Rudy Demotte
Rudy Willy Georges Demotte (gebore 3 Junie 1963 in Ronse, Oos-Vlaandere) is 'n Belgiese politikus van die sosialistiese party Parti Socialiste (PS). Demotte het op federale vlak reeds as minister van Ekonomie en Wetenskap (1999-2000) en later van Gesondheid en Sosiale Sake (2003-2007) opgetree. Tussen 2007 en 2014 het hy die amp van eerste minister van die Waalse Gewes beklee. Van 2008 tot 2019 het hy as eerste minister van die Franse Gemeenskap van België gedien. Daarnaas was hy burgemeester van Flobecq (Vloesberg, 2001-2011) en Tournai (Doornik, 2012-2018) in die provinsie Hainaut gewees. Sedert 17 September 2019 is hy die voorsitter van die Parlement van die Franse Gemeenskap van België. Rudy Demotte praat naas Frans vloeiend Nederlands. Eksterne skakels
|