Die Jenisei (Russies: Енисей) is 'n rivier in Siberië, Rusland. Dit is die vyfde langste rivier ter wêreld en is deel van die grootste rivierstelsel wat in die Arktiese Oseaan vloei. Die rivier is effens korter as die Mississippirivier, maar dra 1,5 keer die hoeveelheid water. Dit ontspring in Mongolië en volg 'n noordelike rigting na die Karasee.