Edward VIII van die Verenigde Koninkryk

Edward VIII
Koning van die Verenigde Koninkryk en die Britse Dominiums; Keiser van Indië
Edward as Prins van Wallis in 1919 in Ottawa, Ontario.
Edward as Prins van Wallis in 1919 in Ottawa, Ontario.
Vorstehuis Windsor
Titels SKH die Hertog van Windsor
SM die Koning
SKH die Prins van Wallis
SKH die Hertog van Cornwallis
SKH prins Edward van Wallis
SKH prins Edward van Cornwallis en York
Regeer 20 Januarie 193611 Desember 1936
Voorganger George V
Opvolger George VI
Volle naam Edward Albert Christian George Andrew Patrick David
Gebore 23 Junie 1894; Surrey, Engeland
Oorlede 28 Mei 1972; Parys, Frankryk
Begrawe 5 Junie 1972; Frogmore, Berkshire
Eggenote Wallis Warfield
(ná sy abdikasie)
Vader George V
Moeder Mary van Teck
Handtekening

Edward VIII (Edward Albert Christian George Andrew Patrick David; later die Hertog van Windsor; 23 Junie 1894 – 28 Mei 1972) was koning van die Verenigde Koninkryk en Noord-Ierland en die Britse dominiums asook Keiser van Indië van 20 Januarie 1936, ná die dood van sy pa, George V, tot met sy abdikasie op 11 Desember 1936. Hy was die tweede monarg van die Huis van Windsor nadat sy pa die naam in 1917 verander het van Sakse-Koburg en Gotha.

Voor hy die troon bestyg het, het hy die volgende titels gehad: prins Edward van York, prins Edward van Cornwall en York, die Hertog van Cornwallis, die Hertog van Rothesay en die Prins van Wallis. As jong man het hy in die Eerste Wêreldoorlog diens gedoen en verskeie oorsese besoeke namens sy pa onderneem. Hy is verbind met ’n reeks ouer, getroude vroue.

Slegs maande nadat hy koning geword het, het Edward ’n grondwetlike krisis veroorsaak toe hy die Amerikaanse geskeide vrou Wallis Simpson om haar hand gevra het. Hoewel hy wetlik met haar kon getrou het en koning gebly het, was die premiers van sy onderskeie ryke gekant teen die huwelik; hulle het gemeen Wallis sou nooit as koningin aanvaar word nie. Edward het geweet die regering van die Britse premier, Stanley Baldwin, sou bedank as hy met die huwelik voortgaan en dit sou die koning betrek het by ’n algemene verkiesing en so sy reputasie as polities neutrale monarg skaad. Hy het verkies om te abdikeer. Hy was die enigste koning van Brittanje en al sy ryke wat vrywillig van die troon afstand gedoen het.

Ná sy abdikasie het hy die titel "prins Edward" teruggeneem. Hy het ook die titel Hertog van Windsor gekry.

Vroeë lewe

Edward van Wallis, afgeneem deur sy ouma, koningin Alexandra.

Edward VIII is op 23 Junie 1894 in Richmond, Engeland gebore.[1] Hy was die oudste seun van die Hertog van York, later koning George V, en die Hertogin van York, voorheen prinses Victoria Mary van Teck. Sy pa was die tweede oudste seun van die Prins van Wallis, later koning Edward VII.

Edward is tuis opgevoed. Ná die dood van koningin Victoria in 1901 het sy ouers nege maande lank deur die Britse Ryk gereis. Jong Edward en sy broers en susters het tuis gebly by hul oupa en ouma Edward VII en koningin Alexandra. Toe sy ouers terugkeer, is Edward in die sorg van twee mans, Frederick Finch en Henry Hansell, geplaas wat die kinders vir die res van hul kinderdae grootgemaak het.[2]

Op 13-jarige ouderdom is Edward toegelaat tot die Osborne-vlootkollege, maar hy het dit nie geniet nie.[3] Ná twee jaar is hy na die Koninklike Vlootkollege by Dartmouth. Ná die dood van koning Edward VII in 1910 het hy egter die Prins van Wallis geword en die voorbereidings vir sy toekomstige rol as koning het in alle erns begin. Hy is na Magdalen-kollege, Oxford, gestuur. Volgens die skrywer John Parker was hy heeltemal onvoorbereid; hy is eindelik by Oxford weg sonder enige akademiese toekennings.[4]

Regdeur die 1920's het Edward sy pa as Prins van Wallis op talle besoeke verteenwoordig, tuis en oorsee. Hy het veral daarvan gehou om arm dele van die land te besoek.[5] Hy was aantreklik en dit, saam met sy rang en ongetroude status, het hom byna die gewildheid van ’n rolprentster besorg. Hy was op ’n tyd die mees gefotografeerde beroemde en het die toon aangegee in mansmodes.[6]

Romanse

In 1930 het koning George V vir sy seun ’n huis gegee: Fort Belvedere, naby Sunningdale, Engeland.[7] Daar het hy verhoudings met verskeie getroude vroue gehad, onder andere die half-Britse, half-Amerikaanse tekstielerfgenaam Freda Dudley Ward, die Amerikaanse aktrise Mildred Harris en lady Furness (gebore Thelma Morgan). Laasgenoemde het die prins voorgestel aan Wallis Simpson (voorheen Wallis Spencer; gebore Bessie Wallis Warfield). Mev. Simpson was toe geskei van haar eerste man en weer getroud.

Koning George was teleurgesteld in Edward en het glo gesê hy sal homself ruïneer binne twaalf maande ná sy (George se) dood.[8] Hy het verder gesê hy hoop Edward sal nooit kinders hê nie en dat niks sal tussen sy tweede oudste seun, Albert ("Bertie"), en sy kleindogter Elizabeth ("Lilibet") en die troon kom nie.[9]

Bewind

Koning George V sterf op 20 Januarie 1936 en Edward bestyg die troon as koning Edward VIII. Sy onortodokse optrede op talle terreine het tot omstredenheid gelei. Teen Oktober was dit duidelik dat die koning beplan om met mev. Simpson te trou, veral toe ’n skeisaak tussen haar en haar tweede man aanhangig gemaak is.[10] Nadat verskeie opsies oorweeg is, soos dat Edward aanbly as koning maar mev. Simpson nie koningin word nie, of dat hy ongetroud bly, het die koning geabdikeer. Sy broer George VI het hom opgevolg. Hy het Edward die titel Hertog van Windsor gegee.

Hertog van Windsor

Die Windsors by pres. Richard Nixon.

Die hertog en mev. Simpson is op 3 Junie 1937 op ’n private seremonie in Frankryk getroud. Edward het gedink hy sou na Engeland kon terugkeer ná ’n jaar of twee van bannelingskap in Frankryk, maar sy broer het gedreig om sy toelae te staak as hy ooit sonder ’n uitnodiging na Engeland sou terugkeer.

Op 28 Mei 1972 is die hertog in sy huis in Frankryk dood aan keelkanker. Sy liggaam is na Brittanje vervoer en hy is begrawe in die koninklike begraafplaas agter die mausoleum van koningin Victoria en prins Albert by Frogmore. Die hertogin het tydens haar besoek in Buckingham-paleis gebly.[11] Sy is 14 jaar later dood en is langs haar man begrawe as "Wallis, Hertogin van Windsor".[12]

Stamboom

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Prins Albert van Sakse-Koburg en Gotha
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Edward VII van die Verenigde Koninkryk
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Victoria van die Verenigde Koninkryk
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
George V van die Verenigde Koninkryk
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Christiaan IX van Denemarke
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Prinses Alexandra van Denemarke
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Louise van Hesse-Kassel
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 Edward VIII 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Hertog Duke Alexander van Württemberg
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Francis, Hertog van Teck
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Gravin Claudine Rhédey von Kis-Rhéde
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Prinses Victoria Mary van Teck
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Prins Adolphus, Hertog van Cambridge
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Prinses Mary Adelaide van Cambridge
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Prinses Augusta van Hesse-Kassel
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 


Verwysings

  1. Duke of Windsor, A King's Story, p. 1.
  2. King of Fools, Amerikaanse ed., deur John Parker, New York 1988, St. Martin's Press, ISBN 0-312-02598-X, pp. 12-13.
  3. Parker, pp. 13-14.
  4. Parker, pp. 14-16.
  5. Duke of Windsor, A King's Story, p. 215.
  6. Broad, Lewis (1961). The Abdication: Twenty-five Years After. A Re-appraisal. London: Frederick Muller Ltd. pp. 4–5.
  7. Duke of Windsor, A King's Story, p. 235.
  8. Middlemas, Keith; Barnes, John (1969). Baldwin: A Biography. London: Weidenfeld and Nicolson. p. 976. ISBN 0-297-17859-8.
  9. Airlie, Mabell (1962). Thatched with Gold. London: Hutchinson. p. 197.
  10. Broad, p. 56–57.
  11. Ziegler, p. 556–557.
  12. "Simple funeral rites for Duchess" (in Engels). BBC. 29 April 1986. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 November 2019. Besoek op 28 Februarie 2007.

Bronne

  • Edward, Duke of Windsor (1951). A King's Story. Londen: Cassell and Co.
  • Godfrey, Rupert (editor) (1998). Letters From a Prince: Edward to Mrs Freda Dudley Ward 1918–1921. Little, Brown & Co. ISBN 0-7515-2590-1.
  • Wallis, Duchess of Windsor (1956). The Heart has its Reasons: The Memoirs of the Duchess of Windsor. New York: Houghton Mifflin.
  • Williams, Susan (2003). The historical significance of the Abdication files. Dokumentekantoor, London. URL besoek op 2007-02-13.

Verdere leesstof

  • Bloch, Michael (1988). The Secret File of the Duke of Windsor. Londen: Bantam Books. ISBN 0-593-01667-X.
  • Bloch, Michael (editor) (1986). Wallis and Edward: Letters 1931–1937. Summit Books. ISBN 0-671-61209-3.
  • Menkes, Suzy (1987). The Windsor Style. Londen: Grafton Books. ISBN 0-246-13212-4.

Eksterne skakels

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Edward VIII of the United Kingdom

Read other articles:

Relief asura dwarapala (penjaga gerbang) diapit oleh dua apsara, terdapat di Candi Borobudur. Asura (Dewanagari: असुर; ,IAST: Aśura, असुर) dalam mitologi agama Hindu dan Buddha merupakan makhluk yang memiliki kesaktian dan menguasai ilmu gaib tertentu, mirip dengan dewa atau Sura.[1] Asura merupakan salah satu aspek dalam mitologi India (Hindu-Buddha), sebagaimana dewa, yaksa (makhluk gaib), dan raksasa.[2][3] Arti dan penggunaan kata Bangsa ...

 

 

Percussion instrument played to produce sounds of indeterminate pitch A pair of timbales, two cowbells, a jam block and a cymbal all in use as unpitched percussion Three instruments on the spectrum between pitched and unpitched: whistle, woodblocks, crotales Playⓘ An unpitched percussion instrument is a percussion instrument played in such a way as to produce sounds of indeterminate pitch, or an instrument normally played in this fashion. Unpitched percussion is typically used to maintain a...

 

 

2019 Indian web series QueenGenreHistorical dramaCreated byReshma GhatalaBased onQueen by Anita SivakumaranWritten byReshma GhatalaDirected by Gautham Vasudev Menon Prasath Murugesan Starring Ramya Krishnan Anjana Jayaprakash Anikha Surendran ComposerDarbuka SivaCountry of originIndiaOriginal languagesTamilEnglishNo. of seasons1No. of episodes11ProductionCinematographyS. R. KathirEditorPraveen AntonyProduction companiesMX OriginalsOndraga DigitalOriginal releaseNetworkMX PlayerReleaseDecember...

List of films produced by Italy in 1911 Lists of Italian films 1910s 1910 1911 1912 1913 19141915 1916 1917 1918 1919 1920s 1920 1921 1922 1923 19241925 1926 1927 1928 1929 1930s 1930 1931 1932 1933 19341935 1936 1937 1938 1939 1940s 1940 1941 1942 1943 19441945 1946 1947 1948 1949 1950s 1950 1951 1952 1953 19541955 1956 1957 1958 1959 1960s 1960 1961 1962 1963 19641965 1966 1967 1968 1969 1970s 1970 1971 1972 1973 19741975 1976 1977 1978 1979 1980s 1980 1981 1982 1983 19841985 1986 1987 1988...

 

 

21st Hong Kong Film AwardsDate21 April 2002SiteHong Kong Cultural CentreHosted byEric TsangCecilia YipJacqueline PangCheung Tat-Ming ← 20th Hong Kong Film Awards 22nd → Ceremony for the 21st Hong Kong Film Awards was held on 21 April 2002 in the Hong Kong Cultural Centre and hosted by Eric Tsang, Cecilia Yip, Jacqueline Pang and Cheung Tat-Ming. Twenty-three winners in eighteen categories were unveiled. The year's biggest winner was Shaolin Soccer, winning six awards in ...

 

 

Pallamano Metelli ColognePallamano Segni distintiviUniformi di gara Casa Trasferta Colori socialiGrigio e fucsia Dati societariCittàCologne (BS) Paese Italia Confederazione EHF Federazione FIGH CampionatoSerie A Silver Fondazione1984 Presidente Daniele Vitali Allenatore Adnan Hozić Impianto sportivoPalasport di Cologne (700 posti) PalmarèsAltri titoli1 campionato di Serie A2 www.pallamanocologne.it La A.S.D. Pallamano Cologne, nota come Metelli Cologne, è una società di pallamano av...

هذه المقالة يتيمة إذ تصل إليها مقالات أخرى قليلة جدًا. فضلًا، ساعد بإضافة وصلة إليها في مقالات متعلقة بها. (مارس 2022) سيل تيم 8: خلف خطوط العدو (بالإنجليزية: SEAL Team 8: Behind Enemy Lines)‏  الصنف فيلم حربي[1]،  وفيلم إثارة  تاريخ الصدور مارس 2014  مدة العرض 90 دقيقة  البلد الول...

 

 

Cet article concerne le roman d'Ayn Rand. Pour le roman d'Isabel Álvarez de Toledo, voir La Grève. Pour les articles homonymes, voir La Grève. Atlas Shrugged La GrèveTitre original (en) Atlas ShruggedFormat RomanLangue AnglaisAuteur Ayn RandGenres Fiction romantique (d)MystèreFiction philosophique (en)Science-fictionFiction dystopiquePersonnages John GaltFrancisco d'Anconia (d)Dagny Taggart (d)Henry 'Hank' Rearden (d)Date de parution 10 octobre 1957Pays États-UnisÉditeur Rand...

 

 

British engineer and architect (1823–1865) Francis FowkeBorn(1823-07-07)7 July 1823Ballysillan, Belfast, IrelandDied4 December 1865(1865-12-04) (aged 42)London, EnglandNationalityIrishOccupationArchitectBuildingsVictoria & Albert MuseumChiswick HouseRoyal Albert HallRoyal Museum Edinburgh Francis Fowke (7 July 1823 – 4 December 1865) was an Irish engineer and architect, and a captain in the Corps of Royal Engineers. Most of his architectural work was executed in the Renaissan...

  「岛」重定向至此。关于其他用法,请见「岛 (消歧义)」。 島嶼或島(英語:island)是指於海洋、江河或湖泊中被水体圍繞,面积小于大陆的陆地区域[1]。世界上面积最大的岛屿是北美洲的格陵兰岛,面积更大的陸地則不再被視為島嶼,而叫做「大陸」。在狹小的地域集中2個或以上的島嶼,即成「島嶼群」,大規模的島嶼群稱作「群島」或「諸島」,列狀排�...

 

 

Defunct British record label founded by the band UB40 Record label DEP International Ltd.DEP International logoParent companyUniversal Music GroupFounded1980 (1980)FounderUB40DefunctApril 2008 (2008-04)Distributor(s)Virgin RecordsA&M RecordsCountry of originUnited KingdomLocationDigbeth, Birmingham Dep International was a British record label founded in 1980 by members of British group UB40.[1] It specialised in reggae and dub music. The label went into administrati...

 

 

INTS3 بنى متوفرة بنك بيانات البروتينOrtholog search: PDBe RCSB قائمة رموز معرفات بنك بيانات البروتين 4OWT, 4OWW, 4OWX معرفات أسماء بديلة INTS3, C1orf193, C1orf60, INT3, SOSS-A, SOSSA, integrator complex subunit 3 معرفات خارجية الوراثة المندلية البشرية عبر الإنترنت 611347 MGI: MGI:2140050 HomoloGene: 11309 GeneCards: 65123 علم الوجود الجيني وظائف جزيئ�...

Lower portion of the river Rhine Lower Rhine (Niederrhein)Lower Rhine at DüsseldorfSections of the Rhine:   Rhine–Meuse–Scheldt delta   Lower Rhine   Middle Rhine   Upper Rhine   High Rhine   Lake Constance (Untersee, Seerhein, Obersee)   Alpine Rhine, Vorderrhein, Hinterrhein   Rhine sourcesLocationCountryGermanyStatesNorth Rhine-WestphaliaDistrictsBonn, Cologne, Duisburg, Düsseldorf, Kleve, Krefeld, Leverk...

 

 

جلين هيسين   معلومات شخصية الميلاد 30 أكتوبر 1959 (65 سنة)  غوتنبرغ  الطول 1.84 م (6 قدم 1⁄2 بوصة) مركز اللعب مدافع الجنسية السويد  أبناء توبياس هيسين  مسيرة الشباب سنوات فريق 0000–1978 IF Warta [الإنجليزية]‏ المسيرة الاحترافية1 سنوات فريق م. (هـ.) 1978–1983 غوتبورغ 12...

 

 

Parasomnie Données clés Traitement Spécialité Hypnologie et psychologie Classification et ressources externes CISP-2 P06 CIM-10 F51.3-F51.4 CIM-9 307.47, 327.4, 780.59 eMedicine 291931 MeSH D020447 Mise en garde médicale modifier - modifier le code - voir Wikidata (aide) Les parasomnies font partie des troubles du sommeil avec l’hypersomnie et l’hyposomnie. Ce sont des événements indésirables qui surviennent pendant le sommeil et qui impliquent souvent des comportements complexes...

Ville de Randwick Localisation de la zone d'administration locale. Administration Pays Australie État ou Territoire Nouvelle-Galles du Sud Région Agglomération de Sydney Siège du Conseil Randwick Maire Philipa Veitch Démographie Population 134 252 hab. (2021) Densité 3 729 hab./km2 Géographie Coordonnées 33° 55′ sud, 151° 15′ est Superficie 3 600 ha = 36 km2 Liens Site web Site officiel modifier  Hôtel de vi...

 

 

Pour les articles homonymes, voir Santini. Jacques Santini Jacques Santini en 1976 avec l'AS Saint-Étienne. Biographie Nom Jacques Jean Claude Santini Nationalité Français Naissance 25 avril 1952 (72 ans) Delle (France) Taille 1,80 m (5′ 11″) Période pro. 1969 – 1983 Poste Milieu défensif puis entraîneur Parcours junior Années Club 1964-1969 Fesches-le-Châtel Parcours senior1 AnnéesClub 0M.0(B.) 1969-1981 AS Saint-Étienne 324 (50) 1981-1983 Montpellier PSC 043 ...

 

 

Rice dough balls filled with ice cream Mochi ice creamMochi ice cream in green tea, vanilla, and strawberry flavorsCourseDessertPlace of originUnited StatesRegion or stateNorth AmericaServing temperatureColdMain ingredientsMochi, ice cream, powdered sugar  Media: Mochi ice cream Mochi ice cream is a confection made from Japanese mochi (pounded sticky rice) with an ice cream filling. It was invented by Japanese-American businesswoman and community activist Frances Hashimoto with help ...

1919 battle between Polish and Soviet forces This article is about the April 1919 battle. For the January 1919 battle, see Battles for Vilnius (1918–1919). For the 1944 battle, see Vilnius offensive. Vilna OffensivePart of the Polish–Soviet War[a]Polish Army enters Vilnius (Wilno), 1919.DateApril 1919Locationnear Vilnius (Wilno), near the borders of Poland and LithuaniaResult Polish victoryTerritorialchanges The Vilnius Region is captured by Polish forcesBelligerents  Poland  Ru...

 

 

A questa voce o sezione va aggiunto il template sinottico {{Militare}} Puoi aggiungere e riempire il template secondo le istruzioni e poi rimuovere questo avviso. Se non sei in grado di riempirlo in buona parte, non fare nulla; non inserire template vuoti. Gianfrancesco di Bagno (Guidi di Bagno) (Mantova, ... – ante 1494) è stato un condottiero italiano. Stemma Guidi di Bagno Indice 1 Biografia 2 Discendenza 3 Note 4 Bibliografia Biografia Era figlio di Guido (?-1431) ...