Pelikaan

Pelican
Tydperk: Laat Oligoseen-Onlangs, 28.1–0 m. jaar gelede
'n Witpelikaan in broeigewaad in Walvisbaai, Namibië.
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Pelecanidae

Genus:
Pelecanus

Tipespesie
Pelecanus onocrotalus
Spesies

8, sien teks

'n Kleinpelikaan.

'n Pelikaan is 'n groot watervoël met 'n lang snawel, 'n groot keelsak (of beksak) en gewebde pote. Daar is agt lewende spesies wat aan die biologiese familie Pelecanidae en genus Pelecanus behoort.[1] Hulle het 'n onreëlmatige globale verspreiding, maar is afwesig van die Suid-Amerikaanse binneland, sowel as die poolstreke en die oop see.

Pelikane word tot 1,80 meter lank en kan 'n vlerkwydte van 3 meter hê. Hulle word tot 14 kilogram swaar en kan tot 35 jaar oud word. Die witpelikaan en kroeskoppelikaan is die grootste vlieënde voëls. Hulle is ook bedrewe swemmers en kan tot 6 km/h swem.[2]

Dié voëls vreet vis, wat hulle met hulle snawels uit die water skep. Pelikane het 'n groot snawel met 'n keelsak (tussen die onderkant van die snawel en die keel). Die water word gedreineer deur die kop omhoog te hou voordat die vis afgesluk word. Hulle jag in groepe en klap hul vlerke uitbundig om skole vis te omsingel of na vlak water te dryf. As voedsel skaars is, sal hulle ook ander voëls se kuikens vreet.[3]

Pelikane is sosiale voëls, wat nie net saam jag nie, maar ook in kolonies broei, waar hulle dig op mekaar sit. Die vier spesies met wit vere is geneig om hul neste op die grond te maak, terwyl die vier met bruin of grys vere hoofsaaklik neste in bome bou. In aanhouding broei hulle net in groot groepe.

Hulle lê een tot drie eiers, maar gewoonlik twee. Die broeitydperk is 38 tot 45 dae. Die kuikens word kaal, sonder vere gebore. Binne 'n paar dae begin bruin donsveertjies groei. Hulle voed uit hulle ouers se keelsakke.

Leefwyse

Pelikane broei in groot kolonies en feitlik al die spesies soek ook hul voedsel in groepe. Met uitsondering van die bruinpelikaan (Pelecanus occidentalis) duik hulle nie na die vis nie, maar swem in groepe van sowat 10 agter die vis aan en jaag dit na die vlak water deur af en toe met die vlerke te klap en die snawel in die water te steek.

Die vis word met die huidsak opgeskep en dadelik ingesluk. 'n Pelikaan se daaglikse visinname is gelyk aan 5 tot 10% van sy liggaamsmassa. Die voëls is egter nie so swaar soos die indruk wat hul grootte 'n mens laat kry nie omdat daar baie lug in die skelet en huid opgeneem is. Pelikane is oor die algemeen standvoëls, maar die noordelike spesies trek voor die winter na warmer streke.

Die meeste spesies maak op die grond 'n vlak nes van riete, verskillende soorte plantmateriaal en vere waarin 2 tot 4 vuilwit eiers met 'n blougroenerige skynsel gelê word. Die mannetjies en wyfies broei en die kuikens kom na sowat 35 dae te voorskyn. Hulle is aanvanklik kaal en kry eers na 8 tot 10 dae hul donsvere. Wanneer die kuikens sowat 3 weke oud is, vorm hulle groepies maar hulle word steeds deur die ouers herken en gevoer. Hul voedsel bestaan uit voorafverteerde vis wat die ouers uitbraak. Na 15 weke is hulle selfstandig maar is eers na 3 tot 4 jaar geslagsryp.

Verteenwoordigers

In Suider-Afrika word 2 spesies aangetref, naamlik die kleinpelikaan (Pelecanus rufescens) en die witpelikaan (Pelecanus onocrotalus). Eersgenoemde is gryserig met 'n pienk rug en kom hoofsaaklik langs die ooskus voor. Soms word hulle egter ook by binnelandse water aangetref.

Die kleinpelikaan maak in bome, veral mimosabome, nes. Die witpelikaan word langs die hele kus van Suider-Afrika aangetref en broei op kuseilande, maar word meer dikwels by varswater aangetref. Die 2 Eurasiese spesies, die pienkpelikaan (Pelecanus onocrotalus) en die kroeskoppelikaan (Pelecanus crispus), kom teenswoordig hoofsaaklik langs die onderloop van die Donaurivier voer en oorwinter in Egipte, Oos-Afrika en Angola.

Die bruinpelikaan en 'n subspesie daarvan, die Chilipelikaan (Pelecanus occidentalis thagus) is van die belangrikste ghwanoverskaffers langs die kus van Peru. Die bruinpelikaan duik na vis en val met 'n uitgestrekte nek en gedeeltelik gevoude vlerke in die water, gryp die vis en sluk dit in terwyl hy opkom. Die Amerikaanse witpelikaan (Pelecanus erythrorhynchos) kry tydens die broeityd 'n skyfvormige gewas op die bosnawel, wat later weer verdwyn.

Langs die kus en die Groot Mere van Australië en Nieu-Guinee kom die brilpelikaan (Pelecanus conspicillatus) voor, wat 'n kaal huidring om die oë het. Die gryspelikaan (Pelecanus philippensis) kom van Indië tot in Suid-China, Java en die Filippyne voor. Hy maak ook sy nes in bome.

Legendes

Die Mohammedane het pelikane as heilige diere beskou omdat hulle geglo het dat die voëls gehelp het om die Kaäba in Mekka te bou en die Egiptenare het hulle ook as huisdiere aangehou.

Die rooi vlek op die krop en keelsak van die kroeskoppelikaan, wat tydens die broeityd soos 'n bloeiende wond lyk, het meegebring dat pelikane die oersimbool van moederliefde geword het: die voël sou sy bors oopskeur om die kuikens aan die lewe te hou. (Die Suid-Afrikaanse witpelikane kry tydens die broeityd 'n pienkerige skynsel.) Afbeeldings van pelikane as simbool van barmhartigheid en opoffering kom dikwels in die Middeleeuse kuns en heraldiek voor.

Taksonomie

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Read other articles:

GCH Retail (Malaysia) Sdn BhdLogo kedua Giant Hypermarket sejak tahun 2021-sekarang.Nama dagangGiantJenisSwastaIndustriRitelDidirikan1944; 80 tahun lalu (1944) di Kuala Lumpur, Negeri-Negeri Melayu Bersekutu (kini Malaysia)KantorpusatShah Alam, Selangor, MalaysiaTokohkunciRonald J. Floto (CEO)Simon Keswick (Ketua)Howard Mowlem (Ketua/Direktur Keuangan)ProdukSupermarketPemilikKeluarga Teng (1944–1999)DFI Retail Group (1999–2023)Hero Supermarket Group (2002–2021, gerai di Indonesia)M...

 

本條目存在以下問題,請協助改善本條目或在討論頁針對議題發表看法。 此條目需要补充更多来源。 (2018年3月17日)请协助補充多方面可靠来源以改善这篇条目,无法查证的内容可能會因為异议提出而被移除。致使用者:请搜索一下条目的标题(来源搜索:羅生門 (電影) — 网页、新闻、书籍、学术、图像),以检查网络上是否存在该主题的更多可靠来源(判定指引)。 �...

 

SM Culture UniverseDiciptakan olehSM EntertainmentPemilikSM EntertainmentTahun2020-sekarang SM Culture Universe (SMCU) adalah alam semesta fiktif yang diproduksi oleh SM Entertainment. Perkembangan Pada tahun 2004, SM Entertainment telah bekerja untuk memproduksi alam semesta budaya mereka sendiri.[1] Selama tahap perencanaan, Lee Soo-man berpikir untuk menciptakan pandangan dunia dengan penceritaan yang inovatif dan kuat.[2] Ia menganggap bahwa berkreasi, menyampaikan cerita,...

Artikel ini tidak memiliki referensi atau sumber tepercaya sehingga isinya tidak bisa dipastikan. Tolong bantu perbaiki artikel ini dengan menambahkan referensi yang layak. Tulisan tanpa sumber dapat dipertanyakan dan dihapus sewaktu-waktu.Cari sumber: Figur karakter – berita · surat kabar · buku · cendekiawan · JSTOR Figur karakter Superman keluaran DC Direct, berdasarkan karya Alex Ross. Figur karakter atau boneka aksi adalah figur (pahlawan super, k...

 

American Founding Father and politician (1759-1821) For other people with the same name, see John Mercer (disambiguation). John Francis MercerPortrait by Robert Field, 180310th Governor of MarylandIn officeNovember 10, 1801 – November 13, 1803Preceded byBenjamin OgleSucceeded byRobert BowieMember of the U.S. House of Representativesfrom Maryland's 2nd districtIn officeMarch 4, 1793 – April 13, 1794Preceded byWilliam HindmanSucceeded byGabriel DuvallMember...

 

American legislative district Maryland's legislative district 21Representsparts of Anne Arundel County and Prince George's CountySenatorJames Rosapepe (D)Delegate(s) Ben Barnes (D) Mary A. Lehman (D) Joseline Peña-Melnyk (D) Registration60.8% Democratic16.3% Republican20.3% unaffiliatedDemographics35.6% White29.7% Black/African American0.8% Native American10.5% Asian0.0% Hawaiian/Pacific Islander13.4% Other race9.9% Two or more races21.9%...

PT Biro Klasifikasi Indonesia (Persero)Nama dagangBKIID Survey (induk holding)SebelumnyaPN Biro Klasifikasi Indonesia (1964 - 1977)JenisBadan usaha milik negaraIndustriKlasifikasiDidirikan1 Juli 1964; 59 tahun lalu (1964-07-01)KantorpusatJakarta, IndonesiaCabangBelawan, Pekanbaru, Jambi, Batam, Singapura, Palembang, Cilegon, Tanjung Priok, Cirebon, Semarang, Surabaya, Pontianak, Banjarmasin, Balikpapan, Samarinda, Makassar, Bitung, Ambon, dan Sorong[1]Wilayah operasiIndonesiaToko...

 

Elections Elections in Illinois Federal government U.S. Presidential elections 1820 1824 1828 1832 1836 1840 1844 1848 1852 1856 1860 1864 1868 1872 1876 1880 1884 1888 1892 1896 1900 1904 1908 1912 1916 1920 1924 1928 1932 1936 1940 1944 1948 1952 1956 1960 1964 1968 1972 1976 1980 1984 1988 1992 1996 Dem 2000 Dem 2004 Dem 2008 Dem Rep 2012 Dem Rep 2016 Dem Rep 2020 Dem Rep 2024 Dem Rep U.S. Senate elections 1818 1819 1823 1824 1824 sp 1825 1830 sp 1831 1835 1837 1843 1846 1849 1849 sp 1853 ...

 

Mindfulness teacher Vidyamala BurchBorn1959 (age 64–65)Wellington, New ZealandNationalityNew ZealanderBritishKnown forFounder of Mindfulness-Based Pain Management Founder of BreathworksWorksLiving Well with Pain and IllnessMindfulness for HealthMindfulness for Women Prudence Margaret Burch OBE (born 1959), known professionally as Vidyamala Burch, is a mindfulness teacher, writer, and co-founder of Breathworks, an international mindfulness organization known particularly for de...

Professional wrestling streaming television program WWE SpeedCreated byPaul Triple H LevesqueStarring Raw roster SmackDown roster NXT roster Opening themeUnknown song performed by def rebel(from WWE Music Group)Country of originUnited StatesOriginal languageEnglishNo. of seasons1No. of episodes7ProductionExecutive producerPaul Triple H LevesqueProducerPete Dunne[1]Camera setupMulti-camera setupRunning time3–5 minutesOriginal releaseNetworkXReleaseApril 3, 2024 (2024-04-03) ...

 

МифологияРитуально-мифологическийкомплекс Система ценностей Сакральное Миф Мономиф Теория основного мифа Ритуал Обряд Праздник Жречество Мифологическое сознание Магическое мышление Низшая мифология Модель мира Цикличность Сотворение мира Мировое яйцо Мифическое �...

 

Ne doit pas être confondu avec Gonfreville. Pour les articles homonymes, voir Gonfreville (homonymie). Gonfreville-l'Orcher Une ferme ancienne. Blason Administration Pays France Région Normandie Département Seine-Maritime Arrondissement Le Havre Intercommunalité CU Le Havre Seine Métropole Maire Mandat Alban Bruneau 2020-2026 Code postal 76700 Code commune 76305 Démographie Gentilé Gonfrevillais Populationmunicipale 8 961 hab. (2021 ) Densité 347 hab./km2 Géographie C...

His Excellency赫瓦贾·纳齐姆丁爵士খাজা নাজিমুদ্দীন خواجہ ناظِمُ الدّین‬‎CIE, KCIE摄于1948年第2任巴基斯坦總理任期1951年10月17日—1953年4月17日君主佐治六世伊莉沙白二世总督古拉姆·穆罕默德前任利雅卡特·阿里·汗继任Mohammad Ali Bogra(英语:Mohammad Ali Bogra)第2任巴基斯坦總督(英语:Governor-General of Pakistan)任期1948年9月14日—1951年10月17日君�...

 

الثورة الزراعيةمعلومات عامةالبداية 8 ألفية ق.م النهاية 2 ألفية ق.م المنطقة الهلال الخصيب التأثيراتأحد جوانب العصر الحجري الحديث فرع من العصر الحجري الحديث تعديل - تعديل مصدري - تعديل ويكي بيانات كانت الثورة الزراعية أو التحول الديموغرافي (السكاني) في العصر الحجري الحديث، أ�...

 

Частина серії проФілософіяLeft to right: Plato, Kant, Nietzsche, Buddha, Confucius, AverroesПлатонКантНіцшеБуддаКонфуційАверроес Філософи Епістемологи Естетики Етики Логіки Метафізики Соціально-політичні філософи Традиції Аналітична Арістотелівська Африканська Близькосхідна іранська Буддій�...

Dacre MontgomeryMontgomery di San Diego Comic-Con 2017LahirDacre Montgomery22 November 1994 (umur 29)Perth, Australia BaratAlmamaterUniversitas Edith Cowan (BA)PekerjaanAktorTahun aktif2011–sekarang Dacre Montgomery (lahir 22 November 1994) adalah seorang aktor asal Australia. Dia terkenal karena perannya sebagai Jason Scott, Red Ranger di film Power Rangers;[1] dan Billy Hargrove di musim kedua Stranger Things. Kehidupan Awal Montgomery lahir di Perth, Australia Barat da...

 

Wiring scheme for multiple devices For connecting computers, see Daisy chain (network topology). For other uses, see Daisy chain (disambiguation). A graphic representation of a daisy chain A daisy garland, a chain of daisy flowers A series of devices connected in a daisy chain layout In electrical and electronic engineering, a daisy chain is a wiring scheme in which multiple devices are wired together in sequence or in a ring,[1] similar to a garland of daisy flowers. Daisy chains may...

 

Пуло Описание монеты Металл Медь Годы чеканки XIV - кон. XVI в. Прочие характеристики монеты Годы чеканки XIV - кон. XVI в. Пуло, Тверь, 1485—1490. На обороте медного пула прочеканено имя старшего сына Ивана III как «Великий князь Иван Иванович». Пу́ло (пул, пула)[1] — русская медна...

Plan of the Crescent, engraved by Francis Jukes, 1804, from the designs of John Rawsthorne Artist's interpretation of the original design, from William Hutton's 1809 book An history of Birmingham The Crescent was a part-completed Regency-style terrace in central Birmingham, England. The scheme was first proposed in 1788, construction started in 1795 and was discontinued the same year. The partially-completed terrace was finally demolished in the mid- to late 1960s.[1][2] Like...

 

76-мм дивізіонна гармата зразка 1902 року 76-мм дивізіонна гармата зразка 1902 року у музеї Суоменлінна у ХельсінкіТип Польова гарматаПоходження Російська імперіяІсторія використанняНа озброєнні 1903-1945Оператори Російська імперія УНР, Українська держава РРФСР СРСР та інш�...