Huis van Windsor

Huis van Windsor

Land Verenigde Koninkryk
Statebondslande Antigua en Barbuda
Australië
Bahamas
Belize
Grenada
Jamaika
Kanada
Nieu-Seeland
Papoea-Nieu-Guinee
St. Kitts en Nevis
St. Lucia
St. Vincent en die Grenadine
Salomonseilande
Tuvalu
Stam af van Huis van Sakse-Koburg en Gotha, ’n tak van die Huis van Hannover
Stigter George V
Gestig 1917
Huidige hoof Charles III

Die Huis van Windsor is die huidige koningshuis van die Verenigde Koninkryk en 'n aantal van die ander Statebondslande. Dit is in 1917 deur George V gestig en is een van die min dinastieë wat tegelykertyd oor al die kontinente van die wêreld geheers het. Die huidige hoof is Charles III.

Afstammelinge van koningin Victoria

Koningin Victoria was getroud met prins Albert van Sakse-Koburg en Gotha, seun van hertog Ernst I van die klein Duitse Hertogdom van Sakse-Koburg en Gotha. Haar afstammelinge het die naam van hul vader gehad, tot die naam verander is na die Huis van Windsor. Haar seun Edward VII en sy seun George V het regeer as lede van hierdie huis.

Anti-Duitse gevoelens onder die Britte tydens die Eerste Wêreldoorlog het George V egter gedwing om afstand te doen van alle Duitse titels en om Duitsklinkende name na Engelsklinkende variasies te verander. Op 17 Julie 1917 het George ’n proklamasie uitgereik waarvolgens hy en al sy afstammelinge aan vaderskant lede van die "Huis van Windsor" sou wees met die van "Windsor" as hulle nie ’n titel gehad het nie. Die naam is al lank met die koningshuis verbind deur die dorp Windsor en die Windsor-kasteel. Op dieselfde dag het prins Louis van Battenberg die van Mountbatten (’n letterlike vertaling na Engels) aangeneem. Prins Louis is prins Philip se oupa aan moederskant.

Toe hy hoor die Britse koningshuis het sy naam na Windsor verander, het Wilhelm II, keiser van Duitsland en ’n neef van George V, grappenderwys gesê hy wil na Shakespeare se toneelstuk The Merry Wives of Saxe-Coburg-Gotha gaan kyk.

Afstammelinge van Elizabeth II

Toe koningin Elizabeth met prins Philip van Griekeland en Denemarke trou, sou die standaardpraktyk gewees het om sy van aan te neem. Prins Philip het egter nie ’n van gehad nie en was van die Huis van Sleeswyk-Holstein-Sonderburg-Glücksburg, ’n tak van die Huis van Oldenburg. Hy wou egter nie die probleme van drie dekades vroeër herhaal nie en het afstand gedoen van sy titels. Hy het toe die van Mountbatten, wat sy oupa in 1917 geskep het, aangeneem.

Op 9 April 1952 het koningin Elizabeth amptelik verklaar dat sy en haar kinders die naam "Huis van Windsor" sal hê en dat haar afstammelinge wat trou en hul kinders die van "Windsor" sal hê.[1] Op 8 Februarie 1960 het sy bevestig dat sy en haar kinders steeds bekend sal wees onder die naam "Huis van Windsor", nes enige afstammelinge aan vaderskant met die aanspreekvorm "Sy/Haar Koninklike Hoogheid" en die titels "prins" en "prinses".[1] Afstammelinge aan vaderskant wat nie dié aanspreekvorm of titel het nie, sou die van "Mountbatten-Windsor" hê.[1]

Jurisdiksie

Toe die Huis van Windsor gestig is, het sy hoof regeer oor ’n verenigde Britse Ryk. Ná die Eerste Wêreldoorlog het geo-politieke verskuiwings egter plaasgevind wat daartoe gelei het dat dominiums en kolonies binne die ryk onafhanklik geword het. Van toe af het die Huis van Windsor die koningshuis van verskeie lande geword. Van dié lande het onafhanklik geword – met hul eie monarge of as republieke. Sedert 1949 is die hoof van die Huis van Windsor ook die hoof van die Statebond, wat bestaan uit die meeste (maar nie alle nie) dele van die Britse Ryk en sommige state wat nie deel van die ryk was nie.

In die tabel hieronder word die lande onderskei tussen liggroen (ryke van die Huis van Windsor as dominiums), medium-groen (huidige ryke van die Huis van Windsor) en donkergroen (voormalige ryke van die Huis van Windsor).

1920 1925 1930 1935 1940 1945 1950 1955 1960 1965 1970 1975 1980 1985 1990 1995 2000 2005 2010 2015 2020
Antigua en Barbuda
Australië
Bahamas
Barbados
Belize
Fidji
Gambië
Ghana
Grenada
Guyana
Brits-Indië
Indië
Ierste Vrystaat
Jamaika
Kanada
Kenia
Malawi
Malta
Mauritius
Nieu-Seeland
Newfoundland
Nigerië
Pakistan
Papoea-Nieu-Guinee
Salomonseilande
St. Kitts en Nevis
St. Lucia
St. Vincent en die Grenadine
Sierra Leone
Sri Lanka
Suid-Afrika
Tanganjika
Trinidad en Tobago
Tuvalu
Uganda
Verenigde Koninkryk
1920 1925 1930 1935 1940 1945 1950 1955 1960 1965 1970 1975 1980 1985 1990 1995 2000 2005 2010 2015 2020

Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikels en:House of Windsor

Verdere leesstof

  • Longford, Elizabeth Harman (Gravin van Longford). The Royal House of Windsor. Hersiene uitg. Crown, 1984.
  • Roberts, Andrew. The House of Windsor. University of California Press, 2000.

Eksterne skakels

Read other articles:

Artikel ini membutuhkan judul dalam bahasa Indonesia yang sepadan dengan judul aslinya. Konektor AUI adalah konektor 15-pin D-connector, konektor laki (kiri) ada pada MAU (Medium Attachment Unit) dan konektor perempuan (kanan) ada di MAC (biasanya ada di komputer, HUB atau repeater AUI (Attachment Unit Interface) adalah salah satu bagian dari standar konektor Eternet yang menjelaskan bagaimana sebuah kabel dikoneksikan ke kartu Eternet dengan konektor 15-pin D-connector. Salah satu penggunaan...

 

Chronologie de la France ◄◄ 1642 1643 1644 1645 1646 1647 1648 1649 1650 ►► Chronologies Anne d’Autriche et ses enfants en prière, toile de Philippe de Champaigne, v. 1646.Données clés 1643 1644 1645  1646  1647 1648 1649Décennies :1610 1620 1630  1640  1650 1660 1670Siècles :XVe XVIe  XVIIe  XVIIIe XIXeMillénaires :-Ier Ier  IIe  IIIe Chronologies thématiques Art Architecture, Arts plastiques (Dessin, Gravure, Peinture ...

 

2002 American filmTom and Jerry: The Magic RingDVD coverDirected byJames Tim WalkerWritten byTim CahillJulie McNallyBased onTom and Jerryby William Hanna andJoseph BarberaProduced byTom MintonStarringJeff Glen BennettJim CummingsMaile FlanaganJess HarnellMaurice LaMarcheTress MacNeilleCharlie SchlatterTara StrongFrank WelkerBilly WestEdited byBradford H. KeattsMusic byJ. Eric SchmidtProductioncompaniesTurner Entertainment Co.Warner Bros. AnimationDistributed byWarner Home VideoRelease date Ma...

Disambiguazione – Se stai cercando altri significati, vedi Libertà (disambigua). «Libertà va cercando, ch'è sì cara,come sa chi per lei vita rifiuta.» (Dante, Purgatorio - canto I, vv. 71-72) Allegoria della libertà in Place de la République, Parigi Per libertà si intende la condizione per cui un individuo può decidere di pensare, esprimersi ed agire senza costrizioni, ricorrendo alla volontà di ideare e mettere in atto un'azione, mediante una libera scelta dei fini e degli stru...

 

1977–1978 war between Ethiopia and Somalia over Ogaden regionNot to be confused with Insurgency in Ogaden or Battle of the Ogaden. Ogaden WarPart of the Ethiopian Civil War, the Ethiopian–Somali conflict, and the Cold WarCuban artillerymen prepare to fire at Somali forces in the OgadenDate13 July 1977[11] – 23 March 1978[12](8 months and 2 days)LocationOgaden, EthiopiaResult Ethiopian victory Somalia breaks all ties with the Soviet Bloc and the Second World (e...

 

Questa voce sull'argomento film documentari è solo un abbozzo. Contribuisci a migliorarla secondo le convenzioni di Wikipedia. Segui i suggerimenti del progetto di riferimento. 12 registi per 12 cittàScena dell'episodio Bari, di Lina Wertmüller. Nell'inquadratura il rosone della cattedrale di Ruvo di Puglia.Lingua originaleItaliano Paese di produzioneItalia Anno1989 Durata90 min Rapporto1,37:1 Generedocumentario RegiaMichelangelo Antonioni, Giuseppe Bertolucci, Bernardo Bertolucci, M...

此條目需要补充更多来源。 (2021年7月4日)请协助補充多方面可靠来源以改善这篇条目,无法查证的内容可能會因為异议提出而被移除。致使用者:请搜索一下条目的标题(来源搜索:美国众议院 — 网页、新闻、书籍、学术、图像),以检查网络上是否存在该主题的更多可靠来源(判定指引)。 美國眾議院 United States House of Representatives第118届美国国会众议院徽章 众议院旗...

 

2004 single by Will Young Friday's ChildSingle by Will Youngfrom the album Friday's Child Released5 July 2004 (2004-07-05)Length 9:02 (album version) 4:10 (single version) Label 19 S RCA BMG Songwriter(s) Stephen Lee Dina Taylor Producer(s)Stephen LipsonWill Young singles chronology Your Game (2004) Friday's Child (2004) Switch It On (2005) Friday's Child is a song by British singer Will Young. It was written by Stephen Lee and Dina Taylor and produced by Stephen Lipson for You...

 

Військово-музичне управління Збройних сил України Тип військове формуванняЗасновано 1992Країна  Україна Емблема управління Військово-музичне управління Збройних сил України — структурний підрозділ Генерального штабу Збройних сил України призначений для планува...

Reparations paid by Germany After World War II both West Germany and East Germany were obliged to pay war reparations to the Allied governments, according to the Potsdam Conference. Other Axis nations were obliged to pay war reparations according to the Paris Peace Treaties, 1947. Austria was not included in any of these treaties. Payments According to the Yalta Conference, no reparations to Allied countries would be paid in money (though that rule was not followed in later agreements). Inste...

 

19th-century Irish American Catholic priest and author Reverend FatherThomas Ambrose ButlerButler as a young priestChurchRoman Catholic ChurchArchdioceseDublinSt. LouisDioceseLeavenworthOrdersOrdinationMay 17, 1864by Paul CullenPersonal detailsBornThomas Ambrose Butler(1837-03-21)March 21, 1837Dublin, IrelandDiedSeptember 6, 1897(1897-09-06) (aged 60)St. Louis, Missouri, United StatesBuriedCalvary CemeterySt. Louis, Missouri, U.S.DenominationRoman CatholicEducationCatholic Universit...

 

American party leadership vote 2009 Republican National Committee chairmanship election ← 2007 January 20, 2009 (2009-01-20) 2011 → 168 members of the Republican National Committee85 votes needed to win   Candidate Michael Steele Katon Dawson First round 46 votes27.4% 28 votes16.7% Sixth round 91 votes54.2% 77 votes45.8%   Candidate Mike Duncan Saul Anuzis First round 52 votes31.0% 22 votes13.1% Sixth round Withdrawn Withdrawn Chairman before ele...

Генерал-майор Країна  УкраїнаВид збройних сил СВ ЗСУ та ДШВ ЗСУ Повітряні сили ЗСУСили спеціальних операцій ЗСУЗвання не-НАТО OF-7Категорія вищий офіцерський складСтворено 1991Вище звання Генерал-лейтенантНижче звання Бригадний генералРівноцінні звання ВМС: Конт...

 

Grup B Piala Dunia Wanita FIFA 2019 merupakan salah satu dari enam grup Piala Dunia Wanita FIFA 2019 yang terdiri dari Afrika Selatan, Jerman, Spanyol, dan Tiongkok; dengan pertandingan yang berlangsung dari tanggal 8 hingga 17 Juni 2019.[1][2] Dua tim teratas, yakni Jerman dan Spanyol, serta tim peringkat ketiga, Tiongkok (sebagai salah satu dari empat tim peringkat ketiga terbaik), lolos ke babak 16 besar.[3] Tim peserta Posisi dalam pengundian Tim Pot Konfederasi Ja...

 

هذه قائمة ملاعب كأس العالم من عام 1986 الى العام 2022، ولدى الاتحاد الدولي لكرة القدم متطلبات توجيهية صارمة على الملعب منذ عام 2001.[1] يجب أن تبلغ سعة الملاعب ما لا يقل عن 40000، ويجب ألا يقل عدد الملاعب التي تستضيف دور الثمانية عن 60000، ويجب أن يكون لدى الملعب الذي يستضف حفل الافت...

Shirt pocket liner to support writing implements A pocket protector promoting the family of Linux operating systems. A pocket protector is a sheath designed to hold writing instruments and other small implements in a shirt's breast pocket, protecting it from tearing or staining. It may be used to carry pens, pencils, screwdrivers, small slide rules, and other small items. A flap over the outside of the pocket helps to secure the pocket protector. Pocket protectors were originally made of poly...

 

UK insurance company This article is about the former company acquired by Pearl Group in 2008. For the investment firm active until 2015, see Resolution Limited. ResolutionIndustryInsurance, Pensions, Life AssuranceFounded2004DefunctMay 2008FateAcquired by Pearl GroupHeadquartersLondon, England, UKKey peopleClive Cowdery, Chairman Andy Briggs, CEORevenue£5,152.2 million (2006)Operating income£482.3 million (2006)Net income£531.3 million (2006)Number of employees40 (2009) Resolution plc was...

 

N-th root of the arithmetic mean of the given numbers raised to the power n This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Generalized mean – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (June 2020) (Learn how and when to remove this message) Plot of several generalized means M p ( 1 , x ) {\displaystyle M_{...

HaritanNom local (ar) حريتانGéographiePays  SyrieSous-district Haritan Subdistrict (d)Gouvernorat AlepCoordonnées 36° 17′ 13″ N, 37° 05′ 00″ EFonctionnementStatut Village, populated place in Syria (d) Géolocalisation sur la carte : Syrie modifier - modifier le code - modifier Wikidata Haritan (arabe : حريتان, parfois Horitan) est une petite ville du nord de la Syrie qui dépend administrativement du gouvernorat d'Alep ...

 

Titu Maiorescu Perdana Menteri RumaniaMasa jabatan29 Maret 1913 – 4 Juni 1914PendahuluPetre P. CarpPenggantiIon I. C. Brătianu Informasi pribadiLahir(1840-02-15)15 Februari 1840Craiova, RumaniaMeninggal18 Juni 1917(1917-06-18) (umur 77)Bukares, RumaniaPartai politikPartai KonservatifSunting kotak info • L • B Titu Liviu Maiorescu (15 Februari 1840 – 18 Juni 1917) adalah politikus Rumania dan pendiri komunitas Junimea. Ia berperan penting dalam pe...