Die Olimpiese Somerspele 1984 (Engels: 1984 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die XXIIIste Olimpiade, is tussen 28 Julie en 12 Augustus 1984 in Los Angeles, Verenigde State, aangebied. Geen ander stede het aansoek gedoen om die Spele te organiseer nie en daar was dus geen stemming nie.
Verskeie lande het die spele geboikot omrede die Verenigde State die Spele in Moskou geboikot het. Van die lande sluit in: die Sowjetunie, Duitse Demokratiese Republiek en Kuba. Albanië, Libië en Iran het weens ander redes – vermoedelik politiese – hierdie spele geboikot. Desondanks het 140 lande deelgeneem, 'n nuwe rekord.
Los Angeles is op 18 Mei 1978 in Athene deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1984. Die enigste ander kandidaat was Teheran, maar het voor die stemming hulself onttrek, nadat die Irannese Rewolusie in Januarie 1978 uitgebreek het.[4]
Sporte
21 Olimpiese sportsoorte in 221 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 226 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.
Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
(en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN978-1-894963-32-9.
(en) Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.). Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group. ISBN0-313-32278-3. OCLC52418065.
(de) Volker Kluge (2000). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 3. Mexiko Stadt 1968 – Los Angeles 1984. Berlin: Sportverlag. ISBN3-328-00741-5.