George III van die Verenigde Koninkryk

George III
Koning van die Verenigde Koninkryk en Hannover
George III in kroningsdrag, Allan Ramsay (1762).
George III in kroningsdrag, Allan Ramsay (1762).
Vorstehuis Hannover
Titel Koning van die Verenigde Koninkryk
Regeer 25 Oktober 176029 Januarie 1820
Gekroon 22 September 1761
Voorganger George II
Opvolger George IV
Regent George, Prins van Wallis (1811–1820)
Ander titels Voorheen
Koning van Groot-Brittanje en van Ierland
Keurvors van Brunswick-Lüneburg
Volle naam George William Frederick
Gebore 4 Junie 1738;[1] Norfolk House, St. James-plein
Oorlede 29 Januarie 1820; Windsor-kasteel, Berkshire
Begrawe St. George-kapel by Windsor-kasteel, Berkshire
Eggenote Charlotte van Mecklenburg-Strelitz
Kinders George IV
Prins Frederick
William IV
Prinses Charlotte, koningin van Württemberg
Prins Edward
Prinses Augusta Sophia
Prinses Elizabeth
Ernest Augustus
Prins Augustus Frederick
Prins Adolphus
Prinses Mary
Prinses Sophia
Prins Octavius
Prins Alfred
Prinses Amelia
Vader Frederick, Prins van Wallis
Moeder Prinses Augusta van Sakse-Gotha

George III (George William Frederick; 4 Junie 1738[1]) was koning van Groot-Brittanje en Ierland van 25 Oktober 1760 tot met die vereniging van hierdie twee lande op 1 Januarie 1801, en daarna koning van die Verenigde Koninkryk tot met sy dood. Hy was ook Hertog van Brunswick-Lüneburg en keurvors van Hannover in die Heilige Romeinse Ryk tot met sy bevordering tot koning van Hannover op 12 Oktober 1814. Hy was die derde Britse monarg van die Huis van Hannover, maar anders as sy twee voorgangers is hy in Brittanje gebore en was sy moedertaal Engels.[2] Al het hy ’n hoë ouderdom bereik, het hy Hannover nooit besoek nie.[3]

Vroeë lewe

George is in Norfolk House in Londen gebore. Hy was die kleinseun van koning George II, en die seun van Frederick, Prins van Wallis en Augusta van Sakse-Gotha. Hy is twee maande te vroeg gebore en daar is geglo hy sou nie oorleef nie, daarom is hy dieselfde dag nog privaat gedoop.[4] ’n Maand later is hy in die openbaar gedoop.

George was gesond as kind, maar teruggetrokke en skaam. Op agt kon hy Engels en Duits lees en kommentaar lewer op politieke gebeure.[5]

George se oupa, koning George II, het nie van die Prins van Wallis gehou nie en het nie veel in dié se kinders belang gestel nie. In 1751 is die Prins van Wallis egter skielik weens ’n longbesering dood en prins George het die koning se vermoedelike erfgenaam geword. Hy het een van sy pa se titels geërf en die Hertog van Edinburg geword. Die koning was nou meer geïnteresseerd in sy kleinseun en het hom drie weke later die Prins van Wallis gemaak.[6] In die lente van 1756 het die koning aangebied dat hy in St. James-paleis gaan woon, maar George het die aanbod van die hand gewys. Hy is in sy besluit gelei deur sy ma en haar vertroueling, lord Bute, wat later premier sou word.[7] George se ma wou hom eerder tuis hou sodat sy hom met streng morele waardes kon grootmaak.[8]

George het koning geword toe sy oupa, George II, skielik op 25 Oktober 1760 sterf, twee weke voor sy 77ste verjaarsdag.

Huwelik

Toe George koning word, is ’n vrou dringend vir hom gesoek en op 8 September 1761 het hy getrou met hertogin Sophia Charlotte van Mecklenburg-Strelitz, vir wie hy op hul troudag ontmoet het. Twee weke later is hulle in Westminster-abdy gekroon. Die paar was gelukkig en George het nooit ’n minnares gehad soos sy twee voorgangers nie.[2][9] Hulle het vyftien kinders gehad: nege seuns en ses dogters. In 1761 het die koning Buckingham House (waar die Buckingham-paleis nou staan) gekoop vir sy groter wordende gesin. Hy het nie baie gereis nie en het sy hele lewe in Suid-Engeland deurgebring.

Bewind

Karikatuur van George III wat Napoleon in die palm van sy hand hou, James Gillray (1803).

George III se lang bewind is gekenmerk deur ’n reeks militêre konflikte waarby sy koninkryke, ’n groot deel van die res van Europa en plekke verder weg in Afrika, die Amerikas en Asië betrokke was. Vroeg in sy bewind het Groot-Brittanje Frankryk verslaan in die Sewejarige Oorlog en so die oorheersende Europese mag in Noord-Amerika en Indië geword. Hy het baie van sy Amerikaanse kolonies egter gou weer verloor in die Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog, wat gelei het tot die stigting van die Verenigde State van Amerika. ’n Reeks oorloë teen die rewolusionêre en Napoleontiese Frankryk, oor ’n periode van 20 jaar, is finaal beëindig met die nederlaag van Napoleon in 1815.

George was diep gelowig en het ure elke dag gebid,[10] maar sy broers het nie sy morele waardes gedeel nie. Hy was geskok oor wat hy as hul losse sedes beskou het. In 1770 is prins Henry, die Hertog van Cumberland en Strathearn, ontbloot as ’n owerspelige en die volgende jaar is hy met ’n jong weduwee, Anne Horton, getroud. Die koning het haar nie as geskik vir ’n koninklike huwelik beskou nie: sy was van ’n laer sosiale stand en kragtens die Duitse reg mag hul afstammelinge nooit die troon bestyg het nie. George III het aangedring op ’n nuwe huwelikswet wat lede van die koningsgesin verbied om sonder die monarg se toestemming te trou. Die wet was ongewild in die parlement, maar is tog aanvaar as die Wet op Koninklike Huwelike van 1772. Kort daarna het ’n ander broer, prins William Henry, die Hertog van Gloucester en Edinburg, onthul dat hy in die geheim getrou het met Maria, gravin Waldegrave, die buite-egtelike kind van sir Edward Walpole. Nie een van die vroue is ooit in die koninklike hof ontvang nie.[11]

Siekte en opvolging

George III in sy latere lewe.

In 1810, toe hy op sy gewildste was,[12] hoewel reeds feitlik blind weens katarakte en in pyn weens rumatiek, het die koning ernstig siek geword en die Prins van Wallis het vir die res van sy lewe as regent waargeneem. Teen einde 1811 was George III permanent geestesiek en hy het tot met sy dood in Windsor-kasteel gebly.[13] Dokters was destyd stomgeslaan oor sy siekte, maar vandag word geglo hy het aan die bloedsiekte porfirie gely.

Op 29 Januarie 1820 is George dood, ses dae na sy vierde seun, die Hertog van Kent. Hy is op 15 Februarie in St. George-kapel, Windsor, begrawe.

George is deur twee van sy seuns opgevolg: George IV en William IV, wat albei sonder wetlike kinders dood is. Die kroon het daarna na hul broerskind, Victoria, gegaan. Sy was die laaste monarg van die Huis van Hannover en die enigste wetlike kind van die Hertog van Kent.

Lang lewe

George III het 81 jaar en 239 dae oud geword en het 59 jaar en 96 dae lank regeer – hy het langer gelewe en regeer as enige van sy voorgangers. Sy kleindogter, Victoria, het langer regeer (63 jaar en 213 dae) en geleef (81 jaar en 243 dae), terwyl Elizabeth II reeds langer leef en regeer as beide George en Victoria.

Stamboom

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Ernst August, keurvors van Hannover
 
 
 
 
 
 
 
George I van Groot-Brittanje
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
George II van Groot-Brittanje
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Frederick, Prins van Wallis
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 George III van die Verenigde Koninkryk 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 


Trivia

Die dorp George is na George III vernoem. Die bekende tuinplant die strelitzia is genoem na die hertogdom Mecklenburg-Strelitz, die geboorteplek van sy vrou, koningin Charlotte.

Bronne

Verdere leesstof

  • Black, Jeremy (2006). George III: America's Last King. New Haven: Yale University Press. ISBN 0-300-11732-9
  • Ditchfield, G. M. (2002). George III: An Essay in Monarchy. Basingstoke: Palgrave. ISBN 0-333-91962-9
  • Macalpine, Ida; Hunter, Richard (1966). "The 'insanity' of King George III: a classic case of porphyria". Brit. Med. J. 1: 65–71
  • May, Thomas Erskine (1896). The Constitutional History of England Since the Accession of George the Third, 1760–1860 11de uitg. Londen: Longmans, Green and Co.

Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:George III of the United Kingdom
  1. 1,0 1,1 Volgens die Juliaanse kalender, wat in hierdie tyd nog in Brittanje gebruik is.
  2. 2,0 2,1 The Royal Household. "George III". Amptelike webtuiste van die Britse Monargie. Besoek op 25 Mei 2007.
  3. Brooke, p.314; Fraser, p.277
  4. Hibbert, p.8
  5. Brooke, pp.23–41
  6. Hibbert, pp.3–15
  7. Brooke, pp.51–52; Hibbert, pp.24–25
  8. Bullion, John L. (2004), "Augusta , princess of Wales (1719–1772)", Oxford Dictionary of National Biography (Oxford University Press), http://www.oxforddnb.com/view/article/46829  (Intekening nodig)
  9. Cannon, John (September 2004), "George III (1738–1820)", Oxford Dictionary of National Biography (Oxford University Press), http://www.oxforddnb.com/view/article/10540 
  10. Brooke, p.260; Fraser, p.277
  11. Brooke, pp.272–282; Cannon and Griffiths, p.498
  12. Brooke, p.381; Carretta, p.340
  13. Fraser, p.285; Hibbert, pp.399–402

Read other articles:

Aktivitas inventarisasi hutan di Peru Kehutanan masyarakat adalah cabang ilmu kehutanan di mana masyarakat lokal memainkan peran penting dalam pengambilan keputusan di manajemen hutan dan pemanfaatan lahan yang difasilitasi oleh pemerintah dan pihak lain.[1] Kehutanan masyarakat melibatkan partisipasi dan kolaborasi berbagai pemangku kepentingan (stakeholder) yang terdiri dari masyarakat, pemerintah, LSM, akademisi, dan industri. Tingkat keterlibatan setiap pihak tergantung pada proye...

 

 

Yeremia 17Kitab Yeremia dalam Alkitab Ibrani, MS Sassoon 1053, foto 283-315.KitabKitab YeremiaKategoriNevi'imBagian Alkitab KristenPerjanjian LamaUrutan dalamKitab Kristen24← pasal 16 pasal 18 → Yeremia 17 (disingkat Yer 17) adalah bagian dari Kitab Yeremia dalam Alkitab Ibrani dan Perjanjian Lama di Alkitab Kristen. Berisi perkataan nabi Yeremia bin Hilkia, tentang Yehuda dan Yerusalem, yang hidup pada zaman raja Yosia, Yoahas, Yoyakim, Yoyakhin dan Zedekia dari Kerajaan Yehuda s...

 

 

Untuk kegunaan lain, lihat Mandala. Museum Wangsit Mandala Siliwangi Museum Wangsit Mandala Siliwangi adalah museum militer yang berada di Kota Bandung, Jawa Barat. Siliwangi merupakan nama komando daerah militer TNI-AD di Jawa Barat dan Banten yang namanya diambil dari raja dari Kerajaan Sunda yang beribu kota di Pakuan Pajajaran yang kekuasaannya konon tak terbatas, juga arif dan bijaksana serta wibawa dalam menjalankan roda pemerintahan. Sedangkan arti Mandala Wangsit merupakan sebuah temp...

Chronologies Journalistes français en 1865. Léon Rossignol, Nos petits journalistes, Paris, Gosselin, 1865Données clés 1862 1863 1864  1865  1866 1867 1868Décennies :1830 1840 1850  1860  1870 1880 1890Siècles :XVIIe XVIIIe  XIXe  XXe XXIeMillénaires :-Ier Ier  IIe  IIIe Chronologies géographiques Afrique Afrique du Sud, Algérie, Angola, Bénin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Cameroun, Cap-Vert, République centrafricaine, Com...

 

 

Mike WallaceWallace pada 1968LahirMyron Leon Wallace(1918-05-09)9 Mei 1918Brookline, Massachusetts, Amerika SerikatMeninggal7 April 2012(2012-04-07) (umur 93)New Canaan, Connecticut, Amerika SerikatPendidikanUniversitas Michigan (Sarjana)PekerjaanWartawan, pemandu acara permainan, pemeranTahun aktif1939–2008Karya terkenal60 Minutes (1968–2008)Suami/istriNorma Kaphan ​ ​(m. 1940; bercerai 1948)​ Buff Cobb ​ ​(m....

 

 

Philip Morris InternationalJenisPublik (NYSE: PM)IndustriRokok & tembakauKantorpusatLaussane, Laussane, SwitzerlandWilayah operasiSeluruh duniaTokohkunciAndré Calantzopoulos(CEO)ProdukMarlboroPhilip MorrisIQOS+tautan dalamChesterfieldL&MParliamentLarkMeritMorattiBond StreetNextRed & WhiteAnakusahaHM Sampoerna (Indonesia)Altria Group (US)Situs webwww.pmi.com Philip Morris International (NYSE: PM) adalah sebuah perusahaan publik asal Swiss yang bergerak di industri rokok dan tembak...

This article is about the former public high school in Tioga County. For the private school in Buffalo, see Nichols School. United States historic placeNichols High SchoolU.S. National Register of Historic PlacesNew York State Register of Historic Places Show map of New YorkShow map of the United StatesLocation84 Cady Ave.,Nichols, New YorkCoordinates42°01′14″N 76°21′53″W / 42.0206°N 76.3647°W / 42.0206; -76.3647Area1 acre (0.40 ha)Built1912Built byTho...

 

 

Questa voce sull'argomento stagioni delle società calcistiche italiane è solo un abbozzo. Contribuisci a migliorarla secondo le convenzioni di Wikipedia. Segui i suggerimenti del progetto di riferimento. Voce principale: Ilva Bagnolese. Unione Sportiva BagnoleseStagione 1922-1923Sport calcio Squadra Ilva Bagnolese Allenatore? Presidente? Prima Divisione5ª nel girone Campano StadioCampo Ilva 1921-1922 1923-1924 Si invita a seguire il modello di voce Questa voce raccoglie le infor...

 

 

Чёрный американский стриж Научная классификация Домен:ЭукариотыЦарство:ЖивотныеПодцарство:ЭуметазоиБез ранга:Двусторонне-симметричныеБез ранга:ВторичноротыеТип:ХордовыеПодтип:ПозвоночныеИнфратип:ЧелюстноротыеНадкласс:ЧетвероногиеКлада:АмниотыКлада:Завропсид�...

Turkish politician İlhan CihanerMPMember of the Grand National AssemblyIncumbentAssumed office 12 June 2011ConstituencyDenizli (2011, June 2015) Personal detailsBorn (1968-02-23) February 23, 1968 (age 56)Kağızman, Kars, TurkeyNationality TurkeyPolitical partyRepublican People's Party (CHP)Alma materGazi UniversityOccupationPoliticianProfessionProsecutor İlhan Cihaner (born 23 February 1968,[1] Kağızman), is a Turkish leftist politician and a former prosecutor. He'...

 

 

College Park, MarylandKotaCity of College Park BenderaLambangNegara Amerika SerikatNegara bagian MarylandCounty Prince George'sDidirikan1856Dibentuk1945Luas[1] • Total5,68 sq mi (14,71 km2) • Luas daratan5,64 sq mi (14,61 km2) • Luas perairan0,04 sq mi (0,10 km2)Ketinggian69 ft (21 m)Populasi (2010)[2] • Total30.413 • Perkiraan (2012[3]...

 

 

Pour les articles homonymes, voir BEA. Bras élévateur aérien Camion élévateur des pompiers de Hambourg. Appelé aussi Élévateur ; Auto-élévateur Utilisation Utilisation - Accès et travail en hauteur ou en profondeur-Sauvetages et évacuation de personnes dans des IGH- Acheminer des personnels et du matériel.- Arrosage par l'extérieur. modifier  Le bras élévateur aérien (BEA) est un véhicule des sapeurs-pompiers, dérivé des bras élévateurs civils, permettant nota...

Bagian dari seri tentangHukum KanonikGereja Katolik Hukum Mutakhir Kitab Hukum Kanonik 1983 Omnium in mentem Kitab Hukum Kanon Gereja-Gereja Timur Ad tuendam fidem Ex Corde Ecclesiae Indulgentiarum Doctrina Pastor Bonus Pontificalis Domus Universi Dominici Gregis Consuetudo Sejarah Hukum Kitab Hukum Kanonik 1917 Corpus Iuris Canonici Dekretis Regulæ Iuris Decretales Gregorii IX Dekretalis Decretum Gratiani Extravagantes Liber Septimus Tata Tertib Gereja Purba Didakhe Konstitusi Apostolik Kan...

 

 

Television series This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Hardcastle and McCormick – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (March 2023) (Learn how and when to remove this message) Hardcastle and McCormickTitle screen from season 1 and from the last ten episodes of season 2GenreCrime dramaAction...

 

 

Schematic of basic unbuffered three-input HTL NAND gate High-threshold logic (HTL), also known as low-speed logic (LSL) or high-level logic (HLL), is a variant of diode–transistor logic used in environments where noise is very high. FZH251, four two-input HTL AND Operation The threshold values at the input to a logic gate determine whether a particular input is interpreted as a logic 0 or a logic 1 (e.g. anything less than 1 V is a logic 0, and anything above 3 V is...

Musical Hallelujah, Baby!Original cast recordingMusicJule StyneLyricsAdolph GreenBetty ComdenBookArthur LaurentsProductions1967 Broadway2004 Arena StageGeorge Street PlayhouseAwardsTony Award for Best Musical Tony Award for Best Score Hallelujah, Baby! is a musical with music by Jule Styne, lyrics by Adolph Green and Betty Comden, and a book by Arthur Laurents. The show is a chronicle of the African American struggle for equality during the [first half of the] 20th century.[1] The mus...

 

 

For other people named Margaret Curran, see Margaret Curran (disambiguation). Scottish Labour politician Margaret CurranOfficial portrait, 2003Shadow Secretary of State for ScotlandIn office7 October 2011 – 11 May 2015LeaderEd MilibandPreceded byAnn McKechinSucceeded byIan MurrayShadow Minister for Disabled PeopleIn office7 October 2010 – 8 October 2011LeaderEd MilibandPreceded byMark HarperSucceeded byAnne McGuireMinister for Parliamentary BusinessIn office4 October 200...

 

 

伊斯兰合作组织Organisation of Islamic Cooperation(英語)Organisation de la Coopération Islamique(法語)منظمة التعاون الإسلامي(阿拉伯語) 旗帜格言:To safeguard the interests and ensure the progress and well-being of Muslims  成员国  观察国  暂停会籍行政总部 沙地阿拉伯吉达 官方语言阿拉伯语英语法语类型宗教成员国57个在籍成员国(英语:Member states of the Organisation ...

Diskografi G-DragonG-Dragon pada tahun 2012Album studio3Album rekaman langsung3Video musik10Extended play1Singel8Album kolaborasi1 Rapper Korea Selatan, G-Dragon, memulai kariernya sebagai leader grup hip-hop Korea, Big Bang. Diskografinya sebagai artis solo dimulai sejak tahun 2009 dan terdiri dari tiga album studio/album mini, satu album kolaborasi, tiga album live dan beberapa singel/kolaborasi lainnya. Album Album studio Judul Detail album Posisi puncak tangga lagu Penjualan KOR[1]...

 

 

Albatros kepala-abu-abu Status konservasi Rentan  (IUCN 3.1)[1] Klasifikasi ilmiah Kerajaan: Animalia Filum: Chordata Kelas: Aves Ordo: Procellariiformes Famili: Diomedeidae Genus: Thalassarche Spesies: T. chrysostoma Nama binomial Thalassarche chrysostoma(Forster, 1785)[2] Sinonim Diomedea chrysostoma Albatros kepala-abu-abu (Thalassarche chrysostoma) adalah spesies burung laut berukuran besar dari keluarga Albatros. Spesies ini memiliki distribusi sirkumpolar, ber...