United Airlines is 'n groot Amerikaanse lugredery met sy hoofkwartier in Chicago, Illinois. [1][2] United is 'n volfiliaal van die "United Continental Holdings" ná 'n VS$3 miljard samesmelting in 2010. [3] die lugredery is voorheen besit deur die Boeing Company, een van die wêreld se grootste vliegtuigvervaardigers. Sedert sy samesmelting met Continental Airlines, spog die maatskappy met meer passasierskilometers as enige ander lugredery in die wêreld. [4]
United bedryf uit 10 (Cleveland word Junie 2014 gestaak) lugrederyspille op die kontinentale Verenigde State van Amerika, Guam, en Japan. [5] Die George Bush Interkontinentale Lughawe in Houston is United se grootste passasierspilpunt en hanteer 16.6 miljoen passasiers jaarliks met 'n gemiddeld van 45 413 passasiers daagliks. [6] Die maatskappy het meer as 88 500 mense in diens en sy hoofkantoor is in Chicago se Willistoring (voorheen bekend as Sears Tower).[7] Die lugredery se moedermaatskappy, United Continental Holdings, verhandel op die beurs onder NYSE:UAL en het 'n markkapitalisasie van meer as VS$10.5 miljard soos op 31 Oktober 2013.[8]