25 Julie
25 Julie is die 206de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (207de in skrikkeljare). Daar volg nog 159 dae in die res van die jaar.
Gebeure
Geboortes
- 1683 – Pieter Langendijk, Nederlandse damaswewer, stadskunstenaar, dramaturg en digter († 1756).
- 1898 – Miemie Louw-Theron, Afrikaanse skrywer († 1992).
- 1914 – Woody Strode, Amerikaanse rolprentakteur († 1994).
- 1918 – Japie Basson, Suid-Afrikaanse Volksraadslid van die Nasionale Party, Nasionale Unie, Verenigde Party en Progressiewe Federale Party († 2012).
- 1923 – Estelle Getty, Amerikaanse aktrise († 2008).
- 1928 – Koos Andriessen, Nederlandse ekonoom, bestuurder en politikus († 2019).
- 1930 – Rosalind Franklin, 'n Engelse skeikundige en x-straal kristallografis († 1958).
- 1930 – Ian Kirkpatrick, Suid-Afrikaanse Springbokrugbyspeler en -afrigter († 2012).
- 1932 – Paul J. Weitz, Amerikaanse vlootkaptein, lugvaartingenieur en Nasa-ruimtevaarder († 2017).
- 1936 – Glenn Murcutt, Australiese argitek.
- 1961 – Katherine Kelly Lang, Amerikaanse aktrise.
- 1967 – Matt LeBlanc, Amerikaanse akteur.
- 1972 – Masayuki Okano, Japannese sokkerspeler.
- 1978 – Louise Brown, die wêreld se eerste proefbuisbaba.
- 1982 – Brad Renfro, Amerikaanse rolprentakteur.
Sterftes
- 1492 – Constantius Chlorus, 52ste keiser van die Romeinse Ryk (* 250).
- 1492 – Pous Innocentius VIII, die 213de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1432).
- 1831 – Maria Szymanowska, Poolse pianis en klassieke komponis (* 1789).
- 1834 – Samuel Taylor Coleridge, Engelse filosoof en digter (* 1772).
- 1912 – Michael Henry Gallwey, Hoofregter van die Natalse Hooggeregshof (* 1826).
- 1924 – Jan Kamp, professor in Nederlandse letterkunde aan die Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O. (* 1861).
- 1932 – Cyriel Buysse, Vlaamse naturalistiese skrywer en dramaturg (* 1859).
- 1934 – Engelbert Dollfuss, Oostenrykse politikus en diktator (* 1892).
- 1983 – M.I. Murray, Afrikaanse skrywer, dramaturg en lektrise (* 1899).
- 1986 – Vincente Minnelli, Amerikaanse regisseur (* 1903).
- 1988 – Judith Barsi, Amerikaanse kinderaktrise (* 1978).
- 1992 – Alfred Drake, Amerikaanse akteur en sanger (* 1914).
- 2009 – Prof. Tienie van Schoor, Afrikaanse historikus en skrywer (* 1920).
- 2014 – Carlo Bergonzi, Italiaanse operatenoor (* 1924).
- 2018 – Tom Gouws, Afrikaanse skrywer en akademikus (* 1961).
- 2022 – Paul Sorvino, Amerikaanse akteur (* 1939).
- 2023 – Jani Allan, Suid-Afrikaanse joernalis en radiokommentator (* 1952).
- 2024 – Louis van Schoor, Suid-Afrikaanse massamoordenaar (* 1950).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
- Feesdag van Sint James die Grote
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met 25 July. |
|
|