Ammi Venter

Ds. Amie Venter
Ds. A.A. Venter
Ds. Abraham Adriaan Venter

Naam Adriaan Abraham Venter
Geboorte 7 Mei 1909
Philipstown, Kaapkolonie
Sterfte 28 Februarie 1990 (op 80)
Potchefstroom
Kerkverband Gereformeerd
Gemeente(s) Johannesburg-Wes (1935–'51)
Klerksdorp (1951–'75)
Jare aktief 1935–1975
Kweekskool Potchefstroom

Ds. Abraham Adriaan Venter (noemnaam Ammi, Philipstown, Kaapkolonie, 7 Mei 1909 – Potchefstroom, 28 Februarie 1990) was tussen 1935 en die aanvaarding van sy emeritaat in 1975 predikant in twee gemeentes van die Gereformeerde Kerk, naamlik Gereformeerde kerk Johannesburg-Wes van 1935 tot 1951 en daarna Klerksdorp tot 1975.

Herkoms en opleiding

Personeel en studente van die Potchefstroomse Universiteitskollege, 1933. Ds. Venter is in die derde ry van bo in die kolom foto's wat skuins gedraai is, links van die middelblok.
Ds. Ammi Venter (links) en sy medevierdejaars aan die Teologiese Skool Potchefstroom in 1934, Wikus Vorster (middel, ook 'n seun van Philipstown) en P.J.J. Delport (regs).

Amie Venter is in die Karoo gebore en was ’n agterkleinkind van die Gereformeerde predikant ds. A.A.J. de Klerk Coetsee wat in 1869 ’n beroep na die Gereformeerde kerk Philipstown aangeneem het. Dr. H.J.R. du Plessis, jare lange predikant van Bronkhorstspruit (Erasmus) was sy oom. Venter het in 1926 aan die Hoërskool De Aar gematrikuleer en het van 1927 af aan die PUK vir CHO studeer, waar hy die B.A.-graad in 1929 behaal het. Drie jaar later het hy die graad B.D. aan die Teologiese Skool Potchefstroom verwerf. In 1933 het hy die kandidaatseksamen in die teologie met lof afgelê.

Leraar van Johannesburg-Wes

Johannesburg-Wes se Sustervereniging, afgeneem voor die pas voltooide kerkgebou in Putneyweg, Brixton, saam met ds. Ammi en mev Hettie Venter, wat links van haar man sit.
Johannesburg-Wes se kerkraad in 1942 saam met ds. Venter.
Die Gereformeerde kerk Johannesburg-Wes. Dit was een van die argitek Gerard Moerdyk se laaste ontwerpe. Sy medeargitek was Henry Watson, wat ook meegewerk het aan die Voortrekkermonument. Die kerk is in 1948 gebou.
Ds. Venter lê die kerk se hoeksteen van Johannesburg-Wes se kerk in Putneyweg, Brixton, op 10 April 1948.
Die moderamen en adviseur van die GKSA se partikuliere sinode Suid-Transvaal in sitting in die Gereformeerde kerk Bethal, 1956. Van links: Prof. W.J. Snyman, ds. D.N. Kotzé, ds. A.A. Venter, drr. S.C.W. Duvenage en S.J. du Plessis.
Studente, dosente en besoekende predikante neem in April 1949 tydens die Sinode van die GKSA afskeid van Totius by die Teologiese Skool Potchefstroom. Eerste ry: D.F. Malan, G.P. Scheepers, C. Hatting, L.J. Botha, P.W. Buys, S.C.W. Duvenage, P.W. van der Walt, W.J. Postma, G.P.L. van der Linde, J.J.S. Venter, G.C.P. van der Vyver, M.J. Booyens, S.J. du Plessis, K.S. van Wyk de Vries. Tweede ry: J.V. Coetzee, P.J. Venter, P.J. Coetzee, J.W.J. van Ruyssen, D.J. van der Walt, H.G. Stoker, J.C. van der Walt, J.H. Boneschans, prof. J.D. du Toit, B.J. de Klerk, D.G Venter, A.S.E. Yssel, H.S. van Jaarsveld, H.J. Venter, D.N. Kotzé, N.T. Snyman. Derde ry: D.C.S. van der Merwe, B.R. Kruger, J. Postma, R.S.J. van Wyk, M. Postma, J.L. de Bruin, C.E.G. Malan, J.J.H. Booysen, B.J. de Klerk, A.L. Aucamp, J.A. Schutte, I.J. van der Walt, L.S. Van der Walt, S. du Toit, A. Duvenage, W.J. Snyman, P.J.S. de Klerk, T.T. Spoelstra.Vierde ry: D.J. Delport, J.L. Vorster, J.P. Jooste, A.A. Venter, J.F. du Plooy, H.F.V. Kruger, Jacs van Rooy, I.J. Lessing, J.M. de Wet, S.P. van der Walt, P.J. de Klerk.

Die kerkraad van die Gereformeerde kerk Johannesburg het prop. Venter in 1934 gevra om ds. W.J. de Klerk in sy gemeente behulpsaam te wees. Ds. J.F. du Plooy skryf in ds. Venter se lewensberig in die GKSA se Almanak van 1991 hy is met die afstigting van Johannesburg-Wes in die volgende jaar daarheen beroep, maar Johannesburg-Wes is reeds in Desember 1930 afgestig, waarna ds. De Klerk dit in kombinasie met sy eie gemeente bedien het. Prop. Venter was ds. De Klerk waarskynlik dus wel behulpsaam, maar in die toe reeds afsonderlike gemeente Johannesburg-Wes.

In ds. Venter se tyd in Johannesburg-Wes is ’n pastorie en later ook ’n kerk gebou. Van die godshuis, ontwerp deur die argitekte Gerard Moerdyk en Henry Watson, het ds. Venter die hoeksteen op 10 April 1948 gelê, ’n maand voor sy 39ste verjaardag. Dit was vyf nadat die grense tussen Johannesburg en Johannesburg-Wes op 1 April 1943 opgehef is en ds. Venter die grote gemeente, met in die jaar waarin die kerkgebou is altesaam 1 900 siele was, alleen bedien het. Nog in ds. Venter se tyd in die gemeente en wel op 22 Oktober 1950 is Johannesburg herstig en het dit vanaf 1952 bekendgestaan as Johannesburg-Mayfair. Dit lyk dus asof Johannesburg en Johannesburg-Wes met die vertrek van ds. De Klerk, toe Johannesburg nie weer beroep het nie, onder ds. Venter se leraarskap gekombineer het en, kort voor sy vertrek, weer geskei het. Johannesburg-Mayfair se stigtingsdatum is ná die skeiding as 1896, wat daarop dui dat die tydperk van 1943 (met ds. De Klerk se aftrede) tot 1950 (met ds. Venter se vertrek) ’n kombinasie was, pleks van ’n samesmelting, al was daar blykbaar net een kerkraad.

Tydens ds. Venter se tyd het ’n deel van Johannesburg-Wes op 15 November 1942 as die Gereformeerde kerk Delarey afgestig. Terselfdertyd het die Gereformeerde kerk Roodepoort van die gemeente Krugersdorp afgestig. Op 18 November 1942, net drie dae ná die stigtingsvergadering, het ’n gekombineerde kerkraadsvergadering besluit dat die twee kerke gesamentlik sou beroep. Ds. J.F. du Plooy, van Johannesburg-Oos, het die beroep van die gekombineerde kerkraad aanvaar en is op 15 Mei 1943 deur ds. F.P.J. Snyman in die NG kerk in Newlands bevestig. Op 18 Augustus daardie jaar het Delarey se kerkraad in beginsel besluit dat die gemeentes Roodepoort en Delarey saamsmelt, waartoe ’n gekombineerde kerkraadsvergadering op 20 Oktober 1943 ooreengekom het. Op ’n gekombineerde kerkraadsvergadering op 2 Desember 1943 in Newlands was die deputate van die Klassis Pretoria teenwoordig vir die ophef van die kombinasie en die vereniging van die twee gemeentes vanaf daardie datum. Die nuwe gemeente, Florida, se westelike grens het Witpoortjie ingesluit, terwyl die grens tussen die gebiede Newlands, Greymont, Albertsville en Johannesburg-Wes die oostelike grens sou vorm.

Leraar van Klerksdorp

Die vorige Gereformeerde kerk Klerksdorp, waarvan ds. Venter die hoeksteen op 10 November 1951 gelê het in die jaar van sy bevestiging in die gemeente.
Ds. A.A. Venter was Klerksdorp se leraar van 1951 tot hy sy emeritaat in 1975 aanvaar het, 15 jaar voor sy dood in die ouderdom van 80 jaar.

Ook in die gemeente Klerksdorp, gestig in 1927, het ds. Venter die voorreg gehad om die kerk se hoeksteen te lê en wel op 10 November 1951, die jaar waarin hy bevestig is. Dié kerk, ontwerp deur die Gereformeerde argitek Pieter Dykstra, is op 13 September 1952 in gebruik geneem. Reeds vroeër in 1952 is ook die pastorie voltooi waarin ds. en mev. Venter 24 jaar lank sou woon. In 1958 is ’n kerksaal teenaan die kerkgebou opgerig en genoem na Hettie Venter. Dié saal is in 1975, die egpaar Venter se laaste jaar in die gemeente, vergroot en ’n administratiewe gedeelte bygevoeg. Enkele maande voor ds. Venter se dood is die derde kerkgebou op 16 September 1989 in gebruik geneem nadat die oue, wat op dieselfde plek gestaan het en waarin ds. Venter amper ’n kwarteeu lank die Woord bedien het, gesloop is.

Breër betrokkenheid

Kuratore en professore van die Teologiese Skool Potchefstroom, 1968. Voorste ry. Ds. I.J. Lessing, prof. S.P. van der Walt, ds. A.A. Venter, prof. G.C.P. van der Vyver, ds. J. Postma. Tweede ry: Prof. J.P. Jooste, ds. T. Steyn, dr. B. Spoelstra, ds. M. Postma, proff. H. du Plessis, S.J. van der Walt, prof. W.J. Snyman. Derde ry: di. L.J. Buys, B.J. Lombard, J.F. du Plooy, dr. K.S. van Wyk de Vries, prof. S. du Toit.

In die Klassis Pretoria, waartoe Johannesburg-Wes behoort het tot die stigting van Klassis Johannesburg, en later ook in wyer kerkverband het ds. Venter, volgens ds. Du Plooy, "besondere diens gelewer. Hy het hom steeds beywer vir die uitbreiding van Gods koninkryk sover menslik moontlik." Van Oktober 1953 tot 1976 het hy in die Kuratorium van die Teologiese Skool Potchefstroom gedien, die laaste 11 jaar as voorsitter. Danksy ’n uitsonderlike geheue kon hy op vergaderings goeie leiding gee. Hy was drie maal voorsitter van die GKSA se nasionale sinode en 12 maal van partikuliere (streek-) sinodes. Hy is in 1967 afgevaardig na die ekumeniese sinode in Lunteren, ’n bewys van die vertroue wat hy in sy kerk geniet het en ook, volgens ds. Du Plooy, omdat hy daarvoor bekwaam was.

Benewens skoolonderwys, wat hom na aan die hart gelê het, het ds. Venter ook groot belangstelling in die PU vir CHO getoon. In 1958 het die Gereformeerde Kerk hom benoem om in die raad van die universiteit te dien. In die raad se dagbestuur en ander staande komitees het hy ook sy kragte ingespan. Van die 28 jaar dat hy in die raad gedien het, was jy 20 jaar lank voorsitter. In 1983 het die universiteit ’n eredoktorsgraad aan hom toegeken. Ds. Venter was betrokke by die opstel van die kontraktuele verband tussen die PU vir CHO en die Teologiese Skool.

Ds. Du Plooy skryf ds. Venter het as prediker agting geniet. Met die fees te Bloedrivier toe die terrein met bronswaens op 16 Desember 1971 ingewy is, is hy gevra om op te tree. Hy het ook die rede gehou toe die universiteit sy 100-jarige bestaan vier.

Hy is in die môre van 28 Februarie 1990 skielik weens ’n hartaanval oorlede.

Gesinslewe

Hester (Hettie) Venter, 55 jaar lank ds. Venter se eggenote.

In Desember 1935 het ds. Venter in die huwelik getree met Hester Snyman (4 Maart 191519 Januarie 1997) van Middelburg, Kaap. Sy was destyds sekretaresse van die Jongedogtersvereniging op haar tuisdorp. Vyf kinders is uit hul huwelik gebore: wyle Amie (op sy dag NP-LP en minister), getroud met wyle Betsie; Hennie (tot sy aftrede professor aan die PU vir CHO), getroud met Christine (ook verbonde aan die PU vir CHO as professor); Rhodé (getroud met prof. Schalk Vorster, ook van die PU vir CHO); Drienie ('n dosent in wiskunde aan die PU vir CHO, getroud met prof. Carools Reinecke, oudrektor van die PU vir CHO); en Elma, die jongste, getroud met wyle Mattie Viljoen.

Bronne

  • (af) Du Plooy, ds. J.F. in De Bruyn, F.P.R et al. 1990. Die almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1991. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Eksterne skakels

Read other articles:

Komplek Makam Sultan SuriansyahCungkup Makam Sultan SuriansyahInformasi umumLokasi Banjarmasin, IndonesiaAlamatJalan Kuin Utara, Kelurahan Kuin Utara, Banjarmasin Utara, Banjarmasin Kompleks Makam Sultan Suriansyah adalah sebuah kompleks pemakaman yang terletak di Kelurahan Kuin Utara, Kecamatan Banjarmasin Utara, Kota Banjarmasin.[1][2] Sultan Suriansyah Sultan Suriansyah merupakan raja Kerajaan Banjar pertama yang memeluk agama Islam. Sewaktu kecil namanya adalah Raden Samud...

P.A. van Mever, dirigent van Harmonie vereniging Excelsior te Wormerveer, 1931. Foto uit De Zaanlander, 27-06-1931. Pieter Adriaan (Piet) van Mever (Zaandam, 27 januari 1899 – Krommenie, 11 mei 1985) was een Nederlands componist, muziekpedagoog en dirigent.[1] Levensloop Van Mever was zoon van onderwijzer Pieter van Mever en Hendrina Catharina Pos. Zijn tweelingbroer Arie van Mever was kunstenaar. Hijzelf was getrouwd met Barbera Christina Leguijt. Samen met zijn tweelingbroer begon...

Ricky Martin achieved his first chart-topper with Vuelve which was named the best-performing song of the year. Latin Pop Airplay is a chart published by Billboard magazine that ranks the top-performing songs (regardless of genre or language) on Latin pop radio stations in the United States, based on weekly airplay data compiled by Nielsen's Broadcast Data Systems (BDS).[1] It is a subchart of Hot Latin Songs, which lists the best-performing Spanish-language songs in the country.[2...

Pour les articles homonymes, voir Gâtinais (homonymie). Parc naturel régional du Gâtinais français Paysage du Gâtinais en forêt de Buthiers, commune de Seine-et-Marne.GéographiePays FranceRégion Île-de-FranceDépartement Essonne et Seine-et-MarneCoordonnées 48° 24′ N, 2° 28′ EVille proche Milly-la-ForêtSuperficie 756 km2Population 88 991AdministrationType Parc naturel régionalCatégorie UICN V (paysage terrestre ou marin protégé)WDPA 178296Créatio...

ЛіваїLivaie Країна  Франція Регіон Нормандія  Департамент Орн  Округ Алансон Кантон Карруж Код INSEE 61228 Поштові індекси 61420 Координати 48°30′55″ пн. ш. 0°01′55″ зх. д.H G O Висота 197 - 378 м.н.р.м. Площа 12,46 км² Населення 203 (2011-01-01) Густота 16,29 ос./км² Розміщення Влада МерМа

Awa 阿波市Kota BenderaLambangLokasi Awa di Prefektur TokushimaNegara JepangWilayahShikokuPrefektur TokushimaPemerintahan • Wali kotaShōsuke FujiiLuas • Total191 km2 (74 sq mi)Populasi (Oktober 1, 2015) • Total37.202 • Kepadatan194,8/km2 (5,050/sq mi)Zona waktuUTC+09:00 (JST)Kode pos771-1695Simbol  • PohonZelkova serrata • BungaCosmos • BurungHorornis diphoneNomor...

Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada Desember 2022. Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada Oktober 2022. Artike...

Deputi Bidang Koordinasi Pengelolaan Lingkungan dan Kehutanan Kementerian Koordinator Bidang Kemaritiman Republik IndonesiaGambaran umumDasar hukumPeraturan Presiden Nomor 92 Tahun 2019Susunan organisasiDeputiNani HendiartiKantor pusatJl. M.H. Thamrin No. 8 Jakarta Pusat 10340, IndonesiaSitus webmaritim.go.id Deputi Bidang Koordinasi Pengelolaan Lingkungan dan Kehutanan (Deputi IV Kemenko Marves) merupakan unsur pelaksana pada Kementerian Koordinator Bidang Kemaritiman Republik Indonesia...

Yves Rodier Yves Rodier (lahir 5 Juni 1967)[1] adalah seorang pembuat komik strip berBahasa Prancis namun tinggal dan berasal dari Quebec atau dikenal dengan istilah Québecois. Ia selalu menyukai komik-komik, tetapi ia pernah menjadi seorang pemain musik atau pembuat film. Komik pertamanya adalah dengan membuat komik tiruan dari pengarang pujaannya, Hergé, dengan membuat pastiches dari Petualangan Tintin. Hasil karyanya ini dianggap ilegal dan tidak memberikannya banyak pemasukan, w...

Tanah tandus dataran lava di Reykjanes, Islandia Pengawagasan dataran lava Holuhraun dengan pancuran lava di Kawah Baugur, Islandia, pada September 2014 Dataran lava (disebut juga lapisan lava atau lapangan lava) adalah aliran lava datar yang membentang luas. Bentang alam ini terdiri dari lava basal encer pada umumnya. Dataran lava dapat membentang luas hingga puluhan kilometer, bahkan ratusan kilometer. Cakupan wilayah ini dapat terlihat jelas dari udara atau dari foto satelit, yaitu dataran...

American banker and businessman (1819–1880) Joseph SeligmanPersonal detailsBorn(1819-11-22)November 22, 1819Baiersdorf, Bavaria, German ConfederationDiedApril 25, 1880(1880-04-25) (aged 60)New Orleans, Louisiana, U.S.Political partyRepublicanSpouseBabet SteinhardtChildren9, including Edwin and IsaacEducationUniversity of Erlangen Joseph Seligman (November 22, 1819 – April 25, 1880) was an American banker and businessman who founded J. & W. Seligman & Co. He was the patriarch ...

В Википедии есть статьи о других людях с фамилией Висконти. Запрос «Лукино Висконти» перенаправляется сюда; об итальянском государственном деятеле XIV века см. Лукино Висконти (правитель Милана). Лукино Висконтиитал. Luchino Visconti Висконти в 1972 году Имя при рождении Лу�...

This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: The Einstein Girl – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (March 2015) (Learn how and when to remove this template message) The Einstein Girl First editionAuthorPhilip SingtonCountryUKLanguageEnglishGenreNovelPublisherHarvill SeckerPublication dateAugust ...

List of Vietnamese flags Five-colour flags Nguyễn dynasty's administrative units Republic of Vietnam Military Forces French Indochina Religious flags Flags of the Nguyễn dynasty's administrative units[1] were used since about 1868 to 1885, with 1:1 ratio. Emperor Bảo Đại at the Tombs of the Ancestors of the Dynasty at Thanh-Hóa, 4 November 1932. Flags can be seen in the background. Northern Region (北圻之省) Hà Nội (Hà Nội tỉnh, 河內省) Sơn Tây (Sơn Tây t�...

102

102 ← 101 102 103 → 数表 — 整数 <<  100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 >> 命名數字102小寫一百〇二(一百二)大寫壹佰零貳序數詞第一百零二one hundred and second識別種類整數性質質因數分解 {\displaystyle } 2 × 3 × 17 {\displaystyle 2\times 3\times 17} 表示方式算筹希腊数字ΡΒ´ 羅馬數字CII 泰文数字๑๐๒孟加拉数字১০২印度數�...

Belgische graven en één Brits graf uit WO1 De Belgische militaire begraafplaats van Brugge is een militaire begraafplaats aan de Kleine Kerkhofstraat in de Belgische stad Brugge. De begraafplaats is een onderdeel van de Centrale Stedelijke Begraafplaats in de Brugse deelgemeente Assebroek. De militaire begraafplaats heeft een oppervlakte van 50 are waarop 611 militairen liggen. Daarvan zijn er 522 Belgen en 1 Brit uit de Eerste Wereldoorlog. De meesten zijn omgekomen tijdens het bevrijdings...

  Torosaurus Rango temporal: 72 Ma - 66 Ma PreЄ Є O S D C P T J K Pg N Cretácico superior RestauraciónTaxonomíaReino: AnimaliaFilo: ChordataClase: SauropsidaSuperorden: DinosauriaOrden: OrnithischiaSuborden: NeornithischiaInfraorden: CeratopsiaFamilia: CeratopsidaeSubfamilia: ChasmosaurinaeGénero: TorosaurusMarsh, 1891Especie tipo Torosaurus latusMarsh, 1891Otras Especies Torosaurus utahensis Lawson, 1976 [editar datos en Wikidata] Torosaurus (lat. lagarto perfo...

American computer security expert Vincent Vinnie MoscaritoloAmerican Computer Security ExpertOccupationsemi-retiredKnown forCryptographic engineering and Internet securityWebsitehttps://vinthewrench.substack.com Vincent (Vinnie) Moscaritolo is a retired American computer security expert known for his work in encryption applications for mobile devices. After decades in the computer industry, he now volunteers as a search and rescue professional. He holds NREMT, WFR, and Amateur Radio Extr...

This article relies largely or entirely on a single source. Relevant discussion may be found on the talk page. Please help improve this article by introducing citations to additional sources.Find sources: Battle of Chandannagar – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (September 2022) Battle of ChandannagarPart of the Seven Years' WarA painting of the battle by Dominic SerresDate23 March 1757LocationChandernagore, Bengal Subah22°51′21″N 88°2...

Japanese sprinter (1914–2008) Asa DoguraAsa Dogura in 1932Personal informationNationalityJapaneseBorn(1914-06-11)11 June 1914Kyoto, JapanDied20 April 2008(2008-04-20) (aged 93)Kamakura, JapanSportSportSprintingEvent100 metres Asa Dogura (土倉 麻, Dogura Asa, 11 June 1914 – 20 April 2008) was a Japanese sprinter. She competed in the women's 100 metres at the 1932 Summer Olympics.[1] She later married Olympic gold medallist Naoto Tajima.[2] She died on 20 April 2...