Okavangodelta

Okavangodelta*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Kaart van die Okavangodelta
Ligging van Okavangodelta op 'n kaart (Botswana)
Okavangodelta
Okavangodelta
Ligging van die Okavangodelta in Botswana
Koördinate: 19°15′S 22°45′O / 19.250°S 22.750°O / -19.250; 22.750
Lande Vlag van Botswana Botswana
Tipe Natuur
Kriteria vii, ix, x
Verwysings 1432
Streek Afrika
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 2014  (38ste Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Die Okavangodelta (Engels: Okavango Delta, ook Okavango Grasland) is 'n uitgestrekte rivierdelta in die noorde van Botswana, waar die Okavangorivier in die Kalahari-woestyn "uitmond". Die delta word in die suide deur die Kunyere- en Thamalakane-skeur begrens, wat 'n hidrologiese grens tenoor die Okavangorivier vorm en 'n voortsetting van die Groot Skeurvallei is. Daardeur dreineer en verdamp die rivier en mond nie in 'n see of oseaan uit nie. Sommige vloedwaters dreineer in die Ngamimeer.[1] Hier vorm die Okavangorivier in die half-ariede Kalahari-woestyn met meer as 20 000 vierkante kilometer een van die diererykste vleilande in Afrika. Ná die Sudd aan die Nylrivier in Suid-Soedan en die Binne-Nigerdelta aan die Nigerrivier in Mali is die Okavangodelta die derde grootste binnedelta in Afrika.[2]

Kaart van die Kavango-Zambezi Oorgrensbewaringsgebied
'n Tipiese streek in die Okavangodelta, met vrye kanale en mere, moerasse en eilande

Aan die oostelike kant van die Okavangodelta is die Moremi Wildreservaat, 'n nasionale park, geleë. Hierdie statistiese betekenis het gehelp om die Okavangodelta 'n posisie op die Lys van die Sewe Natuurlike Wonders van Afrika te verseker, wat op 11 Februarie 2013 in Arusha, Tanzanië, amptelik bekend gemaak is.[3] Op 22 Junie 2014 is die Okavangodelta deur Unesco as 1000ste wêrelderfenisgebied gelys.[4][5]

Die gebied het vroeër deel uitgemaak van die Makgadikgadimeer, 'n antieke meer, wat meestal opgedroog het in die vroeë Holoseen. Die buitewêreld het die eerste keer van die Okavangodelta gehoor toe David Livingstone in 1849 daarop afgekom het.[6]

Algemeen

Nasa-Satellietbeeld van die Okavangodelta met landsgrense op
Lugbeeld van die Okavangodelta

Die deltagebied van die Okavangorivier staan as die Okavangomoeras bekend. Dit is in die noordweste van Botswana geleë en beslaan gemiddeld 'n oppervlakte van sowat 16 800 km². Die gebied, wat uit talle waterlope, kleiner riviere en eilande bestaan, is min of meer driehoekig, met sy wydste deel aan die oostekant, waar die basislyn sowat 200 m lank is. Die moeras word met somerreënwater uit Angola gevoed.

Die Okavangorivier ontspring in Sentraal-Angola (waar dit as die Kubangorivier bekend staan) en vloei eers in 'n suidelike en daarna suidwestelike rigting. Die vloedwater bereik die moeras in die herfs en oorstroom die netwerk van waterlope en riviere. Sommige eilande verdwyn dan heeltemal onder die water terwyl ander net gedeeltelik oorstroom word.

Die oppervlakte van die moeras is afhanklik van die sterkte van die vloed en kan met tot duisende km² wissel. Die voorkoms van die gebied verander ook voortdurend aangesien waterlope jaarliks opnuut gevorm word. Die vloedwater syfer geleidelik in die sandstreek weg en slegs sowat 3% daarvan bereik uiteindelik die panne en mere in die suide en ooste van die moeras.

Die grootste mere is die Ngami en die Xau. Daar kan drie streke in die moeras onderskei word. Die nouer, westelike deel is altyd oorstroom en maak sowat een tiende van die totale oppervlakte uit. Die naasliggende gebied word net tydelik oorstroom, terwyl die oostelike basislyn selde oorstroom word en aansienlik minder van die vloedwater die lope daar bereik.

Die streek is dan ook baie droër as die res van die moeras. Die belangrikste eiland in die moeras is Chiefs, wat betreklik sentraal geleë is. Dit strek vir sowat 120 km in 'n suidoostelike rigting en is sowat 25 km wyd.

Flora

'n Uitsig oor die Okavangodelta
Mekoro in die Okavangodelta, gekap uit die stamme van worsbome

Die deel van die moeras wat altyd oorstroom is, is oortrek met ’n groot verskeidenheid waterplante wat op die stadig vloeiende stroom dryf. Kenmerkend vir hierdie streek is die papiruseilandjies wat oral tussen die rietbosse dryf. Dit lyk soos stukkies vaste, grysbruin grond, maar bestaan in werklikheid uit papirus en ander plante waarvan die wortels verstrengel en met ’n stoflaag bedek is.

Aangesien hierdie stoflaag mettertyd baie dik word, bied dit goeie voeding aan die plante wat daaruit groei. Die plantegroei bo en in die water is so dig dat groot dele net met die sogenaamde makorro's (kano's wat uit worsboomstamme gekap is) bevaar kan word. Langs die waterkant groei welige oewerbos, rietbosse, papirus, biesies en 'n verskeidenheid watergrasse.

Die streek wat gereeld, maar net tydelik en gedeeltelik, oorstroom word, bestaan uit 'n breër netwerk van waterlope, talle eilande en vloedvlaktes. Naas die oewerbos word hier ook ander bome aangetref, onder meer wildevy, akasia, kiaat, wildesering en worsbome. Hoër op teen die eilande groei mopaniebome en ilalapalms (Hyphaene crinita). Die ilala met sy groot, waaiervormige blare aan die punt van 'n kaalstam, word hier besonder hoog.

Rietbosse, biesies en watergras word in die waterlope aangetref. Die suidelike, noordelike en veral die oostelike buitewyke van die moeras asook Chiefs-eiland bestaan hoofsaaklik uit vleie en savannes. Waar daar rivierlope is, word dit met oewerbos omsoom, maar die bosstroke is selde breër as 'n halwe kilometer. Origens is die streek by uitstek mopanieveld aangesien die mopanieboom in die sanderige leemgrond floreer. Ander bekende boomspesies wat tussen die lang gras aangetref word, is die kameeldoring, blinkblaar, knoppiesdoring en ilalapalm.

Fauna

Rooibokke (Aepyceros melampus) in die Okavangodelta
’n Suid-Afrikaanse jagluiperd (Acinonyx jubatus jubatus) gesilhoeëtteer teen ’n vurige sonsondergang in die Okavangodelta

Die Okavangomoeras huisves 'n groot aantal dierespesies; trouens, dit is een van die wildrykste gebiede ter wêreld. In die voortdurende oorstroomde streek wemel dit steeds van krokodille, ondanks die feit dat hulle kwaai gejag word. Daar hou ook sowat 1 500 seekoeie, wat egter aansienlik minder is as in die noordelike deel van die rivier self. Die gebied is armer aan vis as ander watergebiede in Afrika omdat die voedingswaarde van die water betreklik laag is.

Kurpers word verreweg die meeste aangetref, maar daar is ook babers, moddervis en tiervis in die riviere. Die moeras is besonder ryk aan voëls. Langs vlak water word kraanvoëls, reiers, maraboes, saalbekooievaars, Afrika-lepelaars, ibisse en pelikane aangetref, terwyl die dieper water met talle wilde-eende, makpoue, kolganse en duikers bevolk is. Die langtoon word oral aangetref waar die water met waterlelies oortrek is, terwyl visarende, visvangers, troupante, rooivinke, pylsterte, rooiborsfiskale en suikerbekkies ook volop is.

Waar die rivierwalle hoër is, maak duisende mikstertbyvangers in die walle nes. In die minder waterryke streke word ook neushoringvoëls, kwêvoëls, korhane, kiewiete, bosveldpapegaaie, gompoue en heuningvoëls aangetref. Diep in die moeras hou daar die waterkoedoe (Tragelaphus spekei), 'n antiloop wat hom besonder goed by die nat omgewing aangepas het. Sy kloutjies is langer, breër en platter as die van ander wildsbokke en dit stel hom in staat om maklik deur die modder te beweeg.

Hy skuil in die oewerbos en riete, wei dikwels in die vlak water en is 'n kragtige swemmer. 'n Ander antiloop wat volop in die moeras is, is die rooilechwe (Kobus leche). Hy kom veral in die rietbosse van die tydelik oorstroomde streek voor en is ook ’n goeie swemmer. Die droër savannes is die tuiste van die buffel. Hoewel trofeejagters hul getalle taamlik uitgedun het, maak buffels, rooibokke, baster- waterbokke sowat 60% van die moeras se wildstapel uit. Ander diere wat in die savanne aangetref word, is koedoes, waterbokke, blouwildebeeste, basterhartbeeste, kameelperde en bontkwaggas (Equus burchelli).

Ook leeus, jagluiperds, luiperds, wildekatte, jakkalse en hiënas kom in die savanne voor, en bobbejane, ape, vlak-, erd- en ystervarke en ratels hou selfs daar. 'n Dier wat die wildernis by uitstek simboliseer, is die olifant. Van wee hul kosbare ivoortande word baie olifante wettig en ook onwettig deur jagters geskiet. Olifante word veral tussen die mopanie- en knoppiesdoringbome aangetref omdat hulle graag hierdie bome se bas vreet.

Natuurbewaring

Vloedbeheerbultjies vir vloedresessie-opbrengs in die molapo's van die Okavangodelta
Voortdurend waterdraende kanaal

Botswana se regering doen baie om die fauna en flora van die Okavangomoeras te bewaar. Navorsingsprojekte word in die gebied onderneem en bewaringskonferensies waarby ook natuurstigtings en wildleweverenigings van elders betrek word, word soms gehou.

In die groot, ongerepte Moremiwildreservaat suid van die Khwairivier geld streng bewaringsmaatreëls. Die reservaat is onlangs aansienlik vergroot deurdat Chiefs-eiland bygevoeg is. Daar is ook sekere jagbeperkings vir die gebied buite die reservate en ’n goed georganiseerde veldwagtersdiens met ervare spoorsnyers en radioverbindings is ingestel om die wildwette te handhaaf. Botswana is dan ook een van die enkele Afrikalande met bestendige olifanttroppe.

Die nywerheidsontwikkeling van Botswana hou verskeie gevare vir die gebied in. Aangesien daar ’n groot watertekort in die res van die land heers, bestaan daar reeds planne om 'n groot gebied uit die moeras te besproei. Dit, tesame met waterbesoedeling vanuit moontlike nywerhede en myne, kan die ekologie van die moeras drasties verander. Die water is juis al in ’n mate besoedel. Ook die bestryding van die gevreesde tsetsevlieg en ander insekte met gifstowwe kan die natuurlewe benadeel.

Tot dusver het die gifstof (Endosulphan) wat vir die bestryding van die tsetsevlieg gebruik word, nog geen beduidende invloed gehad nie, maar daar word gevrees dat beeskuddes die gebied sal binnestroom as die tsetsevlieg uitgeroei is en dit sal waarskynlik die wild verdring. Teenswoordig lyk dit asof die besproeiingskema voorlopig nie aangepak gaan word nie, ofte wel dan nie op groot skaal nie, aangesien dit baie duur sal wees en ook omdat die landbougrond in die aangrensende gebiede baie swak is.

’n Verdere belangrike oorweging is die toeloop van toeriste na die moeras. Toerisme en die inkomste uit jagpermitte is een van Botswana se belangrikste inkomstebronne. Word die natuurlewe geskaad, sal toerisme beslis afneem. Dat die owerheid bewus is van die belang van die bewaring van die wildlewe, blyk uit die feit dat veel minder grootskaalse jag safari's as vroeër aangebied word. Teenswoordig reis sowat tien keer meer toeriste- en kamerajagtersafari's na die moeras as jagsafari's.

Sien ook

Verwysings

  1. (en) Cecil Keen, 1997. Okavango Delta
  2. (en) T.S. McCarthy, 1993. The great inland deltas of Africa, Journal of African Earth Sciences, vol. 17, nr. 3, bl. 275–291
  3. (en) sevennaturalwonders.org: Seven Natural Wonders of Africa
  4. (en) whc.unesco.org: World Heritage List reaches 1000 sites with inscription of Okavango Delta in Botswana
  5. (en) whc.unesco.org: Twenty six new properties added to World Heritage List at Doha meeting
  6. "Okavango River" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2020. Besoek op 23 Maart 2020.

Bronne

Eksterne skakels

Read other articles:

Strada statale 506della Valle d'AyasDenominazioni successiveStrada regionale 45 della Valle d'Ayas LocalizzazioneStato Italia Regioni Valle d'Aosta DatiClassificazioneStrada statale InizioVerrès FineSaint-Jacques d'Ayas Lunghezza30,982[1] km Provvedimento di istituzioneD.M. 5/08/1966 - G.U. 242 del 28/09/1966[2] GestoreTratte ANAS: nessuna (dal 1994 la gestione è passata alla Regione Valle d'Aosta) Manuale La ex strada statale 506 della Valle d'Ayas (SS 506), ora s...

 

 

This is a dynamic list and may never be able to satisfy particular standards for completeness. You can help by adding missing items with reliable sources. This is a list of current and former companies operating in, or based in, Hayward, California. Significant local divisions of national and international companies are included, as are local businesses. Former companies that have closed, been acquired by other companies, or moved are also listed. Other economically or culturally important i...

 

 

Ecological community of organisms Warren Woods in Michigan, USA, is an example of a beech-maple climax forest. Beech (center) and sugar maple (bottom left) dominate the forest due to their towering height and tolerance of shade. In scientific ecology, climax community or climatic climax community is a historic term for a community of plants, animals, and fungi which, through the process of ecological succession in the development of vegetation in an area over time, have reached a steady state...

NFL team season 1989 Minnesota Vikings seasonGeneral managerMike LynnHead coachJerry BurnsHome fieldMetrodomeResultsRecord10–6Division place1st NFC CentralPlayoff finishLost Divisional Playoffs(at 49ers) 13–41Uniform ← 1988 Vikings seasons 1990 → The 1989 season was the Minnesota Vikings' 29th in the National Football League (NFL). They finished with a 10–6 record to win the NFC Central Division. This title was secured during one of what is considered by many ...

 

 

Brusnengo komune di Italia Tempat Negara berdaulatItaliaDaerah di ItaliaPiemonteProvinsi di ItaliaProvinsi Biella NegaraItalia Ibu kotaBrusnengo PendudukTotal1.955  (2023 )GeografiLuas wilayah10,45 km² [convert: unit tak dikenal]Ketinggian200 m Berbatasan denganCurino Masserano Roasio Rovasenda Informasi tambahanKode pos13862 Zona waktuUTC+1 UTC+2 Kode telepon015 ID ISTAT096007 Kode kadaster ItaliaB229 Lain-lainSitus webLaman resmi Brusnengo adalah komune yang terletak di distrik P...

 

 

 本表是動態列表,或許永遠不會完結。歡迎您參考可靠來源來查漏補缺。 潛伏於中華民國國軍中的中共間諜列表收錄根據公開資料來源,曾潛伏於中華民國國軍、被中國共產黨聲稱或承認,或者遭中華民國政府調查審判,為中華人民共和國和中國人民解放軍進行間諜行為的人物。以下列表以現今可查知時間為準,正確的間諜活動或洩漏機密時間可能早於或晚於以下所歸�...

  لمعانٍ أخرى، طالع غريب (توضيح). غريب 비밀의 숲 ملصق المسلسل أيضاً معروف باسم غابة الأسرار، غابة من الأسرار النوع أدب الجريمة صناعة تي في إن[1] استوديو دراغون[1] كتابة لي سو يون إخراج اهن جيل هو[1] (موسم 1) يو جي وون (موسم 2) بارك هيون سوك (موسم 3) بطولة باي دونا و جو س...

 

 

هذه المقالة تحتاج للمزيد من الوصلات للمقالات الأخرى للمساعدة في ترابط مقالات الموسوعة. فضلًا ساعد في تحسين هذه المقالة بإضافة وصلات إلى المقالات المتعلقة بها الموجودة في النص الحالي. (أغسطس 2022) توسع الأوعية الدموية للقرنية (CNV) معلومات عامة الاختصاص طب العيون  من أنواع ا�...

 

 

UK Open Access Train Operating Company Hull TrainsA Class 802 Paragon at London King's Cross in February 2020OverviewFranchise(s)Open access operatorNot subject to franchising25 September 2000 – December 2032[1]Main region(s)East MidlandsGreater LondonYorkshire & the HumberOther region(s)East of EnglandFleet size5 Class 802 ParagonsParent companyFirstGroupReporting markHTOtherWebsitewww.hulltrains.co.uk Route map vteHull Trains:Beverley & Hull to London Legend Beverley Cotti...

1999 anthology of science fiction short works edited by Connie Willis Nebula Awards 33 Cover of first editionEditorConnie WillisCover artistJoseph DrivasCountryUnited StatesLanguageEnglishSeriesNebula AwardsGenreScience fictionPublisherHarcourt BracePublication date1999Media typePrint (hardcover)Pagesxiii, 272ISBN0-15-100372-6OCLC41018970Dewey Decimal813.087608LC ClassPS648.S3 N4 1999Preceded byNebula Awards 32 Followed byNebula Awards Showcase 2000  Nebula ...

 

 

Otobreda 127/54 CompattoIl cannone da 127/54mm della fregata della Marina Reale Olandese HNLMS De RuyterTipoCannone polivalente ProduzioneCostruttoreOto Melara Entrata in servizio1972 DescrizionePeso37500 kg (senza munizioni) Calibro127 Cadenza di tiro40 colpi/min Gittata massima23 km Alimentazione440V, trifase, 60Hz Elevazione-15°/ +83° Velocità elevazione30°/s Angolo di tiro165° da entrambi i lati (330° in totale) Velocità di rotazione40°/s RaffreddamentoAcqua di mare a ge...

 

 

Questa voce sull'argomento centri abitati del Montana è solo un abbozzo. Contribuisci a migliorarla secondo le convenzioni di Wikipedia. LewistowncityLocalizzazioneStato Stati Uniti Stato federato Illinois ConteaFulton TerritorioCoordinate40°23′47.04″N 90°09′16.92″W40°23′47.04″N, 90°09′16.92″W (Lewistown) Altitudine1 204 m s.l.m. Superficie5 km² Abitanti2 384 (2010) Densità476,8 ab./km² Altre informazioniCod. postale61542 Prefi...

Peak body for trade unions in New Zealand NZCTUNew Zealand Council of Trade UnionsFounded1987HeadquartersEducation House, Wellington, New ZealandLocationNew ZealandMembers 360,000Key peopleRichard Wagstaff, President Melissa Ansell-Bridges, SecretaryAffiliationsITUC, TUACWebsitewww.union.org.nz The New Zealand Council of Trade Unions (NZCTU or CTU; Māori: Te Kauae Kaimahi) is a national trade union centre in New Zealand. The NZCTU represents 360,000 workers, and is the largest democratic org...

 

 

Ця стаття потребує додаткових посилань на джерела для поліпшення її перевірності. Будь ласка, допоможіть удосконалити цю статтю, додавши посилання на надійні (авторитетні) джерела. Зверніться на сторінку обговорення за поясненнями та допоможіть виправити недоліки. Мат...

 

 

Caterina di Boemia Nome completo(CS) Kateřina Lucemburská(DE) Katharina von Böhmen NascitaPraga, 19 agosto 1342 MorteVienna, 26 aprile 1395 DinastiaCasata di Lussemburgo PadreCarlo IV MadreBianca di Valois ConsorteRodolfo IV d'AsburgoOttone V di Baviera Caterina di Boemia (Praga, 19 agosto 1342 – Vienna, 26 aprile 1395) è stata una duchessa d'Austria e margravia di Brandeburgo, seconda figlia nata dal matrimonio dell'imperatore Carlo IV e della sua prima moglie Bianca di Valois. Da...

Gempa bumi San Juan 1944Puing-puing di Kota San Juan setelah dilanda gempa 1944Waktu UTC1944-01-15 23:49:32ISC899270USGS-ANSSComCatTanggal setempat15 Januari 1944 (1944-01-15)Waktu setempat08:52Kekuatan7.0 Mw[1]Kedalaman15 km (9 mi)Episentrum31°22′19″S 68°26′10″W / 31.372°S 68.436°W / -31.372; -68.436JenisReverseWilayah bencanaArgentina, San JuanIntensitas maks.XI (Ekstrem)Korban10,000 tewas Gempa bumi San Juan 1944 (ba...

 

 

Putri Pariwisata Sulawesi UtaraLogo Putri Pariwisata IndonesiaPembuatJohnnie SugiartoNegara asal Sulawesi Utara, IndonesiaRilis asliRilis2008 –Sekarang Putri Pariwisata Sulawesi Utara merupakan kontes kecantikan berskala regional yang bertujuan memilih delegasi provinsi Sulawesi Utara pada Putri Pariwisata Indonesia. Saat ini, Sulawesi Utara telah menjuarai kontes sebanyak 4 kali, yakni pada 2010, 2016, 2018 dan 2023.[1][2][3][4] Pemegang titel saa...

 

 

Иммуноглобулины: 1 — мономерные IgD, IgE и IgG; 2 — димер IgA; 3 — пентамер IgM Иммуноглобули́ны D (IgD) — класс антител. На долю IgD приходится 1 % мембранных белков незрелых B-лимфоцитов, причём обычно IgD экспрессируются вместе с другими мембранными антителами, на�...

  الجماعة الكاريبية الجماعة الكاريبية‌ الجماعة الكاريبية‌   الاختصار (باللغات المتعددة: CARICOM)‏  المقر الرئيسي جورج تاون  تاريخ التأسيس 4 يونيو 1973  الوضع القانوني منظمة دولية  اللغات الرسمية الإنجليزيةالإسبانيةالهولندية[1]  عدد الأعضاء 15 دولة عضو  ...

 

 

François Coillard (17 July 1834 in Asnières-les-Bourges, Cher, France – 27 May 1904 in Lealui, Barotseland, Northern Rhodesia) was a French missionary who worked for the Paris Evangelical Missionary Society in southern Africa. Life Coillard was the youngest of the seven children of François Coillard and his wife Madeleine. Both parents were of Huguenot descent. In 1836, Coillard’s father died, leaving behind a nearly destitute widow. Coillard enrolled in the Protestant School at Asni�...