Universiteit van Kaapstad

Universiteit van Kaapstad
Die Universiteit van Kaapstad

Leuse:Spes Bona
Leuse in Afrikaans:Goeie Hoop
Leuse in Engels:Good Hope
Gestig:1 Oktober 1829 (as Suid-Afrikaanse Kollege)
2 April 1918 (universiteitstatus)
Tipe:Openbare universiteit
Befondsing:R2 173,4 miljoen[1]
Kanselier:Precious Moloi-Motsepe
Personeel:1 980
Studentetal:23 500
Voorgraadse studente:15 800
Nagraadse studente:6 700
Ligging:Kaapstad, Wes-Kaap
33°57′27″S 18°27′38″O / 33.95750°S 18.46056°O / -33.95750; 18.46056
Kampus:4 voorstedelike en 2 stedelike kampusse
Kleure:               Ligblou, donkerblou en wit
Bynaam:Ikeys
Gelukbringer:Tier
Affiliasies:AAU, ACU, CHEC, HESA, IAU, WUN
Webtuiste:uct.ac.za

Die Universiteit van Kaapstad of UK (Engels: University of Cape Town of UCT) is 'n universiteit geleë in Kaapstad, Suid-Afrika. Dit is die oudste universiteit in Suid-Afrika en is een van die voorste onderwys- en navorsingsinstellings in Afrika. Die universiteit het sowat 23 500 ingeskrewe studente, waarvan ongeveer 20% buitelanders is.[2] Die UK is volgens Times Higher Education die 103de beste universiteit ter wêreld en is in daardie kategorie die enigste Afrika-universiteit om onder die voorste 200 instellings wêreldwyd geplaas te word.[3] Die Financial Times het die UK se MBA-program in 2011 as die 60ste beste ter wêreld aangewys en dit as beste ter wêreld vir opvoedingsgeldwaarde benoem.[4]

Oprigting

Die middelpunt van die opperkampus: Die Jameson-saal, die Jammie-trap en die Jammie-plaza.
Vroue is in 1887 tot die SA Kollege toegelaat deur die toedoen van prof. P.D. Hahn.

Die Universiteit van Kaapstad is in 1829 as die Suid-Afrikaanse Kollege (destydse Zuid-Afrikaansch Anthenæum of South African College), 'n hoërskool vir seuns, gestig. Die Kollege het 'n klein tersiêre onderrigfasiliteit gehad. Dit het geweldig begin groei ná 1880 vanweë die ontdekking van goud en diamante in die noorde van die land wat tot 'n groter aanvraag na mynvaardighede gelei het en die instelling gevolglik die nodige finansiële hupstoot gekry het wat dit nodig gehad het om te groei. Danksy toenemende finansiering uit die privaat sektor asook van die staat het die Kollege van 1880 tot 1890 in 'n volwaardige universiteit ontwikkel. Gedurende hierdie jare het die Kollege sy eerste toegewyde wetenskapslaboratoriums laat aanbou en het die departemente van mineralogie en geologie begin om in die behoefte aan geskoolde arbeiders in die land se ontluikende diamant- en goudmynbedryf te voorsien.

'n Ander sleutelontwikkeling gedurende hierdie tydperk was die toelating van vroue tot die instelling. Dr. Paul Daniel Hahn, professor in chemie, het in 1886 die Raad oorreed om vier vroue op 'n toetsgrondslag in sy chemieklas toe te laat. As gevolg van die vroue se indrukwekkende werk het die Kollege in 1887 vroue permanent en ter ere van Koningin Victoria se diamandjubileum toegelaat.

In die jare 1902 tot 1918 is die Mediese Skool gestig en is die ingenieurskursusse en die Departement van Onderwys ingelui.

Die UK is op 2 April 1918 formeel as 'n universiteit gestig met behulp van die Alfred Beit-erflating en bykomende aansienlike skenkings van die mynmagnate Julius Wernher en Otto Beit. Die Universiteit het ook aansienlike finansiële ondersteuning van weldoeners in die Kaapstad-omgewing gelok en het vir die eerste keer ook 'n beduidende regeringstoelaag ontvang. Die boonste kampus se oudste geboue is ontwerp deur die argitek Joseph Solomon, wat sy lewe geneem het kort nadat die eerste sooi gespit is weens bekommernis oor die koste van die projek en 'n onmoontlike werklas.

Tien jaar later, in 1928, kon die Universiteit die meeste van hul fasiliteite na die perseel te Groote Schuur aan die hange van Duiwelspiek op Tafelberg verskuif. Hierdie grond is deur Cecil John Rhodes aan die staat bemaak om 'n nasionale universiteit op te rig.

Wapen

Charles Bell het in 1859 'n wapen vir die Suid-Afrikaanse Kollege ontwerp, maar die kollege het dit eers in 1888 begin voer. Die universiteit het dit in 1918 oorgeneem en 'n formele wapenverlening van die Engelse College of Arms in 1919 verkry. Die wapen is in 1992 by die Buro vir Heraldiek geregistreer: Golwend deursnede, swart en blou, 'n anker getop met 'n muurkroon, albei goud, oor die skag heen 'n oop boek van silwer met die woorde SPES BONA in swart letters daarop geskryf, in die skildhoof 'n silwer gevlamde lamp.[5]

"Moskou op die heuwel"

Die UK is in die dekades ná sy verskuiwing na Groote Schuur as 'n leidende navorsings- en onderwysuniversiteit gevestig en het gedurende die tydperk van 1960 tot 1990 die bynaam "Moskou op die heuwel" ontvang weens die instelling se volgehoue teenstand teen apartheid, veral in die hoër onderwys. Die Universiteit het in die 1920's die eerste groepie swart studente toegelaat. Die aantal swart studente het tot en met die 1980's en 90's relatief klein gebly. Die instelling het met die land se oorgang na demokrasie 'n plan van interne transformasie van stapel gestuur.

Sedert die 1980's tot die vroeë 1990's het die aantal swart studente wat tot die Universiteit toegelaat is met 35% toegeneem. Teen 2004 was bykans die helfte van UK se 20 000 studente swart en net onder die helfte van die studenteliggaam was vroulik. Vandag het die UK een van die mees diverse kampusse in Suid-Afrika.

Onderrig

Die Universiteit het ses fakulteite: Handel, Ingenieurswese en die Beboude Omgewing, Regte, Gesondheidswetenskappe, Geesteswetenskappe en Wetenskap. Onder die meer as 100 000 alumni is professor Christiaan Barnard, die wêreldberoemde hartsjirurg, en drie Nobel-pryswenners, Sir Aaron Klug, professor Alan MacLeod Cormack en J.M. Coetzee. Die Universiteit het meer as sestig spesialiteitnavorsingseenhede wat toesig aan nagraadse werk verskaf en meer as 'n kwart van Suid-Afrika se A-graad-navorsers huisves.

Noemenswaardige personeel

  • Paul Daniel Hahn, 'n pionier in die onderwys van natuurwetenskappe in Suid-Afrika.
  • David Benatar, antinatalis en professor in die Departement Filosofie.
  • Breyten Breytenbach, besoekende professor in die Nagraadse Skool van Geesteswetenskappe sedert Januarie 2000.
  • André P. Brink, professor in die Departement Engelse Taal en Letterkunde.
  • David H. M. Brooks (1950–1996), outeur van On living in an unjust society and the unity of the mind. Professor.
  • George Ellis, kosmoloog en medewerker met Stephen Hawking en wenner van die 2004 Templeton-prys. Uitstaande Professor in die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde.
  • Joan Hambidge, outeur. Professor in die Skool van Taal en Letterkunde.
  • Etienne van Heerden, Hofmeyr-professor in die Skool van Taal en Letterkunde.
  • Helen Zille, oud-premier van die Wes-Kaap en voormalige burgemeester van Kaapstad. Direkteur van Openbare Betrekkinge.

Sien ook

Bronne en inlynverwysings

  1. (en) Annual Report for the year ended 31 December 2009 (PDF). University of Cape Town. p. 33. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 20 Julie 2012. Besoek op 1 Junie 2014.
  2. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Maart 2015. Besoek op 22 Januarie 2010.
  3. http://www.uct.ac.za/dailynews/?id=7532
  4. SA Good News - UCT MBA rated best value for money globally. Geargiveer 16 Maart 2011 op Wayback Machine 9 Februarie 2011
  5. National Archives of South Africa : Data of the Bureau of Heraldry.

Verdere leesstof

  • Leverton, B.J.T.: One hundred and fifty years of the South African College. In: Lantern. Tydskrif vir Kuns, Kennis en Kultuur. Jaargang 29, nr. 1, Desember 1979
  • The History of the SA College: 1829-1918 (2 volumes), William Ritchie. Maskew Miller, Kaapstad, 1918.
  • The SA College and the University of Cape Town: 1829-1929, Eric A Walker. 1929.
  • The History of the University of Cape Town 1928-1948: The Formative Years, Howard Phillips.

Eksterne skakels

Read other articles:

Kamloops merupakan sebuah kota di Kanada. Kota ini letaknya di bagian barat. Tepatnya di Provinsi British Columbia. Pada tahun 2011, kota ini memiliki jumlah penduduk sebesar 85.678 jiwa dan memiliki luas wilayah 299,23 km². Kota ini memiliki angka kepadatan penduduk 286,3 jiwa/km². Pranala luar Wikimedia Commons memiliki media mengenai Kamloops, British Columbia. Situs resmi Diarsipkan 2007-07-13 di Wayback Machine. Kamloops in Wikivoyage City business development Tourism and things t...

 

 

Часть серии статей о Холокосте Идеология и политика Расовая гигиена · Расовый антисемитизм · Нацистская расовая политика · Нюрнбергские расовые законы Шоа Лагеря смерти Белжец · Дахау · Майданек · Малый Тростенец · Маутхаузен ·&...

 

 

Bài này viết về thành phố và quận San Francisco tại California. Đối với các định nghĩa khác, xem San Francisco (định hướng). San Francisco, California—  Quận-thành phố thống nhất  —Thành phố và Quận San FranciscoCity and County of San Francisco San Francisco nhìn từ Marin Headlands Hiệu kỳẤn chươngTên hiệu: Xem Danh sách biệt danh của San Francisco[1]Khẩu hiệu: Oro ...

Artikel ini perlu diterjemahkan dari bahasa Inggris ke bahasa Indonesia. Artikel ini ditulis atau diterjemahkan secara buruk dari Wikipedia bahasa Inggris. Jika halaman ini ditujukan untuk komunitas bahasa Inggris, halaman itu harus dikontribusikan ke Wikipedia bahasa Inggris. Lihat daftar bahasa Wikipedia. Artikel yang tidak diterjemahkan dapat dihapus secara cepat sesuai kriteria A2. Jika Anda ingin memeriksa artikel ini, Anda boleh menggunakan mesin penerjemah. Namun ingat, mohon tidak men...

 

 

Halaman ini berisi artikel tentang aktor kontemporer Inggris. Untuk kegunaan lain, lihat Charles Dance (disambiguasi). Charles DanceOBEDance at the London Film and Comic Con, July 2012LahirWalter Charles Dance10 Oktober 1946 (umur 77)Redditch, Worcestershire, Inggris, Britania RayaKebangsaanBritania RayaPendidikanDe Montfort University Plymouth College of ArtPekerjaanAktor, penulis naskah, sutradara filmTahun aktif1974–sekarangSuami/istriJoanna Haythorn ​ ​(m.&...

 

 

Title of the former head of state of Fiji This article has multiple issues. Please help improve it or discuss these issues on the talk page. (Learn how and when to remove these template messages) This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Monarchy of Fiji – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (M...

جامع مكي   إحداثيات 29°29′20″N 60°51′14″E / 29.48883333°N 60.854°E / 29.48883333; 60.854   معلومات عامة الموقع زاهدان  القرية أو المدينة زاهدان الدولة  إيران معلومات أخرى تعديل مصدري - تعديل   جامع مكي يقع أحد أكبر المساجد في العالم الإسلامي وأشهر المساجد السنية في زاهدان�...

 

 

Primeira Divisão 1962-1963 Competizione Primeira Divisão Sport Calcio Edizione 25ª Organizzatore FPF Date dal 1962al 1963 Luogo  Portogallo Partecipanti 14 Cronologia della competizione 1961-62 1963-64 Manuale L'edizione 1962-63 della Primeira Divisão vide la vittoria finale del Benfica. Capocannoniere del torneo fu José Augusto Torres (Benfica), con 26 reti. Indice 1 Classifica finale 1.1 Verdetti 1.2 Record 2 Risultati 3 Voci correlate 4 Collegamenti esterni Classifica fi...

 

 

Class of enzymes CellulaseA cellulase enzyme produced by Thermomonospora fusca, with cellotriose bound in the shallow groove of the catalytic domainIdentifiersEC no.3.2.1.4CAS no.9012-54-8 DatabasesIntEnzIntEnz viewBRENDABRENDA entryExPASyNiceZyme viewKEGGKEGG entryMetaCycmetabolic pathwayPRIAMprofilePDB structuresRCSB PDB PDBe PDBsumGene OntologyAmiGO / QuickGOSearchPMCarticlesPubMedarticlesNCBIproteins Ribbon representation of the Streptomyces lividans β-1,4-endoglucanase catalytic domain ...

Сельское поселение России (МО 2-го уровня)Новотитаровское сельское поселение Флаг[d] Герб 45°14′09″ с. ш. 38°58′16″ в. д.HGЯO Страна  Россия Субъект РФ Краснодарский край Район Динской Включает 4 населённых пункта Адм. центр Новотитаровская Глава сельского пос�...

 

 

Peta infrastruktur dan tata guna lahan di Komune Livry-sur-Seine.  = Kawasan perkotaan  = Lahan subur  = Padang rumput  = Lahan pertanaman campuran  = Hutan  = Vegetasi perdu  = Lahan basah  = Anak sungaiLivry-sur-SeineNegaraPrancisArondisemenMelunKantonMelun-SudAntarkomuneCommunauté d'agglomération Melun-Val de SeinePemerintahan • Wali kota (2008-2014) Michel Le Maoult • Populasi11,880Kode INSEE/pos77255 / 2 Population sa...

 

 

1998 single by Pulp This Is HardcoreSingle by Pulpfrom the album This Is Hardcore B-side Ladies' Man The Professional Released16 March 1998 (1998-03-16)Genre Alternative rock art rock[1] Length6:25 (album version)LabelIslandSongwriter(s) Nick Banks Jarvis Cocker Candida Doyle Steve Mackey Mark Webber Peter Thomas Producer(s)Chris ThomasPulp singles chronology Help the Aged (1997) This Is Hardcore (1998) A Little Soul (1998) Alternative coverCover of CD2 This Is Hardcore...

Cercle Arctique T. Cancer Équateur T. Capricorne Cercle AntarctiqueTracé du méridien de 93° est En géographie, le 93e méridien est est le méridien joignant les points de la surface de la Terre dont la longitude est égale à 93° est. Géographie Dimensions Comme tous les autres méridiens, la longueur du 93e méridien correspond à une demi-circonférence terrestre, soit 20 003,932 km. Au niveau de l'équateur, il est distant du méridien de Greenwich de 10 3...

 

 

本條目存在以下問題,請協助改善本條目或在討論頁針對議題發表看法。 此條目需要編修,以確保文法、用詞、语气、格式、標點等使用恰当。 (2013年8月6日)請按照校對指引,幫助编辑這個條目。(幫助、討論) 此條目剧情、虛構用語或人物介紹过长过细,需清理无关故事主轴的细节、用語和角色介紹。 (2020年10月6日)劇情、用語和人物介紹都只是用於了解故事主軸,輔助�...

 

 

Questa voce sugli argomenti fiction televisive thriller e fiction televisive statunitensi è solo un abbozzo. Contribuisci a migliorarla secondo le convenzioni di Wikipedia. Segui i suggerimenti del progetto di riferimento. For LifeIl logo della serieTitolo originaleFor Life PaeseStati Uniti d'America Anno2020-2021 Formatoserie TV Generedrammatico, giudiziario Stagioni2 Episodi23 Durata40 min (episodio) Lingua originaleinglese Rapporto16:9 CreditiIdeatoreHank Steinberg Interpreti e ...

Hungarian water polo player László FelkaiFelkai László.Personal informationBorn(1941-03-01)1 March 1941Budapest, HungaryDied10 April 2014(2014-04-10) (aged 73)Budapest, HungaryHeight180 cm (5 ft 11 in)Weight76 kg (168 lb)SportSportWater poloClubFerencvárosi TC Medal record Men's Water Polo Representing  Hungary Olympic Games 1960 Rome Team competition 1964 Tokyo Team competition 1968 Mexico City Team competition László Felkai (1 March 1941 – 10 ...

 

 

Physical property describing the energy required to change a material's temperature ThermodynamicsThe classical Carnot heat engine Branches Classical Statistical Chemical Quantum thermodynamics Equilibrium / Non-equilibrium Laws Zeroth First Second Third Systems Closed system Open system Isolated system State Equation of state Ideal gas Real gas State of matter Phase (matter) Equilibrium Control volume Instruments Processes Isobaric Isochoric Isothermal Adiabatic Isentropic Isenthalp...

 

 

Process of removing contaminants from municipal wastewater This article is about the treatment of municipal wastewater. For the treatment of any type of wastewater, see wastewater treatment. Sewage treatment plants (STPs) come in many different sizes and process configurations. Clockwise from top left: Aerial photo of Kuryanovo activated sludge STP in Moscow, Russia; Constructed wetlands STP near Gdansk, Poland; Waste stabilization ponds STP in the South of France; Upflow anaerobic sludge bl...

Velodrome Herne HillHerne Hill difoto pada tanggal 15 Juli 2012.Nama lamaLondon County GroundsLokasiBurbage RoadHerne HillLondonKoordinat51°27′4″N 0°5′29″W / 51.45111°N 0.09139°W / 51.45111; -0.09139Koordinat: 51°27′4″N 0°5′29″W / 51.45111°N 0.09139°W / 51.45111; -0.09139PemilikDulwich EstateKonstruksiDidirikan1891; 133 tahun lalu (1891) Velodrome Herne Hill adalah velodrome di Herne Hill, London Selatan. Velodrome i...

 

 

Oskar Lafontaine (2017) Oskar Lafontaine (lahir 16 September 1943) adalah politikus Jerman sayap kiri. Biografi Ia belajar fisika di Universitas Saarbrücken. 13 tahun lamanya, dari tahun 1985 hingga 1998, menjadi Presiden Menteri Saarland. Dengan partainya SPD, pada tahun 1998 pada masa pemerintahan Gerhard Fritz Kurt Schröder, ia menjadi MenKeu. Pada 11 Maret 1999 ia mundur dari semua jabatan resmi dan partainya, menyatakan kurangnya kerja sama dalam kabinet tak tertahankan. Lafontaine men...