Windows 8
Microsoft Windows 8 is 'n nuwer weergawe van die Windows-bedryfstelsel wat as opvolger vir Windows 7 ontwikkel is. Die bedryfstelsel is amptelik op 26 Oktober 2012 vrygestel. Sy opvallendste kenmerk is die nuwe "teël"-koppelvlak wat op 'n verskeidenheid toestelle kan werk - selfone, tablet- en konsole (tafel)-rekenaars. Dit kan met al drie primêre instrumente - muis, toetsbord en raakskerm - beheer word. Windows 8 het die vinnigste aanskakel- en laaispoed van alle Windows-weergawes, alhoewel die beginkieslys verwyder is. 'n Spesiale ARM-weergawe vir raakskermtoestelle sonder Intel- of AMD-verwerkers (dus veral tabletrekenaars met ARM-argitektuur), Windows RT, is eweneens vrygestel. Sagteware vir hierdie bedryfstelsel kan slegs in die Windows-aanlynwinkel afgelaai word, terwyl gewone Windows-sagteware nie op RT-toestelle uitgevoer kan word nie. Sien ook |