- Hierdie artikel handel oor die sterrebeeld. Vir die vis, sien Exocoetidae.
Die Vlieënde Vis (Latyn: Volans) is ’n sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Die naam is ’n verkorte vorm van die oorspronklike naam, Piscis Volans. Dit is een van die 12 konstellasies wat Petrus Plancius geskep het na aanleiding van waarnemings deur Pieter Dirkszoon Keyser en Frederick de Houtman.
Daar is twee dubbelsterre in die sterrebeeld wat met ’n klein teleskoop gesien kan word, Gamma Volantis en Epsilon Volantis, asook twee sterrestelsels, wat dalk moeiliker is om duidelik te sien, NGC 2442 en NGC 2434.
Eksterne skakels