Die Russiese wit-, swart- en streepkat is katrasse wat in 1971 van die Russiese bloukat geskep is. Die swart- en streepkat kom van die oorspronklike paring waarmee die witkat geskep is.
Skepping en status
In 1971 is ’n effekleurige wit kat in Australië deur Dick en Mavis Jones van die Myemgay Cattery geteel deur ’n Russiese bloukat met ’n wit huiskat te kruis. Dit is die Russiese witkat genoem .[1] Teen die laat 1970's is Russiese wit- en swartkatte in Australië in verskillende klasse aanvaar. Die Southern African Cat Council aanvaar ook wit en swart katte,[2] maar in Europa, Brittanje en die VSA is hulle in verskillende fases van erkenning.