FC Twente

FC Twente
Volle naam Football Club
Twente '65
Stigting 1 Julie 1965
Tuisveld Grolsch Veste,
Enschede
Kapasiteit 30 200
Voorsitter Vlag van Nederland Paul van der Kraan
Afrigter Vlag van Nederland Ron Jans
Liga Eredivisie
2021/22 4. posisie
Spankleure Spankleure Spankleure
Spankleure
Spankleure
 
Tuiskleure
Spankleure Spankleure Spankleure
Spankleure
Spankleure
 
Wegkleure

FC Twente is 'n sokkerspan uit Enschede in Nederland wat in die Eredivisie (1ste afdeling) speel. Die afrigter is Ron Jans.

Die tuisveld van FC Twente is die Grolsch Veste, met 'n kapasiteit van 30 200 sitplekke. Onder ondersteuners is die stadion bekend vir sy aangename atmosfeer.

In die huidig seisoen (2020/21) speel FC Twente in die Eredivisie en in die KNVB-Beker.

Geskiedenis

Stigting en eerste goue era (1965-1980)

FC Twente '65 is op 1 Julie 1965 gestig nadat Enschedese Boys en Sportclub Enschede saamgesmelt het. Beide klubs sou weens hul skuld nie alleen kon bestaan nie. Die nuwe klub het in die Eredivisie begin en hulle eerste goue era het vinnig aangebreek. FC Twente het tot die einde van die sewentigerjare boaan die liga meegeding, maar kon nie die titel inpalm nie (in seisoen 1973/74 eindig hulle as naaswenner). Die klub het ook goed gevaar in die UEFA-toernooie, met enkele halfeindrondtes in die UEFA-beker en in die Bekerwenner-beker en die verlore eindstryd in die UEFA-beker in 1975 teen VfL Borussia Mönchengladbach, nadat hulle in die halfeindronde twee keer (tuis en uit) Juventus F.C. geklop het. Ondanks die sterk span, het hulle in die eerste goue era net die KNVB-Beker in 1978 verower, deur PEC Zwolle met 3-0 te klop in die eindstryd.

Moeilike tye en relegasie (1981-1998)

Die tagtigerjare is die moeilikste tyd vir FC Twente, waarby in 1983 die laagtepunt in hulle geskiedenis: relegasie na die Eerste divisie (die 2de nasionale afdeling). In 1984 keer FC Twente as naaswenner van die Eerste Divisie weer na die Eredivisie terug. Ook in die UEFA-toernooie word hulle al vroeg uitgeklop. Vanaf seisoen 1988/89 klim Twente weer uit die dal, deur drie seisoene in 'n ry die derde plek te verower in die nasionale kompetisie. Ook in die volgende jare bly Twente in die subtop speel. Tog kom die Diekman Stadion nie vol nie (met net 6000 toeskouers per wedstryd). Wel word in 1991 die ondersteunersvereniging Vak-P opgerig, wat die ondersteunerskultuur in Nederland sou verander.

Die nuwe stadion en byna bankrotskap (1998-2003)

In 1998 verhuis FC Twente van die ou Diekman Stadion na die nuwe Arke Stadion (kapasiteit: 13 500 sitplekke). In hierdie periode vestig die ondersteuners nasionale en internasionale faam. In 2001 wen die klub sy tweede KNVB-Beker na strafskoppe teen PSV Eindhoven. Vir die eindstryd het meer as 32 000 ondersteuners na Rotterdam met die span meereis, wat die gewildheid van die klub toon. Maar as gevolg van swak finansiële beleid gaan FC Twente in 2003 byna bankrot. Die stad Enschede leen Twente geld en red die klub.

Opbou en die tweede goue era (2003-2012)

Na die byna bankrot het Joop Munsterman voorsitter geword. Hy het die skuld afgewerk in slegs vyf jaar. Sedert Munsterman voorsitter is, het die klub baie gegroei en het die tweede goue era begin. Die stadion is eers uitgebrei na 24 000 toeskouers en sedert 2006 speel FC Twente gereeld in die bekertoernooie van die UEFA (Intertoto-beker (gewen in 2006), UEFA-Beker en Champions League). Nadat hulle twee keer as naaswenner eindig in 2008 en 2009, het FC Twente in 2010 sy eerste nasionale titel gewen. In seisoen 2010/11 het die klub verder gegaan met titels te wen. Eers verower hulle die Johan Cruijff Schaal deur Ajax in die eindstryd met 1-0 te klop, daarna wen hulle ook die nasionale beker deur opnuut in die eindstryd Ajax te klop (3-2). Die derde eindstryd teen Ajax, vir die nasionale titel (deur toeval die laaste ronde), gaan in Amsterdam met 3-1 verlore.

In die volgende seisoen wen Twente weer die Johan Cruijff Schaal deur weer Ajax in die eindstryd te klop, nu met 2-1. In hierdie seisoen is die stadion weer uitgebrei tot 30 000 sitplekke (deur die ongeluk by die uitbreiding het hulle die eerste wedstryde voor minder toeskouers gespeel en het hulle selfs die eerste spel teen FC Vaslui vir die Champions League in die Gelredome in Arnhem gespeel). Die afrigter (Co Adriaanse) word in die middel van die seisoen afgedank deur teleurstellende resultate en vervang deur Steve McClaren (hy het met Twente die kampioenskap gewen in 2010). Die span eindig hierdie seisoen in die liga op 'n teleurstellende 8ste plek en kwalifiseer hom slegs via die Fair Play Cup vir die Europa League.

Finansiële bedrog en afbraak (2012-2017)

In die seisoen 2012/13 bedank ook Steve McClaren weens die swak resultate in die Eredivisie en die nasionale en internasionale uitkloptoernooie. In 2013 het die tweede span toegetree tot die Eerste divisie, maar deur die nuut byna bankrot het die span na twee seisoene weer teruggetree (in 2016 keer hulle terug in die Tweede divisie). In 2015 word bekend dat Twente weer skuld het deur swak finansiële beleid sedert 2011. Die KNVB neem die klub hierom ses punte af in die kompetisie (2015/16) en het Joop Munsterman bedank as voorsitter. Ook mag Twente nie meeding nie vir die Europa League, ondanks dat hulle hom het kwalifiseer via die Fair Play Cup. Sedert November 2015 blyk verskeie kere dat die klub tusse 2011 en 2014 finansieel bedrog het gepleeg by transfers en in die boekhouding. Die nuwe voorsitter Aldo van der Laan ('n vertroueling van Joop Munsterman) tree ook af. Deur die finansiële chaos by die klub het die KNVB in 2016 die lisensie vir die Eredivisie afgeneem en moet FC Twente relegeer na die Eerste divisie. Die Beroepscommisie van die KNVB besluit egter om onttrekking van die lisensie ongedaan te maak (hulle lê slegs 'n boete van 181 000 euro op), sodat FC Twente ook in seisoen 2016/17 in die Eredivisie speel. As skadeloosstelling betaal FC Twente 2 miljoen euro aan die ander klubs in die eredivisie en is tuiswedstryde vir die besoekers se ondersteuners gratis.

Relegasie en opbou (2017–...)

In die 2017/18-seisoen eindig die span in die 18de plek en relegeer hulle na die Eerste divisie. In die volgende seisoen (2018/19) wen FC Twente die kampioenskap in die Eerste divisie en keer terug na die Eredivisie.

Erelys

Ondersteuners vier die nasionale titel in Enschede, seisoen 2009/10
  • Kampioen Nederland (1)
2009/10
(naaswenner (4): 1973/74, 2007/08, 2008/09, 2010/11)
  • Eerste divisie (1)
2018/19
(naaswenner (1): 1983/84)
  • KNVB-Beker (3)
1978, 2001, 2011
(naaswenner (4): 1975, 1979, 2003, 2009)
  • Johan Cruijff Schaal (2)
2010, 2011
(naaswenner (1): 2001)
  • UEFA beker
(naaswenner (1): 1975)
  • UEFA Intertoto beker (1)
2006

Spelers

Huidige span

Nota: Vlae toon nasionale spanne aan soos per FIFA toelatingsreëls. Spelers mag meer as een nie-FiFA nasionaliteit besit.

Nr. Posisie Speler
1 Vlag van Nederland DW Nick Marsman
2 Vlag van Duitsland V Stefan Thesker
4 Vlag van Griekeland V Giorgos Katsikas
7 Vlag van Duitsland VS Chinedu Ede
8 Vlag van Nederland MS Kyle Ebecilio
9 Vlag van Noorweë VS Torgeir Børven
10 Vlag van Nederland MS Hakim Ziyech (kaptein)
11 Vlag van België VS Dylan Seys
12 Vlag van Duitsland MS Tim Hölscher
15 Vlag van Denemarke V Joachim Andersen
16 Vlag van Nederland DW Joël Drommel
Nr. Posisie Speler
17 Vlag van Nederland V Hidde ter Avest
20 Vlag van Nederland DW Sonny Stevens
22 Vlag van Suid-Afrika MS Kamohelo Mokotjo
23 Vlag van Nederland MS Jelle van der Heyden
24 Vlag van Nederland VS Jari Oosterwijk
25 Vlag van Nederland V Peet Bijen
27 Vlag van Nederland VS Allesio Da Cruz
28 Vlag van Nederland V Jeroen van der Lely
30 Vlag van Nederland DW Timo Plattel
- Vlag van Ghana VS Yaw Yeboah
- Vlag van Turkye VS Enes Ünal

Uitgeleende spelers

Hierdie spelers staan onder kontrak by FC Twente, maar hulle speel by ander klubs. Nota: Vlae toon nasionale spanne aan soos per FIFA toelatingsreëls. Spelers mag meer as een nie-FiFA nasionaliteit besit.

Nr. Posisie Speler

Beroemde sokkerspelers en afrigters

spelers

afrigters

Twentse derby

FC Twente is nie die enige Eredivisiesokkerspan in Twente nie. Heracles Almelo speel ook in hierdie streek. Die jeugakademies van FC Twente en Heracles het saamgesmelt, maar in die Eredivisie leef die hele streek saam met die broederstryd. Die Twentse derby is ook bekend as die 'derby van die ooste' (in Nederlands: Derby van het Oosten).

Ondersteuners

Atmosfeer in die Grolsch Veste vir die Champions League wedstryd tege Internazionale

Oral in Europa is Twente bekend vir sy fanatieke ondersteuners. Hulle het die oudste ondersteunersklub in Nederland, met die "Vriendenkring". Teenwoordig is "Vak-P" die bekendste ondersteunersklub van Twente, omdat hulle in die stadion vir die atmosfeer sorg met vlae, lawaai en vuurwerk. In Nederland het Twente ongeveer vyftien ondersteunersklubs (waarvan die meeste van Twentse dorpe, maar ook van Apeldoorn en Amsterdam). Ook in Duitsland, Skotland en Australië is daar 'n ondersteunersklub vir FC Twente. Die Skotse ondersteunersklub Tukker Clan Stranraer het selfs na Vak-P en die Vriendenkring die meeste lede.

FC Twente het 'n unieke band met hulle ondersteuners. FC Twente help werklose ondersteuners aan skoling of werk. Ook het die ondersteuners die inrigting van die stadion bepaal.

Maatskaplike verbintenis

FC Twente het as slagspreuk Meer as 'n klub. Dit beteken dat die klub hom inset vir maatskaplike sake. Die klub help werklose ondersteuners aan skoling of werk. Ook geestelik gestremde ondersteuners kry 'n job as byvoorbeeld skoonmaker van die stadion. Hierdie projek speel hoofsaaklik vir die regio Twente, maar daar is planne vir meer nasionale projekte.

FC Twente werk ook mee aan internasionale maatskaplike projekte, soos die Suid-Afrikaanse Medical Knowledge Institute. Vir meer aandag het die span die wedstryd teen SC Heerenveen op 23 September 2012 gespeel in shirts van die MKI. Aartsbiskop Desmond Tutu (in Twente-shirt) het ter ere hiervan die aftrap van die wedstryd verrig.

Jeugakademie

Om nuut spelers op te lei, het FC Twente, soos die meeste klubs, 'n jeugakademie. Die Voetbalacademie FC Twente is 'n saamsmelting van die jeugakademies van FC Twente (90%) en Heracles Almelo (10%) (Go Ahead Eagles het ook ooit deel gewees van die akademie). Die meeste jeugspanne speel hulle tuiswedstryde op die FC Twente trainingscomplex in Hengelo. Die Twentse jeugakademie staan bekend as een van die beste jeugakademies in Nederland. Die tweede span van FC Twente (jong FC Twente) staan los van die jeugakademie. Die tweede span het twee keer die jeug-eredivisie gewen, in 2008 en 2012, het tusse 2013 en 2015 in die Eerste divisie gespeel en speel tans in die derde divisie.

Ook vir die vrouespan is 'n jeugakademie.

Vrouesokker

Kampioenskap vroue FC Twente 2010/11

Oor die span

FC Twente het een van die sterkste spanne in die vrouesokker in Nederland en België (tusse 2012 en 2015 het daar een gesamentlike kompetisie vir beide lande bestaan, wat Twente 2 maal gewin het). Die span neem ook gereeld deel aan die UEFA Women's Champions League. FC Twente is tans kampioen van Nederland (seisoen 2018/19) en het in totaal 6 keer die vrouekampioenskap van Nederland gewen.

In 2007 het FC Twente die inisiatief geneem om 'n professionele vrouesokkerliga in Nederland op te rig. Om die sterkte van die liga te verhoog, het die Eredivisie vir vroue in 2012 met die Belgiese vroueliga saamgesmelt. In 2015 het die Nederlandse en Belgiese kompetisies weer gesky. FC Twente het lang die enige span in Nederland gewees wat die speelsters eintlik betaal. Daarom was FC Twente lang oppermagtig in vrouesokker.

Erelys

  • Kampioen Nederland (6)
2010/11, 2012/13, 2013/14, 2014/15, 2015/16, 2018/19
(naaswenner (3): 2011/12, 2016/17, 2017/18)
  • KNVB-Beker (2)
2008, 2015
(naaswenner (1): 2013)
  • Kampioen BeNe liga (2)
2012/13, 2013/14
(naaswenner (1): 2014/15)
  • BeNe Supercup
(naaswenner (1): 2011)

Satelliete

FC Twente werk saam op scoutinggebied en jeugopleiding met ampel klubs:

Eksterne skakels

Read other articles:

Artikel ini memberikan informasi dasar tentang topik kesehatan. Informasi dalam artikel ini hanya boleh digunakan untuk penjelasan ilmiah; bukan untuk diagnosis diri dan tidak dapat menggantikan diagnosis medis. Wikipedia tidak memberikan konsultasi medis. Jika Anda perlu bantuan atau hendak berobat, berkonsultasilah dengan tenaga kesehatan profesional. Diet ketogenik juga dikenal dengan diet karbo adalah metode diet tinggi kuantitas lemak sehat, tinggi kualitas tetapi rendah kuantitas protei...

 

 

البيت بيتك البلد مصر  لغة العمل العربية  IMDb.com صفحة البرنامج  تعديل مصدري - تعديل   شعار البرنامج البيت بيتك برنامج مصري منوع كان يذاع خمس مرات أسبوعياً على القناة الثانية المصرية والفضائية المصرية بالتلفزيون المصري، رئيس تحرير البرنامج الكاتب الصحفى محمد هانى م�...

 

 

Indonesian writer This article has multiple issues. Please help improve it or discuss these issues on the talk page. (Learn how and when to remove these template messages) This biography of a living person needs additional citations for verification. Please help by adding reliable sources. Contentious material about living persons that is unsourced or poorly sourced must be removed immediately from the article and its talk page, especially if potentially libelous.Find sources: Laksmi Pam...

Come leggere il tassoboxPhalaenopsis sanderiana Stato di conservazione Specie non valutata Classificazione APG IV Dominio Eukaryota Regno Plantae (clade) Angiosperme (clade) Mesangiosperme (clade) Monocotiledoni Ordine Asparagales Famiglia Orchidaceae Sottofamiglia Epidendroideae Tribù Vandeae Sottotribù Aeridinae Genere Phalaenopsis Specie P. sanderiana Classificazione Cronquist Dominio Eukaryota Regno Plantae Sottoregno Tracheobionta Superdivisione Spermatophyta Divisione Magnolioph...

 

 

Balige IKelurahanKantor Kelurahan Balige IPeta lokasi Kelurahan Balige INegara IndonesiaProvinsiSumatera UtaraKabupatenTobaKecamatanBaligeKodepos22316Kode Kemendagri12.12.01.1034 Kode BPS1206030033 Luas0,45 km²Jumlah penduduk1.646 jiwa (2015)Kepadatan3.657,78 jiwa/km² Balige I adalah salah satu kelurahan di Kecamatan Balige, Kabupaten Toba, Provinsi Sumatera Utara, Indonesia. Pemerintahan Lurah Balige I pada tahun 2015 adalah Riama Pardede.[1] Sosial Kemasyarakatan Suku Mayorit...

 

 

Frankish empire in Western and Central Europe (800–887) Carolingian EmpireImperium Romanum, Universum Regnum, Romanorum sive, Francorum Imperium, Imperium Christianum (Latin)800–887The Carolingian Empire at its greatest extent in 814   Frankish realms and marches   Tributary states CapitalMetz,[1] AachenOfficial languagesMedieval LatinCommon languagesFrankishOld FrenchOld Low GermanOld High GermanOld DutchOld FrisianGallo-Italic languagesOld Occi...

Various foods This is a categorically-organized list of foods. Food is any substance consumed to provide nutritional support for the body.[1] It is produced either by plants, animals, or fungi, and contains essential nutrients, such as carbohydrates, fats, proteins, vitamins, and minerals. The substance is ingested by an organism and assimilated by the organism's cells in an effort to produce energy, maintain life, or stimulate growth. Note: due to the high number of foods in existen...

 

 

Food and drink Template‑class Food portalThis template is within the scope of WikiProject Food and drink, a collaborative effort to improve the coverage of food and drink related articles on Wikipedia. If you would like to participate, please visit the project page, where you can join the discussion and see a list of open tasks.Food and drinkWikipedia:WikiProject Food and drinkTemplate:WikiProject Food and drinkFood and drink articlesTemplateThis template does not require a rating on Wikipe...

 

 

本條目存在以下問題,請協助改善本條目或在討論頁針對議題發表看法。 此生者传记条目需要补充更多可供查證的来源。 (2015年9月18日)请协助補充可靠来源,无法查证的在世人物内容将被立即移除。 此條目過於依赖第一手来源。 (2015年9月18日)请補充第二手及第三手來源,以改善这篇条目。 此條目需要补充更多来源。 (2015年9月18日)请协助補充多方面可靠来源以改善这篇条�...

2020年夏季奥林匹克运动会波兰代表團波兰国旗IOC編碼POLNOC波蘭奧林匹克委員會網站olimpijski.pl(英文)(波兰文)2020年夏季奥林匹克运动会(東京)2021年7月23日至8月8日(受2019冠状病毒病疫情影响推迟,但仍保留原定名称)運動員206參賽項目24个大项旗手开幕式:帕维尔·科热尼奥夫斯基(游泳)和马娅·沃什乔夫斯卡(自行车)[1]闭幕式:卡罗利娜·纳亚(皮划艇)&#...

 

 

Artikel ini tidak memiliki referensi atau sumber tepercaya sehingga isinya tidak bisa dipastikan. Tolong bantu perbaiki artikel ini dengan menambahkan referensi yang layak. Tulisan tanpa sumber dapat dipertanyakan dan dihapus sewaktu-waktu.Cari sumber: Latah – berita · surat kabar · buku · cendekiawan · JSTOR Latah[1] adalah suatu keadaan fisik penderita yang menyebabkannya mengeluarkan respon (berupa ucapan kata-kata atau kalimat dan sering di...

 

 

625-line analog television transmission format CCIR System C (originally known as the Belgian 625-line system) is an analog broadcast television system[1] used between 1953 and 1978[2] in Belgium, Italy, Netherlands and Luxembourg as a compromise between Systems B and L. Used on VHF only.[3] Specifications Some of the important specifications for System C are listed below:[4][3][1][5] Frame rate: 25 Hz Interlace: 2/1 Field rate: 50 Hz Li...

This article relies largely or entirely on a single source. Relevant discussion may be found on the talk page. Please help improve this article by introducing citations to additional sources.Find sources: GM 4L60-E transmission – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (April 2019)Motor vehicle 4L60E/4L65EOverviewManufacturerGeneral MotorsProduction1992–2013Body and chassisClass4-speed longitudinal automatic transmissionChronologyPredecessorTurbo...

 

 

لواء الرصيفة  - لواء -  تقسيم إداري البلد الأردن  [1] المحافظة محافظة الزرقاء إحداثيات 32°00′47″N 36°02′56″E / 32.01304°N 36.04878°E / 32.01304; 36.04878   السكان التعداد السكاني 481900 نسمة (إحصاء 2015)   • الذكور 257888   • الإناث 224012   • عدد الأسر 94674 الرمز الجغرافي...

 

 

In mathematics, a generalized conic is a geometrical object defined by a property which is a generalization of some defining property of the classical conic. For example, in elementary geometry, an ellipse can be defined as the locus of a point which moves in a plane such that the sum of its distances from two fixed points – the foci – in the plane is a constant. The curve obtained when the set of two fixed points is replaced by an arbitrary, but fixed, finite set of points in the plane i...

دخول الولايات المتحدة للحرب العالمية الأولىمعلومات عامةالمنطقة الولايات المتحدة التأثيراتأحد جوانب التاريخ الدبلوماسي للحرب العالمية الأولى تعديل - تعديل مصدري - تعديل ويكي بيانات لوسيتانيا غرقت بواسطة غواصة دخلت الولايات المتحدة للحرب العالمية الأولى في شهر أبريل 1917،...

 

 

American baseball player (1891–1920) For the Australian philatelist, see Ray Chapman (philatelist). For the American sport shooter, see Ray Chapman (marksman). Baseball player Ray ChapmanShortstopBorn: (1891-01-15)January 15, 1891Beaver Dam, Kentucky, U.S.Died: August 17, 1920(1920-08-17) (aged 29)Manhattan, New York, U.S.Batted: RightThrew: RightMLB debutAugust 30, 1912, for the Cleveland IndiansLast MLB appearanceAugust 16, 1920, for the Cleveland Indian...

 

 

Donnchadh IGambaran anakronistik Donnchadh I oleh Jacob de Wet, di abad ke-17Raja AlbaBerkuasa1034–1040PendahuluMáel Coluim IIPenerusMacbethKelahiranskt. 1001Kematian14 Agustus 1040[1]Pitgaveny, di dekat ElginPemakamanIona ?PasanganSuthenKeturunanMáel Coluim III, Raja AlbaDomnall III, Raja AlbaMáel Muire, Earl AthollWangsaDunkeldAyahCrínán dari DunkeldIbuBethóc Donnchad mac Crinain (Gaelik Modern: Donnchadh mac Crìonain;[2] diinggriskan sebagai Duncan I, dan diju...

Christian nontrinitarian theological doctrine Not to be confused with Adoption (theology). Francesco Albani's The Baptism of Christ, when Jesus became one with God according to adoptionism Adoptionism, also called dynamic monarchianism,[1] is an early Christian nontrinitarian theological doctrine,[1] subsequently revived in various forms, which holds that Jesus was adopted as the Son of God at his baptism, his resurrection, or his ascension. How common adoptionist views were a...

 

 

Pour les articles homonymes, voir Benabid. Alim-Louis BenabidAlim Louis Benabid en 2017.BiographieNaissance 2 mai 1942 (82 ans)La TroncheNationalités algériennefrançaiseFormation Université Grenoble Alpes (doctorat) (jusqu'en 1970)Université Grenoble-I (doctorat) (jusqu'en 1978)Activités Neurobiologiste, professeur d'université, neurochirurgien, chercheurAutres informationsA travaillé pour Université Grenoble-IInstitut national de la santé et de la recherche médicaleMembre de...