1 November
1 November is die 305ste dag van die jaar (306ste in skrikkeljare ) in die Gregoriaanse kalender , met nog 60 dae oor.
Gebeure
Die skepping van Adam in die Sixtynse kapel uitgebeeld.
837 – Pous Gregorius IV stel Allerheilige feesdag in.
1503 – Pous Julius II volg Pous Pius III op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk .
1512 – Die plafon van die Sixtynse kapel , deur Michelangelo geskilder, word vir die eerste keer aan die publiek ten toon gestel.
1521 – Die Straat van Magellaan , die seestraat net suid van die Suid-Amerikaanse vasteland wat die Stille- en die Atlantiese Oseane met mekaar verbind, word vir die eerste keer deur Ferdinand Magellaan deurvaar.
1604 – Die tragedie van William Shakespeare , Othello , word vir die eerste keer by die Paleis van Whitehall in Londen opgevoer.
1610 – Pous Paulus V verklaar Charles Borromeo heilig.
1611 – Die romantiese komedie van William Shakespeare, The Tempest , word vir die eerste keer by die Whitehall Paleis in Londen opgevoer.
1658 – Pous Alexander VII verklaar Thomas van Villanova heilig.
1683 – Die Britse kroonkolonie van New York word onderverdeel in 12 graafskappe .
1745 – Pous Benedictus XIV publiseer Vix Pervenit oor woekerwins en ander oneerlike wins.
1755 – Lissabon in Portugal word vernietig deur ’n geweldige aardbewing en tsunami . Na raming het tussen sestig- tot negentigduisend mense gesterf.
1765 – Die Britse Parlement vaardig die Seëlwet uit in die 13 kolonies om die Britse militêre aksies in Noord-Amerika te help finansier.
1800 – Die Amerikaanse president , John Adams , neem sy intrek in die presidensiële woning, alombekend as die Withuis .
1848 – Die eerste mediese skool vir vroue (Boston Female Medical School ) open in Boston , Massachusetts .
1859 – Sardinië-Frankryk en Oostenryk teken 'n vredesooreenkoms in Zürich
1861 – Amerikaanse Burgeroorlog : Die President van die V.S.A., Abraham Lincoln , stel George McClellan aan as bevelvoerder van die Unie weermag. Hy vervang Winfield Scott, reeds in gevorderde leeftyd.
1876 – Nieu-Seeland se provinsiale regeringstelsel word gestaak.
1894 – Die Russiese Tsaar Aleksander III sterf en word deur sy seun Nikolaas II opgevolg.
1902 – By Glentana word 'n droogdok bo-op 'n skerp rots neergesit, die Doks van Glentana .
1914 – Eerste Wêreldoorlog : Die Slag van Coronel vind plaas. Dit is die eerste Britse nederlaag van diè oorlog .
1918 – Noord-Jemen word van die Ottomaanse Ryk onafhanklik.
1918 – ’n Treinongeluk in New York eis die lewens van 93 mense.
1922 – Die Ottomaanse Ryk kom tot ’n einde toe die laaste sultan, Mehmet VI , abdikeer.
1943 – Tweede Wêreldoorlog : Operasie Goodtime word van stapel gestuur met die Amerikaanse inval te Bouganville in die Solomon-eilande .
1950 – Die NG gemeente Marondera as Marandellas in die huidige Zimbabwe gestig.
1950 – Pous Pius XII verkondig die dogma van Maria se hemelopneming.
1950 – Sluipmoordpoging van die Puerto Rikaanse nasionaliste Griselio Torresola en Oscar Collazo op die President van die Verenigde State , Harry S. Truman .
1952 – Operation Ivy: Die VSA se eerste suksesvolle waterstofbomontploffing met die kodenaam “Mike” [“m” vir megaton], te Eniwetok-eiland op die Bikini-atol in die Stille Oseaan .
1954 – Die Front de Libération Nationale begin die Algerynse Onafhanklikheidsoorlog teen Franse heerskappy, met guerrilla-aanvalle in verskeie dele van Algerië .
1955 – ’n United Airlines DC-6B ontplof midde-in vlug en stort te Longmont, Colorado neer, met 44 insittendes wat te sterwe kom.
1955 – Die Viëtnamoorlog breek tussen die Noord- en Suid-Viëtnamese weermagte uit.
1960 – Die Amerikaanse president, John F. Kennedy , stel sy idee van ’n vredeskorps bekend tydens sy verkiesingsveldtog.
1963 – Die Arecibo-observatorium, met die wêreld se grootste radioteleskoop , word amptelik in gebruik geneem in Arecibo, Puerto Rico .
1969 – Na sewe jaar aan die bopunt van die gewildheidsleer, bereik Elvis Presley se liedjie Suspicious Minds die nommer een-posisie op Billboard Music se trefferlys.
1973 – Watergateskandaal: Leon Jaworski word aangestel as die nuwe spesiale aanklaer vir die Watergate-ondersoek.
1981 – Antigua en Barbuda verkry hulle onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk van Brittanje.
1993 – Die Maastrichtverdrag tree in werking en die Europese Unie word amptelik gestig.
1998 – Die Europese Hof vir Menseregte word ingestel.
1998 – Suid-Afrika wen die eindstryd van die eerste Kampioenetrofee in Bangladesj met vier paaltjies teen Wes-Indië .
Geboortes
1672 – Guillaume Chenu de Chalezac , Franse avonturier († 1731 ).
1778 – Gustav IV Adolf van Swede († 1837 ).
1798 – Sir Benjamin Guinness, Ierse bierbrouer en filantroop († 1868 ).
1801 – Vincenzo Bellini, Italiaanse komponis († 1835 ).
1835 – Sir George Pomeroy Colley , 'n Britse soldaat en Goewerneur van Natal, sterf tydens die Slag van Majuba († 1881 ).
1855 – Folkert Wilko Hesse , Suid-Afrikaanse argitek van Nederlandse herkoms († 1923 ).
1864 – Prinses Elisabeth van Hesse-Darmstadt , vrou van groothertog Sergei Aleksandrowitsj van Rusland († 1918 ).
1867 – Dr. Hendrik Petrus van der Merwe , Afrikaanse kerkleier († 1926 ).
1871 – Stephen Crane, Amerikaanse joernalis, skrywer en digter († 1900 ).
1877 – Roger Quilter, Britse komponis († 1953 ).
1880 – Alfred Wegener , Duitse meteoroloog en geofisikus († 1930 ).
1880 – Sholom Asch, Pools-Amerikaanse skrywer († 1957 ).
1886 – Hermann Broch, Oostenrykse skrywer († 1951 ).
1889 – Mabel Jansen , Suid-Afrikaanse opvoedkundige, joernalis, skrywer en politikus. († 1979 ).
1892 – Alexander Alekhine, Russiese skaakspeler († 1946 ).
1895 – Lewis Martin , Amerikaanse akteur († 1974 ).
1902 – Eugen Jochum, Duitse dirigent († 1987 ).
1923 – Gordon R. Dickson, Kanadese skrywer († 2001 ).
1923 – Victoria de los Angeles, Spaanse sopraan († 2005 ).
1929 – Roy Dryburgh , Suid-Afrika se agt-en-twintigste Springbokkaptein († 2000 ).
1934 – William Mathias, Walliese komponis († 1992 ).
1935 – Gary Player , Suid-Afrikaanse gholfspeler .
1942 – Marcia Wallace , Amerikaanse aktrise († 2013 ).
1949 – David Foster , Kanadese musikant, musiekvervaardiger, komponis, liedjieskrywer en verwerker.
1950 – Laurika Rauch , Suid-Afrikaanse sangeres.
1957 – Lyle Lovett, Amerikaanse sanger, liedjieskrywer, platevervaardiger en akteur.
1962 – Anthony Kiedis , Amerikaanse sanger, liedjieskrywer en akteur (Red Hot Chili Peppers ).
1963 – Rick Allen, Britse tromspeler (Def Leppard ).
1972 – Anrich Herbst , Suid-Afrikaanse TV- en filmakteur.
1973 – Aishwarya Rai , bekroonde Indiese aktrise in Bollywoodrolprente .
Sterftes
1783 – Carolus Linnaeus , Sweedse plantkundige en bioloog (* 1741 ).
1903 – Theodor Mommsen , Duitse politikus, skrywer en ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde , 1902 (* 1817 ).
1904 – Willem Eduard Bok , Transvaalse staatsekretaris, na wie Boksburg genoem is (* 1846 ).
1918 – Ewald Auguste Esselen , Prokureur-generaal van die Zuid-Afrikaansche Republiek (* 1858 ).
1952 – Dixie Lee , Amerikaanse aktrise (* 1911 ).
1956 – Pietro Badoglio , Italiaanse soldaat en staatsman (* 1871 ).
1956 – Gideon Brand van Zyl , Suid-Afrikaanse politikus en sewende Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1946–1950) (* 1873 ).
1972 – Ezra Pound , Amerikaanse digter (* 1885 ).
1979 – Mamie Eisenhower, Eerste Dame van Amerika (* 1896 ).
1982 – James Broderick , Amerikaanse akteur (* 1927 ).
1985 – Phil Silvers , Amerikaanse akteur en komediant (* 1911 ).
1991 – Mary Ainslee , Amerikaanse aktrise (* 1919 ).
2003 – Daishiro Yoshimura , Japannese sokkerspeler (* 1947 ).
2006 – Adrienne Shelly , Amerikaanse aktrise (* 1966 ).
2015 – Günter Schabowski , DDR-politikus (* 1929 ).
2015 – Fred Thompson , Amerikaanse akteur en politikus (* 1942 ).
2016 – Nico Carstens , Suid-Afrikaanse trekklavierspeler , komponis en boereorkesleier (* 1926 ).
2017 – Brad Bufanda , Amerikaanse akteur (* 1983 ).
2021 – Nelson Freire , Brasiliaanse klassieke pianis (* 1944 ).
Vakansiedae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 1 November .