23 Julie
23 Julie is die 204de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (205de in skrikkeljare). Daar volg nog 161 dae in die res van die jaar.
Gebeure
Geboortes
- 1635 – Adam Dollard des Ormeaux, die kommandant van die fort in Ville-Marie (die huidige Montreal), Nieu-Frankryk († 1660).
- 1649 – Gianfrancesco Albani, Pous Clemens XI, 243ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1721).
- 1781 – William John Burchell, Engelse ontdekkingsreisiger, natuurkundige, botanikus, kunstenaar en skrywer († 1863).
- 1777 – Philipp Otto Runge, Duitse Romantiese skilder († 1810).
- 1884 – Emil Jannings, Duitse/Oostenrykse en Amerikaanse akteur en die eerste persoon wat ’n Oscar gewen het († 1950).
- 1922 – Stefans Grové, Suid-Afrikaanse klassieke komponis († 2014).
- 1924 – Brad Johnson, Amerikaanse akteur († 1981).
- 1925 – Gloria DeHaven, Amerikaanse aktrise († 2018).
- 1925 – Quett Masire, Botswana-politikus en tweede president van Botswana (1980–1998). († 2017).
- 1949 – Clive Rice, Suid-Afrikaanse krieketspeler en Springbok-krieketkaptein († 2015).
- 1950 – Lochner de Kock, Suid-Afrikaanse musikant en akteur.
- 1956 – Amanda Strydom, Suid-Afrikaanse kabaretsanger.
- 1989 – Daniel Radcliffe, Britse akteur.
- 1996 – Rachel G. Fox, Amerikaanse aktrise.
Sterftes
- 1757 – Domenico Scarlatti, Italiaanse komponis (* 1685).
- 1853 – Andries Pretorius, 'n Voortrekkerleier (* 1798).
- 1885 – Ulysses S. Grant, 18de President van die Verenigde State (* 1822).
- 1909 – Zygmunt Noskowski, Poolse komponis en dirigent (* 1846).
- 1916 – William Ramsay, Skotse chemikus en Nobelpryswenner (* 1852).
- 1951 – Robert J. Flaherty, Amerikaanse rolprentmaker en -regisseur (* 1884).
- 1966 – Montgomery Clift, Amerikaanse rolprent- en teaterakteur (* 1920).
- 1995 – Lennox Sebe, Ciskei president (* 1926).
- 2007 – Ernst Otto Fischer, Duitse chemikus en Nobelprys wenner (* 1918).
- 2023 – Inga Swenson, Amerikaanse aktrise (* 1932).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met 23 July. |
|
|