BMW

Bayerische Motoren Werke Aktiengesellschaft
Tipe Aandelemaatskappy
Gestig 7 Maart 1916
Hoofkantoor MünchenVlag van Duitsland Duitsland
SleutelpersoneOliver Zipse (Hoof- uitvoerende beampte)
Norbert Reithofer (voorsitter van die Toesighoudende Raad)
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieMotorvervaardiger
ProdukteMotorvoertuie en motorfietse
Inkomste € 98 990 miljoen (2020)[1]
Bedryfsinkomste € 5,222 miljard (2020)[1]
Netto inkomste € 3,857 miljard (2020)[1]
Werknemers133 778 (2019)[2]
MoedermaatskappyOpenbare beleggings (50%);
Stefan Quandt (29%),
Susanne Klatten (21%)
Webwerfbmwgroup.com
Die hoofkwartier van BMW, sy hoofaanleg en die BMW-wêreldgebou in München

BMW (kort vir Bayerische Motoren Werke AG) is 'n Duitse maatskappy wat weelde- en sportmotors, asook kragtige motorfietse vervaardig.[3] Hulle hoofkantoor is in München. BMW besit BMW Mini en Rolls-Royce. Hulle het voorheen ook Rover besit.

Hulle huidige slagspreuk in die Verenigde Koninkryk is "The Ultimate Driving Machine", terwyl dit in Suid-Afrika en die VSA "Sheer Driving Pleasure" is. In Afrikaans is die slagspreuk "Loutere bestuursgenot".

BMW se kompetisie sluit in Alfa Romeo, Audi, Lexus, Mercedes-Benz, Volvo en Porsche.

Geskiedenis

BMW is in 1913 naby München gestig. Die vervaardiger het aanvanklik gespesialiseer daarin om vliegtuigenjins te bou en dit is ook waarvandaan die wapen van die vervaardiger afkomstig is. Dit stel die draaiende skroef van 'n vliegtuig voor.

Stand in motorbedryf

BMW het gedurende 2006 amptelik die grootste vervaardiger van luukse motors in die wêreld geword.

Kontroversie

Ontwerp

Tydens die vroeë 2000's het BMW 'n nuwe ontwerphoof, Christopher Bangle, aangestel. Sy ontwerpe het onder die spervuur gekom, en die media het na die nuwe ontwerpe verwys as "Bangled" of "Bangle-ized". Die ontwerpe was heelwat meer gegolf, maar ten spyte van kritiek het hulle verkope bly styg.

Kuns

Ook in 2000, het kunstenaars en BMW onder spervuur gekom as gevolg van 'n kunsuitstalling gehou te München met die naam "Dream City" ("Droomstad"). Twee van die kunstenaars, Swetlana Heger en Plamen Dejanov, het hulle uitstalruimte gebruik om BMW's te adverteer. Dit het die belangrike bespreking oor die verhouding tussen kuns en nywerheid ontlok.

Produksie buite Duitsland

BMW produseer motors en motorfietse in Spartanburg, Suid-Carolina. Dit lewer meer as 500 motors daagliks en het 4 700 werknemers.

In Suid-Afrika het BMW 'n moderne fabriek in Rosslyn, noord van Pretoria, en 70% van die motors wat hier vervaardig word, word uitgevoer na die VSA, Japan, Australië, Afrika en die Midde-Ooste. In die vroeë 1990's het BMW R1 miljard in die Rosslynfabriek belê.

Sedert 2004 word BMW's ook in Shenyang, China vervaardig.

Modelle – Motors

Die huidige BMW motormodelle word verdeel in verskillende "Reekse", byvoorbeeld die 3 Reeks.

1-reeks

'n Klein motor, die enigste agterwielaangedrewe voertuig in sy klas, wat in 2004 vrygestel is in Europa en in die VSA in 2006.

3-reeks

Die opvolger van die 2002, 'n kompakte sedan van die vyfde geslag (E90), vrygestel in 2006.

5-reeks

'n Mediumgrootte sedan.

6-reeks

Die afslaankapweergawe van die 5-reeks.

7-reeks

'n Luukse volgroottevoertuig in kompetisie met die Mercedes-Benz S-klas. Ook beskikbaar in 'n koeëlvaste weergawe.

'n Klein SNV met die klem op bekostigbaarheid.

BMW se eerste SNV, in kompetisie met die Porsche Cayenne, Range Rover en Mercedes-Benz M-klas.

Z4

'n Tweesitplekvoertuig, ook beskikbaar as 'n afslaankap.

Modelle – Motorfietse

BMW F 650 GS Dakar

Die huidige BMW motorfietsmodelle word in verskillende "reekse", byvoorbeeld die R-reeks, verdeel.

F-reeks

Hierdie reeks bestaan uit die F650-reeks wat 'n veeldoelfiets is, asook die nuwe F800-reeks wat tans slegs vir padgebruik bedoel is. Beide die reekse gebruik Rotax-enjins wat in samewerking met BMW ontwikkel is. Die F800 reeks is in 2006 vrygestel.

R-reeks

Die reeks bestaan uit 'n groot hoeveelheid modelle wat bykans alle aanwendingsvelde insluit. Al die fietse in die reeks word aangedryf deur BMW se plattweesilinder- of bokserenjins. Een van die mees gewilde fietse in die reeks is die GS (Gelande Strasse) model wat vir veeldoelgebruik bedoel is.

K-reeks

Die K-reeks bestaan uit fietse met inlynviersilinderenjins, en dit is dan ook die BMW-fietse met die beste werkverrigting. Die K1200 wat in 2005 vrygestel is het onder andere die landspoedrekord op die soutpanne in Amerika verbeter.

Kultuur

Die term "beemer" se oorsprong is vanaf die uitspraak van die afkorting "BMW". In Suid-Afrika het Johannes Kerkorrel die bekende lied "BMW" gesing.

Gemeenskap

BMW het 'n hegte en lojale gevolg deur entoesiaste. Die volgende webwerwe is voorbeelde hiervan: E46fanatics.com, M3forums.com, E90post.com, BimmerPortal.com, en bimmerforums.com.

Sedert 1999 het BMW-entoesiaste bymekaar gekom in Santa Barbara, Kalifornië om die "Bimmerfest" by te woon; meer as 3000 mense het dit bygewoon in 2006 met meer as 1000 voertuie.

BMW motorfietseienaars kom elke jaar bymekaar tydens 'n geleentheid in Suid-Afrika wat die ABBG (annual BMW Bikers gathering) genoem word.

Verwysings

  1. 1,0 1,1 1,2 "BMW Group Report 2020" (PDF). BMW. pp. 9, 130, 136. Besoek op 23 Maart 2021.
  2. "Annual Report 2019" (PDF). BMW. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 19 Maart 2020. Besoek op 19 Maart 2020.
  3. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels

Read other articles:

Lokasi Gunung Sinai di Semenanjung Sinai. Gregorius dari Sinai adalah seorang teolog abad ke-13.[1][2] Ia lahir sekitar tahun 1265 di dekat Klazomenai, daerah pantai barat Asia Kecil.[2] Di waktu muda, ia ditangkap dalam sebuah serangan dari bangsa Turki.[2] Setelah dibebaskan, ia pergi ke Siprus dan belajar hidup membiara di sana.[2] Setelah itu ia pergi ke Gunung Sinai dan memulai hidup membiaranya dengan penuh.[2] Ia lalu berkelana ke Kreta s...

 

 

Candida albicans Klasifikasi ilmiah Domain: Eukaryota Kerajaan: Fungi Divisi: Ascomycota Subdivisi: Saccharomycotina Kelas: Saccharomycetes Ordo: Saccharomycetales Famili: Saccharomycetaceae Genus: Candida Spesies: C. albicans Nama binomial Candida albicans(C.P. Robin)Berkhout 1923 Sinonim Candida stellatoidea[1] Oidium albicans[2] Candida albicans adalah spesies cendawan patogen dari golongan deuteromycota. Spesies cendawan ini merupakan penyebab infeksi oportunistik ya...

 

 

Pameran tersebut diadakan di belakang Rijksmuseum, sekarang lapangan Museumplein Paviliun kolonial Belanda, dengan patung Jan Pieterszoon Coen Internationale Koloniale en Uitvoerhandel Tentoonstelling atau Exposition Universelle Coloniale et d'Exportation Générale (Pameran Kolonial dan Ekspor Internasional) adalah sebuah pameran kolonial (sejenis Pameran Dunia) yang diadakan di Amsterdam dari 1 Mei sampai 1 Oktober 1883. Acara tersebut dihadiri setidaknya sejuta pengunjung dan menjadi pamer...

Aleksandr GolovinSelf portrait, 1919Lahir1 March 1863 (1863-03)Moscow, Kekaisaran RusiaMeninggal17 April 1930 (1930-04-18) (aged 67)Detskoye Selo, Oblast Leningrad, Russian SFSR, USSRKebangsaanRusiaDikenal atasLukisan • desain panggung Aleksandr Yakovlevich Golovin (Rusia: Алекса́ндр Я́ковлевич Голови́нcode: ru is deprecated , pengucapan bahasa Rusia: [ɐlʲɪˈksandr ɡəlɐˈvʲin]; 1 Maret 1863 – 17 April 1930) adalah s...

 

 

Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada April 2016. GothicJangkauanU+10330..U+1034F(32 titik kode)BidangSMPAksaraGothikAksara utamaGothikTerpakai27 titik kodeTak terpakai5 titik kode kosongRiwayat versi Unicode3.127 (+27) Catatan: [1] Gothic adalah blok Unicode yang mengandung karakter untuk penul...

 

 

Ini adalah nama Melayu; nama Tengku Abdul Aziz merupakan patronimik, bukan nama keluarga, dan tokoh ini dipanggil menggunakan nama depannya, Tengku Zafrul. Kata bin (b.) atau binti (bt.), jika digunakan, berarti putra dari atau putri dari. Yang Berhormat Mulia Senator Datuk Seri UtamaTengku Zafrul AzizSUMW SSAP DSAP DPMS DPNSتڠکو ظفرول عزيز Menteri Investasi, Perdagangan, dan Perindustrian MalaysiaPetahanaMulai menjabat 3 Desember 2022Perdana MenteriAnwar IbrahimWakilLiew Chi...

Delta Role Transport aircraftType of aircraft Manufacturer Northrop Corporation Designer Jack Northrop First flight May 1933 Introduction 1933 Primary user Royal Canadian Air Force Number built 32 Developed from Northrop Gamma The Northrop Delta was an American single-engined passenger transport aircraft of the 1930s. Closely related to Northrop's Gamma mail plane, 13 were produced by the Northrop Corporation, followed by 19 aircraft built under license by Canadian Vickers Limited. Deve...

 

 

Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada Februari 2023. Xiaofei YaoKebangsaanTiongkokPekerjaanCEO perdagangan elektronikDikenal atasCEO perusahaan perdagangan elektronik farmasi Rogrand Xiaofei Yao adalah seorang CEO perdagangan elektronik Tiongkok dari Rogrand, sebuah perusahaan yang terlibat dalam perdag...

 

 

Hj. Titiek PuspaTitiek pada tahun 1963LahirSudarwati1 November 1937 (umur 86)Tanjung, TabalongKebangsaanIndonesiaNama lainKadarwatiSumartiTitiek PuspaPekerjaanPemeranpenyanyimusisiTahun aktif1950—sekarangSuami/istri Zainal Ardi ​ ​(m. 1959; c. 1961)​ Mus Mualim ​ ​(m. 1970; c. 1990)​ Anak2Situs webwww.titiekpuspa.comTanda tangan Hj. Sudarwati (lahir 1 November 1937) dikenal sebaga...

العبرانيون (بالعبرية: עברים أو עבריים) اسم يطلق في الغالب على شعب سامي يتحدث اللغة العبرية خاصة في فترة ما قبل الملكية عندما كانوا لا يزالون بدوا رحلا. كما يشير إلى مجموعات أخرى قديمة مثل الشاسو وهم ساميون تحدثو لغة البدو الرحل وانتشرو في المنطقة الممتدة بين عسقلان ومرج ابن...

 

 

French newspaper MinuteTypeWeekly newspaperEditor-in-chiefCéline PascotEditorJean-Marie MolitorFounded1962Political alignmentFar-rightCeased publication2020HeadquartersParisISSN1243-7751OCLC number301746229 Websitewww.minute-hebdo.fr Minute (French: [miˈnyt]) was a weekly newspaper, initially right-wing but later far-right, circulated in France from 1962 to 2020. Its editorial position is satirical and conservative. According to figures provided by the paper's management, it had a c...

 

 

Slovak actress (1951–2023) Milka ZimkováZimková in 2022BornEmília Lešková(1951-08-01)1 August 1951Okružná, CzechoslovakiaDied30 May 2023(2023-05-30) (aged 71)Bratislava, SlovakiaEducationAcademy of Performing Arts in BratislavaOccupation(s)Actress and screenwriterSpouseOndrej ZimkaChildren2[1] Emília Milka Zimková (née Lešková; 1 August 1951 – 30 May 2023) was a Slovak actress and screenwriter. She wrote the script and acted in one of the biggest Slovak comedy blo...

Base antartica cinese Zhongshan中国南极中山站 Stato Antartide[1] TerritorioTerritorio antartico australiano RegioneTerra della principessa Elizabeth Coordinate69°22′16″S 76°22′11″E69°22′16″S, 76°22′11″E Altitudine10 m s.l.m. Gestita da Cina TipoBase permanente Fondazione1989 Popolazione60 (estate), 15 (inverno) Base antartica cinese Zhongshan Modifica dati su Wikidata · Manuale La base antartica cinese Zhongshan (in cinese 中国南极�...

 

 

Branch of the Shirvanshahs KasranidsParent familyYazididsFounded991FounderYazid ibn AhmadFinal rulerHushang of ShirvanTitlesShirvanshahEmir of DerbentConnected familiesYazididsSharvashidzeDarbandidsDissolution1382The Kasranids (Persian: سلسله کسرانی) were a branch of the Shirvanshahs, who ruled the Shirvan region for 387 years. The word Kasra was derived from legendary king Kai Khosrow of Iran, reflecting a shift in naming tradition from Arabic to Persian and it was part of an effo...

 

 

Tendency to adopt group beliefs and behaviors Herd mentality is the tendency for people’s behavior or beliefs to conform to those of the group they belong to. The concept of herd mentality has been studied and analyzed from different perspectives, including biology, psychology and sociology. This psychological phenomenon can have profound impacts on human behavior. Social psychologists study the related topics of collective intelligence, crowd wisdom, groupthink, and deindividuation. Histor...

Current delegationJohn Barrasso (R)Cynthia Lummis (R) Wyoming was admitted to the Union on July 10, 1890, and elects United States senators to class 1 and class 2. Its current U.S. senators are Republicans John Barrasso (serving since 2007) and Cynthia Lummis (serving since 2021). 21 people have served as a United States senator from Wyoming. Francis E. Warren was Wyoming's longest serving senator (served 1890–1893; 1895–1929). List of senators Class 1Class 1 U.S. senators belong to the ...

 

 

Halaman ini berisi artikel tentang tim Olimpiade yang dimulai pada tahun 1952. Untuk tim yang tampil dari tahun 1932 hingga 1948, lihat Republik Tiongkok pada Olimpiade. Tiongkok padaOlimpiadeKode IOCCHNKONKomite Olimpiade TiongkokSitus webwww.olympic.cn (Tionghoa)Medali 261 200 173 Total 634 Penampilan Musim Panas19521956–19801984198819921996200020042008201220162020Penampilan Musim Dingin198019841988199219941998200220062010201420182022Penampilan terkait lainnya Republik Tiongkok ...

 

 

Local government elections in Cheshire, England Cheshire East Council elections are held every four years. Cheshire East Council is the local authority for the unitary authority of Cheshire East in Cheshire, England. Since the last boundary changes in 2011, 82 councillors have been elected from 52 wards.[1] Council elections 2008 Cheshire East Council election 2011 Cheshire East Council election (new ward boundaries)[1] 2015 Cheshire East Council election 2019 Cheshire East Co...

American screenwriter (1900–1995) Albert HackettHackett with his wife Frances GoodrichBornAlbert Maurice Hackett(1900-02-16)February 16, 1900Nutley, New Jersey, U.S.DiedMarch 16, 1995(1995-03-16) (aged 95)New York City, U.S.OccupationDramatistscreenwriteractorSpouse Frances Goodrich ​ ​(m. 1931; died 1984)​ Gisella Svetlik ​ ​(m. 1985)​ ParentsFlorence Hackett (mother)Arthur V. Johnson (stepfather)Relati...

 

 

UFC Fight Night : Machida vs. AndersProdotto daUltimate Fighting Championship Data3 febbraio 2018 Città Belém, Brasile SedeArena Guilherme Paraense Spettatori10 144[1] Cronologia pay-per-viewUFC on Fox: Jacaré vs. Brunson 2UFC Fight Night : Machida vs. AndersUFC 221: Rockhold vs. Romero Progetto Wrestling Manuale UFC Fight Night: Machida vs. Anders (conosciuto anche come UFC Fight Night 125), è stato un evento di arti marziali miste tenuto dalla Ultimate Fighting Ch...