Vlag van Irak

Vlag van Irak
Vlag van Irak
Vlag van Irak
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel Voorkant moet wys met vlagpaal aan aanskouer se regterkant
Verhouding 2:3
Goedgekeur 22 Januarie 2008[1]
Ontwerp ’n Horisontale driekleur in rooi, wit en swart met die takbir in groen op die middelste wit baan.

Die nasionale vlag van Irak (Arabies: علم العراق) is op 22 Januarie 2008 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale driekleur in rooi, wit en swart met die takbir in groen Koefiese skrif op die middelste wit baan.

Kleure

Irakse vlagweergawe van 2011

Die kleurskema vir die vlae sedert 1963 word hieronder gelys:

Rooi Wit Groen Swart
RGB 206/17/38 255/255/255 0/122/61 0/0/0
Heksadesimaal #ce1126ff #FFFFFF #007a3dff #000000ff
CMYK 0/92/82/19 0/0/0/0 100/0/50/52 0/0/0/100

Interpretasie van kleure

Skema Tekstielkleur
Rooi Die Hasjemitiese dinastie; bloedige stryd vir vryheid.
Wit Die Omajjadiese dinastie; helder en vreedsame toekoms.
Groen Die Fatimidiese dinastie; die takbir (die woorde Allahoe Akbar wat Arabies is vir “God is Groot”).
Swart Die Abbasidiese dinastie; onderdrukking in die verlede.

Geskiedenis

1921–1959

Die eerste vlag van moderne Irak was dié van die Koninkryk Irak en is in 1921 aanvaar. Dit was ’n swart-groen-wit horisontale vlag met ’n rooi trapesium (sommige variante het ’n driehoek) aan die vlagpaalkant en is geïnspireer deur die vlag van die Arabiese Opstand. Twee sewepuntige sterre op die driehoek het die twee vernaamste volke van die koninkryk, nl. die Arabiere en Koerde, voorgestel. Die ontwerp het ook die nuutingestelde Hasjemitiese Ryk (oorspronklik van Hejaz in die Arabiese Skiereiland) in Irak gereflekteer. Hulle het ’n leidende rol in die Arabiese Opstand gespeel. As sodanig was dit soortgelyk aan die Hasjemitiese Jordanië en die kortstondige Koninkryk Hejaz. Voor onafhanklikheid in Irak in 1932 is die vlag ook deur die Britse Mandaat van Mesopotamië gebruik. Vandag word dit deur pro-Hasjemitiese monargiste in Irak gebruik.

1958

In 1958, in reaksie op die samesmelting van Egipte en Sirië in die Verenigde Arabiese Republiek het die twee Hasjemitiese koninkryke Irak en Jordanië die Arabiese Federasie, ’n konfederasie van die twee state, gestig. Die vlag van die unie wat eintlik maar die vlag van Jordanië sonder die sewepuntige ster in die rooi driehoek.[2] Hierdie vlag is identies aan die vlag van Palestina wat in 1964 aanvaar is en so te sê identies aan die vlag van die Ba’ath-party. Die unie het minder as ses maande gehou en is in Julie 1958 in die Irakse Rewolusie ontbind.

1959–1963

Na die rewolusie van 14 Julie 1958, onder leiding van Abdul Karim Kassem wat die Hasjemitiese monargie in Irak afgeskaf het en die land in ’n republiek omskep het, het Irak ’n nuwe vlag aanvaar (wet 102 van 1959) wat bestaan het uit ’n vertikale driekleur in swart, wit eh groen met ’n rooi agtpuntige ster met ’n geel skyf daarop in die middel van die wit baan. Swart, wit, groen en rooi is die Pan-Arabiese kleure wat die Panarabisme voorstel terwyl die geel skyf die Koerdiese minderheid voorgestel het. Hiermee saam is die rooi ster (van Isjtar gebruik om Irak se antieke erfenis en die Assiriese minderheid voor te stel.

Gebruik van hierdie weergawe van die Irakse nasionale vlag word tans toegestaan aan die Koerdiese minderheid in Irak terwyl die 1963- tot 2008-weergawes nie daar gebruik mag word nie weens hul verbintenis met Panarabisme en hul gebruiksaanvaarding gedurende die tyd wat die Ba’ath-party geregeer het.

1963–1991

Nadat Kassem deur die Ba’ath-party omvergewerp is in 1963 het die nuwe Ba’athistiese regering op 31 Julie 1963 ’n gewysigde weergawe van die Arabiese Bevrydingsvlag as nuwe Irakse vlag aanvaar (wet 28 van 1963). Hierdie horisontale driekleur in rooi, wit en swart (vir die eerste keer gebruik in die Egiptiese rewolusie van 1952) het die basis van die vlag van die Verenigde Arabiese Republiek (VAR) gevorm. Hoewel die VAR in 1961 opgebreek het, het die strewe na eenheid voortbestaan. Waar die vlag van die VAR twee groen sterre gehad het wat Egipte en Sirië voorgestel het, het die nuwe Irakse vlag drie sterre gehad wat die aansluitingshoop van Irak by Sirië en Egipte in ’n nuwe unie gesimboliseer het. Sirië het hierdie visie van Irak gedeel en het later daardie jaar die nuwe Irakse vlag as sy eie aanvaar. Dit het tot in 1971 die vlag van Sirië gebly toe die groen sterre deur die valk van Koraisj (die Siriese wapenskild) vervang is.

Die Irakse Vlagwet (28 van 1963) is vervang deur ’n nuwe Vlagwet (33 van 1986) gedurende die presidentskap van Saddam Hoesein. Hoewel die vlag onveranderd gebly het, is die betekenis van die drie sterre verander om hul oorspronklike geografiese betekenis as die voorstellings van die drie leerstellings in die leuse van die Ba’ath-party: Wadha, Hoerijah, Isjtirakijah (Eenheid, Vryheid, Sosialisme).

1991–2004

Op 13 Januarie 1991 is die vlag deur ’n nuwe Vlagwet (6 van 1991) gewysig. Op aandrang van Saddam Hoesein is die takbir (die woorde Allahoe Akbar wat Arabies is vir “God is Groot”) in groen tussen die sterre ingevoeg. Die vorm van die takbir was in Hoesein se eie handskrif. Die toevoeging van die heilige Islamitiese teks is deur sommige gesien as ’n poging om oorlogsteunsteun te werf van Irakse geloofsleiers wat vroeër verban is, om die disrespek waarmee die Irakse vlag hanteer is in die Irakkees-besette Koeweit, te staak en om die Irakse regering se Islamitiese legitimiteit (wat in daardie stadium sekulêr was) te bevorder in die periode wat gevolg het op die Golfoorlog.

Soos met ander vlae waar Arabiese skrif op is, moet die wapperkant van die vlag aan die regterkant van die vlag se voorkant wees.

2004–2008

Weens die verskillende uitsigte en die heersende teenstand teen ’n volstrekte afstanddoening van die huidige Irakse vlag is ’n kompromie aanvaar deur die Amerikaans aangestelde tussentydse Irakse administrasie in 2004. Die basiese ontwerp van die bestaande vlag is behou;[3] Die takbir is egter weergegee in tradisionele gestileerde Koefiese skrif eerder as Hoesein se handskrif.

Die gewysigde vlag is tydens ’n seremonie op 28 Junie 2004 wat die tegniese ‘magsoorhandiging’ van die besettingsmag van die Koalisie-Oorgangsbestuur aan die Amerikaans aangestelde administrasie ingelei het, bekendgestel.[4]

2008 tot huidig

Op 22 Januarie 2008 is ’n nuwe vlagontwerp bevestig in die nuwe Vlagwet (9 van 2008). In hierdie weergawe is die drie sterre verwyder terwyl die takbir in sy 2004-formaat behou is. Die parlement se bedoeling was dat die nuwe ontwerp vir een jaar sou geld waarna ’n finale besluit oor die vlag geneem sou word. Op 30 April 2009 is die vlag deur die Irakse parlement hersien en behou.[5]

Voorstelle

2004 se vlagvoorstel en kontroversie

’n Vergelyking tussen die vlae van buurstate van Irak, Irak se ouer vlae en die voorstel

Die Irakse regering is na die inval en besetting van Irak deur die Verenigde State in 2003 omver gewerp en die Ba’ath-party is verban. Daar is gespekuleer dat die Amerikaanse Regering op ’n verandering van die Irakse vlag sou aandring om die pan-Arabiese simboliek te verwyder en om afstanddoening van die Ba’athistiese regering aan te kondig. Hierdie uitkyk is deur sommige groepe in Irak gedeel. Daar was ook, onder Irakiërs wat onder Saddam Hoesein gely het, ongelukkigheid oor die behoud van nasionale simbole wat deur sy regering gebruik is. Die Irakse Koerdiese minderheid het ook ’n afkeur in die vlag gehad en het spesifiek ’n probleem met die vlag se beswering van pan-Arabisme gehad. Teenstanders teen die vlagverandering het geargumenteer dat die vlag sedert 1963 in gebruik is, lank voor Saddam Hoesein se presidentskap, en dat dit onregverdig was om dit as ’n ‘Saddamistiese’ vlag te beskou. Hulle het ook daarop klem gelê dat pan-Arabisme ’n heersende beginsel onder die meerderheid van Irakiërs voor onafhanklikheid in 1932 was.

Op 26 April 2004 het die Amerikaans-aangestelde Irakse Regeringsraad (IRR) ’n nuwe vlag vir Irak aangekondig. Die IRR het gesê dat ’n ontwerp van die vooraanstaande Irakse kunstenaar-argitek Rifat Chadirji aanvaar is.

Die voorgestelde vlag het verskeie betekenisse gehad:

Simbool Betekenis
Wit agtergrond Reinheid
Twee blou bane Dit verteenwoordig die Tigris- en Eufraatriviere.
Geel baan Koerdiese minderheid. Die vlag van Koerdistan bevat ’n geel son.
Blou sekelmaan Die sekelmaan stel Islam voor.
Die skakering van blou stel Turkmeens-Irakiërs voor.

Die ontwerp het ’n opmerklike breuk met die drie vlae van moderne Irak (die Arabiese Opstand-geïnspireerde vlag, die vlag wat deur Kassem gebruik is en die Arabiese Bevryding-geïnspireerde vlag van 1963) gemaak wat elkeen die vier Pan-Arabiese kleure bevat. Van hierdie kleure is slegs wit in die IRR se voorstel gebruik. Islamitiese sekelmane word in Arabiese heraldiek boonop gewoonlik in groen of rooi voorgestel. Die voorgestelde verandering het ’n heftige negatiewe reaksie ontlok onder groeperinge in Irak se Arabiese meerderheid, selfs onder dié wat teen Saddam Hoesein gekant was. Diegene wat die Amerikaanse besetting teengestaan het, insluitend die Sjiistiese geestelike Muqtada al-Sadr het gesê die ontwerp is ’n poging van die Amerikaanse regering om Irak van haar identiteit en geskiedkundig prominente rol in die Arabiese wêreld te ontneem. Kritici het veral die afstanddoening van die Arabiese Bevrydingsvlag, die weglating van die kleure van pan-Arabisme en die verwydering van die takbir betreur.

Die nuwe vlag se oorwegend blou-en-wit voorkoms is ook onmiddellik deur baie mense in Irak teengestaan as gevolg van die beweerde ooreenstemming met die vlag van die Staat Israel (wat sedert stigting in 1948 vyandig teenoor Irak is).

Die nuwe vlag is volgens berigte op 27 April 2004, die dag voor die amptelike aanvaarding van die vlag, in Falluja deur opstandelinge verbrand.

Op 28 April 2004 het die president van die IRR, Massoud Barzani, ’n gewysigde weergawe van die vlag waarin die ligblou sekelmaan na ’n donkerder skakering vervang is bekendgestel. Dit is onseker of hierdie verandering na aanleiding van die protes aangebring is of, soos die Raad verklaar het, ’n regstelling van ’n drukfout van vroeëre weergawes is. Barzani het ook verduidelik dat die vlag ’n tydelike ontwerp was wat oor die maande in aanloop tot die aanvaarding van die definitiewe vlag, gebruik sou word.

In die lig van oorweldigende openbare protes is die aanvaarding van die blou-sekelmaanvlag totaal laat vaar.

2008 se vlagvoorstel

Ten spyte van die kompromis in 2004 het teenstand teen die vlag deur Koerdiese groepe voortgeduur. In Januarie 2008 is ’n nuwe ontwerp voorgestel waarin die drie sterre verwyder en vervang is deur ’n agtpuntige groen ster met ’n geel skyf in die middel en die takbir weerskante daarvan. Die takbir is in Koefiese skrif (’n Mesopotamiese Arabiese styl wat in Irak ontstaan het).[6]

2008 se vlagwedstryd

In Julie 2008 het die Irakse parlement ’n wedstryd van stapel gestuur vir die ontwerp van ’n nuwe Irakse vlag. Die wedstryd het tot September 2008 geduur en 50 ontwerpe is ontvang. Ses ontwerpe is gekies en na die parlement gestuur om voor die einde van 2008 te besluit op ’n nuwe vlag.[7]

’n Ander ontwerp soortgelyk aan die 2004-2008-vlag is voorgestel waarin die skrif na geel verander is om die Koerdiese mense in Noord-Irak voor te stel. Die betekenis van die drie sterre sou verander om vrede, verdraagsaamheid en regverdigheid voor te stel.[8]

Ander vlae

Soortgelyke vlae

Verwysings

  1. "Irak" (in Engels). Flags of the World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2001. Besoek op 27 Mei 2019.
  2. (en) http://iraqflag.parliament.iq/icor.php?name=iraqiflag&pa=showpage&pid=10 Geargiveer 9 Augustus 2008 op Wayback Machine
  3. "Vlag van die Irakse Republiek" (in Engels). World flags 101. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 November 2019. Besoek op 27 Mei 2019.
  4. (en) "CNN.com – V.S. gee soewereiniteit terug aan Irak – 28 Jun 2004". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Desember 2004. Besoek op 30 Maart 2019.
  5. (ar) "Raad van Verteenwoordigers van Irak (parlement) se skedule sluit vlaghersiening in". Irakse Raad van Verteenwoordigers. 29 April 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2009. Besoek op 29 April 2009.
  6. Garrels, Anne (12 Januarie 2008). "Irak gaan voormalige Ba'ath-party-volgelinge terugplaas" (in Engels). Nasionale Openbare Radio. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2019. Besoek op 27 Mei 2019.
  7. (en) "Nuwe Irakse vlag voor einde van jaar bepaal". Patriotiese Unie van Koerdistan. 12 Oktober 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Januarie 2017. Besoek op 12 Oktober 2008.
  8. (nl) Charif, Chalaan (15 Januarie 2008). "Irak se nuwe vlag halwe bevrediging vir iedereen". Radio Netherlands. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Januarie 2008. Besoek op 24 Januarie 2008.

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.

Read other articles:

Peta infrastruktur dan tata guna lahan di Komune Mazeley.  = Kawasan perkotaan  = Lahan subur  = Padang rumput  = Lahan pertanaman campuran  = Hutan  = Vegetasi perdu  = Lahan basah  = Anak sungaiMazeley merupakan sebuah komune di departemen Vosges yang terletak pada sebelah timur laut Prancis. Lihat pula Komune di departemen Vosges Referensi INSEE lbsKomune di departemen Vosges Les Ableuvenettes Ahéville Aingeville Ainvelle Allarmont Ambacourt Ameuvel...

 

Denton Corker MarshallMuseum Melbourne di Melbourne, Australia, salah satu hasil desain Denton Corker Marshall.Informasi praktikPendiriJohn DentonBill CorkerBarrie MarshallDidirikan1972 (1972)LokasiMelbourne, London, Manchester dan Jakartakarya dan penghargaan signifikanPenghargaanRAIA Gold Medal: John Denton, Bill Corker and Barrie Marshall (1996)Situs Webdentoncorkermarshall.com Denton Corker Marshall adalah sebuah biro arsitek yang didirikan di Melbourne pada tahun 1972 oleh arsitek J...

 

Skema proksimal aorta dan cabang-cabangnya. Arteri subklavia kiri adalah cabang kelima dari aorta dan cabang ketiga dari arkus aorta. Arteri subklavia kanan berasal dari arteri brakiosefalika dan percabangannya (arteri subklavi kanan berada di kiri atas dan arteri subklavia kiri berada di kanan atas) Arteri subklavia adalah sepasang arteri besar yang berada di bagian atas rongga dada di bawah klavikula.[1] Arteri subklavia kiri berasal dari arkus aorta di bawah arteri karotis komunis ...

Kota CilacapIbu kota kabupatenPintu masuk Benteng Pendem CilacapNegara IndonesiaProvinsiJawa TengahKabupatenCilacapKecamatanCilacap Selatan Cilacap Tengah Cilacap UtaraLuas • Total50,1 km2 (19,3 sq mi)Populasi (2022)[1] • Total439,780 • Kepadatan6.316/km2 (16,360/sq mi) Kota Cilacap adalah ibu kota Kabupaten Cilacap yang sekaligus menjadi pusat pemerintahan dan perekonomian dari Kabupaten Cilacap, Provinsi Jawa Tengah, ...

 

Putri MarinoPutri pada tahun 2017Nama asalᬦᬶᬮᬸᬄᬤ᭄ᬳᬃᬫᬧᬸᬢ᭄ᬭᬶᬫᬭᬶᬦᭀLahirNi Luh Dharma Putri Marino4 Agustus 1993 (umur 30)Denpasar, Bali, IndonesiaKebangsaanIndonesiaPekerjaanAktrismodelpresenterTahun aktif2013—sekarangSuami/istriChicco Jerikho Jarumillind ​ ​(m. 2018)​Anak1KeluargaSitha Marino (adik)PenghargaanDaftar penghargaanTanda tangan Ni Luh Dharma Putri Marino (Bahasa Bali: ᬦᬶᬮᬸᬄᬤ᭄...

 

Artikel ini tidak memiliki referensi atau sumber tepercaya sehingga isinya tidak bisa dipastikan. Tolong bantu perbaiki artikel ini dengan menambahkan referensi yang layak. Tulisan tanpa sumber dapat dipertanyakan dan dihapus sewaktu-waktu.Cari sumber: Fotografer – berita · surat kabar · buku · cendekiawan · JSTOR Seorang fotografer. Fotografer ialah orang-orang yang membuat gambar dengan cara menangkap cahaya dari subyek gambar dengan kamera maupun pe...

Cet article est une ébauche concernant une localité italienne et le Trentin-Haut-Adige. Vous pouvez partager vos connaissances en l’améliorant (comment ?) selon les recommandations des projets correspondants. Trambileno Administration Pays Italie Région Trentin-Haut-Adige  Province Trentin   Code postal 38068 Code ISTAT 022203 Code cadastral L322 Préfixe tel. 0464 Démographie Population 1 471 hab. (1er janvier 2023[1]) Densité 29 hab./km2 Géographie Co...

 

Canadian novelist, essayist, children's writer, journalist, filmmaker and poet Jacques GodboutJacques Godbout in 2014Born (1933-11-27) November 27, 1933 (age 90)Montreal, Quebec, CanadaOccupation(s)Film directorScreenwriterAuthorPoetYears active1958–present Jacques Godbout, OC, CQ (born November 27, 1933) is a Canadian novelist, essayist, children's writer, journalist, filmmaker and poet. By his own admission a bit of a dabbler (touche-à-tout), Godbout has become one of the most ...

 

American baseball player (born 1997) Baseball player Kolby AllardAllard pitching for the Atlanta Braves organization in 2016Philadelphia Phillies – No. 49PitcherBorn: (1997-08-13) August 13, 1997 (age 26)Anaheim, California, U.S.Bats: LeftThrows: LeftMLB debutJuly 31, 2018, for the Atlanta BravesMLB statistics (through 2023 season)Win–loss record9–24Earned run average6.10Strikeouts204 Teams Atlanta Braves (2018) Texas Rangers (2019–2022) Atlanta Braves (2023) Kolby...

محافظة في السويدمعلومات عامةصنف فرعي من التقسيم الإداري في السويدالمستوى الأول من التقسيم الإداريكيان سياسي إقليمي البلد السويد السلطة regional council in Sweden (en) حلَّ محل مقاطعات السويد (1634) تاريخ البدء 1634 الكمية 21 تعديل - تعديل مصدري - تعديل ويكي بيانات مقاطعات السويد (السويدية: Lä...

 

2004 Hong Kong filmA1 HeadlineDirected byGordon ChanRico ChungWritten byGordon ChanRico ChungProduced byGordon ChanFruit ChanJimmy LawStephen LamStarringAnthony WongAngelica LeeEdison ChenTony Leung Ka-faiCinematographyNau Yee-shunAndy KwongEdited byCheung Ka-faiMusic byJohnny NjoProductioncompaniesGo Film DistributionPanorama EntertainmentSil-Metropole Organisationpeople's ProductionsDistributed byPanorama DistributionsRelease date 9 September 2004 (2004-09-09) Running time95...

 

Movements to amend the financial system This article has multiple issues. Please help improve it or discuss these issues on the talk page. (Learn how and when to remove these template messages) Some of this article's listed sources may not be reliable. Please help improve this article by looking for better, more reliable sources. Unreliable citations may be challenged and removed. (April 2021) (Learn how and when to remove this message) This article relies excessively on references to primary...

Highly trained marksman For other uses, see Sniper (disambiguation). SniperFrench and British (center) snipers equipped with FR F2, Accuracy International AWM and PGM Hécate II rifles (left to right, 2012) and camouflage Ghillie suitsOccupationOccupation typeMilitary / Law enforcementActivity sectorsUse of high-precision rifles and special reconnaissance Vasily Zaytsev, left, and other Soviet snipers equipped with Mosin–Nagant M1891/30 during the Battle of Stalingrad in December 1942 A mod...

 

Artikel ini tidak memiliki referensi atau sumber tepercaya sehingga isinya tidak bisa dipastikan. Tolong bantu perbaiki artikel ini dengan menambahkan referensi yang layak. Tulisan tanpa sumber dapat dipertanyakan dan dihapus sewaktu-waktu.Cari sumber: Keuskupan Moshi – berita · surat kabar · buku · cendekiawan · JSTOR Keuskupan MoshiDioecesis MoshiensisLokasiNegaraTanzaniaMetropolitArushaStatistikLuas5.029 km2 (1.942 sq mi)Populasi...

 

Thai AirAsia X IATA ICAO Kode panggil XJ TAX EXPRESS WING Didirikan2014PenghubungBandar Udara Internasional Don MueangArmada2Tujuan3SloganNow Everyone Can Fly Xtra LongKantor pusat99 Moo 5 OSC Building, Kingkaew Road, Tambon Racha Thewa, Amphoe Bang Phli, Samut Prakan, ThailandSitus webAirAsia.com Thai AirAsia X (Thai: ไทยแอร์เอเชีย เอกซ์code: th is deprecated ) adalah maskapai penerbangan patungan dari AirAsia X. Maskapai penerbangan ini secara reguler mel...

2005 studio album by MobyHotelStudio album by MobyReleasedMarch 14, 2005 (2005-03-14)Recorded2004StudioMoby's home studio, Electric Lady Studios, and Loho Studios in New York CityGenreAlternative rockelectronicadowntempotrip hopLength56:30 (disc one)67:51 (disc two)LabelMuteV2ProducerMobyMoby chronology 18 B Sides + DVD(2003) Hotel(2005) Go – The Very Best of Moby(2006) Moby studio albums chronology 18(2002) Hotel(2005) Last Night(2008) Alternate coverHotel: Ambient 2...

 

2015 single by Pitbull featuring Mohombi and WisinBaddest Girl in TownSingle by Pitbull featuring Mohombi and Wisinfrom the album Dale ReleasedJune 8, 2015Recorded2015GenreReggaeton, Latin PopLength3:04Label Mr. 305 RCA Songwriter(s) Mohombi Moupondo Juan Luis Morera Luna Alexandru Cotoi Armando C. Perez Mika Moupondo José C. García Jorge Gómez Producer(s) Alexandru Cotoi Mika Moupondo Pitbull singles chronology Back It Up (2015) Baddest Girl in Town (2015) Shake That (2015) Mohombi...

 

Armada FujianPanji Angkatan Laut Kekaisaran TiongkokAktif1678 – 1912Negara Dinasti QingAliansi Kaisar TiongkokCabangAngkatan Laut Kekaisaran TiongkokMarkasFujianPenghargaan perangPerang Tiongkok-PerancisPerang Tiongkok-Jepang Pertama Awak kapal korvet Yangwu, andalan armada Fujian. Armada Fujian (Hanzi sederhana: 福建水师; Hanzi tradisional: 福建水師; Pinyin: Fújiàn Shuǐshī; Pe̍h-ōe-jī: Hok-kiàn Chúi-su or Hanzi sederhana: 福州舰队; Hanzi tradisional...

San Teofane il Cronografo Martire  NascitaCostantinopoli, 758 MorteSamotracia, 12 marzo 817 Venerato daTutte le Chiese che ammettono il culto dei santi Ricorrenza12 marzo Manuale Teofane detto Confessore o Isauro (in lingua greca: Θεοφάνης Ομολογητής; Costantinopoli, 758 – Samotracia, 12 marzo 817) è stato uno storico bizantino. Fu un aristocratico bizantino divenuto asceta e monaco. Famoso per una Cronaca, continuazione di quella di Giorgio Sincello. È venerat...

 

Russian newspaper founded in 1912 For other uses, see Pravda (disambiguation). Not to be confused with Pravda.ru, Komsomolskaya Pravda, Ukrainska Pravda, pravda DE, pravda EN, pravda ES, pravda FR, or pravda PL. PravdaПравдаFirst issue, 5 May 1912 (22 April 1912 OS)TypeTriweekly newspaperFormatBroadsheetOwner(s)Communist Party of the Russian FederationEditorBoris KomotskyFounded5 May 1912; 112 years ago (1912-05-05) (officially)Political alignmentCommunismMarxism–Len...