In navolging van die Amerikaanse voorbeeld stel die vier sterre van die Mikronesiese vlag die vier eilande van die land voor. Die ligblou stel die Stille Oseaan voor.
Geskiedenis
’n Ontwerp soortgelyk aan die huidige is van 1965 gebruik vir die vlag van die Trustgebied van die Pasifiese Eilande. Destyds was Kosrae deel van Pohnpei en is die twee dus deur een ster voorgestel. Die drie ander sterre het Palau, die Marshall-eilande en die Noordelike Mariana-eilande, wat nie deel wou uitmaak van die federasie nie, voorgestel. Die vlag wat in 1978 aanvaar is, is in die kleure van die vlag van die Verenigde Nasies.