Die 12de Cannes-rolprentfees is van 30 April - 15 Mei1959 in Cannes, Frankryk, gehou.[1] Die Palme d'Or is toegeken aan Black Orpheus (Orfeu Negro) deur Marcel Camus.[2] Die fees is geopen met The 400 Blows (Les Quatre Cents Coups) deur François Truffaut en afgesluit met The Diary of Anne Frank deur George Stevens.[3][4][5] Die Franse dramaturg en draaiboekskrywer Marcel Achard was die president van die jurie.
In 1959 het die Franse rolprentbedryf van die departement van nywerheid geskuif na die departement van kultuursake.[6]
Pryse
Van die mense en prente wat in 1959 pryse ontvang het, is:[7][8][2]
Palme d'Or: Black Orpheus (Orfeu Negro) deur Marcel Camus
Beste regisseur: François Truffaut vir The 400 Blows (Les Quatre Cents Coups)