Windhoek

Windhoek • Windhuk
OtjomuiseǀAi-ǁGams

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Namibië Namibië
 Streek Khomas
 Koördinate 22°34′S 17°5′O / 22.567°S 17.083°O / -22.567; 17.083
 Stigting (Jonker Afrikaner) 1840
 Herstig op (Curt von François) 18 Oktober 1890
 Stadstatus 18 Oktober 1965
 Oppervlakte:  
 - Totaal 5 124,2043 km²[1]
 Hoogte bo seevlak 1 655 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2023) 486 169[1]
 - Bevolkingsdigtheid 95/km²
 Tydsone SAST (UTC+2)
 Klimaat  
 - Tipe Halfdroë klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 19,1 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie 23,3 / 13,1 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 367,4 mm
 Burgemeester Queen Kamati (SWAPO)
 Amptelike webwerf Windhoek

Windhoek (Duits: Windhuk, ; Engels: Windhoek, [wɪndhʊk]; Herero: Otjomuise, letterlik: "plek van stoom"; Nama: ǀAi-ǁGams) is die sentraalgeleë hoofstad van Namibië en lê in die Khomashoogland. Die stad is ongeveer 1 655 m bo seespieël. Dit beslaan 'n oppervlakte van 5 124 km² en volgens die 2023-sensus het dit 'n bevolking van 486 169 gehad.[1]

Windhoek se stadsentrum met die Christuskerk gesien vanaf die Onafhanklikheidsgedenkmuseum

Die stad het ontstaan by die plek van 'n permanente warmwaterbron wat bekend was aan die plaaslike herderstamme. Dit het spoedig ontwikkel nadat Jonker Afrikaner, kaptein van die Oorlam, hom daar gevestig en 'n steenkerk vir sy gemeenskap opgerig het. In die daaropvolgende dekades het talle oorloë en gewapende vyandelikhede gelei tot die verwaarlosing en vernietiging van die nuwe nedersetting. In 1890 is Windhoek herstig deur die Keiserlike Duitse leër-majoor Curt von François, toe die gebied deur die Duitse Keiserryk gekoloniseer is en dit die hoofstad van Duits-Suidwes-Afrika geword het. Tussen 1920 en 1990 was die stad die administratiewe sentrum van Suidwes-Afrika in die Unie van Suid-Afrika en is sedert die onafhanklikheidwording van Namibië op 21 Maart 1990 die hoofstad.

Die stad is geleë in die Windhoek-bekken, naby die land se geografiese middelpunt, omsluit deur die Erosberge in die ooste, die Auasberge in die suide en die Khomashoogland in die weste en noorde. Met sowat 20% van die Namibiese totale bevolking is Windhoek verreweg die belangrikste ekonomiese sentrum van die land en ook die sentrale knooppunt in die Namibiese vervoerstelsel. Byna al die Namibiese of in Namibië aktiewe maatskappye het hul hoofkantoor in Windhoek, wat ook 'n voortgesette immigrasie uit ander dele van die land tot gevolg het en op sy beurt Windhoek se sentrale posisie verder onderstreep. Vandag is Windhoek 'n moderne stad wat Duitse en Afrika-invloede meng.

Etimologie

Die Afrikaanse naam "Windhoek" is afgelei van winderige hoek; die Khoekhoegowab-naam ǀAe-ǁGams beteken "warmbron" en verwys na die voormalige warmwaterbronne in die streek. Die Otjiherero-naam van die stad Otjomuise beteken "plek van rook". Ander voormalige stadsname is Queen Adelaide’s Bath (deur James Edward Alexander), Barmen (deur Carl Hugo Hahn van die Rynse Sendinggenootskap), Concordiaville (volgens Joseph Tindall van Metodisme) en Wind Hoock (deur Jan Jonker Afrikaner).[2] Volgens 'n teorie het kaptein Jonker Afrikaner Windhoek genoem na die Groot-Winterhoekberge by Tulbagh in Suid-Afrika, waar sy voorsate gebly het. Die eerste bekende verwysing na die naam Windhoek was in 'n brief deur Jonker Afrikaner aan Joseph Tindall wat dateer op 12 August 1844.[3]

Aan die begin van die Duitse koloniale bewind is die skryfwyses Windhuk en Windhoek ewe gebruik. Deur Theodor Leutwein se regeringsbevel wat op 14 Mei 1903 in werking getree het, het Windhuk die enigste amptelike naam geword. Ná die Suid-Afrikaanse verowering is in 1918 die amptelike naam in Windhoek verander, terwyl Duits een van die ampstale gebly het. In die Duitse taalgebruik buite Namibië word steeds die skryfwyse Windhuk gebruik. Dit word ook amptelik deur die Duitse Buitelandse Kantoor gebruik.[4]

Geskiedenis

Vroeë nedersetting

Windhoek aan die einde van die 19de eeu
Windhoek tydens die Duitse koloniale tyd, voor 1908
Seëls vir die Duits-Suidwes-Afrika geposmerk Windhuk
Die Christuskerk en Ruiterstandbeeld in Windhoek dateer uit die Duitse koloniale tydperk, maar die gedenkteken is einde 2013 verwyder[5]

Die gebied rondom Windhoek is reeds sedert etlike duisende jare deur die San bevolk.[6] In 1840 het Jonker Afrikaner 'n Oorlam-nedersetting by Windhoek gestig.[7] Sy en sy volgelinge het naby een van die hoofwarmwaterbronne gebly, geleë in die huidige voorstad Klein Windhoek.[8] Hy het 'n steenkerk opgerig met plek vir sowat 500 mense; dit is ook as 'n skool gebruik. Twee Rynse sendelinge, Carl Hugo Hahn en Franz Heinrich Kleinschmidt, het laat in 1842 daar begin werk. Twee jaar later is hulle verdryf deur twee Metodistiese, Richard Haddy en Joseph Tindall.[9][10] Tuine is aangelê en Windhoek het vir 'n rukkie floreer. 'n Reeks oorloë tussen die Namas en Herero's het uiteindelik die nedersetting verwoes. Ná 'n lang afwesigheid het Hahn in 1873 Windhoek weer besoek en hy was ontsteld van die feit dat niks van die stad se voormalige welvaart oorgebly het nie. In Junie 1885 het 'n Switserse plantkundige slegs jakkalse en verhongerde tarentale tussen verwaarloosde vrugtebome gevind.[11]

Koloniale tydperk

In 1878 het die Verenigde Koninkryk die langs die kus geleë Walvisbaai saam met die Pikkewyn-eilande geannekseer en hulle in 1884 by die Kaapkolonie ingelyf, maar nie belanggestel in die hinterland nie. 'n Versoek deur handelaars uit Lüderitzbaai het gelei tot die 1884-verklaring, waarin 'n Duitse protektoraat oor die latere Duits-Suidwes-Afrika (Deutsch-Südwestafrika) afgekondig is, die huidige Namibië. In 1890 is die Duitse kolonie se grense bepaal en die Duitse Keiserryk het 'n beskermkorps, die Schutztruppe onder majoor Curt von François, ontplooi om orde te handhaaf.[12] Von François het sy garnisoen gestasioneer in Windhoek wat strategies geleë was in 'n buffer tussen die strydende Namas en Herero's.[13] Die twaalf sterk fonteine het water voorsien vir die verbouing van produkte en graan.

Die koloniale Windhoek is gestig op 18 Oktober 1890, toe Von François die fondamentsteen aan die fort aangebring het, nou bekend as die Alte Feste (Ou Fort).[14][15] Ná 1907 het die ontwikkeling versnel nadat inheemse mense van die platteland hulle in die groeiende stad gevestig het op soek na werk. Meer en meer Europese setlaars het uit Duitsland en Suid-Afrika aangekom. Besighede is opgerig langs die Kaiserstraße (nou die Onafhanklikheidslaan) en langs die dominante bergrug oor die stad. Teen hierdie tyd is ook Windhoek se drie kastele, Heinitzburg, Sanderburg en Schwerinsburg, deur Wilhelm Sander gebou. Die Duitse koloniale owerheid het baie geld aan die ontwikkeling van die stad bestee en vandag nog huisves dit pragtige geboue uit die Duitse koloniale tydperk soos die Christuskerk en die Tintenpalast (letterlik "Inkpaleis"). Die Duitse atmosfeer, vermeng met talle ander kulturele elemente, leef tot vandag toe voort en dit is vandag die tuiste van die enigste Duitse dagblad in Afrika, die Allgemeine Zeitung en 'n groot Duitse privaatskool, die Deutsche Höhere Privatschule (DHPS).

Suid-Afrikaanse administrasie ná die Eerste Wêreldoorlog

Ná die Eerste Wêreldoorlog in 1918 het die Duitse koloniale bewind in Duits-Suidwes-Afrika tot 'n einde gekom, nadat dit saam met Windhoek tydens die Suidwes-Afrika-veldtog reeds in 1915 deur die Unie van Suid-Afrika verower is.[16] Tot en met die einde van die oorlog is die stad geadministreer deur 'n Suid-Afrikaanse militêre regering, waarvolgens geen verdere ontwikkeling plaasgevind het nie.[17] In 1920 is die gebied luidens die Verdrag van Versailles as 'n Volkebondmandaat onder Suid-Afrikaanse beheer geplaas.[18]

Ná die Tweede Wêreldoorlog was meer kapital beskikbaar om die gebied se ekonomie te verbeter. Ná 1955 is groot openbare projekte aangepak soos die oprigting van nuwe skole en hospitale, die teer van die stad se paaie ('n projek wat in 1928 met die Kaiserstraße begin is) en die bou van damme en pyplyne om die watertoevoer te stabiliseer.[11] In 1958 het die stad die wêreld se eerste drinkwaterbehandelingsaanleg in gebruik geneem, wat rioolwater herwin en dit direk in die stad se watervoorsiening gelei het.[19] Op 1 Oktober 1966 het die destydse administrateur van Suidwes-Afrika aan Windhoek die gebruik van 'n wapen toegestaan, wat op 2 Oktober 1970 by die Buro vir Heraldiek geregistreer is. Oorspronklik was 'n gestileerde aalwyn die hoofembleem, maar dit is op 15 September 1972 in 'n natuurlike aalwyn verander (Mopanie-aalwyn). Dit word beskryf as "'n Windhoekse aalwyn met 'n tros van drie blomme op 'n eiland. Helmteken: 'n Muurkroon in heraldiese goud. Leuse: SUUM CUIQUE ("Ieder sy eie")".[20]

Op 18 Oktober 1965, ter geleentheid van Windhoek se 75ste herstigtingsdag deur Von François, is amptelik stadstatus toegeken.[21] Een jaar later het die Namibiese Onafhanklikheidsoorlog tussen SWAPO en Suid-Afrika uitgebreek nadat die Verenigde Nasies die Suid-Afrikaanse regering van sy mandaat ontneem het.[22] In 1971 het die Namibiese algemene kontrakwerkersstaking in Windhoek begin ten einde van die kontrakarbeidstelsel se beëindiging, apartheid teen te staan en Namibiese onafhanklikheid te eis.[23]

Sedert Namibiese onafhanklikwording

Met Namibiese onafhanklikwording in 1990 het Windhoek die hoofstad asook die provinsiale setel van die sentrale Khomasstreek geword. Sedert onafhanklikheid en die einde van oorlogvoering het die stad 'n spoedige groei en ontwikkeling ervaar. Vandag is Windhoek die opvoedkundige, administratiewe, handels-, nywerheids- en kommunikasiesentrum van die land. Die hoofstraat, Kaiserstraße, is na onafhanklikheid herdoop in Onafhanklikheidslaan, so ook talle ander strate na vryheidsvegters en Afrikaleiers. Die huidige geskatte bevolking beloop 316 000 (volgens World Gazetteer). In 1991 is die Verklaring van Windhoek opgestel wat pleit vir onafhanklike, pluralistiese media en persvryheid in Afrika.[24]

Ekonomie en infrastruktuur

'n Lugfoto van Sentraal-Windhoek, die ekonomiese sentrum van Namibië
Straatmark vir toeriste in Namibië
'n Deel van Windhoek

Die stad is die administratiewe, kommersiële en industriele sentrum van Namibië. Volgens 'n 1992/93-studie verskaf Windhoek meer as die helfte van die Namibiese nielandbou-werksgeleenthede, sy nasionale aandeel aan indiensneming in nutsdienste is 96%, in vervoer en kommunikasie 94%, finansies en besigheidsdienste 82%.[25] Weens die stad se relatiewe grootte[26] is Windhoek in alle opsigte die sosiale, ekonomiese en kulturele sentrum van die land. Feitlik elke nasionale onderneming se hoofkantoor, die Universiteit van Namibië, asook die land se enigste teater en alle groot media en finansiële liggame is hier gesetel.[27] Die Stad Windhoek se begroting is naastenby gelyk aan al die ander Namibiese plaaslike owerhede saam.[28] Ten spyte van hul baie klein aandeel aan die totale bevolking is baie maatskappye in besit van Duits-Namibiërs; dit weerspieël een van die wêreldwyd grootste ongelyke inkomsteverspreiding. Suid-Afrikaanse maatskappye, wat histories nou verbonde is aan die Namibiese ekonomie, speel ook 'n belangrike rol. Die hoofkantoor van Air Namibia is in die TransNamib-gebou in Windhoek geleë.[29] Verskeie winkelsentrums is in die post-onafhanklikheidsera gebou, waaronder Maerua en Wernhillpark. Van die 3 300 VS$-miljoenêrs in Namibië bly 1 400 in Windhoek.[30]

Windhoek huisves naas die Bank van Namibië, die groot nutsdiens in staatsbesit, ook talle diensondernemings in die toerismesektor, handelskoue soos die Windhoek-skou en die Namibië-toerisme-ekspo; verder is dit ook 'n sentrum van die vervaardigingsbedryf. Benewens die nasionale uitsaaikorporasie NBC het ook die land se vyf grootste dagblaaie (Namibian, Republikein, Allgemeine Zeitung, New Era en Namibian Sun) hul setel in Windhoek. Namibië se grootste privaat maatskappy Ohlthaver & List het sy setel in Windhoek-Sentraal.

Die stad is een van die landswyd vernaamste handelsplekke vir karakoelskaapvelle. In Windhoek is die winkelsentrums The Grove Mall, Maerua Mall en in die sentrum Wernhil geleë.

Sedert vroeg 2016 het Windhoek weens 'n voortslepende droogte 'n onsekere drinkwatervoorsiening. Besparings van minstens 40 persent is aanbeveel om tot die komende reënseisoen drinkwater te kan voorsien. Op mediumtermyn word 'n kanaal vanaf die Okavangorivier of 'n pypleiding vanaf die Atlantiese Oseaan met 'n gekoppelde seewaterontsoutingsaanleg beplan.

Vervoer

Weens sy sentrale geografiese ligging en sy enorme ekonomiese belangrikheid is Windhoek die belangrikste knooppunt in die Namibiese pad-, spoor- en lugvervoer.

Pad

Onafhanklikheidslaan

In Windhoek kruis die twee belangrikste padverbindings mekaar: die in 'n noord-suid-rigting loopende nasionale pad B1 van Kaapstad/Suid-Afrika na Luanda/Angola en die in 'n oos-west-rigting loopende Trans-Kalahari-Grootpad (B2 en B6) van die Atlantiese na die Indiese Oseaan. Deur die as 'n snelweg ontwikkelde Westelike Verbypad wat as 'n halfboë om Windhoek loop bly die sentrale sakedistrik deurverkeer grootliks gespaar. 'n Ander belangrike pad is die Onafhanklikheidslaan.

In 1928 was Kaiserstraße, nou Onafhanklikheidslaan die eerste geplaveide straat in Windhoek. Tien jaar later is die volgende een, Gobabisweg (nou Sam Nujoma-rylaan), ook geplavei. Vandag is ongeveer 5 000 km van sowat 40 000 km se paaie in Namibië geseël. Windhoek se drie hooftoegangsroetes van Rehoboth, Gobabis en Okahandja is geteer en ontwerp om die grootste moontlike vloede wat in 50 jaar verwag word, te kan hanteer. Geseëlde paaie kan verkeer dra wat teen snelhede van 120 km/h beweeg en behoort vir 20 jaar te hou. In 2014 het die Padowerheid beplan om die Windhoek-Okahandja-pad na 'n dubbelbaansnelweg op te gradeer. Dit sou sowat N$1 miljard kos en teen 2021 voltooi wees. Later het hulle ook beplan om die Windhoek-Hosea-Kutako-lughawe-pad na 'n dubbelbaansnelweg op te gradeer. Dit sou teen 2022 voltooi wees.

Huurmotors is geredelik beskikbaar en word maklik uitgeken in die stad met tekens wat bestaan uit een letter en soveel as drie syfers (byvoorbeeld T681, T68, T1). Soos oral in Namibië is openbare vervoer skaars en maak die vervoer in die stad staat op taxi's; daar was in 2013 6 492 geregistreerde taxi's in Windhoek.[31]

Lugvervoer

Windhoek word bedien deur twee lughawens. Die naaste is Eros 7 km suid van die middestad vir kleiner vliegtuie en Hosea Kutako Internasionale Lughawe 42 km ten ooste van die stad. 'n Aantal buitelandse lugrederye vlieg na en van Windhoek. Huurvlugte en helikopters is ook beskikbaar.

Windhoek Internasionale Lughawe (WDH)
Die Hosea Kutako Internasionale Lughawe in 2017

Hosea Kutako Internasionale Lughawe, 42 km oos van Windhoek hanteer sowat 800 000 passasiers per jaar. Dit het een aanloopbaan sonder kapasiteitsbeperkings. Ander internasionale lughawens is in Lüderitz, Ondangwa en Walvisbaai. Daagliks vlugte vertrek na Frankfurt in Duitsland en Johannesburg, die spil waarom Suider-Afrika se lugverkeer draai, is twee uur per vliegtuig daarvandaan, vanwaar daar na meer as 50 stede gevlieg kan word. Tot hul bankrotskap het die Suid-Afrikaanse Lugdiens en Air Namibia daaglikse vlugte na WDH gevlieg, met TAAG Angola Airlines wat steeds twee-weekliks na en van Luanda vlieg.

Eros-lughawe

Eros-lughawe is die besigste lughawe in Namibië in terme van vliegtuie wat opstyg en land.[32] Hierdie lughawe hanteer ongeveer 150 tot 200 bewegings per dag wat op sowat 50 000 individuele vlugte per jaar beloop. 2004 het die lughawe 141 605 passasiers bedien, waarvan die meeste ligte vliegtuie is. Beperkings soos die lengte van die aanloopbaan, geraas en lugruimopeenhoping het Eros daarvan weerhou om in 'n groter lughawe te ontwikkel. Die meeste van Namibië se huuroperateurs is by Eros gebaseer.

Spoor

Windhoekstasie

Spoorweë van die staatsmaatskappy TransNamib uit Gobabis (oos), Keetmanshoop (suid), Swakopmund (wes) en Tsumeb (noord) kruis mekaar ook in Windhoek. Die Namibiese spoorvervoer is veral belangrik in vragvervoer. Daarbenewens ry die Desert Express, wat in onlangse jare vir toerisme bemark word, gereeld op die Windhoek-Swakopmund-roete.[33] Dié trein ry ook onreëlmatig na Lüderitz of die Tsumeb/Nasionale Etoshawildtuin. Andersins geskied passasiersvervoer veral op die pad, hetsy as private vervoer of as interstedelike busvervoer na bestemmings in Namibië, Suid-Afrika of Botswana.

Openbare geriewe

Die Windhoek Sentrale Hospitaal

In die sentrum van Windhoek is sowel Namibië se grootste hospitaal geleë (Windhoek Sentrale Hospitaal) as die land se grootste Korrektiewe fasiliteit (Windhoekse Korrektiewe fasiliteit) (albei in Windhoek-Wes). Daarbenewens beskik die Namibiese hoofstad oor nog hospitale soos die Katutura Staatshospitaal, die Khomas-mediese sentrum (KMC) en die Lady Pohamba Privaathospitaal (LPPH). Die Ou tronk is in 1963 gesluit. Die Namibiese hoofstad se hoofbegraafplaas is die Gammams-begraafplaas in Pionierspark.

Toerisme

'n Inligtingsbord oor Besienswaardighede

Alhoewel die toerismesektor vir die Namibiese hoofstad minder belangrik is, is dit sedert die Middel-1990's 'n gevestigde bedryf. Die besigtigingstoere deur die voormalige township Katutura het hul oorsprong in soortgelyke toere in die buurland Suid-Afrika. Hierdie sogenaamde krotbuurttoerisme (oftewel armoedetoerisme) het groot media-aandag ontvang, openbare verontwaardiging veroorsaak en is sedert sy ontstaan die onderwerp van wetenskaplike navorsing.[34]

Restaurante van toeristebelang sluit in Joe's Beerhouse in Eros en The Stellenbosch Wine Bar in Ludwigsdorf wat albei in die meeste reisgidse gelys word.

Geografie

Nasa-satellietbeeld van Windhoek
'n Lugfoto van Windhoek

Die Windhoek-bekken is 'n deels heuwelagtige valleikom binne die Khomashoogland wat op sy beurt deel is van die Groot Eskarp. Die Windhoek-bekken is tussen 1 625 m en 1 725 m hoog en aan sy rand bereik dit hoogtes van tot 1 800 m. Dit is aan alle kante omring deur bergreekse, wat slegs gedeeltelik in die noorde oopmaak, soos langs die Klein Windhoekrivier in die rigting van Brakwater. Die Erosberge in die ooste en die Auasberge in die suide vorm elk 'n kamlyn met hoogtes van tot 2 000 m; van die ander kenmerkende berge sluit in die Nubuamisberg in die noorde en die Grossherzog-Friedrich-Berg in die suidweste van die stad. Hierdie topografie vorm 'n natuurlike beperking vir verdere stedelike ontwikkeling, aangesien die vir nywerhede en sportgeriewe plat boupersele skaars geword het en die woongebiede wat meer onlangs ontstaan het, reeds steiler berghellings bereik het.

Die Klein Windhoekrivier, wat in sy boloop deur die Avisdam opgedam word, loop in 'n noordelike rigting deur die oostelike stadsgebied. In die stad se suidweste vloei Windhoek se langste rivier, die Arebbuschrivier en sy sytak Gammamsrivier, wat albei in die Goreangabdam in die noordweste van die stad uitmond. Wes van Windhoek is die Daan-Viljoen-wildtuin met 40 km² geleë.

Om die stadsgebied uit te brei is 'n uitdaging op finansiële vlak en weens die geografiese ligging van die stad. In die suidelike, oostelike en westelike rigting word Windhoek omring deur rotsagtige, bergagtige areas wat grondontwikkeling baie duur maak. Die suidelike kant is nie geskik vir industriële ontwikkeling nie omdat daar ondergrondse waterdraers teenwoordig is. Dit laat die uitgestrekte brakwaterarea noord van die stad as die enigste haalbare plek vir die uitbreiding van Windhoek.[35]

Die Windhoekse stadsaal beplan om die stad se grense drasties te vergroot sodat die stad 'n oppervlakte van 5 133,4 km² sal beslaan. Daarmee sal Windhoek ná Tianjin en Istanboel die wêreld se derde grootste stad word, alhoewel sy bevolkingsdigtheid slegs 95/km² is.[36]

Voorstede

Ligging van die 30 voorstede van Windhoek
Die Havana-township

Windhoek is in 30 verskeie voorstede verdeel:

C- Windhoek-sentraal (Windhoek Sentrale Sakekern)

  1. Academia
  2. Auasblick
  3. Avis
  4. Cimbebasia
  5. Dorado Park
  6. Eros
  7. Eros Park
  8. Goreangab
  9. Hakahana
  10. Hochland Park
  11. Lafrenz-nywerheidsgebied
  12. Katutura
  13. Khomasdal
  14. Klein Windhoek
  15. Kleine Kuppe
  1. Ludwigsdorf
  2. Luxushügel
  3. Windhoek-Noord
  4. Noordelike Industriegebied
  5. Okuryangava
  6. Olympia
  7. Otjomuise
  8. Pionierspark
  9. Prosperita
  10. Rocky Crest
  11. Suidelike Industriegebied
  12. Suiderhof
  13. Universiteit van Namibië
  14. Wanaheda
  15. Windhoek-Wes

In baie van Windhoek se townships woon inwoners in plakkershutte. In 2020 het die stad 'n totaal van 41 900 van hierdie informele behuisingstrukture getel wat byna 100 000 inwoners gehuisves het.[37]

Op 15 April 2011 het die stadsbestuur aangekondig om Omeya, 'n gholfbaan sowat 30 km suid met toeriste-infrastruktuur soos hotelle en aangrensende woongebiede vir werkers, ook by die Windhoekse stadsgebied te integreer. Daarmee sou Windhoek met sowat 254 ha groei.[38]

Daarbenewens bestaan die stadsgebied uit tien kiesafdelings in die hoofstadstreek Khomas wat elk deur 'n raadslid bestuur word en onder die streeksraadvoorsittende Sophia Shaningwa die Khomas-streeksraad vorm.[39]

Naas die landwye Namibiese polisie sorg die Windhoek stadspolisie ook vir sekuriteit in die stad. Die stadbeheerde maatskappy Windhoek Busdiens verskaf plaaslike openbare vervoer.

Klimaat

Klimaatdiagram van Windhoek
Reënseisoen in Windhoek
Bewolkte lug in Windhoek

Soos groot dele van Namibië ook is Windhoek geleë in 'n halfwoestynagtige klimaatsgebied. Dae is meestal warm met baie warm dae gedurende die somermaande met aande wat oor die algemeen koel is. Die gemiddelde jaarlikse temperatuur is 19,47 °C, wat hoog is vir 'n plek wat op so 'n hoë hoogte lê op die rand van die trope.[40] Dit is hoofsaaklik weens die voorkoms van 'n warm noordelike lugvloei en die berge ten suide wat die stad teen koue suiderwinde beskut. Die wintermaande van Junie, Julie en Augustus kry gewoonlik min tot geen reën nie. Veral danksy die winde, waarna Windhoek genoem is, word veral die wintermaande van April tot September as aangenaam ervaar. Minimumtemperature wissel tussen 5 °C en 18 °C. Aande is gewoonlik koel maar die temperatuur val selde tot onder 0°C en dit sneeu amper nooit nie. Dae is gewoonlik warm en wissel tussen maksimumtemperature van 20 °C en 31 °C in Januarie. Die gemiddelde jaarlikse reënval is ongeveer 360 mm, wat te laag is om gewasse te kweek of om tuine in stand te hou sonder om baie water te gebruik. Die natuurlike plantegroei is struike en steppe. Droogtes kom gereeld voor.

Windhoek het meer as 300 sonskyndae per jaar.[41] Volgens Köppen het die stad 'n warm halfdroë klimaat (BSh), aangesien die gemiddelde jaarlikse temperatuur bo 18 °C is. Die temperature regdeur die jaar is mild weens die hoogte-invloed. Die jaarlikse temperatuurverskil tussen die hoogste en koudste temperatuur is 13,4 °C. Julie is die koudste maand met 'n gemiddelde temperatuur van 13,1 °C, terwyl Desember die warmste maand is met 'n gemiddelde temperatuur van 23,5 °C. Weens sy ligging naby die Kalahariwoestyn ontvang die stad 3 605 sonskynure. Neerslag is volop in die somerseisoen en minimaal in die winterseisoen. Die gemiddelde jaarlikse neerslag is 367,4 mm met laagtepunte van 106,7 mm in die 2018/19-reënseisoen en 97 mm in 1929/30.[42] Die 2010/11-reënseisoen was met deels meer as 1 100 mm se neerslag die natste ooit in die 120-jarige geskiedenis van Namibiese klimaatrekords.[43]

Weergegewens vir Windhoek, Namibië
Maand Jan Feb Mar Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des Jaar
Hoogste maksimum (°C) 36,0 35,8 34,9 31,3 31,8 26,1 25,7 30,0 33,2 35,1 36,5 36,6 36,6
Gemiddelde maksimum (°C) 30,0 28,6 27,2 25,6 22,7 20,2 20,5 23,4 26,5 29,1 29,6 30,7 26,1
Gemiddelde temperatuur (°C) 23,3 22,1 21,0 18,9 15,8 13,2 13,1 15,8 19,3 21,7 22,5 23,5 19,1
Gemiddelde minimum (°C) 17,2 16,5 15,4 12,8 9,2 6,7 6,3 8,6 11,9 14,6 15,6 16,9 12,7
Laagste minimum (°C) 7,5 6,8 3,7 2,4 −1,6 −2,8 −2,6 −3,9 −1,1 1,6 0,4 3,3 −3,9
Neerslag (mm) 78,1 80,3 78,7 37,7 6,6 1,2 0,7 0,9 2,8 11,8 26,9 41,7 367,4
Sonskynure (u/d) 8,7 8,0 8,1 9,4 9,7 9,9 10,0 10,3 10,1 10,0 10,0 10,2 9,5
Reëndae (d) 11,1 10,7 10,5 5,5 1,9 0,7 0,5 0,3 0,9 2,8 5,3 7,5 57,7
Humiditeit (%) 42 56 51 44 37 32 27 19 17 22 30 34 34,1
Bron: Deutscher Wetterdienst,[44] Deense Meteorologiese Instituut (slegs son)[45]

Demografie

In 1971 was daar ongeveer 26 000 witmense in Windhoek teenoor 24 000 swartmense. Ongeveer een derde van daardie witmense (9 000) was van 'n Duitse oorsprong.[46] Tans staan Windhoek se bevolking op 325 858 (65% swart, 17% wit, 17% bruin, Basters en Asiate) en groei met ongeveer 4% jaarliks met die informele nedersettings wat teen ongeveer 10% per jaar groei.[35] In die openbare lewe word Afrikaans en in 'n minder mate Duits steeds as lingua francas gebruik, al gebruik die regering slegs Engels. Teen 2020 het Windhoek 'n bevolking van 431 000 gehad.[47]

In 2009 het die Windhoekse burgemeester verwag dat die stad teen 2030 'n bevolking van sowat een miljoen sou hê.[48] Tydens die 2011-sensus het die stad 'n bevolking van 326 000 gehad,[49] in die afgelope jare is 'n toename van tussen 4% en 5% per jaar gemeet. Tydens die 2023-sensus het die stad 'n bevolking van 486 169 gehad.[1] Gedurende die 1980's het Windhoek 'n bevolking van 115 000 gehad, teenoor 450 000 in 2022. Dié bevolkingsgroei is te danke aan die sterk migrasie uit Noord-Namibië en uit Angola, wat hulle veral in die townships vestig.[50]

Politiek

Stadsbestuur

Die Tintenpalast, setel van die Namibiese parlement
Die Sanlamsentrum (links) huisves 'n aantal ambassades

Windhoek is as die hoofstad van Namibië die setel van die Namibiese regering. Van die regeringsgeboue sluit in die Tintenpalast met die parlement van Namibië wat uit twee kamers bestaan: die Nasionale Raad en die Nasionale Vergadering, 'n aantal departemente, talle regeringsorganisasies en die Hooggeregshof. Van die meer as 50 diplomatieke sendings in Windhoek sluit in die Duitse Ambassade in Windhoek.

Die stad Windhoek word bestuur deur die stadsadministrasie en die stadsraad wat uit 15 lede bestaan. Dit sluit in die stadsraadvoorsitter en die burgemeester.

Plaaslike owerheidsverkiesings

Windhoek is die enigste selfregerende nedersetting in die Khomasstreek. Dit word regeer deur 'n veelparty munisipale raad met vyftien setels.[51] Die raad vergader maandeliks; sy besluite word eenparig geneem.

SWAPO het die plaaslike 2015-owerheidsverkiesing gewen en twaalf setels verwerf nadat hulle 37 533 stemme ontvang het. Drie opposisiepartye het een setel elk verower: Die Populêre Demokratiese Beweging (PDB), voorheen die DTA, met 4 171 stemme, die National Unity Democratic Organisation (NUDO) met 1 453 stemme en de Rally for Democracy and Progress (RDP) met 1 422 stemme.[52] SWAPO het ook die 2020-owerheidsverkiesing gewen, maar sy meerderheid in die stadsraad verloor. Hulle het 20 250 stemme ontvang en vyf setels verkry. Die Onafhanklike Patriotte vir Verandering (OPV), 'n opposisieparty wat in Augustus 2020 gestig is, het 14 028 stemme ontvang en vier setels verower. Twee setels elk het aan die plaaslike takke van die Affirmative Repositioning-beweging (8 501 stemme) en die Landless People's Movement (LPM, 'n nuwe party wat in 2018 geregistreer is, 7 365 stemme) gegaan. PDM (5 411 stemme) en NUDO (1 455 stemme) het een setel elk gewen.[53]

Stadsuitbreiding

In 2012 het die Departement vir stedelike en landelike ontwikkeling besluit om die Windhoekse stadsgebied op private landbougrond in elke rigting met sowat 50 km uit te brei, waarmee die stad met sowat 4 500 km² gegroei het. Dié besluit het aanvanklik groot weerstand by die stadsbestuur en die landeienaars veroorsaak.[54] Ná die uitbreiding beslaan die stad 'n oppervlakte van 5 133,4 km². Voorheen was dit 715,8 km².[55][56] Daarmee het die bevolkingsdigtheid van 455,6/km² op 62,82/km² geval.

Susterstede

Binnelands

Buitelands

Kuns en kultuur

Handwerk word op straat verkoop
'n Lugbeeld van die Onafhanklikheidsgedenkmuseum in 2017

Windhoek was dekades lank die skoonste hoofstad in Afrika, maar is in 2015 deur Kigali, Rwanda, verbygesteek.[59] In 'n ranglys van stede volgens lewenskwaliteit was Windhoek in 2018 in die 130ste plek van 231 stede wêreldwyd.[60]

Die stad word as gevolg van sosiale sekerheid en die naasbestaan van die Namibiese etniese groepe as 'n voorbeeldige sosiale model van 'n groot Afrikastad beskou, maar dit laat ook 'n redelik beskeie indruk.[61][62]

Die binnestad se straatbeeld met klein straatkafees en biertuine herinner aan 'n Sentraal-Europese stad, met 'n boustruktuur, wat – naas baie moderne geboue – gekenmerk is deur Wilhelminiese koloniale argitektuur uit die eeuwisseling. Belangrike besienswaardighede sluit in koloniale geboue langs die Onafhanklikheidslaan, waaronder die Sint Mariakerk (1908), die Christuskerk (1911), die Tintenpalast en die Alte Feste. Sedert onafhanklikheidwording is talle nuwe geboue met 'n Afrika-argitektuur opgerig soos die Hooggeregshof (1990).[63]

Windhoek se museums en galerye behandel met uitstallings die land se kultuur- en geologiese geskiedenis asook tradisionele en kontemporêre kuns; waaronder die Nasionale Museum, die TransNamib-museum, die Nasionale Geowetenskaplike Museum en die Onafhanklikheidsgedenkmuseum[64] asook die Nasionale Kunsgalery. Tipies aan Windhoek is straatverkopers wat klein handwerk verkoop. Die Nasionale Biblioteek is die sentrale argiefbiblioteek en nasionale bibliografiese sentrum van Namibië.

Uitvoerende kunste word in die Nasionale Teater en die private Warehouse-teater vertoon. Verder het sedert die verskuiwing van die Windhoek-brouery na die buitewyke die "Ou Brouery" (1902) in die sentrum van vakmanskap ontwikkel.

Die swart bevolkingsmeerderheid se toenemende selfbewussyn en die groeiende belangstelling van toeriste in die swart Afrikakultuur het gelei tot 'n toename in openbare aandag vir "swart Afrika"-kultuur. Van die geleenthede sluit in:

  • Wild Cinema-Windhoek International Film Festival[65] in Maart – 'n internasionale rolprentfees wat sedert 2002 op verskeie plekke plaasvind.
  • Windhoekse Karneval (WIKA) in April – 'n toeriste-aantreklikheid sedert die 1950's wat in die eerste jare ná onafhanklikwording beperk was op 'n taamlik "geslote" groep mense en deur ander etniese groepe slegs gewaar is, maar in onlangs jare as 'n meer oop geleentheid gevestig het.[66]
  • Namibië-toerisme-ekspo in Mei
  • Standard Bank-Biënnale – sedert 1981 Namibië se grootste kunsbeurs. Die Standard Bank-Biënnale vind slegs al om die twee jaar plaas en daar is planne om dit as die Bank Windhoek-Triënnale voort te sit.
  • ǀAeǀGams-Kuns- en Kultuurfees – 'n kuns- en kultuurfees wat sedert 2001 deur die stadsraad gereël word.
  • Kultuurweke – deur die Tegniese Universiteit en Universiteit van Windhoek in die maande Augustus en September aangebied.
  • Windhoekse Oktoberfest.
  • Namibiese Jeugekspo[67] in Oktober – 'n internasionale kontakbeurs ondersteun deur maatskaplike bewusmakingsorganisasies vir jong entrepreneurs en kunstenaars om moontlike borge of sakevennote te leer ken.
  • Sanlam NBC-musiektoekennings in Desember – naas die Namibiese Jaarlikse Musiekpryse in Ongwediva, 'n musiekprys wat sedert 2002 deur die NBC met kompetisies in die kategorieë hip-hop/Afrika-hip-Hop, house, kwaito, reggae, R&B/Afro-Pop, rock and roll en verskeie tradisionele musiekstyle insluitende Duitstalige volksmusiek gehou word.[68])

Goethe-Institut

Die Goethe-Institut in Windhoek

Die Goethe-Institut is die enigste Duitse kultuursentrum in Namibië. Dit maak deel uit van 'n internasionale netwerk van altesaam 151 Goethe-sentra, Goethe-institute, kulturele verenigings en ander instellings wat deur die Federale Republiek Duitsland in 93 lande dwarsoor die wêreld onderhou word. In samewerking met die Namibies-Duitse Stigting bevorder die Windhoekse sentrum die kennis van die Duitse taal (taalkursusse word vir privaat persone en onderwysers aangebied) en interkulturele samewerking tussen Namibië en Duitsland. 'n Belangrike fokus is kulturele projekte wat huidige Namibiërs met die pynlike Duitse koloniale beleid van die verlede probeer versoen.

Naas kulturele programme bied die sentrum inligting oor die kulturele, maatskaplike en politieke lewe in Duitsland aan en onderhou 'n biblioteek. Sedert 2013 bied die Goethe-sentrum naas Duitse en Engelse ook Afrikaanse en Oshiwambo-taalkursusse aan.[69]

Kuns

Windhoek is bekend as die kunshoofstad van Namibië. Die Nasionale Kunsgalery, Nasionale Teater en die Nasionale Museum is almal hier geleë. Twee plekke is deel van die Nasionale Museum:[70] die Alte Feste (histories) vertoon 'n reeks koloniale items soos waens en huishoudelike items, terwyl die Owela-museum (wetenskaplik; genoem na Owela, 'n tradisionele speletjie wat met klippies gespeel word) uitstallings bevat van minerale, fossiele en meteoriete en 'n insig gee in die tradisionele stadslewe. Daar is ook die Onafhanklikheidsgedenkmuseum, die Nasionale Biblioteek van Namibië en die Windhoek Openbare Biblioteek, gebou in 1925 en by die Alte Feste geleë.[71]

Godsdiens

Die Lutherse Christuskerk
Die Rooms-Katolieke Sint Mariakerk

Behalwe vir die Evangelies-Lutherse Kerk in Namibië (ELCIN) met sy setel in Oniipa is al die groot Namibiese kerke in Windhoek gesetel: die meeste inwoners is lede van die Evangelies-Lutherse Kerk in die Republiek van Namibië (ELCRN) of die Rooms-Katolieke Kerk in Namibië (RCC Namibia). Van die kleiner gemeentes sluit in die Duitstalige Evangelies-Lutherse Kerk in Namibië (DELK), die Anglikaanse Kerk van Suider-Afrika en die Verenigde Kongregasionale Kerk van Suider-Afrika.

Die vernaamste kerkgeboue is die Lutherse Christuskerk, biskopsetel van die ELKIN-DELK en die Rooms-Katolieke Sint Mariakerk, hoofkerk van die Aartsbisdom Windhoek. Van die ander gebedshuise sluit in Christelike kerke en tempels: van die ELCIN, ELCRN, DELK (al drie is lede van die Lutherse Wêreldbond), Baptistekonvensie van Namibië (Baptiste-Wêreldalliansie), Assemblies of God en RCC Namibia.[72] Daar is ook 'n aantal Islamitiese moskees in die stad, insluitende die Windhoek Islamitiese Sentrum. Die eerste Jode het hulle tydens die Duitse koloniale bewind in Namibië gevestig en daar is 'n sinagoge in Windhoek. Vandag bly sowat 100 Jode in Namibië.[73]

Sport

Die Hage Geingob Rugbystadion
Die Onafhanklikheidsstadion
Die Sam Nujoma-stadion

Die meeste van Windhoek se sportgeriewe is in die suidelike stadsdele Olympia, Kleine Kuppe en Pionierspark geleë (soos die Onafhanklikheidsstadion, die Hage Geingob Rugbystadion en die Wanderers-krieketveld) asook in die noordwestelike stadsdele Katutura en Khomasdal (soos die Sam Nujoma-stadion).

Rugby is 'n gewilde sportsoort in Namibië. Die nasionale rugbyspan speel hul tuiswedstryde op die Hage Geingob Rugbystadion in Windhoek. Die Welwitschias, wat hul naam deel met die nasionale span, neem sedert 2021 aan die Suid-Afrikaanse plaaslike Rugby-uitdaagreeks deel en het voorheen in die Curriebeker en Vodacombeker meegeding. Windhoek het reeds ses keer die Afrikabeker aangebied (in 2002, 2004, 2006, 2008–09, 2015 en 2016).

Die Namibiese nasionale sokkerspan gebruik die Onafhanklikheidsstadion vir hul tuiswedstryde. Van die twaalf aan die Namibiese Premierliga deelnemende sokkerspanne is sewe in Windhoek geleë. Van die stad se talle sokkerklubs sluit in African Stars FC, Black Africa FC, FC Civics Windhoek, Orlando Pirates FC, Ramblers FC, SK Windhoek, Tigers FC, Tura Magic FC en Citizens FC. Die SK Windhoek is met meer as 900 lede die grootste Namibiese klub.[74]

Krieket is ook 'n gewilde sportsoort in Namibië. Die Namibiese nasionale krieketspan, die Arende, speel die meeste van hul tuiswedstryde op die Wanderers-krieketveld.[75] Hulle gebruik ook ander krieketvelde in die stad soos United Ground en Trans Namib Ground.[76][77] Namibië sal saam met Suid-Afrika en Zimbabwe die Krieketwêreldbeker 2027 aanbied.[78] Vir dié toernooi word die oprigting van ’n nuwe nasionale stadion in Windhoek beplan.[79]

Baie boksers soos Paulus Moses, Paulus Ambunda en Abmerk Shindjuu is uit die stad. Mansbofbal is in 1950 by die Ramblers-sportklub in die stad in Namibië ingevoer.

Die "Tony Rust-renbaan" is in die weste van Windhoek op die Daan Viljoen-pad geleë en in 2007 heropen.[80] Farm Windhoek is 'n sportfasiliteit vir stap, hardloop en bergfietsry net buite die stad en in besit van die munisipaliteit.

Onderwys

Die hoofkampus van die Universiteit van Namibië
Die hoofkampus van die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie

Sedert onafhanklikwording is Windhoek mettertyd in 'n onderwys- en navorsingsplek ontwikkel, veral op die gebiede sosiale wetenskap en omgewingswetenskap. Die in 1992 gestigte Universiteit van Namibië tel deesdae sowat 10 000 studente en saam met die Internasionale Bestuuruniversiteit, die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie en ander hoërskole is daar meer as 30 000 studente in Windhoek. Daarbenewens beskik Windhoek oor talle nasionale en internasionale navorsingsinstitute: onder andere die Namibiese Wetenskaplike Genootskap, die Stigting vir Woestynnavorsing in Namibië, die Nasionale Botaniese Navorsingsinstituut, die Arbeidshulpbron- en Navorsingsinstituut, die Namibiese Natuurstigting, die Namibiese Ekonomiese Beleidsnavorsingseenheid en 'n tak van die Max Planck-geselskap vir Sterrekunde (HESS).

Skoolonderwys in Namibië word ondersteun deur regeringsorganisasies soos die Nasionale Instituut vir Opvoedkundige Ontwikkeling en nieregeringsorganisasies soos EduVentures in projekte soos die Bernard Nordkamp (BNC) en die Katutura Community Arts Centre (KCAC). Die Namibiese gemiddelde ongeletterdheidsyfer is steeds 16,2% (7,7% vir 15–24-jariges, met 'n laer persentasie vir die stedelike bevolking).[81] Windhoekse skole van 'n internasionale gehalte sluit in die Internasionale Skool Windhoek (WIS) en die Deutsche Höhere Privatschule (DHPS).

Tersiêre onderwys

Die algemene instellings vir hoër onderwys in Windhoek is:

Ander instellings

Ander vername hoëronderwysinstellings:

Sekondêre onderwys

Teen 2016 het Windhoek 29 sekondêre en 58 primere skole gehad.[82] Van die noemenswaardige skole sluit in:

Besienswaardighede

Die Alte Feste is Windhoek se oudste gebou
Parlementêre Tuin
Die Turnhalle, voormalige setel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se tribunaal

Die stad se bekendste besienswaardighede is die Alte Feste wat die Nasionale Museum huisves, en die in 1910 ingewyde Lutherse Christuskerk. Die Ruiterstandbeeld, wat ook deel was van dié ensemble, is op 25 Desember 2013 met 'n hyskraan van sy basis voor die Alte Feste verwyder en na die Alte Feste verskuif. Die basis is vernietig. Langs die Alte Feste bevind hom vandag die Onafhanklikheidsgedenkmuseum.

  • Alte Feste – Duits vir Ou Fort. Dit is in 1890 gebou en huisves tans die Nasionale Museum.
  • Christuskerk – 'n Lutherse kerk. Die konstruksie aan die kerk het onder pastoor Wilhelm Anz in April 1896 begin. Aan die einde van die Herero-oorloë tussen die Duitsers en die Herero's, Khoikhoi's en Ovambo's, is dit ingewy as die Kerk van Vrede in 1910. Die kerk, wat in die Gotiese herlewingstyl met Art Nouveau-elemente gebou is, staan in die historiese middelpunt van Windhoek. Die 24 m hoë toring is soos die res van die kerk van sandsteen gemaak. Die uitsondering is die ingangsportaal en die altaar, wat van marmer gemaak is. Die kleurvolle loodglasvensters in die kerk was 'n geskenk van keiser Wilhelm II. Die kerk is langs die Parlementêre Tuin en die Tintenpalast geleë.
  • Curt von François-standbeeld voor die munisipale gebou. Dit is op 18 Oktober 1965 ter geleentheid van Windhoek se 75ste herstigtingsdag deur Von François onthul. Die standbeeld is op 23 November 2022 verwyder en na die Windhoek-stadsmuseum verskuif.[21]
  • Daan Viljoen-wildtuin naby Windhoek
  • Dieretuinpark – 'n openbare park aan Onafhanklikheidslaan die sentrum van Windhoek. Die huidige park is versorg en het 'n dam, speelarea vir kinders en 'n opelugteater.[87]
  • Gibeon-meteoriet – dele van dié meteoriet word by die Post Street Mall uitgestal. Dit het in die voorgeskiedenis in Namibië geval, is deur die Namas gevind en gebruik om wapens en gereedskap te maak.[88]
  • Heldeakker – 'n Nasionale oorlog- en heldegedenkteken, sowat 10 km buite die stad.
  • Holy Cross Kloosterskool
  • Hooggeregshof van Namibië – geleë in Michael Scottstraat op Eliakim Namundjebo-plein. Dit is tussen 1994 en 1996 gebou[89] en is Windhoek se enigste na onafhanklikheid opgerigte gebou met 'n Afrika-argitektuur.[90]
  • Koedoestandbeeld
  • Nasionale Biblioteek van Namibië
  • Nasionale Raad – Die hoërhuis van die Namibiese tweekamerparlement.
  • Onafhanklikheidsgedenkmuseum – 'n Historiese museum wat fokus op die antikoloniale verset en die nasionale bevrydingsbeweging van die Republiek van Namibië.
  • Ruiterstandbeeld (Reiterdenkmal) – n standbeeld wat die oorwinning van die Duitse Keiserryk oor die Herero en Nama tydens die Namibiese volksmoord 1904-1908 vier.[91] Die standbeeld is in Desember 2013 verwyder van sy historiese plek langsaan die Christuskerk en word nou in die erf van die Alte Feste vertoon.[5]
  • Staatshuis van Namibië – die amptelike woning en werkplek van die president van Namibië.
  • Sint Mariakatedraal
  • TintenpalastDuits vir Inkpaleis, is die setel van albei kamers van die Namibiese wetgewer, die Nasionale Raad en die Nasionale Vergadering. Dit is net noord van Robert Mugabe-laan en is ontwerp deur die argitek Gottlieb Redecker en gebou deur die maatskappy Sander & Kock tussen 1912 en 1913 uit materiale wat in ei streek ontgin is as 'n administratiewe gebou vir die Duitse regering wat in daardie stadium in beheer was van Duits-Suidwes-Afrika. Die gebou word omring deur die Parlementêre Tuin.
  • Turnhalle – 'n neo-klassisistiese gebou van Wilhelminiese argitektuur, ingewy in 1909.[92]
  • Die drie kastele van Windhoek wat deur die argitek Wilhelm Sander gebou is: Heinitzburg, Sanderburg en Schwerinsburg.[93]
  • Windhoek-spoorwegstasie – 'n Historiese spoorwegstasie wat die stad Windhoek bedien.
  • Windhoek Openbare Biblioteek – gebou in 1925 langs die Alte Feste.

Die Tukondjeni Market (Tukondjeni-mark) en die Penduka Project Centre in die digbevolkte stadsdele Katutura en Khomasdal is ook besienswaardig.[94]

Verwysings

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 (en) "Khomas Region". Namibiese Statistiekagentskap. Besoek op 31 Augustus 2024.
  2. (de) Conny von Dewitz (2009). Windhoek – Der kleine Stadtführer. ISBN 978-3-941602-17-5.
  3. (en) Klaus Dierks. "The History of ǁKhauxaǃnas. Introduction". Besoek op 31 Augustus 2024.
  4. (de) (en) "Welcome to the German Embassy in Namibia!". Duitse Ambassade in Windhoek. Besoek op 31 Augustus 2024.
  5. 5,0 5,1 (af) "Ruiter val op heiligste dag". Republikein. 27 Desember 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Julie 2014. Besoek op 1 Julie 2014.
  6. (de) Klaus Dierks (2 Januarie 2005). "Vorgeschichtliche Zeit Chronologie der namibischen Geschichte". klausdiers.com. Besoek op 31 Augustus 2024.
  7. (en) "The Orlams Afrikaners – the Creole Africans of the Garieb". Cape Slavery Heritage. Besoek op 8 Julie 2010. [dooie skakel]
  8. (en) Victor L Tonchi; William A Lindeke; John J Grotpeter (2012). Historical Dictionary of Namibia. Historical Dictionaries of Africa, African historical dictionaries (2 uitg.). Scarecrow Press. ISBN 978-0-8108-7990-4. Besoek op 31 Augustus 2024.
  9. (de) Heinrich Vedder (1997). Das alte Südwestafrika. Südwestafrikas Geschichte bis zum Tode Mahareros 1890 (7 uitg.). Windhoek: Namibia Scientific Society. ISBN 0-949995-33-9.
  10. (en) Klaus Dierks. "Biographies of Namibian Personalities, A (entry for Jonker Afrikaner)". klausdiers.com. Besoek op 31 Augustus 2024.
  11. 11,0 11,1 (en) "The History of Windhoek". Windhoekse Stadsraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Februarie 2010. Besoek op 21 Februarie 2010.
  12. (en) Roman Adrian Cybriwsky (2013). Capital Cities around the World: An Encyclopedia of Geography, History, and Culture. VSA: ABC-CLIO. p. 338.
  13. (en) Ester Mbathera, Tutaleni Pinehas (17 November 2021). "Verona, the last grandchild of Von François". The Namibian. p. 6. Besoek op 31 Augustus 2024.
  14. (en) Klaus Dierks. "Biographies of Namibian Personalities, V (entry for Curt von François)". klausdiers.com. Besoek op 31 Augustus 2024.
  15. (en) Farouk Chothia (23 November 2022). "Namibia pulls down German colonial officer's statue in Windhoek". BBC. Besoek op 31 Augustus 2024.
  16. (en) "Windhoek". Encyclopædia Britannica. Besoek op 31 Augustus 2024.
  17. (en) "The History of Windhoek". Windhoekse Stadsraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2020. Besoek op 29 Oktober 2020.
  18. (en) Ieuan Griffiths (Oktober 1994). "Walvis Bay: exclave no more". Geography. p. 354. Besoek op 31 Augustus 2024.
  19. (en) Petrus Du Pisani. "Surviving in an arid land: Direct reclamation of potable water at Windhoek's Goreangab Reclamation Plant". Universiteit van Arizona. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2011. Besoek op 6 Junie 2011.
  20. (en) Bruce Berry (12 Februarie 2014). "Windhoek (Namibia)". Flags of the World. Besoek op 31 Augustus 2024.
  21. 21,0 21,1 (de) "Windhoek erhielt heute Stadtrechte" (2015-herdruk uitg.). Allgemeine Zeitung. 18 Oktober 1965.
  22. (en) "Namibian War of Independence 1966–1988". Armed Conflict Events Database. Besoek op 31 Augustus 2024.
  23. (en) Barbara Rogers (1972). "Namibia's General Strike". Africa Today. 19 (2): 3–8. ISSN 0001-9887. JSTOR 4185227.
  24. (en) "Declaration of Windhoek" (PDF). Europese Parlement. Besoek op 31 Augustus 2024.
  25. (en) "The Windhoek Structure Plan" (PDF). City of Windhoek. 1996. p. 6. Besoek op 2 Julie 2013. [dooie skakel]
  26. Die tweede grootste stad in Namibië, Walvisbaai, het 'n bevolking van 43 700: "ELECTIONS 2010: Erongo regional profile". New Era. 16 November 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 September 2012. Besoek op 6 September 2012.
  27. (en) Alvine Kapitako (12 November 2010). "ELECTIONS 2010: Khomas Region profile". New Era. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Desember 2012. Besoek op 5 Desember 2012.
  28. (en) Desie Heita (11 Februarie 2010). "Owning a house … a dream deferred". New Era. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2011. Besoek op 16 Julie 2011.
  29. (en) Charlie de Jong (28 Maart 2023). "Air Namibia". Znaki. Besoek op 31 Augustus 2024.
  30. (en) Ndama Nakashole (24 April 2017). "Namibians 3rd wealthiest people in Africa". The Namibian. p. 13. Besoek op 31 Augustus 2024.
  31. (en) Selma Shipanga (3 April 2013). "A glimpse into the taxi industry". The Namibian. pp. 6–7. Besoek op 31 Augustus 2024.
  32. (en) "Namibiese Lughawemaatskappy". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 September 2012. Besoek op 4 September 2012.
  33. (en) "Desert Express". Desert Express. Besoek op 31 Augustus 2024.
  34. (de) "Armut und Tourismus in Windhoek". Universitätsverlag Potsdam. Besoek op 31 Augustus 2024.
  35. 35,0 35,1 (en) William J. Mbangula (8 November 2005). "Windhoek's battle for land". New Era. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Desember 2012. Besoek op 12 Desember 2012.
  36. (af) Christo Retief (2 Julie 2013). "Windhoek slaan Afrika-rekord". Die Republikein. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Maart 2016. Besoek op 24 Maart 2016.
  37. (en) Erastus Nghinomenwa (12 Augustus 2020). "Namibia's ghetto life: Half million live in shacks countrywide". The Namibian. p. 1. Besoek op 31 Augustus 2024.
  38. (en) "Omeya integrated into the City of Windhoek boundaries". Press Notice Omeya. 15 April 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 April 2014. Besoek op 20 April 2014.
  39. (en) "Khomas Regional Council". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 September 2007. Besoek op 21 September 2007.
  40. Die gemiddeld vir 1957–1987 volgens die Goddard Instituut van Ruimtestudies se Wêreldklimaatdatabasis
  41. (en) "Climate and average monthly weather in Namibia". weather-and-climate.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 April 2017. Besoek op 3 April 2017.
  42. (en) Werner Menges, Yokany Oliveira (23 Mei 2019). "Khomas faces worst drought in 90 years". The Namibian. p. 1. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2019. Besoek op 25 Mei 2019.
  43. (af) "Beste reënjaar nóg in dekades". Republikein. 16 Maart 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Februarie 2013. Besoek op 17 Februarie 2013.
  44. (de) "Klimatafel von Windhuk (Windhoek) / Namibia" (PDF). Deutscher Wetterdienst. Besoek op 31 Augustus 2024.
  45. (da) "Stationsnummer 68110" (PDF). Departement van Energie, Nutsdienste en Klimaat. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 16 Januarie 2013. Besoek op 16 Januarie 2013.
  46. (en) "Reading Eagle". Google News Archive Search. Besoek op 31 Augustus 2024.
  47. (en) Thomas Schoch (2003). "Visit Windhoek, People and languages". Visit Windhoek. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Februarie 2013. Besoek op 22 Februarie 2013.
  48. (en) "Vision Paper Namibia, Outlook 2030, Chapter 4" (PDF). Nasionale Beplanningskommissie van Namibië. 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 12 Maart 2011. Besoek op 12 Maart 2011.
  49. (en) "Namibia 2011 Population and Housing Census Preliminery Results" (PDF). Namibiese Statistiekagentskap. April 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 23 Junie 2020. Besoek op 23 Junie 2020.
  50. (de) "Windhoek". Namibia Reisen & Informationsportal. 4 Maart 2016. Besoek op 31 Augustus 2024.
  51. (en) "Know Your Local Authority". Election Watch. No. 3. Institute for Public Policy Research. 2015. p. 4.
  52. (en) "Local elections results". Namibiese Verkiesingskommissie. 28 November 2015. p. 4. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Desember 2015. Besoek op 10 Desember 2015.
  53. (en) "2020 Local Authority Elections Results and Allocation of Seats" (PDF). Namibiese Verkiesingskommissie. 29 November 2020. p. 9. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 24 Januarie 2021. Besoek op 24 Januarie 2021.
  54. (en) "Farmers panic over Windhoek extension". Windhoek Observer. 2 November 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Februarie 2015. Besoek op 21 Februarie 2015.
  55. (de) "Windhoek wächst: Erstmals konkrete Details zur Stadterweiterung (1/2)". Allgemeine Zeitung. 3 Julie 2013. Besoek op 31 Augustus 2024.
  56. (de) "Windhoek wächst: Erstmals konkrete Details zur Stadterweiterung (2/2)". Allgemeine Zeitung. 4 Julie 2013. Besoek op 31 Augustus 2024.
  57. 57,00 57,01 57,02 57,03 57,04 57,05 57,06 57,07 57,08 57,09 57,10 57,11 57,12 57,13 57,14 57,15 57,16 57,17 57,18 57,19 57,20 57,21 57,22 57,23 (en) "International relations" (PDF). Windhoekse Stadsraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 16 Februarie 2012. Besoek op 16 Februarie 2012.
  58. 58,0 58,1 58,2 58,3 58,4 58,5 58,6 (en) "Mayoral Annual Report 2016" (PDF). Windhoekse Stadsraad. 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 21 Oktober 2020. Besoek op 21 Oktober 2020.
  59. (de) "Windhoek wird dreckiger und tritt den „Sauber-Titel" an Kigali ab". Allgemeine Zeitung. 21 Oktober 2015. Besoek op 31 Augustus 2024.
  60. (en) "Mercer's 2018 Quality of Living Rankings". Mercer. Besoek op 31 Augustus 2024.
  61. (en) "Namibia: Windhoek, City Profile". Travel Africa Magazine. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2009. Besoek op 2 Oktober 2009.
  62. (en) "Real Namibia: Windhoek". Real Namibia. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 November 2012. Besoek op 21 November 2012.
  63. (en) "Virtual tour through the Supreme Court". Hooggeregshof. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Maart 2013. Besoek op 26 Maart 2013.
  64. (en) "Museum". Geologiese Opname van Namibië. Besoek op 31 Augustus 2024.
  65. (en) "Wild Cinema Windhoek International Film Festival". Film Festival. Besoek op 31 Augustus 2024.
  66. (de) "Beginn der fünften Jahreszeit in der Narrenhochburg Windhoek". Allgemeine Zeitung. 7 April 2008. Besoek op 31 Augustus 2024.
  67. (en) "National Youth Council of Namibia". Nasionale Jeugraad van Namibië. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2014. Besoek op 21 Mei 2014.
  68. (en) "Events in Windhoek throughout the year". Allgemeine Zeitung. 28 Mei 2007. Besoek op 31 Augustus 2024.
  69. (de) "Goethe-Institut Namibia". Goethe-Institut. Besoek op 31 Augustus 2024.
  70. (en) "National Museum of Namibia". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2019. Besoek op 11 Mei 2019.
  71. (en) Nangula Shejavali (19 Februarie 2009). "Namibia: Public Library Gets a Facelift". The Namibian. Besoek op 31 Augustus 2024.
  72. (en) J. Gordon Melton, Martin Baumann (2010). Religions of the World: A Comprehensive Encyclopedia of Beliefs and Practices. VSA: ABC-CLIO. pp. 2012–2013.
  73. (en) "Namibia Virtual Jewish History Tour". Jewish Virtual Library. Besoek op 31 Augustus 2024.
  74. (de) "Vereine". Faustball Namibia. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 April 2023. Besoek op 16 April 2023.
  75. (en) "Wanderers Cricket Ground, Windhoek". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Desember 2017. Besoek op 15 Desember 2017.
  76. (en) "United Ground, Windhoek". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Desember 2017. Besoek op 15 Desember 2017.
  77. (en) "Trans Namib Ground, Windhoek". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Desember 2017. Besoek op 15 Desember 2017.
  78. (en) Nagraj Gollapudi (16 November 2021). "USA co-hosts for 2024 T20 WC, Pakistan gets 2025 Champions Trophy, India and Bangladesh 2031 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 31 Augustus 2024.
  79. (en) Tielman Van Lill (30 November 2023). "Progress with state-of-the-art stadium". Windhoek Express. Besoek op 31 Augustus 2024.
  80. (en) Darren Galpin. "Tony Rust Raceway, Windhoek". GEL Motorsport Information Page. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2017. Besoek op 10 Junie 2017.
  81. (en) John Aitchison en Peter Rule (2006). "A Quick survey of SADC literacy statistics and projections". Unesco. Besoek op 31 Augustus 2024.
  82. (en) "Schools in Windhoek under pressure for places". The Namibian. 15 Januarie 2016. p. 6. Besoek op 31 Augustus 2024.
  83. (nl) P.S Du Plessies. "Dagbreek school Windhoek Namibia-school for learners who are intellectually impaired". Stichting KANS. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2012. Besoek op 26 April 2012.
  84. (en) "Schools in Windhoek". namibweb.com. Besoek op 31 Augustus 2024.
  85. (en) "Saint George's Diocesan College". Sint George-bisdomkollege. Besoek op 31 Augustus 2024.
  86. (en) Albertina Nakale (20 Mei 2014). "Private school draws praise from Namwandi". New Era. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2014. Besoek op 20 Mei 2014.
  87. (en) "Windhoek Attractions, Namibia". Sa-venues.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op 24 September 2015.
  88. (en) "Gibeon Iron Meteorites – Discovery, History and Study". Meteorite Recon. Besoek op 31 Augustus 2024.
  89. (en) "Windhoek Supreme Court". Windhoek Consulting Engineers. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Maart 2012. Besoek op 15 Maart 2012.
  90. (en) "Windhoek on Foot". Holyday Travel. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Junie 2013. Besoek op 3 Junie 2013.
  91. (en) Tanja Bause (30 Januarie 2012). "Monument's centenary remembered". The Namibian. Besoek op 31 Augustus 2024.
  92. (en) Andreas Vogt (18 Desember 2009). "100 years Turnhalle • From gymnasium to Tribunal". Die Republikein. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Maart 2016. Besoek op 24 Maart 2016.
  93. (en) Klaus Dierks. "Biographies of Namibian Personalities, S (entry for Wilhelm Sander)". klausdiers.com. Besoek op 31 Augustus 2024.
  94. (en) "Windhoek city tours". namibweb.com. Besoek op 31 Augustus 2024.

Bronnelys

  • (de) Sabine Aquilini (2013). Hauptsache Windhoek. Windhoek: Wordweaver Publishing House. ISBN 978-99916-889-1-6.
  • (de) Conny von Dewitz (2009). Windhoek. Der kleine Stadtführer. Windhoek: Kuiseb-Verlag. ISBN 978-3-941602-17-5.
  • (de) Rolf Brockmann (2006). Katutura: Streifzüge durch Windhoeks Township. Göttingen: Klaus Hess. ISBN 978-3-933117-04-5.
  • (en) Levinson, Olga: The cultural life of Windhoek. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 17, nr. 2, Desember 1967
  • (af) Mossolow, N.: Die veelbewoë geskiedenis van Windhoek. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 15, nr. 3, Maart 1966.

Eksterne skakels