Die Ob (Russies: Обь, [opʲ]) is ’n belangrike rivier in Wes-Siberië in Rusland wat saam met sy sytak die Irtisj een van die grootste rivierstelsels ter wêreld vorm (lengte: 5 410 km, stroomgebied: 2 975 000 km²). Dit vloei net deur Russiese grondgebied. Die Ob self is die vierde langste rivier in Rusland; van die oorsprong van die Irtisj tot by die mond van die Ob is dit die land se langste rivier. Dit het die langste riviermonding in die wêreld.
Name
Die Ob word As, Jag, Kolta en Jema genoem deur die Chanti-volk, Kolta of Koeai deur die Nenets-volk en Oemar of Omar deur die Siberiese Tartare.