Champagne-Ardenne [ʃɑ̃ˌpaɲaʀˈdɛn] was een van Frankryk se 26 administratiewe geweste (Frans: régions) wat van die Belgiese grens in die noorde tot by die oorsprong van die Seinerivier het gestrek. Die gewes was vernoem na die historiese landskap Champagne en die Ardenne-bergreeks en het beslaan 'n oppervlakte van 25 606 vierkante kilometer.
Champagne-Ardenne het 'n bevolking van 1,3 miljoen mense. Châlons-en-Champagne dien as die administratiewe hoofstad of prefektuur van die gewes, maar sy grootste en histories belangrikste stad is Reims.
Bronne
- Met erkenning aan die Maison de la France, die Comité Régional du Tourisme de Champagne-Ardenne en die Région Champagne-Ardenne wat inligtingsmateriaal beskikbaar gestel het.