27 Julie
27 Julie is die 208ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (209de in skrikkeljare). Daar volg nog 157 dae in die res van die jaar.
Gebeure
Geboortes
- 1452 – Ludovico Sforza, die Hertog van Milaan († 1508).
- 1866 – Prof. Nicolaas Johannes Brümmer, Afrikaanse skrywer, NG predikant en hoogleraar aan die Kweekskool († 13 Mei 1947).
- 1877 – Ernő Dohnányi, Hongaarse komponis, pianis en dirigent († 1960).
- 1881 – Hans Fischer, Duitse chemikus en Nobelpryswenner († 1945).
- 1910 – Lupita Tovar, Amerikaanse aktrise († 2016).
- 1928 – Joseph Kittinger, Amerikaanse vegvlieënier wat in 1959/60 'n reeks rekordhoë vryvalspronge onderneem het († 2022).
- 1935 – Petra Müller, Afrikaanse digter en skrywer († 2021).
- 1969 – Jonty Rhodes, voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler.
- 1987 – Thamsanqa Gabuza, Suid-Afrikaanse sokkerspeler.
- 1992 – Johan Goosen, Suid-Afrikaanse beroepsrugbyspeler en Springboklosskakel.
Sterftes
- 1660 – Gerhard Coccejus, Duitse professor van regte, raadslid in Bremen (* 1601).
- 1844 – John Dalton, Engelse chemikus (* 1766).
- 1893 – Alois Hugo Nellmapius, Suid-Afrikaanse sakeman, nyweraar en bewaringskundige (* 1847).
- 1908 – Paul Homeyer, Duitse orrelis (* 1853).
- 1924 – Ferruccio Busoni, Italiaanse pianis, komponis, dirigent, skrywer, verwerker van musiek en pedagoog (* 1866).
- 1980 – Mohammad Reza Pahlavi, laaste sjah van Iran (* 1919).
- 2017 – Sam Shepard, Amerikaanse akteur en skrywer (* 1943).
- 2018 – Bongani Mayosi, Suid-Afrikaanse professor in kardiologie (* 1967).
- 2022 – Mary Alice, Amerikaanse aktrise (* 1936).
- 2022 – Tony Dow, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1945).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met 27 July. |
|
|