, 2010Informasi pribadiNama lengkap Ezequiel Matías MuñozTanggal lahir 8 Oktober 1990 (umur 33)Tempat lahir Pergamino, ArgentinaTinggi 185 cm (6 ft 1 in)Posisi bermain Bek...

 

 

Metropolitan area in Pennsylvania, United StatesHarrisburg–Carlisle, Pennsylvania MSA Susquehanna ValleyMetropolitan areaClockwise from top left: Harrisburg, Carlisle, and HersheyThe Harrisburg–Carlisle MSA in Pennsylvania is highlighted in red.Coordinates: 40°16′N 76°52′W / 40.27°N 76.87°W / 40.27; -76.87Country United StatesState PennsylvaniaPrincipal citiesHarrisburgCarlislePopulation (2010 est.) • Urban444,474 (87th)[1] �...

Wotjobaluk, Jaadwa, Jadawadjali, Wergaia and Jupagulk Peoples v VictoriaCourtFederal Court of AustraliaFull case nameClarke on behalf of the Wotjobaluk, Jaadwa, Jadawadjali, Wergaia and Jupagulk Peoples v Victoria Decided13 December 2005Citation[2005] FCA 1795Court membershipJudge sittingMerkel J Wotjobaluk, Jaadwa, Jadawadjali, Wergaia and Jupagulk Peoples v Victoria,[1] is a decision of the Federal Court of Australia delivered on 13 December 2005 by Justice Ron Merkel in re...

 

 

此條目需要擴充。 (2015年4月2日)请協助改善这篇條目,更進一步的信息可能會在討論頁或扩充请求中找到。请在擴充條目後將此模板移除。 此條目没有列出任何参考或来源。 (2015年4月2日)維基百科所有的內容都應該可供查證。请协助補充可靠来源以改善这篇条目。无法查证的內容可能會因為異議提出而被移除。 格拉納達邦聯Confederación Granadina1858年—1863年 国旗 国徽 格言:�...