Rosslyn is 'n voorstad van Pretoria, deel van die Stad Tshwane-munisipaliteit in die Gauteng-provinsie van Suid-Afrika.[1] Die industriële gebied is veral bekend vir sy BMW-fabriek, wat in 1968 as die eerste BMW-aanleg buite Europa geopen het,[2] sowel as die Nissan Suid-Afrika-fabriek, wat 'n wye verskeidenheid van sedanmotors, vragmotors, bakkies (LDV's, ligte afleweringsvoertuie) en viertrekvoertuie vervaardig.
Motorvervaardigingsaanlegte in Suid-Afrika dra oor die 6,2% tot die land se bruto binnelandse produk by.[3]