Hermanus Bosman

Ds. H.S. Bosman het sy hele 50 jaar lange bediening (1876–1926) in die moedergemeente Pretoria deurgebring.

Ds. Hermanus Stephanus Bosman (plaas Sterkfontein, distrik Victoria-Wes, Kaapkolonie, 23 Junie 1848 Pretoria, Suid-Afrika, 3 Junie 1933) was predikant in die Nederduitsch Hervormde en Nederduitse Gereformeerde Kerk.

Herkoms en opleiding

Bosman was die seun van Abraham François Bosman, wat getroud was met sy kleinniggie Anna Debora Bosman. Hy gebore naby die huidige Merriman in die distrik Victoria-Wes. Toe hy vier jaar oud was, het sy ouers Potchefstroom toe verhuis, waar hy later twee of drie jaar lank skoolgegaan het by Hendrik van der Linden, 'n gebore Nederlander. Daarna het hy derde klerk in die winkel van O.W.A. Forssman op die dorp gbeword.

Op aanbeveling van Van der Linden het ds. Andrew Murray, destyds predikant van die NG gemeente Worcester, wat op besoek in die ZAR was, op 'n dag in Junie 1862 die winkel binnegestap en die jong klerk genooi om saam met hom Kaap toe te gaan om vir die evangeliebediening opgelei te word. In sy ouerhuis het ds. Murray 'n kort afskeidsdiens oor die woorde “en Abraham offerde Isaac” gelei.

Die volgende agt jaar het Bosman as 't ware deel geword van die huisgesin van ds. en mev. Andrew Murray, eers op Worcester, waar hy in die skool bygewoon het van A.N. Rowan, later inspekteur van skole, weer in die laagste klas moes begin, en later in Kaapstad, waar ds. Murray in 1864 sy bediening in die Groote Kerk aanvaar het. Met steun uit die Murrayfonds het hy vyf jaar gratis onderwys aan die ou Suid-Afrikaanse Kollege (voorloper van die Universiteit van Kaapstad) ontvang en in 1870 die destydse sertifikaat in wetenskap en lettere (B.A.) in die tweede klas behaal.

In 1869 het hy die admissie-eksamen tot die kweekskool op Stellenbosch afgelê. Al het hy oneindig veel te danke gehad aan sy geestelike vader, ds. Andrew Murray, deur wie sy teologiese insigte ook blywend beïnvloed is, het hy tog die bande met sy ouerhuis stewig gehou.

Ná sy vader se dood op 4 Maart 1865, was dit vir hom moontlik om sy moeder dadelik op te soek nie; ná haar tweede huwelik (met Sarel Petrus du Toit) het Bosman sy moeder vir die eerste keer in 1870 op Kransfontein in die distrik Rustenburg, waarheen sy verhuis het, besoek en het hy ook vir die eerste maal in Pretoria gekom. In Oktober 1870 het hy na die kweekskool gegaan, maar ’n ná jaar het prof. John Murray, ds. Andrew Murray se broer, hom oorreed om aan die Stellenbosch Gymnasium (later Victoria-kollege en eindelik Universiteit Stellenbosch) 18 maande lank in wiskunde klas te gee.

Europese studiereis

Einde 1873, ná voltooiing van sy studie aan die kweekskool, het prop. Bosman in Edinburgh ses maande lank voorlesings bygewoon aan die kweekskool van die Skotse Vrye Kerk, aan die Universiteit van Edinburg, en vier maande aan die universiteite van Utrecht en Leiden. Hy het sy studiereis afgesluit met 'n toer deur Duitsland en besoeke aan verskillende sendingstigtings en teologiese skole in Europa.

Predikant van Pretoria

Die NG gemeente Bethal se ou kerkgebou, waarvan ds. Bosman die hoeksteen op 22 Augustus 1903 gelê het. Dis omstreeks 1950 gesloop.
Sommige afgevaardigdes na die samesprekings tussen kerklike partye in Transvaal, vir Augustus 1891 opgeroep deur pres. Paul Kruger. W.H. Schroëder het dié sketse gemaak wat voorin die notule verskyn het. Di. Bosman, N.J. van Warmelo en H.L. Neethling het die Verenigde Kerk verteenwoordig.

Einde Oktober 1875 was prop. Bosman terug in Kaapstad waar hy op 18 November 1875 tot die evangeliebediening in die NG Kerk toegelaat is. Toe hy beroep word na die NH gemeente Pretoria, wat toe reeds vyf jaar vakant was ná die vertrek van ds. A.J. Begemann, het prop. Bosman die beroep aanvaar ná raadpleging met prof. John Murray en N. J. Hofmeyr, sy hoogleraars aan die Stellenbosse Kweekskool.

Gedurende 'n halfeeu wat as 'n veelbewoë tydperk in die geskiedenis van land en volk aangeteken staan, sou ds. Bosman van 21 Junie 1876 tot 17 Julie 1926 as predikant in Pretoria staan, eers van die NH. Kerk en ná die Transvaalse kerkvereniging van Desember 1885, waaraan hy aktief deelgeneem het, as leraar van die NH of G gemeente. Gedurende sy bediening is in Pretoria met die groei van die kerk die een gemeente ná die ander afgestig, waarvan agt ná die Tweede Vryheidsoorlog: Erasmus (1905), Eloffsdal (1908), Magaliesberg (1910), Krokodilrivier (1914), Premiermyn (1920), Pretoria-Oos (1920), Daspoort (1922) en Pretoria-Wes (1925). By sy aftrede in 1926 is bereken dat ds. Bosman gedurende 'n halfeeu sowat 15 000 kinders gedoop, 6 800 lidmate belydenis laat doen het, en 3 000 pare in die huwelik bevestig het.

Ds. Bosman se invloed het ook op die Transvaalse platteland gegeld. So was hy byvoorbeeld van 1880 tot 1890 predikant van die herderlose NG gemeente Waterberg, wat reeds in 1860 gestig is, maar eers in 1890 sy eerste eie leraar kon verwelkom. Dat die sterke en waardige persoonlikheid van ds. Bosman met sy besoeke as konsulent op die Waterbergers 'n diepe en heilsame invloed gehad het, val nie te betwyfel nie. Hy is die predikant oor wie die ouer mense dekades later nog hul ouers hoor gesels het.[1]

Kerkleier

In November 1879 het sy beskrywingspunt in die Hervormde Kerl se sinode as die eerste stap tot die aanstelling van die verenigingskommissie van die NH en die NG Kerk gedien. Van die eerste verenigde sinode (dié van die NH of G Kerk) was hy assistent-skriba; in 1892 het hy scriba synodi geword en van 1903 tot 1912 was hy moderator. Ten behoewe van die kerk het hy op eie verantwoordelikheid in 1892 die blad De Vereeniging opgerig en dit geredigeer tot die sinode dit in 1897 as amptelike blad oorgeneem het.

Hy het steeds 'n yweraar vir kerkvereniging gebly (dié kerk tussen die NG Kerke in die vier kolonies van Suid-Afrika) en het in Augustus 1905 op Colesberg deelgeneem aan die voorbereidende stappe. Op die eerste vergadering van die Raad van NG Kerke (Raad der Kerken) in 1907 is hy tot ondervoorsitter en op die tweede, in 1909, tot voorsitter gekies. In 1923 was hy weer voorsitter.

Onderwysman

Pas twee maande ná sy aankoms in Pretoria het ds. Bosman 'n skool behartig, eers in die konsistorie en later in die kerkie op Kerkplein. Vir dogters het hy, volgens die voorbeeld van ds. Andrew Murray in die Kaapkolonie, in 1877 met die steun en goedkeuring van die algemene kerkvergadering van die NH Kerk, die Prospect Seminary opgerig met Engels as voertaal en dames uit die VSA as die eerste onderwyseresse. In November 1881 is hierdie skool vervang deur die gemengde Ebenhaeser-kosskool, met ruimte vir 300 seuns en dogters. Van 1879 tot die einde van die Britse bewind in 1881 het ds. Bosman waargeneem as superintendent van onderwys in Transvaal.

Ná die Driejarige Oorlog het ds. Bosman en sy eggenote hul pastorie afgestaan en kon op 4 Februarie 1904 daarin die Eendrachtschool, een van die skole vir Christelik-nasionale onderwys (CNO), geopen word, met ds. Bosman as die eerste voorsitter van die skoolbestuur. Ná die Tweede Vryheidsoorlog was hy die baanbreker en kampvegter vir CNO-skole en voorsitter van die CNO-hoofkommissie. Ten tyde van die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika en die aanvaarding van taalgelykheid in die Grondwet, het hy hom by twee geleenthede sterk uitgespreek ten gunste van die handhawing van sy taalregte deur die Afrikaner, veral op onderwysgebied: Onze rechten: toespraak voor gelijke taalrechten (Pretoria, 1910), 'n toespraak op die Taalbond-prysuitdeling van 11 Maart 1910, en sy rede op 18 September1910 ná die eerste algemene verkiesing in die Unie (in Pretoria in 1910 gedruk). In Desember 1913 is hy benoem as lid van die Laurence-kommissie insake hoër onderwys in die Unie van Suid-Afrika en ontvang op 27 November 1920 van die Universiteit van Suid-Afrika die eregraad D.D. Hy het ook meegewerk aan die oprigting, deur die kerkraad van sy gemeente, van die Sonop-tehuis vir manstudente aan die Transvaalse Universiteitskollege (nou die Universiteit van Pretoria) en het van 1916 tot 1920 as eerste voorsitter van die bestuur gedien.

Waardering

In baie opsigte was hy 'n omstrede figuur wat in baie geskiedkundige gebeure 'n persoonlike aandeel gehad het. Hy was die eerste wat 'n vereniging tussen die NH en NG Kerk voorgestel het en het hom met volle oorgawe daarvoor beywer. Hy het sukses behaal, maar ook baie onmin gesaai. In die bitter stryd wat gevolg het oor die amalgamasie van die kerke, die latere hofsake oor eiendomme en die prokurasiekommissie hy midde-in alles gestaan. Hy het nie veel geskryf nie, maar het tog meermale na die pen moet gryp om in brief of brosjure sy standpunt sterk en onomwonde te stel. In De Volksstem het hy 'n reeks artikels (Januarie–Februarie 1889) geskryf oor “De leerkwestie”, waarin hy beweer het dat die verskil tussen die twee kerke hoofsaaklik 'n leerkwessie is. Daarop antwoord ds. M.J. Goddefroy, wat in 1885 as enigste predikant in die NH Kerk agtergebly het, met De Kerkwestie niet een leer- maar een levenskwestie (Potchefstroom, 1890), waarin hy aangevoer het dat die verskil eerder berus op 'n lewenshouding, naamlik van verengelsing op kerklik-kulturele gebied by die NG Kerk.

Ds. Bosman se deels outobiografiese werk, Een terugblik, wat hy in 1923 uitgegee het, weerspieël die stormagtige jare wat hy in Transvaal op kerklike gebied beleef het. Sy optrede tydens die anneksasie van die ZAR in 1877 het 'n grief gelaat by baie mense wat ds. Bosman se houding as pro-Engels beskou het. Op hierdie beskuldiging wat hom onder meer as neweproduk van kerklike geskille deur manne soos A.D.W. Wolmarans en C.J. Joubert ten laste gelê is, het ds. Bosman in sy geskrif Mijn antwoord (Pretoria, [1925?]) gereageer. Dieselfde beswaar teen hom kom, ten spyte van sy sterk steun ná 1902 vir die CNO-beweging en die handhawing van die taalregte van die Afrikaner, het weer ter sprake gekom toe tydens die Rebellie van 1914 stryd in sy gemeente ontstaan het. Afgesien hiervan het hy die welvaart van sy volk op die hart gedra en met sy onvermoeide werkywer veel beteken vir sy mense in vrede en in oorlog. Saam met die kerk van sy tyd, saam met leiers soos genls. Louis Botha en Jan Smuts wat sy persoonlike vriende was, het hy geskiedenis help maak. Selfs by diegene wat van hom verskil het, het hy deur sy waardige persoon en besliste optrede respek ingeboesem. Gedurende 'n halwe eeu en meer het hy in Transvaal in die brandpunt van die stryd gebly vir wat hy as reg en Christelik beskou het.

Gesinslewe

Ná sy legitimering in die Kaap en voor sy vertrek na die ZAR, is hy op 21 Desember 1875 op Stellenbosch in die huwelik bevestig met Aletta Hendrina Faure, dogter van Jacobus Christiaan Faure, die oudste seun van dr. Abraham Faure, en Johanna Henrietta Knobel. Uit dié huwelik is nege kinders gebore.

Bronne

  • (af) Böeseken, dr. A.J. 1966. Die Nuusbode. Kaapstad: Nasou.
  • (af) De Kock, W.J. 1968. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, deel I. Kaapstad: Nasionale Boekhandel Beperk.
  • (nl) Dreyer, eerw. A. 1924. Eeuwfeest-Album van de Nederduits Gereformeerde-Kerk in Zuid-Afrika 1824–1924. Kaapstad: Publikatie-kommissie van de Z.A. Bijbelvereniging.
  • (af) Gaum, Frits (hoofred.) 2008. Christelike Kernensiklopedie. Wellington: Lux Verbi.Bm en Byblekor.

Verwysings

  1. (af) Olivier, ds. P.L. 1952. Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.

Read other articles:

Cuneiform sign Cuneiform gáb, common in Amarna letters (built like ib character, but 2-verticals at right). Cuneiform sign ib, 3rd character from left. Wikimedia Commons has media related to Ib (cuneiform). The cuneiform sign ib, (or ip) is a common-use sign in the Epic of Gilgamesh, the Amarna letters, and other cuneiform texts. Its common usage is syllabic for ib (or ip), or alphabetic for i or b/p; the i is also exchanged for e when spelling specific words in the Akkadian language. Cuneif...

 

Эта страница требует существенной переработки. Возможно, её необходимо правильно оформить, дополнить или переписать.Пояснение причин и обсуждение — на странице Википедия:К улучшению/21 декабря 2021. ОбластьГабровская областьболг. Област Габрово 42°55′ с. ш. 25°15′ в.&...

 

Documentary genre that features fictional events A pseudo-documentary or fake documentary is a film or video production that takes the form or style of a documentary film but does not portray real events. Rather, scripted and fictional elements are used to tell the story. The pseudo-documentary, unlike the related mockumentary, is not always intended as satire or humor. It may use documentary camera techniques but with fabricated sets, actors, or situations, and it may use digital effects to ...

Former state electoral district of New South Wales, Australia The Williams was an electoral district of the Legislative Assembly in the Australian state of New South Wales, created in 1859 in the northern part of the Hunter Region and named after the Williams River. In 1880, it was replaced by Durham and Gloucester.[1][2][3] Members for Williams Member Party Period   Stephen Dark None 1859–1860   Alexander Campbell None 1860   William Allen None 1860�...

 

Assistant Secretary of Defense for Nuclear, Chemical, and Biological Defense ProgramsEmblem of the Assistant Secretary of Defense for Nuclear, Chemical and Biological Defense ProgramsFlag of an Assistant Secretary of DefenseIncumbentDeborah G. Rosenblumsince August 4, 2021Office of the Secretary of DefenseStyleSir/Madam Assistant Secretary (formal address in writing)Reports toUnder Secretary of Defense for Acquisition and SustainmentDeputy Secretary of DefenseUnited States Secretary of D...

 

American actor For the American football player, see Buck Jones (American football). For the ice hockey player, see Buck Jones (ice hockey). Buck JonesJones in 1926BornCharles Frederick Gebhart(1891-12-12)December 12, 1891Vincennes, Indiana, U.S.DiedNovember 30, 1942(1942-11-30) (aged 50)Boston, Massachusetts, U.S.Other namesCharles JonesOccupationActorYears active1914–1942Spouse Odille Osborne ​(m. 1915)​Children1 Buck Jones (born Charles Frederi...

イスラームにおける結婚(イスラームにおけるけっこん)とは、二者の間で行われる法的な契約である。新郎新婦は自身の自由な意思で結婚に同意する。口頭または紙面での規則に従った拘束的な契約は、イスラームの結婚で不可欠だと考えられており、新郎と新婦の権利と責任の概要を示している[1]。イスラームにおける離婚は様々な形をとることができ、個�...

 

Road in Scotland This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: A81 road – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (December 2009) (Learn how and when to remove this message) A81Route informationLength30 mi (48 km)Major junctionsNorth end A84 at CallanderSouth end M8 at Glasgow ...

 

51st season of top-tier Turkish football Football league seasonSüper LigSeason2008–09ChampionsBeşiktaş13th titleRelegatedKonyasporKocaelisporHacettepe SKChampions LeagueBeşiktaşSivassporEuropa LeagueTrabzonsporFenerbahçeGalatasarayMatches played306Goals scored787 (2.57 per match)Top goalscorerMilan Baroš (20)Biggest home winFenerbahçe 7–0 HacettepeBiggest away winİstanbul B.B. 0–4 TrabzonsporHacettepespor 0–4 KocaelisporHighest scoring10 matches with 7 goals each← 2007...

Pour les articles homonymes, voir Ballon. Si ce bandeau n'est plus pertinent, retirez-le. Cliquez ici pour en savoir plus. Cet article ne cite pas suffisamment ses sources (septembre 2019). Si vous disposez d'ouvrages ou d'articles de référence ou si vous connaissez des sites web de qualité traitant du thème abordé ici, merci de compléter l'article en donnant les références utiles à sa vérifiabilité et en les liant à la section « Notes et références ». En pratique&#...

 

Koordinat: 6°53′40″S 109°39′35″E / 6.8945114°S 109.65963°E / -6.8945114; 109.65963 Universitas PekalonganMotoKampus KreatifJenisPerguruan Tinggi SwastaDidirikan1980RektorSuryani, S.H., M.Hum.AlamatJl. Sriwijaya No.3,, Kota Pekalongan, Jawa Tengah - 51119, Indonesia Situs webhttps://unikal.ac.id Universitas Pekalongan (Unikal) adalah perguruan tinggi swasta yang berkedudukan di Kota Pekalongan, Jawa Tengah. Unikal berdiri pada 15 Februari 1980 merupakan prak...

 

  提示:此条目页的主题不是中國—瑞士關係。   關於中華民國與「瑞」字國家的外交關係,詳見中瑞關係 (消歧義)。 中華民國—瑞士關係 中華民國 瑞士 代表機構駐瑞士台北文化經濟代表團瑞士商務辦事處代表代表 黃偉峰 大使[註 1][4]處長 陶方婭[5]Mrs. Claudia Fontana Tobiassen 中華民國—瑞士關係(德語:Schweizerische–republik china Beziehungen、法�...

Un SDCA (AWACS) moderne : le Boeing E-3 Sentry Le système de détection et de commandement aéroporté (SDCA) (en anglais : AWACS pour Airborne Warning and Control System) ou encore airborne early warning and control (AEW&C) pour Alerte aérienne avancée et contrôle est un système de stations radar montées sur des avions de guet ou des hélicoptères qui peuvent surveiller un vaste espace aérien et servir de postes de commandement pour les opérations aériennes ou de lutt...

 

Parliamentary constituency in the United Kingdom, 1885 onwards BootleBorough constituencyfor the House of CommonsBoundary of Bootle in MerseysideLocation of Merseyside within EnglandCountyMerseysidePopulation98,449 (2011 census)[1]Electorate70,824 (December 2010)[2]Major settlementsBootle, Crosby, Waterloo, Seaforth, Litherland, Netherton, Orrell and Ford.Current constituencyCreated1885Member of ParliamentPeter Dowd (Labour)SeatsOneCreated fromSouth West Lancashire Bootle is a...

 

2003 single by Scissor Sisters LauraSingle by Scissor Sistersfrom the album Scissor Sisters ReleasedOctober 27, 2003 (2003-10-27)Length3:35Label Universal Polydor Songwriter(s) Babydaddy Jake Shears Producer(s)Scissor SistersScissor Sisters singles chronology Electrobix (2002) Laura (2003) Comfortably Numb (2004) Take Your Mama(2004) Laura(2004) Mary(2004) Laura is a song by American pop rock band Scissor Sisters, included as the lead track on their self-titled debut album (200...

Branislaŭ SamojlaŭSamojlaŭ alla Freccia del Brabante 2015Nazionalità Bielorussia Altezza188 cm Peso75 kg Ciclismo SpecialitàStrada SquadraMinsk Cycling Club CarrieraSquadre di club 2004-2006Palazzago2006 Acqua & Saponestagista2007-2008 Acqua & Sapone2009 Amica Chips2009-2010 Quick-Step2011-2012 Movistar2013RCOP Belarus2014-2017 CCC Polkowice2018-Minsk Cycling Club Nazionale 2009- Bielorussia Statistiche aggiornate al gennaio 2018 Modifica da...

 

American politician Silas Hemenway JennisonSilas Hemenway Jenison (or Jennison), circa 183714th Governor of VermontIn officeNovember 2, 1835 – October 15, 1841LieutenantDavid M. Camp (1836 on)Preceded byWilliam A. PalmerSucceeded byCharles Paine11th Lieutenant Governor of VermontIn office1835–1836GovernorHimselfPreceded byLebbeus EgertonSucceeded byDavid M. CampMember of the Vermont House of RepresentativesIn office1829–1835 Personal detailsBornSilas Hemenway Jensen(179...

 

Canadian composer (1933–2021) R. Murray SchaferCC FRCMT(hon)Schafer in 2007Background informationBirth nameRaymond Murray SchaferBorn(1933-07-18)18 July 1933Sarnia, Ontario, CanadaDied14 August 2021(2021-08-14) (aged 88)GenresAvant-garde, classical, opera, musical theatreOccupation(s)Composer, librettist, pedagogue, writer, educator, environmentalistInstrument(s)PianoMusical artist Raymond Murray Schafer CC FRCMT(hon) (18 July 1933 – 14 August 2021) was a Canadian c...

Rajkamal PrakashanFounded1947FounderOm PrakashCountry of originIndiaHeadquarters locationDaryaganj, New DelhiKey peopleAmod Maheshwari and Alind MaheshwariPublication typesBooks, Journals, Sheet musicImprintsRajkamal PrakashanRadhakrishna Prakashan Lokbharti Prakashan Banyan Tree Books[1]No. of employeesmore than 150Official websitewww.rajkamalprakashan.com Rajkamal Prakashan is a noted publishing house of Hindi literature as well as English book publication.[2][3] Es...

 

  提示:此条目页的主题不是企业或公司 (杂志)。 公司组织类型、​企业实体法律形式上级分类商业组织、​法律主體 研究学科经济学、​商學、​交互科学 ACM分類編碼10011152 NCI Thesaurus IDC54131  本條目存在以下問題,請協助改善本條目或在討論頁針對議題發表看法。 此條目需要精通或熟悉相关主题的编者参与及协助编辑。 (2020年2月10日)請邀請適合的�...