Vlag van Bosnië en Herzegowina

Vlag van Bosnië en Herzegowina
Vlag van Bosnië en Herzegowina
Vlag van Bosnië en Herzegowina
Gebruik Nasionale vlag Nasionale vlag
Verhouding 1:2
Goedgekeur 4 Februarie 1998[1]
Ontwerp ’n Enkele blou veld met ’n geel reghoekige driehoek en sewe volledige vyfpuntige sterre en twee halwe vyfpuntige sterre
Ontwerp deur Mladen Kolobarić, die vlag is deur Carlos Westendorp as Hoë Verteenwoordiger geproklameer

Die nasionale vlag van Bosnië en Herzegowina vertoon ’n enkele blou baan met ’n geel reghoekige driehoek wat na onder wys op die wapperkant, ’n ent weg van die kant van die vlag, met sewe volledige wit vyfpuntige sterre en twee halwe sterre bo en onder aangrensend tot die skuinssy van die driehoek.

Geskiedenis

Bosniese koninkryk van 1377 tot 1463

Die vlag is gebaseer op die wapenskild van die Bosniese Kotromanić-dinastie van koning Tvrtko I van Bosnië en sy opvolgers. Die vlag van die middeleeuse Bosnië was wit met die wapenskild van die Kotromanić-dinastie in die middel. Dié wapenskild het bestaan uit ’n blou skild met ses goue fleurs-de-lis wat om ’n wit skuinsbalk vertoon is.

Wes-Herzegowina 1760

Die groen vlag met die wit ster en sekelmaan wat na links wys is in die grensgebiede in die suidelike en westelike Herzegowina deur die Bosniakse landhere gebruik. Die vlag is oorwegend in oorloë gebruik. Die vlag was ook by die troepe van die Ejalet Bosnië gedurende die tweede beleg van Chotyn in Boekowina. Die grootte en rigting van die sekelmaan verskil van dié van die Ottomaanse vlag; die swaelstertwapperkant is ook verskillend en is nader aan sommige Wes-Europese vaandels en geuse.

Bosniese opstand van die 1830’s

In die opstand gedurende die 1830’s onder leiding van Husein Gradaščević is die groen vlag met die geel ster en sekelmaan gebruik. Die doel van die opstand was vir Bosnië om outonomie van die Ottomaanse Ryk te verkry.

Bosniese Vilajet (1867–1908) en kortstondige onafhanklikheid van 1878

Bosnië het in 1878 vir ’n kort wyle as onafhanklike nasie bestaan. Die vlag was soortgelyk aan die vlag wat gedurende die Bosniese opstand van die 1830’s gebruik is. Dit was ’n groen veld met ’n geel ster en sekelmaan waarvan die sekelmaan dunner as die opstandvlag was. Bosnië was in 1878 vir ’n paar maande onafhanklik na die onttrekking van die Ottomaanse troepe, maar is spoedig deur die Oostenryk-Hongare beset nadat ’n ooreenkoms in Berlyn deur die groot Europese moondhede bereik is. Die groen vlag is vir slegs twee maande gebruik.

Oostenryk-Hongaarse oorheersing

Toe Oostenryk-Hongarye Bosnië en Herzegowina geannekseer het, is die vlag verander. Die Bosniese provinsie het ’n vlag met twee horisontale bane in rooi en geel gebruik terwyl die Herzegowina-provinsie ’n omgekeerde vlag gebruik het (twee horisontale bane in geel en rooi). Die wapenskild wat toe gebruik is, was dié van Stjepan Vukčić Kosača, ’n Bosniese edelman en hertog van die 14de eeu. Die oorspronklike middeleeuse wapenskild het ’n wit agtergrond met twee rooi bane bo in die skild gehad.

Demokratiese Federale Joego-Slawië (1942–1946)

In 1945, na die Tweede Wêreldoorlog, het die rooi ster universeel amptelik geword. Dit finale vorm daarvan was met ’n vergrote ster met ’n geel fraiing. Die vlag is gewoonlik op amptelike geboue vertoon tesame met die vlag van die federale republiek en die vlag van die Joego-Slawiese Kommunistebond. Om hierdie rede is daar steeds talle geboue in die voormalige Bosnië en Herzegowina met ’n driepaal-vlaghouer. ’n Kleiner weergawe van die vlag het as burgerlike vaandel gedien terwyl ’n verlengde banierweergawe voor die Joego-Slawiese parlement vertoon is.

Joego-Slawiese tydperk (1946–1992)

Die Sosialistiese Republiek Bosnië en Herzegowina in die kommunistiese Joego-Slawië het ’n vlag gebruik waar die Joego-Slawiese vlag in die skildhoek vertoon is terwyl die res van die vlag ’n rooi veld was wat die sosialisme en kommunisme in Joego-Slawië voorgestel het. Hierdie vlag is soortgelyk aan die vlae van Sowjetunie en China.

Onafhanklike Republiek Bosnië en Herzegowina (1992–1998)

Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar ’n Begraafplaas in Mostar waar die vlae van die weermag (links), die land en die republiek vertoon word

Bosnië en Herzegowina het op 6 April 1992 sy onafhanklikheid van die Joego-Slawië en daarmee saam ’n nuwe vlag verky. Die gekose vlag het die wapenskild van die konings van die Bosniese Kotromanić-dinastie, wat van 1377 tot 1463 oor die gebied wat tans Bosnië en Herzegowina en Dalmasië is, regeer het. Dié wapenskild het bestaan uit ’n blou skild met ses goue lelies (die Lilium bosniacum wat inheems aan die gebied is) wat om ’n wit skuinsbalk vertoon word.

Die vlag wat in 1992 gekies is, het ’n wit veld met die Bosniese lelie in die middel. Hoewel die nie meer die amptelike staatsvlag is nie, word dit steeds nieamptelik as etniese vlag deur Bosniake gebruik[2] by sokkerwedstryde, as deel van politieke byeenkomste en ander dergelike funksies.[3]

Bosnië en Herzegowina na die Dayton-akkoord

Die Bosniese Serwiërs wat na die ondertekening van die Verdrag van Dayton in Bosnië en Herzegowina gewoon het, het die vlag met die ses fleurs-de-lis beskou as slegs verteenwoordigend van die Bosniake (d.w.s. Bosniese Moslems) van Bosnië en Herzegowina. Die vlag van die staat is eindelik verander na die huidige vlag. Die huidige vlag is deur die Hoë Verteenwoordiger vir Bosnië en Herzegowina bekendgestel nadat die parlement van Bosnië en Herzegowina nie op ’n algemeen aanvaarbare oplossing kon besluit nie. Buiten die kleure bevat die huidige vlag geen historiese of ander verwysings na die Bosniese staat nie.[2] Die vlag word baie selde in die Serwiese Republiek waargeneem[2] omdat die inwoners aldaar verkies om die streeksvlag of die Serwiese vlag te vertoon.[2] Sommige Bosniake het ’n weersin in of geen besondere voorliefde nie vir die die vlag, en verkies òf die voormalige Bosniese nasionale vlag wat van 1992 tot 1998 gebruik is (en wat deur sommige Bosniake as ’n etniese vlag gebruik word)[2] òf die voormalige vlag van Joego-Slawië.[2]

Vorige vlae

Ontwerp

Konstruksietekening
Konstruksietekening

Kleure

’n Wapperende vlag van Bosnië en Herzegowina

Die kleurskema word hieronder gelys:

Kleurskema Blou Geel
Heksadesimaal #001489 #FFCD00
RGB 0-20-137 255-205-0
CMYK 100-87-0-20 0-10-98-0
Pantone Refleks Blou C 116 C

Ander vlae

Voorgestelde vlae

Die eerste vlag wat voorgestel is in die eerste stel voorstelle was die ‘Tsjeg-patroon’, soortgelyk aan die vlag van Tsjeggië. Dit was bedoel om al drie samestellende nasies van Bosnië en Herzegowina te verteenwoordig. Die volgende voorstel was die ‘louriertak’. Dit is gebaseer op die ligblou vlag van die Verenigde Nasies. Dit sou slegs een goue olyftak in die middel bevat (wat 30° antikloksgewys gedraai is), wat van die embleem van die Verenigde Nasies afgelei is. Die derde voorstel was die ‘kaart’-voorstel. Dit sou ook die ligblou van die Verenigde Nasies gebruik waarop die silhoeët van Bosnië en Herzegowina voorgestel sou word. Geen amptelike teks wat die kleur van die silhoeët spesifiseer is ooit gepubliseer nie, maar dit sou waarskynlik wit wees.

Die tweede stel voorstelle het vlae bevat wat geheel Bosnië en Herzegowina verteenwoordig het. Die eerste vlagontwerp was ’n diagonaalgebaande driekleur in rooi, wit en blou (ander kleure maar in dieselfde patroon as die vlag van die Republiek van die Kongo). In die middel sou ’n blou kaart met geel fraiing van Bosnië en Herzegowina wees in ’n sirkel van 10 vyfpuntige goue sterre. Die vlag sou ’n verhouding van 1:2 hê. Die tweede voorgestelde vlag is soortgelyk aan die eerste behalwe dat daar 12 sterre is, soos die vlag van Europa ook het. Die derde ontwerp het verskil van die eerste twee in dat die wit baan breër gemaak is en die hoek van die diagonale bane nie 45° was nie. Op die wit baan was ’n geel kaart van Bosnië en Herzegowina binne ’n groen olyftakkrans. Dit olyftakke is afkomstig van die vlag van die Verenigde Nasies. Die vierde voorstel het dieselfde embleem as die derde behou maar in ’n horisontale driekleur, soortgelyk aan die vlag van die voormalige Joego-Slawië.

Carlos Westendorp se eerste voorstel was soortgelyk aan die huidige vlag met die groot verskil in die skakering van blou, wat dieselfde was as dié van die Verenigde Nasies. Die tweede voorstel was ’n ligblou vlag (van die Verenigde Nasies) met 5 horisontale bane afwisselend in geel en wit met die geel bane wat uit die vlagpaalkant kom tot tweederdes die breedte van die vlag en die wit bane dieselfde maar vanuit die wapperkant. In die derde voorstel was daar vyf bane in geel en wit afwisselend soos in die tweede voorstel met die wit bane wat korter word na onder. Westendorp het uiteindelik op sy eerste voorstel besluit met die skakering van blou wat aanpebas is na ’n skakering wat aan die vlag van die Europese Unie herinner.[2]

Verwysings

  1. (en) "Bosnië en Herzegowina". Flags of the World. Besoek op 28 Desember 2020.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 2,5 2,6 (en) Lakic, Mladen (6 Desember 2017). "Bosnië se 'buitelandse' vlag lok steeds gemengde reaksie". Balkan Insight. Besoek op 22 Januarie 2019.
  3. (en) Obad, Kemal (23 November 2015). "Geopolitiese belangrikheid van Bosnië-Herzegowina in globale verhoudinge". Daily Sabah. Turkey. Besoek op 12 Januarie 2019.

Eksterne skakels

Read other articles:

Burung minyak Status konservasi Risiko Rendah (IUCN 3.1)[1] Klasifikasi ilmiah Kerajaan: Animalia Filum: Chordata Kelas: Aves (tanpa takson): Cypselomorphae Ordo: Steatornithiformes Subordo: Steatornithes Famili: SteatornithidaeBonaparte, 1842 Genus: SteatornisHumboldt, 1814 Spesies: S. caripensis Nama binomial Steatornis caripensisHumboldt, 1817 Burung minyak (Steatornis caripensis), dalam bahasa lokal dikenal sebagai guácharo, merupakan burung yang ditemukan di bagian ut...

 

 

IschiumKorset panggulSendi panggul kiri, dibuka dengan menghilangkan dasar acetabulum dari dalam pelvis (Ischium dilabeli pada kiri bawah).RincianOrigoSuperior gemellusPengidentifikasiBahasa Latinos ischiiMeSHD007512TA98A02.5.01.201TA21339FMA16592Daftar istilah anatomi tulang[sunting di Wikidata] Artikel ini bukan mengenai Ischia. Ischium (/ˈɪski.əm/;[1] bentuk jamak: ischia) membentuk bagian bawah dan belakang dari tulang panggul (os coxae). Ischium terletak dibawah ilium dab ...

 

 

2023 Israeli intelligence research paper The leaked document Policy paper: Options for a policy regarding Gaza's civilian population (Hebrew: נייר מדיניות : חלופות לדירקטיבה מדינית לאוכלוסייה האזרחית בעזה, dated 13 October 2023), is a ten-page policy paper drafted by the Israeli Intelligence Ministry, a minor ministry that conducts research but does not set policy, that proposes forcibly transferring Gaza Strip's 2.3 million residents ...

Dewan Perwakilan Rakyat Daerah Kota Semarang ꦝꦺꦮꦤ꧀ꦥꦼꦂꦮꦏꦶꦭꦤ꧀ꦫꦏꦾꦠ꧀ꦝꦲꦺꦫꦃ​ꦏꦶꦛ​ꦱꦼꦩꦫꦁ​​ Dhéwan Pěrwakilan Rakyat Dhaérah Kitha SêmarangDewan Perwakilan RakyatKota Semarang2019-2024JenisJenisUnikameral Jangka waktu5 tahunSejarahSesi baru dimulai14 Agustus 2019PimpinanKetuaKadar Lusman, S.E., M.M. (PDI-P) sejak 24 September 2019 Wakil Ketua IMualim, S.Pd., M.M., M.H. (Gerindra) sejak 24 September 2019 Wakil Ketua IIH....

 

 

This article includes a list of references, related reading, or external links, but its sources remain unclear because it lacks inline citations. Please help improve this article by introducing more precise citations. (June 2013) (Learn how and when to remove this template message) This article relies largely or entirely on a single source. Relevant discussion may be found on the talk page. Please help improve this article by introducing citations to additional sources.Find sources: 1932...

 

 

Peta pembagian administratif tingkat pertama Italia Pembagian administratif Italia terdiri atas 20 region pada tingkat pertama, 14 kota metropolitan dan 96 provinsi pada tingkat kedua, serta 7.960 munisipalitas pada tingkat ketiga.[1] Referensi ^ Codici comuni, province e regioni. www.istat.it (dalam bahasa Italia). Diarsipkan dari versi asli tanggal 10 Okt 2017. Diakses tanggal 17 Jan 2018.  lbsPembagian administratif EropaNegaraberdaulat Albania Andorra Armenia1 Austria Azerbai...

كوينزلاند  علم شعار   الإحداثيات 20°S 143°E / 20°S 143°E / -20; 143   [1] تاريخ التأسيس 1859  سبب التسمية فيكتوريا ملكة المملكة المتحدة  تقسيم إداري  البلد أستراليا[2][3]  التقسيم الأعلى أستراليا  العاصمة بريزبان  التقسيمات الإدارية غولد ك�...

 

 

Ukrainian collaborationist police units during World War II Ukrainische HilfspolizeiUkrainian Auxiliary PoliceActive27 July 1941CountriesGerman-occupied Europe including Reichskommissariat Ukraine and District of GaliciaAllegiance Nazi GermanyRoleAuxiliary policeMilitary unit The Ukrainian Auxiliary Police (German: Ukrainische Hilfspolizei; Ukrainian: Українська допоміжна поліція, romanized: Ukrainska dopomizhna politsiia) was the official title of the loca...

 

 

Plato.Gagasan Alfred North Whitehead mengenai objek-objek abadi sangat di pengaruhi oleh filsafat Plato Objek-objek abadi atau eternal objects adalah sebuah istilah yang dicetuskan oleh Alfred North Whitehead untuk menunjukan kemungkinan-kemungkinan murni (pure potentials) yang akan menjadi prinsip pembentuk atau pemberi wujud tertentu bagi entitas aktual.[1] Setiap wujud dari entitas aktual mengandaikan adanya suatu prinsip yang memberikan bentuk tertentu padanya.[2] Prinsip ...

Barbizon Une rue de la commune. Blason Administration Pays France Région Île-de-France Département Seine-et-Marne Arrondissement Fontainebleau Intercommunalité Communauté d'agglomération du Pays de Fontainebleau Maire Mandat Gerard Taponat 2020-2026 Code postal 77630 Code commune 77022 Démographie Gentilé Barbizonnais Populationmunicipale 1 241 hab. (2021 ) Densité 235 hab./km2 Géographie Coordonnées 48° 26′ 48″ nord, 2° 36′ 20″...

 

 

Furukawa Electric Co., Ltd. 古河電気工業株式会社JenisPublic K.K.Kode emitenTYO: 5801Nikkei 225 ComponentIndustriElectrical equipmentDidirikanYokohama, Jepang (1884; 139 tahun lalu (1884))PendiriFurukawa IchibeiKantorpusatMarunouchi Nakadori Bldg., 2-3, Marunouchi 2-chome, Chiyoda-ku, Tokyo 100-8322, JapanWilayah operasiWorldwideTokohkunciMasao Yoshida(Chairman)Mitsuyoshi Shibata(President)ProdukAutomotive systemsElectronics equipmentEnergy and industrial productsLogam dan Alumi...

 

 

Chinese Buddhist monk (1927–2023) Chuanyin传印TitleVenerable Master of the Buddhist Association of ChinaPersonalBornLü Yudai (吕毓岱)(1927-01-30)30 January 1927Zhuanghe, Liaoning, ChinaDied11 March 2023(2023-03-11) (aged 96)Donglin Temple, Jiujiang, Jiangxi, ChinaReligionChan BuddhismNationalityChineseSchoolWeiyang schoolLineage9th generationof Weiyang schoolAlma materBuddhist Academy of ChinaBukkyo UniversityDharma namesChuanyinSenior postingTeacherChongrenHsu YunPerio...

1984 Canadian film This article's plot summary may be too long or excessively detailed. Please help improve it by removing unnecessary details and making it more concise. (February 2024) (Learn how and when to remove this message) Def-Con 4Theatrical release posterDirected byPaul DonovanWritten byPaul DonovanProduced byMichael DonovanPaul DonovanMaura O'ConnellStarring Lenore Zann Maury Chaykin Kate Lynch Kevin King John Walsch Tim Choate CinematographyDouglas ConnellLes KrizsanEdited byTodd ...

 

 

American actor and comedian (1885–1952) For the playwright and screenwriter, see F. Hugh Herbert. Hugh HerbertHugh Herbert in Footlight Parade (1933)Born(1885-08-10)August 10, 1885Binghamton, New York, U.S.DiedMarch 12, 1952(1952-03-12) (aged 66)North Hollywood, California, U.S.Resting placeHoly Cross Cemetery, Culver City, CaliforniaOccupation(s)Actor, comedianYears active1927–1952Spouse Rose Epstein ​ ​(m. 1932; div. 1949)​ H...

 

 

Bat

Order of flying mammals For the sporting equipment, see Baseball bat, Cricket bat, and Table tennis bat. For other uses, see Bat (disambiguation). Bats and Chiroptera redirect here. For other uses, see Bats (disambiguation) and Chiroptera (disambiguation). BatsTemporal range: Eocene–Present PreꞒ Ꞓ O S D C P T J K Pg N Scientific classification Domain: Eukaryota Kingdom: Animalia Phylum: Chordata Class: Mammalia Clade: Scrotifera Clade: Apo-Chiroptera Order: ChiropteraBlumenbach, 1779 Su...

Visa Israel Seseorang yang hendak berkunjung ke Israel harus mendapatkan visa dari salah satu misi diplomatik Israel kecuali apabila berasal dari negara bebas visa.[1] Semua pengunjung harus memiliki paspor yang berlaku selama 6 bulan setelah tanggal keberangkatan dari Israel.[2] Gambar luar Peta pos perbatasan Israel Peta kebijakan visa   Israel  Bebas visa ke Israel  Perlu izin pemerintah Israel Bebas visa Pemegang paspor normal dari 99 negara b...

 

 

Rumah Sakit Umum Pusat dr. J. LeimenaKementerian Kesehatan Republik IndonesiaGeografiLokasiJalan R. Suprapto No. 123, Rumah Tiga, Teluk Ambon, Ambon, Maluku, IndonesiaKoordinat3°39′41″S 128°11′11″E / 3.6614°S 128.1865°E / -3.6614; 128.1865OrganisasiAsuransi kesehatanBPJS KesehatanPendanaanRumah sakit publik (nirlaba)JenisRumah sakit umumPelayananRanjang pasien450 tempat tidurHelipadYaSejarahDibuka16 Oktober 2019; 4 tahun lalu (2019-10-16) Rumah Sakit U...

 

 

2000 video game 2000 video gameMs. Pac-Man Maze MadnessNorth American PlayStation cover artDeveloper(s)Namco Hometek[a]Publisher(s)NA: Namco HometekJP: NamcoEU: Sony Computer Entertainment EuropeEU: Zoo Digital Publishing (Game Boy Advance)Producer(s)Ed WoolfMike LescaultProgrammer(s)Jeff HallGil ColgateComposer(s)Jon HollandSeriesPac-ManPlatform(s)PlayStation, Nintendo 64, Dreamcast, Game Boy AdvanceReleasePlayStationNA: September 13, 2000[1][2]PAL: November 17, 2000J...

One of the four census regions of the US American West redirects here. For the similarly named airline, see America West Airlines. Western territories redirects here. For the part of Poland, see Recovered Territories. For the western territories of other countries and continents, see West (disambiguation). West of the Rockies redirects here. For the 1929 American western silent film, see West of the Rockies (film). Region in the United StatesWestern United States American West, Far West, the ...

 

 

Russian philologist (1929–2017) In this name that follows Eastern Slavic naming customs, the patronymic is Vsevolodovich and the family name is Ivanov. Vyacheslav IvanovВячеслав ИвановIvanov at the 6 Moscow International Book Festival, 2011BornVyacheslav Vsevolodovich Ivanov(1929-08-21)21 August 1929Moscow, Russian SFSR, Soviet UnionDied7 October 2017(2017-10-07) (aged 88)Los Angeles, California, United StatesNationalityRussianCitizenshipSoviet Union (1929–1991) →...