Die Somerspele was baie eenvoudig en het later as die Austerity Games bekend gestaan vanweë die ekonomiese klimaat waarin die na-oorlogse Verenigde Koninkryk hom bevind het. Weens die Britse regering se strenge besparingsbeleid is geen nuwe fasiliteite vir die Spele beplan en opgerig nie en atlete in bestaande behuising gehuisves. Die Olimpiese dorp in Uxbridge het uit kasernes bestaan, die vervoer was ontoereikend en voedsel soos vleis, botter, melk en brood was steeds gerantsoeneer.
Daar is ook op die infrastruktuur bespaar en geen nuwe sportplekke is vir die Spele opgerig nie. Die Wembley-stadion, wat eintlik 'n sokkerstadion is, het vir die geleentheid 'n atletiekbaan bygekry. Die nabygeleë Empire Pool is vir beide die saalsporte sowel as die swemkompetisies gebruik. Die fietsry het by die opgeknapte Herne Hill plaasgevind en daar is op die Teemsrivier geroei.
'n Rekordgetal van 59 nasies het aan die Spele deelgeneem en is deur altesaam 4 104 atlete in 17 sportdissiplines verteenwoordig, van wie 3 714 manlik en 390 vroulik was. Weens hul dade tydens die Tweede Wêreldoorlog is Duitsland en Japan deelname aan die Spele geweier. Die Sowjetunie is uitgenodig maar het verkies om geen atlete na Londen te stuur nie.[5]
Sporte
17 Olimpiese sportsoorte in 136 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 138 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
(en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN978-1-894963-32-9.
(en) Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.). Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group. ISBN0-313-32278-3. OCLC52418065.
(de) Volker Kluge (1998). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 2. London 1948 – Tokio 1964. Berlin: Sportverlag. ISBN3-328-00740-7.