Share to: share facebook share twitter share wa share telegram print page

Grootbek-geelvis

Grootbek-geelvis
Foto van die amptelike Suid-Afrikaanse Grootbek-geelvis (Labeobarbus kimberleyensis) operekord van 22,2 kg, wat gevang is deur mev. Ina du Plessis (regs) in die Vaaldam
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Actinopterygii
Orde: Cypriniformes
Familie: Cyprinidae
Genus: Labeobarbus
Spesie:
L. kimberleyensis
Binomiale naam
Labeobarbus kimberleyensis
Sinonieme

Barbus kimberleyensis Gilchrist & Thompson, 1913

Die grootbek-geelvis (Labeobarbus kimberleyensis) is 'n varswatervis wat voorkom in die Oranje- en Vaalrivier-stelsels in Suid-Afrika. In Engels staan die vis bekend as die largemouth yellowfish.

Voorkoms

Die vis is lank en silwerkleurig wanneer dit jonk is en word olyfkleurig soos hy verouder. Die vis kan tot 80 cm lank word en weeg dan 22 kg. Dit het 'n groot bek met twee paar baarde onderaan. Die wyfie word groter en leef langer as die mannetjie. Dit is die grootste van die inheemse geskubde visse in Suid-Afrika. Die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 22,2 kg.

Habitat

Die vis leef in die Oranje- en Vaalrivieropvanggebied, is 'n roofvis en vreet klein vissies, insekte en skulpvis. Die vis groei stadig en die mannetjie bereik volwassenheid wanneer hy ses jaar oud is en die wyfie eers op agt jaar. Die wyfie lĂȘ haar eiers gedurende die somer op gruisbeddings in vinnigvloeiende riviere. Die larwes broei na 2-3 dae uit en hul begin vreet na 3 -4 dae. Hulle is 100 mm lank na twee jaar en 300 mm na vyf jaar.

Sien ook

Bronne

Eksterne skakel

Kembali kehalaman sebelumnya