Die 15de Cannes-rolprentfees is van 7-23 Mei1962 in Cannes, Frankryk, gehou.[1] Die Palme d'Or is toegeken aan O Pagador de Promessas deur Anselmo Duarte.[2] Die fees is geopen met The Lovers of Teruel (Les Amants de Teruel) deur Raymond Rouleau. Tetsurō Furukaki van Japan was die president van die jurie.
Tydens die Cannes-fees van 1961 het Robert Favre le Bret, die artistieke direkteur van die fees, met die toestemming van die Association Française de la Critique de Cinéma besluit om die International Critics' Week tydens die volgende fees te hou. In 1962 het dié parallelle deel van die fees vir die eerste keer plaasgevind. Die doel daarvan was om eerste en tweede werke van regisseurs van oor die wêreld te vertoon, sonder om toe te gee aan kommersiële neigings.[3]
Pryse
Van die mense en prente wat in 1962 pryse ontvang het, is:[4][5]
Palme d'Or: O Pagador de Promessas deur Anselmo Duarte
Jurieprys: L'Eclisse deur Michelangelo Antonioni en The Trial of Joan of Arc (Procès de Jeanne d'Arc) deur Robert Bresson