Albertsville is 'n werkersklasvoorstad in die weste van Johannesburg, Gauteng, wat grens aan Albertskroon en suidoos daarvan geleë is, sowat 7 km wes van Johannesburg se stadsaal, noord van Sophiatown en oos van Newlands.
Albertsville is genoem na genl. Hendrik Alberts, wat 'n gedeelte van die plaas Waterval No. 221 van J.J.P. Ackerman gehuur het. Dit is in 1897 uitgelê op sowat 114 akker en opgedeel in 1 497 standplase.
Sien ook
Verwysings
Bron
- (en) Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.