Herbert Baker

Herbert Baker
Gebore9 Junie 1862
Cobham, Kent, Engeland
Sterf4 Februarie 1946 (op 83)
Cobham, Kent, Engeland
NasionaliteitVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Beroepargitek
Bekend virUniegebou in Pretoria
Rhodes-gedenkteken in Kaapstad
Suid-Afrikaanse ambassade in Londen
Ouer(s)Thomas Henry Baker
Frances Georgina Davis

Sir Herbert Baker (9 Junie 1862 – 4 Februarie 1946) was 'n Britse argitek wat 'n groot uitwerking op Suid-Afrikaanse argitektuur tussen 1892 en 1912 gehad het. Hy het bygedra tot die skepping van wat op daardie stadium 'n nuwe inheemse argitektuur was en was verantwoordelik vir die ontwerp van bekende bakens soos die Uniegebou in Pretoria, die Rhodes-gedenkteken in Kaapstad, die Suid-Afrika-huis en die Suid-Afrikaanse ambassade in Londen. Hy het sy inspirasie uit die Kaapse volksargitektuur en die klassiekeherlewingstyl geput.[1]

Hy het talle katedrale, kerke, woonhuise en skole in Suid-Afrika ontwerp, waaronder St George's Katedraal in Kaapstad, St John Kollege in Johannesburg en Michael House in Balgowan. Hy het eredoktorate van Oxford en die Universiteit van die Witwatersrand ontvang en was tot ridder geslaan vir sy ontwerp van die regsgeboue in Nieu-Delhi.

Vroeë lewe

'n Skets van Baker in sy jonger jare.

Herbert Baker is op 9 Junie 1862 in Cobham, Kent, gebore as die vierde seun van Thomas Henry Baker en Frances Georgina Davies. Hy het sy kindertyd in die plattelandse omgewing van Kent deurgebring, waar die afsondering tradisies van goeie vakmanskap bewaar het. Hier het hy die tradisionele boumetodes bewonder en bestudeer soos metodes van steen en pleister, verskillende aspekte van hout, middeleeuse kerkbeplanning en steenkonstruksie.

Hy is onderrig aan die Tonbridge Skool, wat hom gevorm het in 'n patroon van leer, godsdiens, lojaliteit en leierskap. Na sy besluit om argitek te word, het hy op sy wiskunde- en meganika studies gefokus. Met tien ander broers en susters, was daar egter nie genoeg geld om Baker na universiteit te stuur nie, dus het hy in 1879 as vakleerling ingeskryf by sy neef Arthur Baker. Arthur Baker het 'n klein praktyk gehad wat hoofsaaklik doenig was met die herstel van ou kerke en die bou van nuwes volgens die Gotiese styl. Herbert het 'n groot belangstelling in hierdie werk getoon en hom daarop toegespits.

Later kon hy dit bekostig om klasse by die Royal Academy Schools en Architectural Association by te woon, wat deur vooraanstaande argitekte aangebied is. Baker het saans in sy vrye tyd talle museum, soos die Victoria en Albert-museum. Hy het sy socius-lidmaatskapeksamen van die Royal Institute of British Architects eerste in sy klas geslaag.

Na sy driejarige opleiding het Baker by 'n vername argitekfirma, Ernest George en Peto, in Londen gaan werk en sou later ook reise na Frankryk, België en Italië onderneem. In 1884 het hy lid geword van die nuwe Art Guild en in 1891 het hy assessorlid van die Royal Institute of British Architects geword. Hy het ook die Ashpitel-prys vir sy prestasies in sy studies verower.

Loopbaan in Suid-Afrika

Agteraansig van die Groote Schuur in ongeveer 1905

In 1892 het hy na die Kaap die Goeie Hoop gegaan om 'n jonger broer, Lionel, op 'n vrugteplaas te help. Skoudadmiraal Henry Nicholson, wat familie van die Bakers en 'n bevelvoerder aan die Kaap was, het Baker aan die vernaamste Kapenaars voorgestel, ook eerste minister Cecil John Rhodes. Rhodes het hom versoek om sy afgebrande woning, Groote Schuur, te herbou. Baker het hom sodanig van sy taak gekwyt, dat daar nie 'n tekort aan nuwe opdragte was nie.

Dit was die begin van sy belangrike loopbaan in Suid-Afrika. Eers was sy werk hoofsaaklik die ontwerp en bou van huise en kerke, die opknap van verwaarloosde Kaaps-Hollandse huise, en die versameling van ou meubels, porselein en silwer. Later het hy verskeie kantoor- en ander openbare geboue ontwerp.

In 1900 het Cecil Rhodes besef dat Baker se argitekopleiding nie die presiese klassieke tradisies insluit wat hy geglo het geskik was vir die monumentale geboue wat hy so graag in Suid-Afrika wou sien nie en het hy vir Baker gestuur om in Italië, Griekeland en Egipte die klassieke boustyle te gaan bestudeer. Die gevolg van hierdie reise kan gesien word in die meer gekunstelde werk wat hy na sy terugkeer in monumente en openbare geboue openbaar het. Die bedoeling was egter nie om hierdie style na te aap nie: Rhodes en Baker wou saam 'n boustyl eie aan Suid-Afrika skep en baie van Baker se werk was opdragte wat direk van Rhodes afkomstig was.

Na Rhodes se dood in 1902 en aan die einde van die Engelse oorlog, het Lord Milner Baker genooi om in die Transvaal te praktiseer en tot sy program vir heropbou by te dra.

Tydens die tien jaar wat hy in die Transvaal gewerk het, het Baker 'n nuwe fase van argitektuur begin. Soos in die Kaap het hy eers as baanbreker en organiseerder van mans en materiaal opgetree sodat hy met natuurlike materiaal soos steen, gras, teëls en hout kon bou in plaas van met ingevoerde, voorafvervaardigde boukomponente wat tot op daardie stadium algemeen vir huise gebruik is. Hy het baie huise gebou waarvan sommige herehuise was, sommige plaashuise en ander het tot behuisingskemas vir ambagsmanne by myne behoort.

Sy steenhuise is gebou van steen wat uit die koppies gebreek is en was Baker se eerste oorspronklike bydrae tot Suid-Afrikaanse argitektuur sedert die Kaaps-Hollandse Barokstyl. Sy behuisingskemas vir die myne het bewys dat argitek-ontwerpte huise net so goedkoop, maar beter was as die hout-en-yster-strukture met steenvoerings wat tot op daardie stadium gebou is.

In 1904 is Baker terug na Brittanje vir 'n besoek aan sy familie. Daar het hy verlief geraak op sy niggie, Florence Edmeades, en die twee is nie lank daarna nie getroud. Florence het saam met hom na Suid-Afrika teruggekeer en die paartjie sou in totaal vier kinders kry.

Die heropbouing van 'n na-oorlogse Suid-Afrika het vir baie opdragte gesorg. Baker het na die Transvaal teruggekeer, waar hy algehele beheer behou het van 'n wydverspreide praktyk wat elke aspek van die boubedryf ingesluit het en deur sy vennote bestuur is. Die vennootskap het kantore in Kaapstad, Bloemfontein en Johannesburg gehad en in die Kaap, die Oranjerivierkolonie, die Transvaal en (Suid-) Rhodesië gewerk. Naas die reedsgenoemde ambagshuise, het Baker wetenskapslaboratoriums, teen groot administrasiekoste en die verandering en vergroting van die Goewerneurswoning in Kaapstad ontwerp.

Die Uniegebou in Pretoria

Baker se grootste argitektoniese geleenthede het hulself voorgedoen na die Unie van Suid-Afrika in 1908 betwis was. In 1909 het hy die Pretoria-stasie ontwerp en in 1910 die Uniegebou op Meintjieskop in Pretoria – sy grootste prestasie. Hierdie geboue kroon sy Suid-Afrikaanse loopbaan en het sedertdien die karakter van Suid-Afrikaanse argitektuur beïnvloed.

Vir die Uniegebou het Baker opdrag gekry om 'n administrasiegebou vir die nuwe Unie te skep. Hy het gepoog om met die eenvoudigste elemente 'n ruim en eenvormige indruk te skep. Die terrein waarop die gebou gebou sou word, 'n plato, verdeel deur 'n laagte, het Baker aan die amfiteaters in Griekeland herinner en hy het dieselfde styl op sy ontwerp vir die Uniegebou toegepas, sodat sy gebou twee groot kantoorvleuels gehad het wat gekoppel is deur 'n boogvormige gebou met 'n suilegang.

Een van sy laaste opdragte in Suid-Afrika voor hy na Brittanje teruggekeer het, was die Suid-Afrikaanse Instituut vir Mediese Navorsing in Johannesburg, wat hy in 1912 ontwerp het.

Loopbaan elders

Baker het Suid-Afrika in 1912 verlaat om saam met Sir Edwin Lutyens aan die nuwe parlementsgeboue in Nieu-Delhi te werk en om in Engeland te praktiseer. Sy werke in Engeland (en elders) het egter steeds 'n Suid-Afrikaanse tema gehad; hy het die Suid-Afrika-huis in Londen, die Rhodes-huis in Oxford en die Suid-Afrikaanse gedenkteken by Delvillebos aan die Somme in Frankryk ontwerp. Sy prestasies is deur die monargie vereer en is hy in 1923 tot ridder geslaan.

Baker het op 4 Februarie 1946 op die ouderdom van 82 gesterf. Sy as is in die Westminster-abdy in Londen begrawe.

Nalatenskap

Baker het 'n groot bydrae totdat die ontwikkeling van Suid-Afrikaanse boukunde gelewer deur sover moontlik slegs materiaal te gebruik wat in Suid-Afrika vervaardig is. Voor Baker was so iets haas ondenkbaar en was feitlik alle boumateriaal ingevoer, maar hy het bewys dat ook hout, glas en klip goeie boumateriaal is. Die Uniegebou is byna uitsluitlik van inheemse produkte gebou. Baker het nie slegs nuwe huise ontwerp nie, maar ook 'n aantal skemas vir stadsbeplanning gedoen. Hy het nuwe kerke, veral Anglikaanse kerke, ontwerp, maar ook 'n reuse aantal beskadigde kerke gerestoureer.

Lys van werke

Die Rhodes-gedenkteken in Kaapstad

Hier volg sommige van Herbert Baker se werke.

Verwysings

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Bronne

  • Baker, Herbert (1862–1946) in Wêreldspektrum, volume 2. 1983 Ensiklopedie Afrikana: (EDMS) BPK.
  • Rosenthal, Eric. (1966). Southern African Dictionary of National Biography. London: Frederick Warne & Co. bls. 15.

Read other articles:

Jian. Jian (dalam bahasa Mandarin) atau Kiam (dalam bahasa Khek/china) merupakan sejenis pedang yang bermata ganda. Banyak digunakan pada zaman dinasti sebagai alat perang atau untuk mempertahankan diri. Jian dapat digunakan untuk menebas dan menusuk. Terbuat dari bahan besi dan baja. Pada zaman dinasti banyak dibuat pedang yang bermutu tinggi dan digunakan oleh kaum bangsawan/kerajaan dan para pendekar. jian di desain khusus untuk menusuk sehingga kurang efisien bila digunakan untuk menebas....

 

Historic church in Missouri, United States Church in Missouri , United StatesSt. Mary's of the Barrens ChurchShow map of MissouriShow map of the United States37°43′36″N 89°53′03″W / 37.72667°N 89.88417°W / 37.72667; -89.88417Location1811 W St Joseph StPerryville, Missouri 63775CountryUnited StatesDenominationRoman Catholic ChurchWebsite[1]HistoryFounded1818Consecrated1837ArchitectureGroundbreaking1827Completed1837SpecificationsNumber of spiresOriginally 2, ...

 

Marie Ségolène Royal (lahir 22 September 1953) adalah seorang politikus Prancis. Royal adalah presiden wilayah Poitou-Charentes, anggota Dewan Nasional Prancis, dan anggota terkemuka Partai Sosialis. Pada 16 November 2006 anggota-anggota Partai Sosialis memilihnya sebagai kandidat mereka untuk pemilihan presiden pada 2007. Pencalonannya diperkuat dengan mengajak mantan perdana menteri Lionel Jospin, mantan Menteri Perdagangan Dominique Strauss-Kahn, dan mantan perdana menteri Laurent Fabiu...

Professional soccer league in Canada Football leagueCanadian Premier LeagueFoundedMay 6, 2017; 6 years ago (2017-05-06)First season2019CountryCanadaConfederationCONCACAF(North American Football Union)Number of teams8Level on pyramid1Domestic cup(s)Canadian ChampionshipInternational cup(s)CONCACAF Champions CupCurrent championsForge FC (4th title) (2023)Current CPL ShieldCavalry FC (2nd title) (2023)Most championshipsForge FC (4 titles)Most CPL ShieldsCavalry FC (2 titles)Mos...

 

French economist and politician (born 1949) You can help expand this article with text translated from the corresponding article in French. (November 2022) Click [show] for important translation instructions. View a machine-translated version of the French article. Machine translation, like DeepL or Google Translate, is a useful starting point for translations, but translators must revise errors as necessary and confirm that the translation is accurate, rather than simply copy-pasting ma...

 

UFC mixed martial arts event in 2014 UFC 176: Aldo vs. Mendes IIThe poster for UFC 176: Aldo vs. Mendes IIInformationPromotionUltimate Fighting ChampionshipDateAugust 2, 2014 (cancelled)VenueStaples CenterCityLos Angeles, CaliforniaEvent chronology UFC on Fox: Lawler vs. Brown UFC 176: Aldo vs. Mendes II UFC Fight Night: Bader vs. Saint Preux UFC 176: Aldo vs. Mendes II was a planned mixed martial arts event that was scheduled to be held by the Ultimate Fighting Championship on August 2, 2014...

Pour les articles homonymes, voir Palcy. Euzhan PalcyEuzhan Palcy à la cérémonie des prix Lumières en 2012BiographieNaissance 13 janvier 1958 (66 ans)Gros-MorneNationalité françaiseDomicile ParisFormation Faculté des lettres de ParisÉcole nationale supérieure Louis-Lumière (diplôme d'études approfondies)Activités Réalisatrice, scénariste, productrice de cinémaAutres informationsMembre de Comité pour la mémoire et l'histoire de l'esclavage (2013)Site web (en) www.e...

 

County in Iowa, United States Not to be confused with Monona, Iowa. County in IowaMonona CountyCountyMonona County CourthouseLocation within the U.S. state of IowaIowa's location within the U.S.Coordinates: 42°02′50″N 95°58′07″W / 42.047222222222°N 95.968611111111°W / 42.047222222222; -95.968611111111Country United StatesState IowaFounded1851SeatOnawaLargest cityOnawaArea • Total699 sq mi (1,810 km2) • Land69...

 

German fighter prototype For the fictional aircraft in the film Aces: Iron Eagle III, see Messerschmitt Me 263 (fictional). Me 263 Model of Me 263 Role Fighter-interceptorType of aircraft Manufacturer Messerschmitt/Junkers Designer Alexander Lippisch First flight 8 February 1945 (unpowered) Primary user Luftwaffe Number built 3 Developed from Messerschmitt Me 163 Komet The Messerschmitt Me 263 Scholle (plaice)[1] was a rocket-powered fighter aircraft developed from the Me 163 Kom...

Сельское поселение России (МО 2-го уровня)Новотитаровское сельское поселение Флаг[d] Герб 45°14′09″ с. ш. 38°58′16″ в. д.HGЯO Страна  Россия Субъект РФ Краснодарский край Район Динской Включает 4 населённых пункта Адм. центр Новотитаровская Глава сельского пос�...

 

斯洛博丹·米洛舍维奇Слободан МилошевићSlobodan Milošević 南斯拉夫联盟共和国第3任总统任期1997年7月23日—2000年10月7日总理拉多耶·孔蒂奇莫米尔·布拉托维奇前任佐兰·利利奇(英语:Zoran Lilić)继任沃伊斯拉夫·科什图尼察第1任塞尔维亚总统任期1991年1月11日[注]—1997年7月23日总理德拉古京·泽莱诺维奇(英语:Dragutin Zelenović)拉多曼·博若维奇(英语:Radoman Bo...

 

Census Town in Jharkhand, IndiaRaghunandanpurCensus TownRaghunandanpurLocation in Jharkhand, IndiaShow map of JharkhandRaghunandanpurRaghunandanpur (India)Show map of IndiaCoordinates: 24°38′18″N 87°53′02″E / 24.638333°N 87.883889°E / 24.638333; 87.883889Country IndiaStateJharkhandDistrictPakurArea • Total0.82 km2 (0.32 sq mi)Population (2011) • Total8,335 • Density10,000/km2 (26,000/sq mi)L...

Legacy Fighting Alliance MMA event in 2023 2023 in Legacy Fighting AllianceInformationPromotionLegacy Fighting AllianceFirst dateJanuary 6, 2023 (2023-01-06)Last dateDecember 15, 2023 (2023-12-15)← 20222024 → 2023 is the seventh year in the history of Legacy Fighting Alliance, a mixed martial arts promotion based in the United States.[1] List of events # Event Date Venue Location 1 LFA 149: Bunes vs. Horiuchi January 6, 2023 Gila Riv...

 

У названия этой статьи существуют и другие значения, см. Санкт-Петербург (значения). Запросы «Ленинград», «Петроград» и «Петербург» перенаправляются сюда; см. также Ленинград (значения), Петроград (значения) и Петербург (значения). ГородСанкт-Петербург Сверху вниз, слева н�...

 

Hong Kong badminton player In this Hong Kong name, the surname is Tang. In accordance with Hong Kong custom, the Western-style name is Jordan Tang and the Chinese-style name is Tang Chun Man. Badminton playerJordan Tang Chun Man鄧俊文Personal informationCountryHong KongBorn (1995-03-20) 20 March 1995 (age 29)Hong KongHeight1.78 m (5 ft 10 in)[1]Weight74 kg (163 lb)HandednessLeftMen's & mixed doublesHighest ranking24 (MD with Or Chin Chung 25 May 20...

Main article: Rafael Nadal 2020 Rafael Nadal tennis seasonFull nameRafael Nadal PareraCountry SpainCalendar prize money$3,881,202 (singles & doubles)SinglesSeason record27–7 (79.4%)Calendar titles2Current rankingNo. 2Ranking change from previous year 1Grand Slam & significant resultsAustralian OpenQFFrench OpenWWimbledonNot held due to COVID-19 pandemicUS OpenADoublesSeason record2–0 (100%)Current rankingNo. 475← 2019 2021 → The 2020 Rafael Nadal tennis seaso...

 

1584-today History of Virginia By year Colony of Virginia American Revolution U.S. Civil War Post–Civil War Topics: African-Americans • Cities • Politics • Slavery Virginia portalvte The Generall Historie of Virginia, New-England, and the Summer Isles (1624), by Capt. John Smith, one of the first histories of Virginia The written history of Virginia begins with documentation by the first Spanish explorers to reach the area in the 16th cent...

 

路易八世Louis VIII le Lion路易八世在阿维尼翁围城战中的15世纪微缩图,约1226年6月10日 – 9月9日法蘭西國王統治1223年7月14日-1226年11月8日(3年118天)加冕1223年8月6日前任腓力二世繼任路易九世英格兰国王 (有争议) 統治1216年6月2日-1217年9月20日(1年110天)前任约翰一世繼任亨利三世出生1187年9月5日法蘭西王國巴黎逝世1226年11月8日(39歲) 法国奥弗涅蒙庞西埃城堡安葬聖但尼聖�...

Association football club in Spain Football clubTomaresFull nameUnión Deportiva TomaresFounded1976[1]GroundMunicipal San Sebastián, Tomares,Seville, Andalusia, SpainCapacity1,000ChairmanJavi Falcón[2]ManagerRafa Tubio[3]LeagueTercera Federación – Group 102023–24División de Honor – Group 1, 2nd of 16 (promoted) Home colours Away colours Unión Deportiva Tomares is a Spanish football team based in Tomares, Seville, in the autonomous community of Andalusia. Fou...

 

Culture of adoring Jane Austen Look up Janeite in Wiktionary, the free dictionary. Jane Austen teapot cookies The term Janeite has been both embraced by devotees of the works of Jane Austen and used as a term of opprobrium. According to Austen scholar Claudia Johnson Janeitism is the self-consciously idolatrous enthusiasm for 'Jane' and every detail relative to her.[1] History Janeitism did not begin until after the publication of J. E. Austen-Leigh's A Memoir of Jane Austen in 1870, ...