Montana (Engels: State of Montana) is 'n deelstaat in die noordweste van die Verenigde State van Amerika (VSA), met 'n bevolking wat in 2019 op 1 068 000 beraam is. Na sy bewoners word in Engels as Montanans verwys. Montana grens aan Kanada in die noorde, Wyoming in die suide, Idaho in die weste en Suid- en Noord-Dakota in die ooste. Die Missouririvier ontspring by Brower's Spring.
Montana is die vierde grootste Amerikaanse deelstaat volgens oppervlakte na Alaska, Texas en Kalifornië, maar met 'n bevolkingsdigtheid van slegs ses inwoners per vierkante myl ook een van die mees ylbevolkte. Die deelstaat se naam is afgelei van die Spaanse montaña wat as "berg" of "bergagtige streek" vertaal. Met 'n gemiddelde hoogte van 3 400 voet bo seevlak is Montana se pieke die laagste in die Rotsgebergte-streek.