Carl Panzram

Carl Panzram
Carl Panzram in 1915 onder die skuilnaam "Jefferson Baldwin".
Carl Panzram in 1915 onder die skuilnaam "Jefferson Baldwin".
Gebore  (1891-06-28)28 Junie 1891 as Charles Panzram, Minnesota
Oorlede  5 September 1930 (op 39), Kansas
Rede vir dood  Gehang
Land  VSA
Bynaam  Carl Baldwin
Jeff Davis
Jefferson Davis
Jefferson Rhodes
Jeff Rhodes
Jack Allen
Jefferson Baldwin
John King
John O'Leary
Cooper John
Teddy Bedard
Misdaad  Moorde
Misdaadbesonderhede
Plek VSA, Angola
Datum(s)  1915 (as medepligtige),
1920 tot 1928
Slagoffers  5–22
Getal gedood  5–22
Vonnisbesonderhede
Aangekeer  1928
Vonnisdatum  Junie 1929
Vonnis  Doodsvonnis

Carl Panzram (28 Junie 18915 September 1930) was ’n Amerikaanse reeksmoordenaar, verkragter, brandstigter en inbreker. Hy is bekend vir sy bekentenis teenoor sy enigste vriend, die tronkwag Henry Lesser. Panzram het skuld aan 21 moorde beken, asook die sodomisering van meer as 1 000 seuns en mans. Hy is verskeie kere in hegtenis geneem en eindelik in 1930 gehang vir die moord op ’n werknemer van die Leavenworth-gevangenis in Kansas.

Vroeë lewe

Charles Panzram is in East Grand Forks, Minnesota, gebore as die seun van die Oos-Pruisiese (Duitse) immigrante Johann "John" en Matilda Panzram en het op die familieplaas grootgeword. Hy het vyf broers en susters gehad, en die gesin was arm. Die eerste tekens van misdaadbedrywighede was toe hy in 1903, toe hy 12 jaar oud was, koek, appels en ’n rewolwer uit hul bure se huis gesteel het. In Oktober van dié jaar het Panzram se ouers hom na die Minnesota-staatsopleidingskool, ’n korrektiewe inrigting, gestuur. Daar het personeellede hom verskeie kere geslaan en gemartel in wat die kinders "Die Verfhuis" gedoop het – hulle sou soos ’n skoon skilderdoek lyk wanneer hulle ingaan, en uitkom "geverf" met kneusplekke en bloed. Panzram het die plek gehaat en dit eindelik afgebrand, sonder dat hy uitgevang is.[1]

Die personeellede het probeer om Christenskap aan hom op te dwing, maar weens sy wrewel teenoor hulle het dit die teenoorgestelde uitwerking gehad en het hy die Christendom begin verafsku.

Laat in 1905 het hy die skool verlaat.[2] Teen sy tienerjare was hy ’n alkoholis en het hy meermale met die gereg gebots, meestal weens inbraak en diefstal. Op 14 het hy van die huis af weggeloop. Hy het dikwels op treine gereis; hy het vertel dat hy op een van dié ritte deur ’n groep boemelaars verkrag is.

Misdaadloopbaan

As volwassene het Panzram enigiets gesteel van fietse tot seiljagte, en hy is verskeie kere aangekeer. Terwyl hy in die tronk was, het hy dikwels in die moeilikheid beland omdat hy wagte aangerand en geweier het om opdragte uit te voer. Daarvoor is hy geslaan en op ander maniere gestraf. In 1907, op 15, het Panzram by die Amerikaanse leër aaangesluit nadat hy in Montana dronk geraak het. Hy is kort daarna skuldig bevind aan diefstal. Hy het van 1908 tot 1910 in die Amerikaanse strafkaserne Fort Leavenworth deurgebring. Hy het later beweer die bietjie goedheid wat in hom oor was, is hier uit hom geslaan.

In Augustus 1920 het Panzram ’n huis in Connecticut beroof en juweliersware gesteel,[3] asook obligasies en ’n pistool. Laasgenoemde het hy in verskeie moorde gebruik. Met die geld wat hy uit die verkoop van die gesteelde goedere gemaak het, het hy ’n seiljag gekoop. Hy het ook ’n bemanning gehuur wat hy wou dronk maak en sodomiseer. (Sien Moordtog onder.)

In sy outobiografie het Panzram geskryf hy was "die verpersoonliking van woede" en dat hy dikwels mans wat hy besteel het, verkrag het – nie noodwendig omdat hy homoseksueel was nie, maar om hulle te domineer en verneder. Hy was ’n sterk man, en dit het hom gehelp om die meeste mans wat hy teengekom het te oorrompel. Hy het ook vandalisme en brandstigting gepleeg.

Hy was in Kalifornië, Texas, Oregon, Idaho, Montana, Oregon, New York en Washington D.C. in die tronk.

Op 1 Junie 1915 het Panzram by ’n huis in Astoria, Oregon, ingebreek. Hy is kort daarna aangekeer terwyl hy van die gesteelde goedere probeer verkoop het.[4] Hy is gevonnis tot sewe jaar gevangenisstraf in die Oregon-staatsgevangenis in Salem, waar hy op 24 Junie aangekom het. Hy was onder toesig van die bewaarder Harry Minto,[4] wat geglo het in streng strawwe, insluitende lyfstraf en isolasie

Hier het Panzram sy medegevangene Otto Hooker help ontsnap en terwyl hy op vrye voet was, het Hooker vir Minto vermoor.[4][5] Panzram is verskeie kere by Salem gedissiplineer en het onder meer 61 dae in eensame opsluiting deurgebring voordat hy op 18 September 1917 ontsnap het.[4] Hy is weer gevang[4] en op 12 Mei 1918 het hy weer ontsnap.[4] Dié keer het hy op ’n goederetrein oos gereis.[4] Hy het die naam John O’Leary begin gebruik en sy snor afgeskeer.[4]

Moordtog

Met die dood van die Oregon-tronkbewaarder Minto was Panzram betrokke by minstens een moord, as medepligtige, tot met 1920. In dié jaar hy sy moordtog begin. Met geld wat hy van diefstalle oorgehad het, het hy vir hom die jag "Akiska" gekoop. Hy het matrose in New York uit kroeë gelok en hulle dronk gemaak, verkrag en doodgeskiet. Hy het beweer hy het altesaam 10 vermoor. Hy het net opgehou omdat sy vaartuig naby Atlantic City, New Jersey, gestrand het. Sy twee laaste moontlike slagoffers het ontsnap. Panzram het daarna ’n skip na Afrika gehaal en in Luanda, Angola, geland. Hy het later beweer hy het hier ’n 11- of 12-jarige seun verkrag en vermoor.[6] Hy het ook beweer dat hy ’n roeiboot met ses roeiers gehuur het. Hy het toe die roeiers doodgeskiet en hul lyke vir die krokodille gevoer.

Nadat hy na Amerika teruggekeer het, het hy volgens hom twee seuntjies verkrag, die een op 18 Julie 1922 in Salem met ’n klip doodgeslaan en die ander een later dié jaar in New Haven, Connecticut, verwurg.[6] Hy het na bewering in Junie 1923 ’n man doodgeskiet wat hom probeer beroof het. Ná sy laaste arres in 1928 het hy beweer hy het ’n moord gepleeg terwyl hy tussen Baltimore en Washington D.C. huise beroof het, en ook twee seuns in 1923 en 1928 in Philadelphia vermoor.

Hy het ook ambisieuse planne gehad soos om ’n hele stad se inwoners uit te wis deur die drinkwater met arseen te vergiftig of ’n Britse oorlogskip in die New Yorkse hawe te sink om ’n oorlog tussen Brittanje en Amerika te ontlok.

Aanhouding en bekentenis

In 1928 is Panzram in hegtenis geneem vir ’n rooftog in Washington D.C. Tydens sy aanhouding het hy vrywillig beken dat hy twee seuns vermoor het.[7] Weens sy uitgebreide misdaadrekord is hy gevonnis tot 25 jaar gevangenisstraf en oorgeplaas na die Leavenworth-gevangenis in Kansas. "Ek sal die eerste man wat my lastig val, doodmaak," het hy vir die hoofbewaarder gesê. Daarom het hy ’n werk in afsondering in die tronk se waskamer gekry. Op 20 Junie 1929 het hy Robert Warnke, ’n voorman by die wassery, vermoor deur hom met ’n ysterstaaf dood te slaan. Hy is daarvoor die doodstraf opgelê[8] en het geweier om appèl aan te teken.[9]

Terwyl hy in die dodesel was, het ’n bewaarder, Henry Lesser, hom bevriend en skryfbehoeftes aan hom verskaf.[10][11] Panzram het ’n gedetailleerde opsomming van sy misdade en nihilistiese filosofie neergeskryf.[12] Dit begin met die volgende reguit stelling:

Ek het in my lewe 21 mense vermoor; ek het duisende rooftogte, diefstalle en brandstigtings uitgevoer; en die laaste maar nie die minste nie, ek het meer as 1 000 mans gesodomiseer. Ek is nie in die minste jammer oor enige van dié dinge nie.

Teregstelling

Panzram is op 5 September 1930 gehang. Terwyl die galgtou om sy nek geplaas is, het hy die laksman na bewering in die gesig gespoeg en gesê: "Ek wens die hele mensdom het een nek gehad en dat ek my hande daarom gehad het!"[13] Toe die laksman hom vra of hy enigiets vir oulaas wil sê, het hy geblaf: "Ja, maak gou, jou gemors! Ek kon al ’n dosyn mans doodgemaak het in die tyd wat jy rondneuk!"[6] Hy is in die tronk se begraafplaas begrawe.

Ná sy dood

Lesser het Panzram se briewe en manuskrip gehou en die volgende vier dekades probeer om ’n uitgewer te kry. Dit is eindelik in 1970 gepubliseer onder die titel Killer: A Journal of Murder. Dit het in 1996 die basis vir die rolprent met dieselfde naam gevorm, met James Woods as Panzram en Robert Sean Leonard as Lesser. In 1980 het Lesser die materiaal aan die San Diego-staatsuniversiteit geskenk, waar dit in ’n biblioteek gehou word as die "Carl Panzram-dokumente". In 2012 het John Borowski ’n dokumentêr uitgereik met die naam Carl Panzram: The Spirit of Hatred and Vengeance.

Verwysings

  1. Lesser, Henry. "Panzram Papers" (PDF) (in Engels). Special Collections & University Archives, Carl Panzram Papers, 1928-1980, Box 1, Folder 3: Typescript of Panzram Manuscript: Deel I, Seksie 1, c. 1928-1930: San Diego State University. p. 11. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 11 April 2020. Besoek op 17 April 2015.{{cite web}}: AS1-onderhoud: plek (link)
  2. Carl Panzram: Too Evil To Live, Deel I
  3. "Volgens Panzram was dit $400 000 werd, maar volgens die eienaar net 'n paar duisend dollar. The republican, 6 Oktober 1928". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2014. Besoek op 28 Augustus 2015.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 4,4 4,5 4,6 4,7 "Serial Killer Calendar: Carl Panzram". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Augustus 2016. Besoek op 28 Augustus 2015.
  5. Oregon Department of Corrections: The Last Day of Harry Minto's Life
  6. 6,0 6,1 6,2 Gaddis, Thomas E.; James O. Long (1970). Killer: A Journal of Murder. Macmillan.
  7. Stevens Point Journal, 8 Oktober 1928, "Burglar at Taft's Admits Two Murders"
  8. "Corrections Employee Robert George Warnke" (in Engels). The Officer Down Memorial Page. 20 Junie 1929. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 April 2020. Besoek op 1 Maart 2011.
  9. "Prison laundry foreman Killed". Moberly Monitor-Index. Moberly, Missouri. 20 Junie 1929. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Maart 2012. Besoek op 1 Maart 2011.
  10. Social Security Death Index: Henry Lesser, born 8 November 1902, died October 1983, SSN issued from DC, last residence and benefit to Los Angeles, CA
  11. California Death Index: Henry Philip Lesser born 8 November 1902 Massachusetts, died 27 October 1983 Los Angeles County
  12. Panzram, C. Panzram: A Journal of Murder. Amok Press (2002). ISBN 1878923145.
  13. Earley, Pete (1993). The Hot House. Bantam Books. ISBN 0-553-56023-9.

Eksterne skakels

Read other articles:

Virofag Sputnik Mimivirus-dependent virus Sputnik Komposisi genom virus ICTVVirus ADN untai ganda, Virus ADN untai ganda dan Virus ADN untai ganda TaksonomiSuperdomainBiotaDomainVirusFamiliLavidaviridaeGenusSputnikvirusSpesiesMimivirus-dependent virus Sputnik lbs Virofag Sputnik (dari bahasa Rusia: cпутник satelit, bahasa Latin virus, dan bahasa Yunani: φάγειν phagein, yang artinya memakan) adalah salah satu jenis virofag, agen subvirus yang bereproduksi dalam sel ameba ya...

 

 

Kellyanne ConwayKellyanne Conway pada 2018 Penasihat PresidenPetahanaMulai menjabat 20 Januari 2017Menjabat bersama Steve Bannon, Dina PowellPresidenDonald Trump PendahuluJohn Podesta (2015)PenggantiPetahana Informasi pribadiLahirKellyanne Elizabeth Fitzpatrick20 Januari 1967 (umur 57)Camden, New Jersey, A.S.Partai politikRepublikSuami/istriGeorge Conway (2001–sekarang)Anak4PendidikanUniversitas Trinity Washington(BA)Universitas George Washington(JD)Sunting kotak info ...

 

 

Seseorang mengenakan baju kepok terlipat. Baju kepok, baju leher tinggi, atau baju leher panjang adalah pakaian — biasanya baju panas — dengan kerah pas yang dapat dilipat dan menutupi leher. Sejarah Eropa Pakaian baju kepok telah dipakai selama ratusan tahun, setidaknya sejak abad ke-15. Mereka awalnya dirancang untuk melindungi leher para ksatria yang memakai zirah rantai. Royalti mengadopsi busana leher tinggi, dengan tinggi dan volume kerutan leher yang menunjukkan status. &...

العلاقات البرتغالية التونسية البرتغال تونس   البرتغال   تونس تعديل مصدري - تعديل   العلاقات البرتغالية التونسية هي العلاقات الثنائية التي تجمع بين البرتغال وتونس.[1][2][3][4][5] مقارنة بين البلدين هذه مقارنة عامة ومرجعية للدولتين: وجه المقارنة...

 

 

Laut MarmaraMarmara DeniziMap of the Sea of MarmaraLetakEropa dan AsiaKoordinat40°41′12″N 28°19′7″E / 40.68667°N 28.31861°E / 40.68667; 28.31861Koordinat: 40°41′12″N 28°19′7″E / 40.68667°N 28.31861°E / 40.68667; 28.31861Jenis perairanLaut pedalamanAliran masuk utamaSungai Simav, Biga Çayı, Sungai NilüferAliran keluar utamaSelat TurkiWilayah tangkapan air11.500 km2 (4.400 sq mi)Terletak di negaraTurkiArea...

 

 

HandelsorganisationOuverture le dimanche de la « rue commerçante » HO à Magdebourg en 1953, photographie provenant du fond du Allgemeiner Deutscher Nachrichtendienst.HistoireFondation 1948CadreType FirmeForme juridique Volkseigener BetriebPays  Allemagne de l'Estmodifier - modifier le code - modifier Wikidata La Handelsorganisation (littéralement « organisation de commerce », familièrement « HO ») était une entreprise d'État de commerce de détai...

ХристианствоБиблия Ветхий Завет Новый Завет Евангелие Десять заповедей Нагорная проповедь Апокрифы Бог, Троица Бог Отец Иисус Христос Святой Дух История христианства Апостолы Хронология христианства Раннее христианство Гностическое христианство Вселенские соборы Н...

 

 

Pleione in the Pleiades is a shell star. A shell star is a star having a spectrum that shows extremely broad absorption lines, plus some very narrow absorption lines. They typically also show some emission lines, usually from the Balmer series but occasionally of other lines. The broad absorption lines are due to rapid rotation of the photosphere, the emission lines from an equatorial disk, and the narrow absorption lines are produced when the disc is seen nearly edge-on. Shell stars have spe...

 

 

Valerio Zurlini Valerio Zurlini (Bologna, 19 marzo 1926 – Verona, 26 ottobre 1982) è stato un regista e sceneggiatore italiano. Indice 1 Biografia 1.1 Gli inizi 1.2 Primi lungometraggi 1.3 Il consenso 1.4 Ultimi anni 2 Riconoscimenti 3 Filmografia 3.1 Regista 3.1.1 Documentari 3.1.2 Lungometraggi 3.2 Sceneggiatore 4 Scritti 5 Note 6 Bibliografia 7 Altri progetti 8 Collegamenti esterni Biografia La sua famiglia si trasferisce da Bologna a Roma con lui ancora ragazzo, per cui si trova a freq...

الكنيسة الإنجيلية المشيخية الوطنية في اللاذقية معلومات أساسيّة تعديل مصدري - تعديل   جزء من سلسلة مقالات عنالمسيحية العقائد الله الآب الابن الروح القدس المسيح حياته ولادته عظة الجبل الإرسالية الكبرى الموت والقيامة تجسد المسيح اللاهوت الأسرار المقدسة العقيدة الخلاص ا�...

 

 

Location of Mille Lacs County in Minnesota This is a list of the National Register of Historic Places listings in Mille Lacs County, Minnesota. This is intended to be a complete list of the properties and districts on the National Register of Historic Places in Mille Lacs County, Minnesota, United States. The locations of National Register properties and districts for which the latitude and longitude coordinates are included below, may be seen in an online map. There are 12 properties and di...

 

 

Non-commutative algebraic structure The icosian calculus is a non-commutative algebraic structure discovered by the Irish mathematician William Rowan Hamilton in 1856.[1][2] In modern terms, he gave a group presentation of the icosahedral rotation group by generators and relations. Hamilton's discovery derived from his attempts to find an algebra of triplets or 3-tuples that he believed would reflect the three Cartesian axes. The symbols of the icosian calculus can be equated ...

Prohibiting criminals from voting in elections in the United States In the United States, a person may have their voting rights suspended or withdrawn due to the conviction of a criminal offense. The actual class of crimes that results in disenfranchisement vary between jurisdictions, but most commonly classed as felonies, or may be based on a certain period of incarceration or other penalty. In some jurisdictions disfranchisement is permanent, while in others suffrage is restored after a per...

 

 

Compatibility of anarchism with capitalism and possible resulting problems Part of a series onAnarchism History Outline Schools of thought Feminist Green Primitivist Social ecology Total liberation Individualist Egoist Free-market Naturist Philosophical Mutualism Postcolonial African Black Queer Religious Christian Jewish Social Collectivist Parecon Communist Magonism Without adjectives Methodology Agorism Illegalism Insurrectionary Communization Expropriative Pacifist Platformism Especifismo...

 

 

Island of Papua New Guinea This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Buka Island – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (August 2020) (Learn how and when to remove this message) This article should specify the language of its non-English content, using {{lang}}, {{t...

У этого термина существуют и другие значения, см. Кичево (значения). ГородКичевомакед. Кичево Флаг Герб 41°30′51″ с. ш. 20°57′47″ в. д.HGЯO Страна  Северная Македония Статистический регион Юго-Западный Община Кичево Глава Фатмир Дехари История и география Прежние н...

 

 

  لمعانٍ أخرى، طالع ألما (توضيح). ألما     الإحداثيات 39°00′56″N 96°17′20″W / 39.01556°N 96.28889°W / 39.01556; -96.28889   [1] تقسيم إداري  البلد الولايات المتحدة[2]  التقسيم الأعلى مقاطعة وابونسي  عاصمة لـ مقاطعة وابونسي  خصائص جغرافية  المساحة 1.532184 كيل...

 

 

Medieval English feudal tax This article relies largely or entirely on a single source. Relevant discussion may be found on the talk page. Please help improve this article by introducing citations to additional sources.Find sources: Scutage – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (February 2012) English feudalismHarold Sacramentum Fecit Willelmo Duci(Bayeux Tapestry) FiefEcclesiastical fiefCrown landAllodial titleAppanageVassalFeoffmentSeignorySu...

2007 EP by Andrew OsengaLetters to the Editor, Vol. 1EP by Andrew OsengaReleasedJune 2007RecordedThe Velvet Eagle, Nashville, TNGenreSinger-songwriterLength20:51LabelHouse of Mirrors MusicProducerAndrew OsengaAndrew Osenga chronology The Morning(2006) Letters to the Editor, Vol. 1(2007) Letters to the Editor, Vol. 2(2008) Professional ratingsReview scoresSourceRatingChristianity Today link Letters to the Editor, Vol. 1 (2007) is an acoustic EP from Andrew Osenga. Recorded and mixed i...

 

 

Character in a Russian idiom describing punishment Nikita Khrushchev, 1960 Humorous monument of Kuzka and his mother in Odoyev Kuzma's mother, or Kuzka's mother (Russian: Кузькина мать - [ˈkusʲkʲɪnə ˈmatʲ], Kuzkina mat; Kuzka is a diminutive of the given name Kuzma), is part of the Russian proverb to show Kuzka's mother (to someone) (Russian: Показать кузькину мать (кому-либо) - [pɐkɐˈzatʲ ˈkusʲkʲɪnʊ ˈmatʲ (kɐˈmulʲɪbə)], Pokazat k...